Inleiding

Laat ek ter inleiding my kaarte op die tafel sit: ek is nie ’n Boeddhis of aanhanger van Boeddhisme nie; ek gee myself ook nie uit as ’n kenner daarvan nie. Bronne wat ek geraadpleeg het sê dis onmoontlik om ’n “kenner” te wees tensy mens in volle oorgawe aan Boeddhistiese praktyke deelneem.

Hoe het dit dan gebeur dat ek vandag hier staan? As lid van Sakkie se maandelikse besprekingsgroep het ek onlangs die werk van John Macquarrie, Mediators between Human and Divine, bestudeer. Dit was my taak om die hoofstuk oor Boeddha te bestudeer en vir die groep voor te dra. Hierdie praatjie is die gevolg daarvan.

Tog verdien Boeddhisme aandag – in die advertensie vir vandag se byeenkoms het ek geskryf: ’n Kenmerk van die 21ste eeuse samelewing is verskeidenheid. Op elke lewensterrein kom mense met uiteenlopende kenmerke, oortuigings, ingesteldhede en belangstellings al hoe meer met mekaar in aanraking. Hoewel verskeidenheid dikwels lei tot konflik, kan dit ook ’n heilsame uitwerking hê. Die voorwaarde is egter dat alle betrokkenes meer van mekaar moet probeer te wete kom, mekaar moet probeer verstaan en mekaar in ’n gees van verdraagsaamheid en samewerking moet aanvaar. Dit geld ook vir menslike interaksie op godsdienstige terrein: die beginpunt vir die vreedsame naasbestaan van Moor en Mohammedaan, is kennis van mekaar, hoe oppervlakkig dit ookal (aanvanklik) mag wees. Teen hierdie agtergrond is dit sinvol vir mense wie se wortels in die Christelike tradisie geanker is, om ook iets meer van ’n ander groot wêreldgodsdiens, naamlik Boeddhisme, te wete te kom. Dit is die doel van hierdie voordrag: ’n inleidende kennismaking met die Boeddha-figuur, die oorsprong en ontwikkeling van Boeddhisme en die basiese leerstellings van hierdie godsdiens. Dit is veral die raakpunte tussen Christenskap en Boeddhisme wat dikwels tot gesprek en nadenke kan lei.

Die Boeddha-figuur

Hoe weet ons van hom wat ons weet? Geskrifte oor Boeddha en oor Boeddhisme het eers 400 jr na sy geboorte ontstaan. Daar bestaan drie soorte geskrifte: kanoniek (ooreenkomstig kerklike wette; geskryf onder ingewing van Heilige Gees), kommentare en pseudo-kanonieke werke. Net soos in die geval van die Bybel bestaan daar onsekerheid of dié werke woorde VAN of OOR Boeddha bevat. Onlangs is van die vroegste geskrifte in Pakistan (naby Taxila, suid-wes van Islamabad) ontdek. Dele daarvan is op boombas geskryf en dateer uit die 1ste eeu nC. Dis vergelykbaar met die Dooie See rolle in die geskiedenis van die Christendom.

Boeddhisme behels ’n persoonlike belewenis van waarheid – onafhanklik van die Boeddha-figuur. Dit is nie belangrik of daar inderdaad ’n historiese Boeddha was nie. Oorlewering en legendes oor Boeddha bevat egter verhalende beskrywings van die aard en vorm van sy geestelike reis.

Volgens oorlewering was die boeddha waaruit Boeddhisme ontstaan het, die seun van Gautama: Siddhartha. Dié naam beteken “afstammeling van Gautama wat altyd sy doelstellings bereik”. Hy is ook bekend as Sakyamuni Boeddha, die wyse/verstandige. Hy was ’n gewone mens wat self geen aanspraak gemaak het op ’n goddelike oorsprong nie.

Geleerdes verskil oor die datum van Boeddha se geboorte, maar konsensus bestaan daaroor dat dit sowat 40 jaar aan die een of ander kant van 500 vC was. Hy is in Lumbini, Kapilavastu, Nepal gebore. Ter orientering: waar is Nepal? Aan die voet van die Himalaya gebergte in die noorde van Indië.

Boeddha se menslike aard is bedek deur verskeie lae legendes – soos die meeste ander bemiddelaars tussen mens en God/god. Boeddha se pa (koning Suddhodana) was die raja (regeerder/leier – lid van ’n aristokratiese stryderskaste, naamlik die kshatriya kaste) van die Sakya stam. Sy ma was koningin Maya(devi). Sy is die “Godin van Illusie” (devi) genoem omdat sy so mooi was dat ’n mens dit kwalik kon glo. Na bewering het Siddhartha Gautama uit die hemel in die moederskoot neergedaal; ten volle bewus van sy eie identiteit en roeping. Gedurende die nag waarop koningin Maya bevrug is, het sy gedroom ’n wit olifant het haar baarmoeder binnegedring.

