Deur: Dr Abel Pienaar

SES ONTBYTGESPREK:

Die doel van Ontbyt-Gespreksgeleenthede is om saam met medevrydenkers binne ‘n veilige ruimte te kuier waar daar eerlik en oop gesels kan word oor geloof, godsdiens, wetenskap, filosofie en ‘n eietydse spiritualiteit. Saam kyk ons dieper na lewensin in die hier en nou. Tafelleiers fasiliteer en begelei die gesprek.

Datum: 25 Februarie, 8:00 tot 11:00.

Tema: “Spiritualiteit 2012”

Plek: Pretoria, Groenkloofkampus se Kafeteria

Sprekers: Prof. Ferdinand Potgieter (Kinderspiritualiteit)

Dr. Flip Schutte (Postmoderne Spiritualiteit).

Kostes: R60 pp (sluit ontbyt en koffie in).

 

Abel Pienaar skryf: Saterdag-oggend, 25 Februarie se SES kuier-ontbyt was weer ‘n hoogtepunt. Daar was weer nie plek vir ‘n muis in die Groenkloof kampus se kafeteria-saal nie. Desmond se kos was ook puik.
Professor Ferdinand Potgieter het oor Kinderspiritualiteit gepraat en dr Flip Schutte het oor Postmoderne spiritualiteit gesels. Die doel van hulle aanbiedings was om nodige wegspringplekke te gee sodat daar verder by die tafels saamgesels kon word.
Die gesprekke aan tafel was baie sinvol en daarom ‘n spesiale dank aan die tafelleiers: Wilhelm Jordaan, Cornel du Toit, Piet Muller, Abel Pienaar, Johan Herholdt, Hannah van Niekerk, Ewald Hesse en Jaco Steyn.
Hier is die link na dr Flip Schutte se aanbieding: http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-outobiografie-sine-qua-non.php
Ek wag nog vir prof Ferdinand s’n, en ek sal dit dan ook in SES plaas.
Nota (Red): Abel Pienaar is deur Rapport gevra om vir hulle ‘n weeklikse blog te skrywe. Hier is ‘n direkte skakel na die eerste blog: http://www.rapport.co.za/Opinie/Blogs/Kop-hart-Moord-en-die-tokkelossie-20120323