Deur: Jan Bantjies
“There was never yet an uninteresting life. Such a thing is an impossibility. Inside of the dullest exterior there is a drama, a comedy and a tragedy.”

Mark Twain
Op die plaas
Ons het op die plaas onskuldig groot geword. Met swart maatjies, Dhledhle, Kedamile en Notjant gespeel. Ons het eendag saam met neefs wat van die dorp af gekom het daar bo in die berg by die skuinsklip gespeel. Een van hulle, Johannes, het toevallig gesê my ma is in die ander tyd. Ek het hom gevra wat se ding is “die ander tyd”. Hy vra toe of ek dan nie gesien het nie. Ek kon nie gou genoeg bergaf by die huis kom nie om te kyk hoe lyk my ma as sy in die ander tyd is. Vandag nog as ek sien ‘n vrou is in die ander tyd dink ek onwillekeurig aan daardie dag.  Een van my sustertjies is op tien maande dood aan longontsteking. Die eenvoudige begrafnis (sonder predikant) staan my nog helder voor die oog. Ek het nou nog die begrafnisbrief wat my pa in Hollands geskryf het. ‘n Graf is normaalweg ‘n eensame plek. Maar hare is seker die eensaamste graf op aarde die enigste op die plaas en nou in ‘n ruigte. Laat my onwillekeurig dink aan ou Moses. Die Here het hom mos op ‘n berg gebring en die beloofde land gewys en hy het omgedraai en gesterf en niemand weet waar hy begrawe is nie. So gaan dit seker met alle sterflinge. Hulle visualiseer ‘n beloofde land, maar dis niks meer as ‘n hersenskim nie.  Ons het op ‘n plaasskooltjie skoolgegaan en my pa was die enigste onderwyser.  Afgesien daarvan dat hy ons geleer het om te lees en te skryf en om somme te doen, het hy elke oggend ‘n hoofstuk uit ou ds. Conradie se Kinderbybel gelees. Ek het nou nog ‘n eksemplaar. Dit is nogal ‘n getroue weergawe van die Bybel. Hy het nooit vir ons gepreek nie en nie gebid nie, maar die bybelstories was vir ons die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie. Ek het op twee toere deur Israel gegaan en party plekke was so bekend ek het my verbeel het ek was al daar.
Saans het ons om die etenstafel huisgodsdiens gehou. My pa het van die mooiste psalms en ander dele van die Bybel gelees, sonder kommentaar, en gebid en dan sing ons ‘n psalm of gesang in Nederlands. Ek kan nou nog sommige daarvan opsê. Ek het daarvan gehou, en hou nou nog daarvan. Geestelike sang en musiek is vir my baie mooi. Maar die Liedboek vir die Kerk en hedendaagse gospelliedjies gee my die piep. Ek sou daarvan kon sê wat my skoonma van die 1983 vertaling van die Bybel gesê het: Ek wil niks daarmee te doen hê nie. Dit is nie Gods woord nie.

Getroud
Ek was die grootste deel van my volwasse lewe getroud. Dit was amper te goed om waar te wees. Die wedersydse liefde, ondersteuning en kameraadskap was wonderlik.  Jammer huwelike het nou al tot ‘n groot mate in onbruik verval, enersyds deur egskeidings en andersyds deurdat mense eenvoudig nie meer trou nie. Ons is in ‘n oorgangsfase waarvan die uiteinde nie voorspelbaar is nie. Kan seker werk;
ek weet nie.

Rugby

Voor ek dertig was het ek baie tyd bestee aan die Afrikanervolk se afgod, die beoefening en aanbidding van rugby. Dit het my niks in die sak gebring nie en vir jare al steur ek my nie aan die hoogskop, stormloop en hopie maak speletjie nie. Dis soms ongemaklik as ‘n man wegval en met my gesels oor ‘n spel wat was of nog moet kom asof dit vanselfsprekend is dat ek daarvan weet.