In Indië was dit tradisie om in die koninkryk van die vrou se eie pa geboorte te skenk. Op pad soontoe is Siddhartha onder ’n immergroen boom gebore. Daar was geen bloed, slym of ander uitskeiding teenwoordig nie. Volgens legendes kon Boeddha ook onmiddellik praat en minstens 7 meter ver loop! Sy ma is kort na die geboorte oorlede. (Die gebeure rondom Boeddha se geboorte herinner nogal aan die stal te Bethlehem.)

Na sy geboorte het Asita (’n wysgeer) voorspel dat Siddhartha ’n asketiese swerwer sou word (dit is iemand wat hom onthou van sinlike genietings en byvoorbeeld deur selfkastyding streef na volmaaktheid) en dat hy as ’n boeddha sou eindig (afgelei van die Sanskrit woord budh; ’n werkwoord wat beteken om te ontwaak/begryp/ken). ’n Boeddha (let op onbepaalde lidwoord) is iemand wat getransformeer is, wat wéét, wat realiteit van drome kan onderskei. Boeddha is ’n titel, nie ’n naam nie. Dis ’n soortnaam, nie ’n eienaam nie. Daar was reeds baie boeddhas en daar sal nog baie wees. Aanhangers van Boeddhisme streef daarna om ’n boeddha te word. Ons moet dus onderskei tussen boeddha en Boeddha. Let op die ooreenkoms met die christelike tradisie: Christus is ook ’n titel, naamlik gesalfde (Hebreeus = messias). Beide Adamantius en Luther het na mense as christusse verwys. Nes Jesus, is Boeddha ook tot eienaam verhef en het hy redder geword.)

Nietemin, as sy pa wou hê Siddhartha moet hom opvolg, (so het Asita gesê), moes hy verseker dat Boeddha tuis bly. Sy pa was ontstig deur die voorspelling: hy wou nie sy seun as geestelike sien grootword nie. Eerder moes hy deel in die voorregte wat Suddhodana self geniet het. Gevolglik het die koning vir Siddharta probeer tuis hou. Hy het vir hom ’n liefdeskamer laat bou, dié met erotiese kuns versier en vir Siddhartha meisies van die nag beskikbaar gestel. Die jongman se lewe het om sinlike plesier gewentel. Dis ironies dat juis die prostitute hom van die lewe buite die paleis vertel het. Terselfdertyd het sy pa gepoog om hom in alle opsigte deeglik te laat oplei. Daar word beweer dat hy aan al die tradisionele kunste en wetenskappe van sy tyd, 64 verskillende tale, Wiskunde, vegkuns en boogskiet blootgestel is. Daar word wonderlike stories oor Boeddha se jeug vertel. Volgens legendes het hy onder meer, na aanleiding van die vakke wat hy bestudeer het, gesê: “Met die boog van mediterende konsentrasie sal ek die pyle van wysheid afskiet en die tier van onkunde in lewende wesens van kant maak”. Daarna het hy ’n pyl afgeskiet wat deur vyf ystertiere en sewe bome getrek het.

Siddhartha is liggaamlik as volmaak beskou. Die vet beeldjies wat van hom gemaak is, het te doen met wat in ’n bepaalde kultuur as “mooi” beskou word. In werklikheid, so word beweer, was hy die toonbeeld van skoonheid. Geen wonder dat Fibonacci dikwels ’n rol speel by voorstellings van Boeddha nie.

Op 16-jarige leeftyd is Siddhartha met Yasodhara getroud en kort daarna het hy by haar ’n seun, Rahula, verwek. Soos die gebruik van daardie tyd was, het hy ook meer as een vrou gehad. Daar bestaan interessante verhale oor hierdie huwelik – hoe Siddhartha vir Yasodhara gekies het en oor haar ingesteldheid jeens hom (haar nederigheid en bewondering vir haar man – veral laasgenoemde houdings laat ’n mens nogal dink aan sommige vroue in die Bybel). Toe Siddhartha byvoorbeeld Kapilavastu besoek het, het Yasodhara geweier om op eie inisiatief haar man te ontmoet: “Surely, if I have gained any virtue at all, the Lord will come to my presence.“

