
Samelewing
Mense wat met die NHN assosieer en sogenaamd “andersdenkend” of “vrydenkend” is, beleef hulleself dikwels as randfigure ten opsigte van die hoofstroom. Tog bevind ons ons steeds midde-in die kulturele, ekonomiese en politieke milieu van Suid-Afrika. Op die Samelewing-bladsy van die webwerf poog ons om ‘n perspektiewe te belig oor samelewingsinvloede uit die verlede en die hede. Ons kyk hoe die aspekte op ons komplekse land, Suid-Afrika, inspeel en hoe die inligting ons kan help om onsself in die samelewing te posisioneer vir meer sinvolle deelname aan ons ontvouende toekoms.
Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle gebeurtenis of gedagte vir plasing by “Samelewing”.
Artikels
Johann Basson, “Word jou wêreldbeeld deur feite gevorm?”, Facebook video praatjie, 5 Julie 2020
Ons het elkeen ‘n beeld van die wereld. Die vraag is hoe korrek hierdie beeld is gesien die baie konflikterende inligting van baie bronne wat ons ontvang. Ons ervaar ook deesdae dat veral talle politici baie leuens vertel. Baie van die inligting wat ons ontvang fokus...
Ben Barnard: Dit kom van ver af (Facebook video stroom, 24 Mei 2020)
Opsomming van NHN lesing 24 Mei 2020: Dr Ben Barnard (Kliniese sielkundige) DIT KOM VAN VER AF: MITOLOGIESE VOETSPORE DEUR DIE BYBEL Die storieverteller Mitologie, verduidelik Ben Barnard, is tegelyk geskiedenis, geheue en verbeelding. Dit is verhale waarmee mense in...
“Die mensdom se aandeel in klimaatsverandering – feit of fiksie?” Prof Sakkie Spangenberg
1. INLEIDING Volgens ’n Wikipedia-artikel is wetenskaplikes wat navorsing oor klimaatsverandering doen dit tans byna 100% eens oor die mensdom se aandeel in die verandering. Die aarde se klimaat het sedert die laat 19de eeu aansienlik verwarm. Hierdie verwarming skryf...
Midrandbyeenkoms 29 September 2019: Prof. Alex Duffey oor: “Kuns en godsdiens ná 325 n.C. in die Romeinse Ryk”
In sy voordrag het Prof Alex Duffey aansienlik uitgebrei op die ontwikkeling van die Christelike kerk, wat in die vroeë eeue verskeie strominge tot gevolg gehad het. Tot ongeveer 200 n.C. was die meerderheid vroeë Christene Jode en het hulle tot 300 n.C. in relatiewe...
Midrandbyeenkoms 2 Junie 2019: Dr Marina Elliott: “Ontdekking van die Homo Naledi in die Wieg van die mensdom”
Dr Marina Elliott wat Sondag 2 Junie ’n lesing in Engels gelewer het oor die ontdekking van die Homo naledi-fossiele in die Wieg van die Mensdom, is van Kanadese afkoms. Sy het aan die Simon Fraser Universiteit van Brits-Colombië (Kanada) studeer en haar meesters- en...
Midrandbyeenkoms 24 Maart 2019: Sam Basch oor “The Great Escape in die Tweede Wereldoorlog”
Vandag presies 75 jaar gelede, op 24 Maart 1944, het 'The Great Escape' (Die Groot Ontsnapping) plaasgevind. [Skyfie 1 – Opening] Dit word as een van die belangwekkendste insidente van die Tweede Wêreldoorlog beskou. Ja, daar was vele noemenswaardige insidente, maar...