Rugby is een van die min dinge waaroor ek berou het. By een geleentheid moes ek op Volksrust gaan
rugby speel, maar mense het my genooi om op dieselfde dag die pas gekose skoonheidskoningin van Estcourt te vergesel na ‘n dans in Pietermaritzburg. Ek kon nie instem nie, maar sug vandag nog soms:
“Of all sad words of tongue or pen, The saddest are these, it might Have been.” Ek hoop tog sy het ‘n goeie man gekry, een wat net so mooi na haar gekyk het as wat ek sou kon. Kerkraad Soos mens van ‘n ware Afrikaner kan verwag, het ek ‘n tydlank op die kerkraad gedien as diaken. Elke maand die rondte in my wyk gedoen om van elkeen ‘n pond of twee te kry. Die meeste was werklik net twee pond. ‘n Pond was toe nog ‘n pond werd. Een aand het ek aan ‘n ritueel deelgeneem waaroor ek nog lewenslank berou sal
hê.  Toe ons die aand by die kerksaal kom, staan daar ‘n beeldskone meisie en ‘n pragtige jong man. Die dominee sê ons toe wie hulle is en dat hulle daar is om berou te betoon oor hulle gesondig het deur oor die tou te trap. Ag, Here tog! Hulle had geen opsie, want hy kon oor die toutrappers nie in die huwelik bevestig of hulle kindjie doop nie. Ek was verskriklik verleë.  Hopelik is die soort sadisme iets van die verlede. Danksy die pil en kondome het dit sekerlik in onbruik verval.  Laat my dink aan ‘n kerkie in die suide van Amerika waar die predikant die oor die toutrappers voor die hele gemeente gedaag het. Dan vra hy die gemeentelede wat hulle nie vergewe nie, moet hulle hande opsteek. Niemand het ooit hand opgesteek nie, behalwe eendag ‘n oujongnooi.  Toe sê die predikant vir haar:  “Surely, Miss Jones, you do forgive them?”  Toe bars sy in trane uit en snik:  “In this congregation it’s sinning and forgiving and sinning and forgiving and all I ever do is forgiving.”  Later het ek ouerig geword en is of kon verkies word as ouderling. Ek het geen sinnigheid daarin gehad nie, want daar was van ouderlinge verwag om tydig en
ontydig te bid en ek kon waaragtig nie in die openbaar bid nie. Moenie vir my vra hoekom nie.
Gebed dien tog ‘n doel. ‘n Mens voel soms so magteloos en radeloos dat jy onwillekeurig bid. In die wêreld waar ek grootgeword het, het mense (my ouers ook) soms in wanhoop gesing: Heer waar dan heen,

Tot U alleen,
U sal ons nooit verstoot nie.
Ek het gelee
s dat die lidmaatskap van kerke in Afrika en veral Suid

Amerika hand oor hand toeneem omdat mense so arm, behoeftig en hulpeloos is. Mense in
ontwikkelde land het min of meer alles wat hulle nodig het. Hulle het goddelike hulp of intervensie nie nodig nie.  Maar ek moet bysê dat die mense, algemeen gesproke in die derde wêreld, die Christelike godsdiens met hulle eie magies religieuse lewens  en wêreldbeskouinge vermeng. Calvyn sou in sy graf omdraai as hy moes weet hoe hulle plek maak vir konsultasie met die voorvadergeeste nie die moeders nie. In daardie opsig is hulle nes die Christene (sommige nog so): ‘n vrou is nie volledig mens nie.
Akademies
Ek het dit later reggekry om weg te breek van die senior teekamer kultuur in die staatsdepartement waar ek gewerk het.  Ek is gesekondeer na die Universiteit van Zoeloeland. Ek sê soms daarvan:
“Two roads diverged in a wood, and I

I took the one less travelled by,
And that has made all the difference.”
Die uitstaande herinnering daaraan is die studiereise wat, feitlik sonder uitsondering,
op een of ander manier gefinansier is. My vrou en ek het gewoonlik vir drie weke
Engeland , Europa en die VSA deurk
ruis. Dan kom sy huistoe en ek gaan na een of
ander plek of instansie om iets na te vors. Dit was lank voor daar so baie inligting op
die internet was. Mens moes maar in biblioteke en elders gaan soek. Ek het soms
daelank in die London School of Oriental a
nd African Studies gaan sit en daar
rondgedwaal om inligting te versamel.
‘n Eenvoudige insident bly my by. Ek het ‘n
paar keer in London House