Eendag wou Siddhartha die paleis verlaat en ’n park besoek. Die koets (die rytuig van die gode) is ingespan. Dis toe dat die (oud-Indiese, Hindu) gode besluit het: “Die tyd van verligting is naby; gee hom ’n teken”. Die gode verskyn toe aan hom in die vorm van ’n ou, tandelose man. “Wat is dié?”, vra Siddhartha aan die koetsier. “Almal word oud”. “Droewig is geboorte”, sê Siddhartha en diep geraak deur ouderdom is hy terug paleis toe. Dié toneel het homself nog drie keer afgespeel: elke keer het Siddhartha iets anders raakgesien wat hom ontstel het: ’n siek man met geswolle buik en oortrek met vlieë en vullis; ’n lyk wat deur bedroefde familie in die strate rondgedra is; ’n swerwende geestelike wat homself van die wêreld probeer afsonder het. Hierna het koetsier hom tot ’n lewe van selfverloëning gewend.

Op 29-jarige ouderdom het Siddhartha besluit om die koetsier se voorbeeld te volg. Onthou dat sy pa hom as’t ware gevange gehou het. Op die dag van die groot selfverloëning is hy toe skelm, sonder sy vrou en kind, die paleis uit. Hy het op sy perd ontsnap – die hoefgeklap is na bewering deur die gode gedemp sodat hy die wagte kon ontglip.

By die stadspoort het hy die verleier Mara (die ekwivalent van Satan) teengekom. Lg. het belowe om hom ’n groot koninkryk te gee as hy van sy planne sou afsien. Siddhartha het geweier. Daarna het Mara hom die res van sy lewe met allerlei versoekings gevolg – die magte van die bose het hom aangeval – enigiets wat hom aangeraak het (koperspiese, vlammende swaarde, swepe en hake) het in blomme verander. Toe het die dogters van Mara probeer om hom te verlei – Siddhartha was egter ongesteurd. (Hierdie gebeure herinner aan die versoeking van Jesus.)

Soos reeds aangedui, was Siddhartha Gautama diep geraak deur pyn, lyding, ouderdom, siekte en dood. Hy het onder ’n jamboes-boom gaan sit – die boom van verligting (’n tropiese boom met geel-groen eetbare vrugte wat tot 9m lank kan word). Daar het hy bekend geword as Bodhisattva (die een wat bestem is om ’n boeddha te word). Hy het dikwels gemediteer. Hy het twee keer by godsdiensonderwysers (Arada Kalama en Udraka Ramaputra) sielerus probeer vind, maar was telkens teleurgesteld. Daarna het hy, vergesel van vyf dissipels (Sariputta, Mahamoggallana, Mahakasyapa, Ananda en Anuruddha), probeer om in buitengewone eenvoud te leef en deur uiterste fisiese ontbering rus vir sy gemoed te vind. Mettertyd het sy dissipels hom verlaat. (Sien u die ooreenkoms met Jesus se geestelike stryd en die dissipels wat Hom verlaat het?)

Op 35-jarige ouderdom het hy finale verligting beleef. Dit het bestaan uit drie nagwake (waarin hy geworstel het met sy eie oorsprong, naamlik dat elke nuwe bestaan bepaal word deur die goeie en slegte van ’n vorige lewe (karma); en die vernietiging van sinlike begeertes (asavas) die vernietiging van ’n bestaansverlange; ’n strewe na verlossing van onkunde). Die nagwake is gevolg deur vier fases van beswyming waarin hy op eie houtjie sy eie begeertes en bose gedagtes oorkom en uiteindelik sielerus gevind het. Daarna het hy besef hoedat hy arahat (nie-terugkerende) geword het wat by sy dood na nirvana sou gaan en nie weer hergebore sou word nie. Deur middel van hierdie proses het Bodhisattva Boeddha geword – met Mara op sy hakke! Sy eerste versoeking as Boeddha was om die kennis en ervaring wat hy opgedoen het, vir homself te hou. By het egter besef dat hy dit moet oordra. Let op hierdie doen-dit-self weergawe van verlossing. Vir volgende 4 dekades het Boeddha deur gehuggies in Indië geloop en preek. (Hierdie besondere versoeking deur Mara herinner ’n mens nogal sterk aan die sendingopdrag van Christene.)

