2015 NHN Seminaar 11-13 September

Die Nuwe Hervorming Netwerk hou die naweek van 11-13 September sy jaarlikse seminaar by Leribisi Lodge, oos van Pretoria. Die tema sal wees: Vier die lewe met betekenisvolle en sielvolle ervarings.

Vanjaar se seminaar gaan ‘n deelnemende geleentheid wees met baie ruimte vir gespreksvoering, interaktiewe deelname, kreatiewe uitdrukking, storievertellings en ander vaardighede.