“We must not conceal from ourselves that no improvement in the present depressing situation is possible without a severe struggle; for the handful of those who are really determined to do something is minute in comparison with the mass of the lukewarm and the misguided.” – Albert Einstein

RELIGIE
Die skeppende mens is gedurig besig om aan die omgewing te verander. Dit is klaarblyklik deel van ons oorlewingsdrang. Hierdie veranderings geskied deur kreatiewe maniere waarop ons deur middel van kuns, kultuur en nadenke uitdrukking aan ons werklikheid wil gee. In hierdie nadenke speel religie nog altyd ‘n rol. In die NHN het baie van ons in die Christelike tradisie opgegroei, daarom probeer ons veral om vernuwend en herskeppend met ons Christelike erfenis om te gaan al het baie mense reeds daarvan afstand gedoen. Dit is egter veral die ortodokse verwoording van die Christelike ‘meestersverhaal’ wat nie meer sin maak nie. Ons leef met ánder kennis van hoe die wêreld ontstaan het; wat die plek van die aarde ten opsigte van die totale kosmos is; en waar die mens binne die geheel inpas. Binne hierdie gegewens is Hemel en Hel nie meer aanwysbare en bewoonbare plekke nie… en ‘God’ allermins ‘n manlike persoon, iewers buite ons aardsheid, soos die tradisie vir eeue reeds dikteer.
Artikels
Prof Hansie Wolmarans – Die opstanding van Jesus in konteks 26 Julie 2020
Die opstanding van Jesus in konteks Prof. Hansie Wolmarans Lesing aangebied aan die Nuwe Hervorming Netwerk 26 Julie 2020 Samevatting Die Jesus-beweging moes ná die kruisiging doodloop. Die feit dat daar heel spoedig florerende gemeenskappe oor die Romeinse Ryk...
read moreBen Barnard: Dit kom van ver af (Facebook video stroom, 24 Mei 2020)
Opsomming van NHN lesing 24 Mei 2020: Dr Ben Barnard (Kliniese sielkundige) DIT KOM VAN VER AF: MITOLOGIESE VOETSPORE DEUR DIE BYBEL Die storieverteller Mitologie, verduidelik Ben Barnard, is tegelyk geskiedenis, geheue en verbeelding. Dit is verhale waarmee mense in...
read moreMidrandbyeenkoms 13 Oktober 2019, Prof Pieter Botha
(Nota: hierdie berig is saamgestel uit Pieter Botha se PowerPoint-aanbieding en nota’s van Johan Talma, asook internetbronne – Red.) Om die bydrae van Augustinus tot die Westerse denkwêreld te verstaan, moet ‘n mens sy lewensverloop (354-372) – en selfs die...
read moreMidrand byeenkoms: 13 Januarie 2019. Prof Sakkie Spangenberg oor: ‘Van Christen-gelowige tot gewone Jesus-volgeling: Die lewensverhaal van dr. Cees den Heyer’
’n Woord vooraf Ek wou verlede jaar op 24 Junie ’n lesing aanbied oor Lloyd Geering en Cees den Heyer onder die titel “Here, verlos ons van die kritiese Bybelwetenskaplikes”. Tydens my voorbereiding het ek besef dat ek nie in één lesing aan hulle beide reg sal laat...
read moreMidrand byeenkoms: 11 November 2018. Dr Abel Pienaar oor: ‘Die Oorkantste Oewer – Spiritualiteit anderkant godsdiens’.
Wanneer iemand 'n rivier wil oorsteek, kan hy of sy 'n boot of vlot bou wat hom veilig aan die anderkant besorg. Maar wanneer sy die oorkantste oewer bereik het, is die boot oorbodig. Om dit dan saam te dra, veral as jy jouself dan in 'n onvriendelike omgewing soos 'n...
read moreMidrand byeenkoms: 28 Oktober 2018. Dr Deon van Zyl oor: ‘Godsdiens – ‘n Sielkundige kruk, kuur of krankheid’.
HOOP is eie aan die lewe self, ‘n soort buffer as verdedigingsmeganisme teen die harde werklikheid. “Without hope, the tension of our life towards the future would vanish, and with it, life itself.” (Paul Tillich) Mense raak baie emosioneel waar dit by godsdiens kom....
read moreNuwe boek: Jean Oosthuizen 2018: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk. Penguin
In Rapport se bylaag 'Weekliks' van 7 Oktober 2018 het 'n uittreksel verskyn van Jean Oosthuizen se jongste boek, Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, uitgegee deur Penguin. Hy skryf: "Dit is die verhaal van 'n kerk wie se leierskap telkens uit voeling was met die...
read moreMidrand byeenkoms: 30 September 2018. Prof Pieter Botha oor: “Asklepios: meer as net ’n antieke simbool.”
Asklepios, die Grieks-Romeinse god van genesing, is waarskynlik een van die meer bekende helde onder die gode en halfgode uit die Antieke tyd. Asklepios en sy dogter Hygieia Die staf en slang waarmee hy uitgebeeld word, is simbole wat vandag nog met genesing verbind...
read moreMidrand byeenkoms: 19 Augustus 2018. Ds Albert Cruywagen oor: “Spirituele ruimtes vir gesprek: Oop of toe?”
Vorige Midrandbyeenkoms: Sondag 19 Augustus 2018. Ds Albert Cruywagen oor: “Spirituele ruimtes vir gesprek: Oop of toe?” Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van Albert se aanbieding: Ek praat vandag in opsetlike dun, vae potloodstrepies, soms in breë, ewe vae...
read moreMR byeenkoms Sondag 24 Junie 2018 Sakkie Spangenberg oor: “Lloyd Geering: Die lewe van ’n merkwaardige honderdjarige Nieu-Seelander”
(Voordenker en koersaanwyser in die gesprek oor die voortbestaan van die Christelike godsdiens) Hierdie man het reeds in die sestigerjare van die vorige eeu ’n teologiese storm in Nieu-Seeland veroorsaak met sy stelling dat Jesus se opstanding nie letterlik nie, maar...
read more