Boeddha het dadelik die vyf dissipels wat vroeër genoem is, gaan opsoek en hulle geleer van die vier edele waarhede wat ek netnou sal bespreek maar wat ook herinner aan die tien gebooie. Later het nog vyf dissipels bygekom: Upali, Subhoti, Rahula, Mahakacanna en Punna. (Tien dissipels soos die tien van Jesus?) Saam het hulle die eerste kloosterorde, genaamd Sangha, geskep en ’n ingewikkelde stel reëls vir die orde geformuleer. Voorbeelde van hierdie kloosterreëls is die volgende: ’n Monnik sal nie sy onderkleed soos ’n olifantslurp om hom draai nie. ’n Monnik sal nie tussen huise rondspring nie. ’n Monnik sal nie phuphuphu-geluide maak wanneer hy eet nie. Tensy ’n ramp dreig, sal ’n monnik nie in ’n boom hoër as die lengte van ’n man klim nie. ’n Monnik sal nie onderrig verskaf aan iemand wat op ’n olifant sit en gesond is nie.

Boeddha is op 80-jarige ouderdom dood. Volgens geskrifte het Boeddha aangekondig dat hy parinirvana (’n finale onsterflike toestand) gaan bereik en sy aardse liggaam gaan verlaat. Daarna het hy ’n laaste maaltyd geniet wat ’n grofsmid, Cunda, hom aangebied het. Hy het dodelik siek geword en toe vir Ananda beveel om Cunda gerus te stel dat dit nie sy kos was wat vir Boeddha siek gemaak het nie. Die presiese aard van die kos is onbekend – daar het later ’n groot stryery onder monnike uitggebreek oor wat dit was: vark; sampioene of knolswam? Voor sy dood het Boeddha sy dissipels beveel om geen leier te volg nie – slegs volgens sy voorskrifte te leef. (Laat dit u nie dink aan die laaste avondmaal by die Jesus-verhaal nie?)

Toe het Boeddha op sy sy gaan lê en sy kop gestut. Die voëls het stil geword, die wind het gaan lê, bome het hul blare afgegooi en op die oomblik van sy dood het die aarde gebewe en vuurballe het uit die lug geval. Daar was donderslae, stormwind en duisternis oor die aarde. Die water in die riviere het begin kook. (By Jesus het die voorhang geskeur en daar was ook duisternis oor die aarde.)

Oorsprong en ontwikkeling van Boeddhisme

Kort na Boeddha se dood is ’n belangrike Boeddhistiese vergadering onder leiding van Mahakasyapa (een van die tien dissipels en vandag geëer as stigter van Zen-Boeddhisme in Sjina en Japan) te Rajagriha (vandag Rajgir) gehou. Die doel daarvan was om die leerstellings van Boeddha op te teken en verdere kloosterreëls te formuleer. Ananda (nog een van die dissipels en na bewering die enigste wat al Boeddha se leringe/voordragte woordeliks kon herroep) is opgeroep om oor sy gesprekke met Boeddha verslag te doen. Upali (nog ’n dissipel) moes weer met die reëls behulpsaam wees. Dié inligting het die basis van die Tripitaka, die standaard tekste waarop Boeddhisme gebou is, naamlik die Vinaya, Sutras en die Abhidharma, gevorm.

Maar, soos in die geval van byna elke ander stigter van ’n groot godsdiens in hierdie wêreld, was Boeddha lank reeds dood voordat sy volgelinge oor die betekenis van sy lewe en leringe begin stry het. ’n Tweede B Vergadering is ongeveer ’n eeu later te Vaisali gehou om die twis wat oor dissiplinêre kwessies onder monnike uitgebreek het, te besleg. Tydens die Tweede Vergadering het ’n ortodokse minderheid die meerderheid as ketters verklaar en Boeddhisme in twee groot kampe verdeel: Hinayana (“die uitsluitende weg”) en die meer liberale groepering Mahanayana (“die uitgebreide weg”). (Sien u ’n ooreenkoms met die ontwikkeling van die Christendom?)

Hierna is nog twee belangrike vergaderings gehou, hoofsaaklik om “afvallige monnike” uit te werp en Boeddhistiese bedrywighede in ander lande te bevorder.

Onthou dat die eerste Boeddhistiese geskrifte eers sowat 300-400 jaar na B se dood verskyn het – monnike het veel bygevoeg om hom beter voor te stel. (Dit laat ’n mens nogal aan die geskrifte van Paulus dink, of hoe?)