‘n soort van
gastehuis vir oorsese studente

gebly. By een geleentheid was daar ‘n dokter wat
navorsing ged
oen het oor die geskiedenis van die mediese wetenskap. Sy het my
eendag genooi om saam met haar ‘n diens in ‘n katedraal by te woon. Maar ek kon
nie ja sê nie. Tuis sou ek nie eens ‘n diens in ‘n Dopperkerk bywoon nie en ons
dominee het ons ernstig gewaars
ku om nooit met ander gelowe en goed te heul nie.
Volgens hom was die Gatjieponners die enigste ware kerk. Sektariërs en
pamfletverspreiders moes ons by die hek al wegwys. So het hy gesê. Om nie te práát
van die Rooms

Katolieke nie. Eenkeer per jaar, sover
ek kan onthou, was dit op die
eerste Sondag in Oktober, het hy hulle so sleg gesê dat die see hulle nie kon afwas
nie.
As hy nie so onverbiddelik was nie, kon ek en die Australiër so baie vir mekaar
beteken het daar in die vreemde. Ons kon elke Sondag in
‘n ander katedraal êrens in
Engeland ‘n kerkdiens bygewoon het.
Lyfstraf
Op hoërskool het nie een van die onderwysers enige onderrig in opvoedkunde gehad
nie. Hulle enigste metode was om jou iets te gee om uit jou kop uit te leer en as jy dit
môre nie
ken nie, het hulle jou gat warm geslaan. Dit was nogal seer, maar ook
vernederend.
Hulle het seker by die predikant gehoor mens moet ‘n kind slaan as hy
ongehoorsaam is en as hy nie vir jou wou luister nie, moet jy hom na die oudstes in
die poorte van di
e stad neem. As hy ook nie vir hulle wil luister nie, moet jy hom
buite die stad neem en hom stenig. Dit was nogal prakties, want daar lê baie los
klippe rond in die wêreld waar die Bybel geskryf is.
Ek lees nou die dag dat ‘n ou wat navorsing gedoen het
oor lyfstraf uitgevind het dat
sowat 50 persent van onderwysers in Suid

Afrika nog kinders in die laerskool
slaan
en 20 persent in die hoërskool.
Hulle weet nog nie wat anders hulle kan doen om die
klein bliksempies te dissiplineer nie. Ons het dan nie ve
r gevorder op die pad na
beskawing nie. Of is die Bybel tog reg, soos die Duitse skrywer (ek dink sy naam is
Werner Keller) gesê het. Ek glo nie.
Ek onthou niks meer van wat ek op skool geleer het nie, behalwe dat ek vandag nog
vir jou die voorsetsels in
Latyn wat die akkusatiewe naamval voorafgaan, kan opsê.
Ek kan dit vir twee minute lank aframmel sonder om asem te haal. Dit maak sin
daarvan dat vrees vir pyniging en vernedering ‘n doeltreffende onderrigmetode is.
Verder leer
Daarna het ek soos vir
‘n stokperdjie verder geleer. Ek het die kuns om te leer
aangeleer en so my taak makliker gemaak. Dit was ‘n goeie tydverdryf

asof mens
nou juis tyd wil verdryf. Mens moet liewer sê:
“Stop, stop my wheel
Too soon too soon
The noon will be the afternoon
Too soon today be yesterday.”
Away in the midst of a sunbaked plain
Ek het etlike jare in drie klein dorpies gewerk. Daar was net sowat 90
mense (ek
bedoel witmense, want swartmense is eers bygetel ná Mandela vrygelaat is). Dit het
my geleer om met ander mense oor die weg te kom ongeag… Die enigste dokter
(enkellopend) in een van die dorpies het byvoorbeeld eendag een van sy pasiënte na
die n
aaste hospitaal geneem vir ‘n operasie. Die pasiënt se vrou het saamgegaan.
Toe hulle terugkom het die dokter nie die vrou by haar huis afgelaai nie, maar
deurgedruk na sy huis toe. Die volgende oggend het die hele dorpie natuurlik geweet
sy was dié nag ni
e by haar huis nie.
Toe die man uit die hospitaal ontslaan is en genoeg kragte herwin het, het hy die
dokter een aand in die kroeg opgedonner. Die anderdag was aldrie van hulle nog
steeds daar en lank daarna nog daar saam en het in liefde en vrede saamge
leef.
Sy het darem later van haar man geskei. Hy het seker weer ‘n keer in ‘n hospital
beland.
‘n Magistraat in Matatiele, Frank Guthrie, het dié dorpies alte mooi beskryf as:
“Away in the midst of a sunbaked plain,
Where the
hope of life is the chance of rain
Where around a kopje a road windsin
And a road winds out in the distance dim,
A cluster of houses, a market square,
Dusty and drab in the sunbaked glare.
Here must be freedom from stress and strife.
The tittle, tattle of meaner life,
Petty deceits and morbid minds,
Swept away by the clear veld wind.”
Die adjunk

