As deel van ons 10de bestaansjaar het die NHN op 30 Augustus 2014 sy jaarlikse seminaar by Zambesi Lodge in Montana, Pretoria gehou met die tema: “Die NHN as vernuwer in die Afrikaanse samelewing: perspektiewe op religie en wetenskap, samelewing en geskiedenis, toekoms en hoop”.

Die afgelope 10 jaar het die NHN heelwat tyd aan die kritiese ontleding van godsdienstradisies, wetenskaplike insigte en standpunte rondom menswees bestee. Dit het onder meer daartoe gelei dat die godsdienstige speelveld vir Afrikaanses in ons land tans meer gelyk is.

Die onderwerpe en gespreksleiers was:

  • Perspektiewe op Godsdiens en Wetenskap –Sakkie Spangenberg
  • Perspektiewe op ons Geskiedenis en ons huidige Samelewing-Pieter Botha
  • Perspektiewe op die Toekoms en die rol van Hoop –Anthoni van Nieuwkerk

Ons het weereens nagedink oor waardes, ’n betekenisvolle lewensstyl, en sinvolle verwagtinge te midde van ons veranderende sosio-politieke landskap.

Die seminaar het vanaf 08:30 tot 16:00 geduur en vanaf 17:00 het ons lekker om ‘n skaapbraai gekuier.