“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller

Ons plek in die Kosmos
Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.
Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.
Op hierdie bladsy plaas ons graag artikels wat ons onder die indruk bring van die grootsheid van die skepping, ons plek daarin, asook die rol wat ons kan speel om die aarde oor ‘n lang termyn bewoonbaar te hou.
Neem gerus deel aan die proses!
Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
Artikels
Uitstappie – Sterkfontein Grotte – (met Prof Francois Durand )
Sterkfontein-uitstappie, Sondag 14 April 2019 In stede van die gewone NHN-byeenkoms op Sondag 14 April, het Johan Talma vir ons ‘n insiggewende uitstappie na die Sterkfontein-grotte, ‘n VN Wêreld-erfenisterrein, gereël. Dit het onder leiding van Prof Francois Durand...
read moreDr Gerrit Genis: ‘Die wonderwêreld van ruimteteleskope – Hubble se nalatenskap’.
Vorige Midrandbyeenkoms: Sondag 27 Mei 2018 Die Hubble-ruimteteleskoop se grootste bydrae moet in verband gebring word met ons verstaan van die heelal. Dit is eintlik ‘n tydmasjien… Wanneer dit 'n ster of hemelligame waarneem wat miljarde ligjare verwyder is, sien ons...
read moreHennie Maas: My kennismaking met die wêreld van sterre en planete en die impak daarvan op my lewensuitkyk
MR Byeenkoms 23 Julie 2017 Hennie Maas se liefde vir die misterie van die natuur, klank- en beeldopnames, mooi musiek en die onbekende het sterk deurgekom in sy entoesiastiese aanbieding van 'n soort “Sterre en Planete” in die kleine, verlede Sondagoggend in Midrand....
read moreVideo-grepe:Johann Basson, ter inleiding tot die NHN se Algemene Jaarvergadering
Midrandbyeenkoms: 29 Jan 2017: Opsomming van videos Die kriteria vir die seleksie van hierdie videos was: 1) ‘n Uitmuntende aanbieding; 2) 'n Insiggewende boodskap; 3) Genderbalans ‒ gesamentlik 30 minute. Carl Sagan, die bekende astrofisikus met die fluweelstem het...
read moreWat is Cites, en hoekom moet ons omgee?
Die skakel hieronder gee 'n waardevolle verduidelikking, deur Ross Harvey, oor Cites, wat dit is en hoekom ons moet omgee Seker almal sal dit insiggewend vind ...
read more