balju op een van hulle het altyd met sy fiets k
roeg toe gery. As hy laterig
in die aand nog nie tuis was nie, het sy vrou hom met die kruiwa gaan haal.
In al die jare wat ek daar gewerk het, was ek net drie keer kerk toe

eenvoudig
omdat daar te min mense was om kerk te hou.
Kan jy tee maak?
As
mens met ‘n Alzheimerpasiënt moet saamleef, kan jy verstom staan hoe
ingewikkeld dit is om tee te maak. Daar is omtrent tien handelinge, soos:
„h
die blikkie met tee vat,
„h
dit oopmaak;
„h
‘n teesakkie uithaal;
„h
daaraan ruik om seker te maak dis nie die rooibostee nie,
en so aan.
Ek laat dit daar. Om op so ‘n see van herinnering te vaar, is pynlik.
Liewer sê:
“Met die water wat verby is, sal jou meule nooit weer maal.
Uit die assies op
jou vuurherd sal jy nooit geen gloed meer haal.”
‘n Opmerking wat vir ander mense van waarde mag wees: Bywoning van ‘n
ondersteuningsgroep is byna onontbeerlik. Daar is niks so goed as om jou smarte en
ellende met ander te deel nie.
Een van die versor
gers het een aand opgedaag en snot en trane gesnik dat haar man
dood is en sy kon nie betyds by sy sterfbed kom nie. Ek het huistoe gekom en
dieselfde aand nog deur my trane heen geskryf wat sy seker sou wou skryf as sy kon:
Voor jy weg is,
Wou ek nog gr
aag
Jou hande vat, en sê:
“ek het jou lief”
Na jy jou eerste dood moes sterf
Hoe lank geleë: twaalf

veertien jaar?
Was jy nog hier.
Ek kon, wanneer ek wou,
Jou hande vat, en sê:
“ek het jou lief.”
Maar nou’s jy weg,
En ek wou graag
Voor jy vertrek,
Jou hande vat, en sê”
“ek het jou lief.”
Ek wou nog sê
Dat jy daar weer sal weet
En dit sal mooi wees daar
En ek sal ok daar wees.
In ligter trant. Vanaf die ouderdom 30 jaar verloor mens sowat twee persent van jou
breinselle elke tien jaar. Hier om en
by tagtig (en hordes mense word deesdae so oud
en ouer) is tien persent daarmee heen. Met die oog daarop beveel ek aan dat lesers
solank ‘n boek soos
Training Your Brain for Dummies
aanskaf. Dis nie net die twee
persent elke tien jaar nie, as jy die affêr
e nie gebruik nie, raak dit vinniger afgetakel.
“Use it or lose it.”
En nou?
Dis maar heel onlangs dat van ons Afrikaanse teoloë begin het om vir ons te sê mens
kan maar die bybelstories met ‘n knippie sout neem. Dit het prominensie gekry
omdat dit so
verstaanbaar gesê en geskryf is. Afrikaanse koerante het hulle deel
bygedra in artikels en briewe