Boeddhisme het in Indië onder die konings floreer, veral onder koning Ashoka tydens die 3de eeu nC. Sy heerskappy is deur menslikheid gekenmerk. Hospitale is vir mens en dier geskep; waterputte oraloor gegrawe; ’n verdraagsaamheid teenoor alle godsdienste het bestaan. Ashoka se invloed het daartoe gelei dat Boeddhisme in byvoorbeeld Sri-Lanka, Sirië en Griekeland bekend gestel is. (Dit laat ’n mens ’n bietjie aan Konstantyn die Grote en die Christendom dink, nie waar nie?)

Boeddhisme was teen die kaste-stelsel in Indië gekant. Dit was altyd in stryd met die sosiale organisasie van die tyd. Vanaf die 9de eeu was daar ’n afname in belangstelling in Boeddhisme vanweë die samesmelting daarvan met Hindoeïsme. Teen die 11de eeu het Moslems die land binnegeval en almal verplig om die “een god” van Islam te aanbid. Teen die 13de eeu het Boeddhisme in Indië grootliks verdwyn.

Intussen het elemente van Boeddhisme na Sjina versprei – in aanraking gekom met Confucianisme en Taoisme – vermeng – nuwe skakerings van Boeddhisme ontwikkel. Die groepering met die grootste invloed was die Zen-Boeddhisme. Gedurende die 6de eeu het Zen-Boeddhisme na Japan versprei en alle aspekte van die Japannese kultuur beïnvloed. Dit is vandag steeds baie sterk; steeds besig om by ’n nuwe orde aan te pas. Gedurende die 8ste eeu het die meer gesentraliseerde vorme van regering in Japan en Korea tot ’n uitbreiding van Boeddhisme gelei. Hoewel ’n skatting moeilik is vanweë gebrek aan ’n formele Boeddhistiese organisasie, word beweer dat daar vandag nagenoeg 375 miljoen volgelinge van Boeddha wêreldwyd bestaan.

Inhoudelik het B in drie geografies onderskeibare vorme ontwikkel: Suidelike – Theravada Boeddhisme (suid-oos Asië, Tailand, Burma, Sri Lanka, Kambodja); Oostelike – Mahayana Boeddhisme (Sjina, Japan, Vietnam, Korea, Tibet, Mongolië, dele van Rusland), en Tibetse Boeddhisme – Lamaïsme (geïsoleerd in Tibet).

Boeddha en Boeddhisme vervul ’n belangrike rol in baie godsdienste van die wêreld. Gautama Boeddha word bv. as ’n god vermeld in Hindoeïsme. Die Sjinese beskou hom as ’n inkarnasie van Lao-Tsu. In Japan, word Amaterasu, die songodin as ’n inkarnasie van Boeddha voorgestel. In Sikhisme is die god Vishnu, Boeddha in nuwe gedaante. Die Moslem-gemeenskap erken Boeddha as ’n profeet. In Arabies bestaan daar ’n verhaal oor die koning wat monnik geword het en in die Grieks Ortodokse kalender is vir Boeddha ’n plekkie ingeruim. Die verhaal van die koning wat monnik geword het, word ook in die Joodse godsdiens as “Die prins en die een van Nasaret” (Ben-Hamelekh Vehanazir) vertel. In die Bahái geloof word Boeddha geklassifiseer as ’n “manifestasie van god” – die titel van belangrike profete.

Vir eeue lank het Boeddhisme betreklik min verander totdat daar in die 20ste eeu ’n oplewing gekom het. Ironies genoeg het hierdie oplewing gekom vanweë Christene se belangstelling daarin: Christene het vertalings van die oorspronklike bronne vereis. Dit het gelei tot ’n heroorweging van die Boeddhistiese erfenis. Die groei in die Westerse wêreld is waarskynlik aan nie-dogmatiese aard, rasionaliteit, uitdaging tot persoonlike verandering van Boeddhisme te danke – almal aantreklike eienskappe vir ’n diverse, post-moderne samelewing. Soos ’n mens uit die Nan Hua Boeddhiste tempel naby Johannesburg kan aflei, het Boeddhisme ook in Suid-Afrka posgevat.

Basiese leerstellings van hierdie godsdiens/filosofie:

Eintlik is dit verkeerd om van “hierdie godsdiens” te praat, want dit is nie ’n stelsel gekenmerk deur geloof in en diens aan ’n bonatuurlike wese nie – eerder is dit ’n filosofie waarvolgens die menslike bestaan bevorder kan word deur van die ware skoonheid van die werklikheid kennis te neem.

