“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller

Ons plek in die Kosmos
Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.
Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.
Op hierdie bladsy plaas ons graag artikels wat ons onder die indruk bring van die grootsheid van die skepping, ons plek daarin, asook die rol wat ons kan speel om die aarde oor ‘n lang termyn bewoonbaar te hou.
Neem gerus deel aan die proses!
Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
Artikels
Hennie Maas: My kennismaking met die wêreld van sterre en planete en die impak daarvan op my lewensuitkyk
MR Byeenkoms 23 Julie 2017 Hennie Maas se liefde vir die misterie van die natuur, klank- en beeldopnames, mooi musiek en die onbekende het sterk deurgekom in sy entoesiastiese aanbieding van 'n soort “Sterre en Planete” in die kleine, verlede Sondagoggend in Midrand....
read moreVideo-grepe:Johann Basson, ter inleiding tot die NHN se Algemene Jaarvergadering
Midrandbyeenkoms: 29 Jan 2017: Opsomming van videos Die kriteria vir die seleksie van hierdie videos was: 1) ‘n Uitmuntende aanbieding; 2) 'n Insiggewende boodskap; 3) Genderbalans ‒ gesamentlik 30 minute. Carl Sagan, die bekende astrofisikus met die fluweelstem het...
read moreWat is Cites, en hoekom moet ons omgee?
Die skakel hieronder gee 'n waardevolle verduidelikking, deur Ross Harvey, oor Cites, wat dit is en hoekom ons moet omgee Seker almal sal dit insiggewend vind ...
read moreWie was Spinoza, en wat was sy filosofie? Dr. Piet Odendaal
Sommige van julle het seker al van Alice A. Baily se boeke gelees. Sy het meer as 20 boeke geskryf – almal met esoteriese temas. Die boeke het almal sulke kenmerkende blou omslae – en vir dié met esoteriese belangstelling is hierdie boeke ‘n moet lees. In een...
read moreNatuur, Skepping en Moraliteit: Dr Francois Durand
Midrandbyeenkoms Sondag 15 Mei: Francois Durand illustreer sy siening van die mens se natuurbeskouing aan die hand van ‘n Brueghel-Rubens-skildery wat die Tuin van Eden voorstel as alles net mooi en goed. Volgens hom is dit 'n verkeerde beeld. Ons misreken ons as ons...
read more