Deur: PIETER CRAFFERT

Datum : So 03 Jul 05

Meer as 20 jaar gelede begin Jimmy Loader ‘n koerantartikel in Beeld met die volgende woorde:

Die een ding wat duiwelaanbidders en duiweluitdrywers in gemeen het, is dat albei groepe aan die duiwel glo. Die antwoord wat ons aan albei groepe moet gee, is dat daar nie so ‘n ding soos die duiwel is nie.

Ek vermoed dit is meer as net duiwelaanbidders en duiweluitdrywers wat dink dat daar so ‘n wese soos die duiwel is.