Van die gevolgtrekkings waartoe Boeddha onder die boom van verligting gekom het, is dat menslike bestaan deur drie sake gekenmerk word, naamlik dat (1) alles in ’n staat van verandering verkeer, (2) omdat niks permanent is nie, is alles onbevredigend en (3) menslike wesens ook nie ’n permanente siel het nie. Voortvloeiend hieruit het hy sy 4 edele waarhede geformuleer. (Let op in watter mate Boeddhisme ’n soort intellektuele, godsdiens met “logiese” argumentasie is – nie op emosies gebaseer nie.)

Ons kan nie seker wees van die egtheid van die woorde wat aan Boeddha toegedig word nie. Die kern van sy leringe omvat egter die vier edele waarhede waarvan Boeddha sy dissipels geleer het en waarna ek vroeër verwys het. Die eerste hiervan is: (1) die lewe is pynlik, gevul met hartseer, verwerping en dood. Sommige bronne stel dit baie kras: “Life’s a bitch (then you die)!”. Eintlik swem ons slegs na wat ons glo die strand is, na wat ons dink die antwoord op ’n probleem is, net om weer met ’n nuwe probleem gekonfronteer te word. Ons hoop voortdurend op veiligheid, vrede en geluk, maar bereik dit nooit. Dit hou ons vir ewig aan die swem.

Die daaropvolgende edele waarhede spruit almal voort uit die eerste, naamlik dat die lewe pynlik is. (2) Die oorsaak van die pyn is geleë in die mens se verlange na wellus/sinlikheid en bestaansekerheid en (3) die opheffing van die pyn kan slegs plaasvind as die mens van al hierdie begeertes afstand doen.
In hierdie verband was dit vir my interessant om te hoor wat die voorste gholfspeler in die wêreld onlangs te sê gehad het nadat sy huweliksontrou op die lappe gekom het: “I was raised a Buddhist, and I actively practiced my faith from childhood until I drifted away from it in recent years. Buddhism teaches that a craving for things outside ourselves causes an unhappy and pointless search for security. It teaches me to stop following every impulse and to learn restraint. Obviously, I lost track of what I was taught.” (Tiger Woods, 19 Februarie 2010) – ’n baie mooi samevatting van Boeddhisme behels.

Die vierde edele waarheid is dat die weg na die strand, na ’n opheffing van pyn, agtvoudig is: Meditasie vorm die basis van Boeddhistiese praktyke – ’n mens moet leer om van alle gedagtes en fantasieë afstand te doen wat ervaring van wie en wat onsself is, blokkeer. Deur middel van meditasie leer ’n boeddhis om stil te word en te fokus op die agt “regte” dinge. Hierdie agt stappe verteenwoordig die weg na bevryding. ’n Mens moet fokus op die regte (“korrekte”) (1) beskouinge (die leer van die 4 edele waarhede) (2) bedoelings (vrywees van sinsgenot, kwade gedagtes en wreedheid) (3) woorde/uitsprake (nie lieg of vals wees nie, vermyding van ligtelikheid) (4) handelinge (goedheid/meelewing eerder as moord, diefstal, seksuele losbandigheid) (5) lewenswyses (verdien daaglikse brood op eerlike wyse – dryf nie handel in wapens, lewende wesens (mense en diere), vleis, drank of gif nie) (6) pogings/probeerslae (gebruik energie om versoeking en kwaad te vermy)
(7) bewussyn/ingesteldheid (bewustheid van eie gedagtes en liggaam) (8) konsentrasie (gerig wees op bereiking van Nirvana via regte meditasie).

Boeddha se 423 (morele en godsdienstige) leerstellinge is vervat in die werk, Dhammapada (Pad van deug). Die Dhammapada is nie ’n hegte, welberedeneerde verhandeling nie. Dit bestaan grotendeels uit losse uitsprake wat ter wille van verstaanbaarheid in vier groepe gerangskik kan word, naamlik uitsprake van Boeddha (1) vergelykbaar met dié van Jesus; (2) oor die mens en sy bestemming; (3) oor homself en sy verhouding met ander gode en die mens; (4) oor God, gode en die allerlaaste/uiterste/finale werklikheid. Die kern van sy leer is egter: “All that we are is the result of what we have thought. Think Love, Be Love”.

