
Samelewing
Mense wat met die NHN assosieer en sogenaamd “andersdenkend” of “vrydenkend” is, beleef hulleself dikwels as randfigure ten opsigte van die hoofstroom. Tog bevind ons ons steeds midde-in die kulturele, ekonomiese en politieke milieu van Suid-Afrika. Op die Samelewing-bladsy van die webwerf poog ons om ‘n perspektiewe te belig oor samelewingsinvloede uit die verlede en die hede. Ons kyk hoe die aspekte op ons komplekse land, Suid-Afrika, inspeel en hoe die inligting ons kan help om onsself in die samelewing te posisioneer vir meer sinvolle deelname aan ons ontvouende toekoms.
Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle gebeurtenis of gedagte vir plasing by “Samelewing”.
Artikels
Midrand byeenkoms 10 Maart 2019: Don Roos oor “Om medemens te wees, beteken om te kommunikeer – op dieselfde vlak.”
Met hierdie woorde kondig Don Roos die tema van sy praatjie aan, buk dan ongeërg agter die podium en tree na vore met ‘n rooi blom agter sy regteroor. Al wat hoorbaar is, is enkele giggels uit die gehoor. Met gebare bied hy die rooi blom aan die gehoor, kyk die mense...
Midrand Byeenkoms 10 Feb 2019. Hein Reitmann: Ekskuus dat ek leef: Selfvernietiging onder die vaandel van vroomheid.
Hedendaagse gesprekke oor bewussyn word telkens in verband gebring met die evolusieleer van Darwin en die unieke vermoë wat by die mens ontwikkel het tot self-beskouing. Indien hierdie verband regverdigbaar is, met ander woorde as die mens se onderskeidende soort...
Midrandbyeenkoms: 14 Oktober 2018. Die geheime dieetkodes deur Dr Marius Theron
Daar is so baie uiteenlopende antwoorde op die vraag, “Wat is die regte dieet vir mense”, dat dit soms ontstemmend is om die geskille tussen professionele konsultante soos dieetkundiges, sportafrigters en dokters aan te hoor. Ongelukkig is baie van die toutrekkery...
Midrandbyeenkoms: Sondag 8 Julie 2018 Prof Francois A. Engelbrecht oor: “Projeksies van klimaatsverandering in Afrika en die wêreld – hoe vandag se besluite die toekoms bepaal.”
Vir lewensveranderende besluite is opleiding en betroubare inligting onontbeerlik. Wat klimaatsveranderinge en die mens se impak op aardverwarming betref, is daar omtrent soveel menings as samesweringsteorieë in omloop. Vir verantwoordelike besluitneming is dus ‘n...
MR byeenkoms Sondag 8 Julie 2018 Prof Pieter Botha oor: “Hoekom onthou en bewaar ons? Gedagtes na aanleiding van ‘n besoek aan die Boston Museum of Fine Arts”
'n Onlangse besoek aan die Boston Museum of Fine Arts het my laat wonder oor die waarde van sulke instellings. Gegewe dat museums ’n besondere aspek van mens se geskiedenis, tradisies en kultuur verteenwoordig, is die verbysterende agteruitgang en minagting van...
NHN-Welwillendheidsaksie (WWA)
Ons het reeds aansienlike geldelike bydraes vir die WWA ontvang, waarvoor groot waardering uitgespreek is. Dit onderskryf ons missie met hierdie aksie. Daar word nie slegs finansiële steun benodig nie, maar ons vra ook hulp van mense met kundigheid, soos mediese- of...