Deur: STANLEY VAN DEN HEEVER
Datum : So 27 Mrt 11
Stanley van den Heever en vriende het verlede jaar ’n omvattende reis deur Afrika onderneem. Hulle het met viertrekvoertuie al langs die Weskus van Afrika opgereis; oor die Straat van Gibraltar; deur die suidelike deel van Europa na Egipte; al langs die Ooskus van Afrika af tot terug in Suid-Afrika.
Hulle het wonderlike foto’s geneem en interessante ervarings beleef. Hy vertel van die reis en wys van die foto’s. Die aanbieding roer die volgende sake aan:
• Die roete en die voorbereidings wat nodig is vir so ’n omvattende reis
• Hoogtepunte van die reis en interessante ervarings
• Interessanthede van Afrika en legendes uit Afrika
• Indrukke van die godsdiens en leierskap in Afrika.