In Boeddhisme val die klem sterk op denke en intellektualisme. Hy begin nie nuut nie, maar bou op die standpunte van die Indiese godsdienstradisie, bv. die idee dat die siel na die dood in ’n nuwe liggaam hergebore word en dat die aard van wedergeboorte deur die goed of sleg van ’n vorige lewe bepaal word. Net soos in die meeste ander godsdienste is dit onseker waar B se eie leerstellings en dié van sy volgelinge ineen loop. Wat ons wel weet, is dat B se leer ’n leer van hoop is. Volgens B is nirvana onbeskryflik – ’n mens moet dit nie eens probeer beskryf nie – en beskrywings wat bestaan, het hul oorsprong by sy dissipels. Byvoorbeeld Boeddha se beskouing van homself: “One like me is nowhere to be found … No one is there to rival me”. As dit sy eie woorde was, was Boeddha nie so altruïsties as wat hy gepredik het nie. Eksegete meen egter dis woorde wat deur sy dissipels in sy mond geplaas is. Die kernboodskap bly dat Boeddha ver bo gode en mense verhewe is. (Terselfdertyd herinner sy uitsprake aan dié van Jesus in die Johannes Evangelie: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.”)

Boeddha het die lewe duidelik vanuit ’n Hindoe-raamwerk verstaan en beskou en hy het die taal van die Hindoe-godsdiens gebruik. Hy was gekant teen sommige godsdienstige praktyke van sy tyd. In werklikheid was Boeddhisme dus ’n hervorming/aanpassing van Hindoeïsme vir ’n nuwe tydvak. (Dit herinner aan Jesus wat in terme van die Joodse geloof opgetree het en ook gekant was teen sekere godsdienstige praktyke van Sy tyd.) Boeddha het samsara (die siel van ’n dooie migreer na ’n nuwe liggaam/reïnkarnasie), karma (elke nuwe bestaan word bepaal deur die goeie en slegte van ’n vorige lewe) en die Hindoe gode. Hy ontneem hulle egter van belangrikheid deur self tot sy eie verlossing te kom. Goddelike tussenkoms is oorbodig. Boeddha dink ook nie aan gode as skeppers van die heelal of mens nie. Volgens teologiese vertolkings het Boeddha drie liggame gehad, naamlik ’n fenomenologiese liggaam (menslike wese wat in die sesde eeu vC geleef het en in Asiese kuns voorgestel word), ’n hemelse liggaam en ’n misterieuse, onvoorstelbare liggaam sonder vorm (Dharmakaya). (Dit herinner nogal aan die drie-eenheid van die Christendom.)

Onder Boeddhiste bestaan daar ook eskatalogiese verwagtings (’n leer van die laaste dae). Maitreya is ’n toekomstige boeddha van hierdie wêreld. In sommige literatuur word na hom verwys as Ajita Bodhisattva. Volgens Boeddhistiese tradisie gaan Maitreya na die aarde toe kom, volledige verligting bewerkstellig en suiwer dharma leer. Dit sal ’n werklike gebeurtenis in die verre toekoms wees. Maitreya, wat tans in die hemel woon en net via meditasie bereikbaar is, sal die opvolger van Siddhartha Gautama wees. (Soortgelyk aan die verwagting van Christene dat Jesus op die wolke sal kom?)

Raakpunte tussen Christendom en Boeddhisme:

Vir eeue lank bestaan daar reeds ’n bewustheid van ooreenkomste tussen B en C. Kyk byvoorbeeld die skildery van Franse kunstenaar, Paul Ranson, wat reeds in 1880 in sy werk “Christus en Boeddha”, die twee figure teenoor mekaar gestel het. Hierbo is reeds taamlik baie ooreenkomste uitgewys. Ooreenkomste is veral ook opvallend in hulle wysheidsleringe. Eers sommige groot verskille:
Vir ’n Boeddhis bestaan daar geen “God” nie. Die dood word gevolg deur reïnkarnasie – die aard daarvan word bepaal hoe ’n mens in die vorige lewe geleef het. Die doel van ’n boeddhis is om die staat van nirvana te bereik waarin alle begeertes opgehef en selfs die ego vernietig word.
Panteïsties

Daar is geen god – of god is nirvana

Die siel “nie geskape” nie

Na die dood vind reïnkarnasie plaas -mens word in ’n nuwe lewensvorm hergebore

Ons kry swaar vanweë ons eie begeertes

“Redding” kom deur eie toedoen

In Nirvana hou die ego op bestaan
Monoteïsties

God is ’n persoonlike god

Elke mens is deur God geskape

Na die dood volg die oordeel van God

Ons kry swaar vanweë sonde

Redding vanweë God se genade deur bemiddelaarskap van Jesus Christus

In die hemel leef die geredde mens vir ewig

Boeddhiste verwerp die volgende kernopvattings waaraan Christene waarde heg:
die bestaan van ’n Tuin van Eden voordat sonde dit vir die mens ontoeganklik gemaak het
erfsonde vanweë die ongehoorsaamheid van oerouers
’n wêreldwye vloed wat vir die grootste menslike uitwissing van alle tye verantwoordelik was
’n sondelose, persoonlike verlosser wat die mens deur sy dood kom vrymaak het
’n mensgeworde god wat uit ’n maagd gebore is, tereg gestel is, opgestaan en na die hemel opgevaar het
verlossing deur goeie werke, spesifieke geloofsdade (soos vergewing van sondes) of die krag van sakramente
’n lewe na die dood
die wederkoms van ’n redder
die einde van die wêreld soos wat ons dit ken
’n opvatting dat (die Christelike) geloof vir ewig sal bly voortbestaan