kolomme.
Mense soos Richard Dawkins was maar altyd daar, vir eeue al. Hy het net weens die
moderne media meer aftrek gekry. Sy boek is ook maar vrek verveli
g. Hy hou net aan
en aan. As ek nie vir die boek betaal het nie, sou ek dit nie enduit gelees het nie.
Ag, ek dink nie mens moet die onmoontlike en onwaarskynlike in die Bybel te dik
aansmeer nie. Mens kan dit byvoorbeeld beskou as allegorieë, sinnebeeld
ige
voorstellings van abstrakte begrippe of gebaseer op eietydse kennis van mense en
van die heelal. Sommiges is tog waar, soos dat Dawid Batsheba bygekom het. Of is
dit nie?
Waarmee ek my egter nooit sal vereenselwig nie, is hoe die Bybel deur die eeue
en
vandag nog op groot skaal verwring is, soos deur Augustinus. Die blote aanwending
van die Bybel om mense onder andere te stenig, te verban of te verbrand, om
homoseksuele mense te veroordeel en om oorloë te voer… daarvoor is daar geen
verskoning nie.
Wat ek wil byvoeg is dat ek darem nie nou eers kennis gemaak het met die
skeptisisme nie. Afgesien van teologiese geskrifte (wat ek nie gelees het nie) het
skrywers en digters lankal bedenkinge uitgespreek . Ek is byvoorbeeld lief vir Lord
Tennyson se tr
eurmare
In Memoriam
waarin hy sy smart en vertwyfeling uitspreek
oor sy vriend Arthur Hallam se vroeë dood. Hy het ‘n vrek

lang gedig geskryf, glo oor
etlike jare heen,
in die trant van

“Behold, we know not anything:
I can but trust that good shall fall
At last

far off

at last, to all,
And every winter change to spring.”
Edward Fitzgerald in sy vertaling van die Ruba’iyat van Omar Khayyam was meer
uitgesproke:
“And th
at inverted bowl, we call the sky;
Whereunder crawling coop’d we live and die
Lift not your hands to it for help, for it
As impotently rolls as you or I.”
Of vir dié van ons wat hou van ons dop:
“Oh Thou, who didst with pitfall and with gin
Beset the road I was to wander in
Thou wilt not with predestined evil round
Enmesh, and then impute my fall to sin!”
Die toekoms van God in Suid

Afrika
Dit is
duidelik dat die kerk in Suid

Afrika op dieselfde pad is as die kerke in Europa
sedert die einde van die tweede wêreldoorlog. Mense bly eenvoudig weg van die
kerk af sonder opgaaf van redes. Met
betrekking tot Holland is in 2006 al geskryf:
Ondersoek na o
ndersoek toon aan dat die kerklike betrokkenheid in Nederland skerp
daal. Die Protestantse Kerk in Nederland

die samesmelting van gereformeerdes,
hervormers en
Lutherane

het jaarliks 60 000 lede verloor. (In die Rooms

Katolieke
kerk gaan dit nie rooskl
euriger nie.)
Tien jaar gelede (in 1996) het die helfte van die
bevolking in Holland hulle nie beskou as lede van ‘n kerkgenootskap nie en dit het (in
2006) gedaal tot een

derde (Dreyer e.a.
Met of Zonder God
(2006)).
Maar daar is (miskien onverwags) nie
‘n massale bekering tot die ateïsme nie. Slegs
een

tiende van alle Nederlanders beskou hulleself as godloos. ‘n Klein aantal is
agnosties (“Ek weet nie of daar ‘n God is nie.”) maar by meeste is daar ‘n
sluimerende geloof. “Ietsisme” noem die Hollanders d
it. Hulle glo nog altyd daar is ‘n
God, maar nie die God van Calvyn of die filosowe nie.
Die ietsisme het nog nie vorm aangeneem nie, maar intussen stel mense verskillende
gelowe op die proef, soos Hindoeïsme, Boeddhisme, (te veel om op te noem) en ‘n
gr
oot aantal variasies.
Wat daarvan gaan word, weet nugter. Dit is egter seker dat dit die einde beteken van
die kerkgebonde geloof wat ons ken. Tensy die kerke in staat is om aan te pas. Die
Rooms

Katolieke sal seker die langste vasbyt.
Die mees insiggewende boek wat ek nog hieroor gelees het is
The Future of Faith
van
Harvey Cox. Dié ou man ken sy storie. Dis maklik om te lees

nie so uitmergelend
soos Dawkins en Tannie Armstrong nie.
Die ander sy is die massale aanhang van charismati
ese kerke in die derde wêreld. Dít
en die magies

religieuse lewens

en wêreldbeskouing van, noem dit nie

westerse,
mense.
Dit is ‘n ander onderwerp

miskien vir ‘n ander dag.