Daar bestaan nog verskeie ander verskille, byvoorbeeld ten opsigte van die rol van gebed, gebruik van afbeeldings van god, heilige feeste, spesifieke kerklike gebruike … Ons het nie tyd om hierop in te gaan nie. As ’n mens hierdie groot verskille in ag neem, is die besondere ooreenkomste tussen die geestelike leringe (spiritual teachings) van B en C verrassend.

Ek wil graag vlugtig die aandag vestig op voorbeelde van uitsprake van of oor B en C wat opvallend ooreenkom. Kyk asseblief na die stuk wat uitgedeel is: sommige daarvan is in woord en styl identies. Die boek van Marcus Borg, Jesus and Buddha, bevat nog veel meer sulke voorbeelde van ooreenkomste.

Tabel 1: Die ooreenkoms in lewensverhale van B en C begin reeds voor hulle geboorte: Volgens Lukas het ’n engel van God aangekondig dat Maria ’n kind, die seun van die Allerhoogste, sou hê. Volgens die Digha Nukaya is koningin Maya ook ingelig: “Rejoice, a mighty son has been born to you”. Beide vroue skenk geboorte tydens ’n reis en nie een van hulle in ’n bewoonbare gebou nie. Boodskappers is by beide geboortes teenwoordig en hulle tree eenders op: sing lofgesange, kondig aan dat iets groots gebeur het en voorspel ’n roemryke toekoms.

Tabel 2 toon aan dat sowel B as C op die individu gefokus en beklemtoon het dat die
innerlike persoon belangriker is as die uiterlike beeld.

Die treffendste van die ooreenkomste tussen uitsprake van B en C is dié wat oor die liefde handel. Sommige daarvan word in tabel 3 gegee.

Volgens tabel 4 het beide tot die gevolgtrekking gekom dat rykdom nie die pad na die hemel of na verligting verteenwoordig nie; inteendeel, rykdom kan slegs pogings om “goed” te lewe belemmer.

Die uitsprake in tabel 5 dui daarop dat beide eenvoud in ’n wêreld van misleiding en verleiding beklemtoon het.

Uit tabel 6 kan ons aflei dat beide hulself beskou het as geestelike rigtingwysers na ’n toekoms vry van aardse beperkinge.

Volgens tabel 7 het die duiwel pogings aangewend om beide te verlei en vir beide is wêreldheerserskap aangebied. Beide het die versoeking weerstaan. Selfs die duiwels kom eenders voor.

Dat beide na ’n uiteindelike skeiding van gees en liggaam verwys, blyk uit tabel 8.

Die evangelies (veral Markus) is gevul met verhale oor wonderwerke. Dit wat oor Jesus vertel word, stem merkwaardig ooreen met dit wat van die B gesê word. Voorbeelde hiervan is in tabel 9 vervat.

Tabel 10 toon aan dat B en C se verhouding met en boodskappe aan hulle dissipels merkbaar ooreengestem het.

Die laaste tabel bevat gegewens waarvolgens beide B en C bestem was om te sterf en beide hul dissipels vir hierdie eg menslike gebeurtenis voorberei het. In B sowel as C is menslikheid met goddelikheid vermeng.

Die vraag ontstaan onwillekeurig: hoe verklaar ’n mens hierdie ooreenkomste?

Geleerdes skryf die ooreenkomste soms toe aan direkte kontak met mekaar of sogenaamde “kulturele oordrag”. Boeddha het 5 eeue vroeër as Jesus geleef. Dus moes rigting van oordrag vanaf B in die rigting van Jesus gewees het. Sommiges beweer selfs dat Jesus Indië besoek het. Michel Clasquin van Unisa het so onlangs as twee weke gelede ’n artikel gepubliseer waarin hy met oortuigende argumente aanvoer dat daar ’n eeu-oue dialoog tussen Christene en Boeddhiste gevoer is.

Marcus Borg bevraagteken egter sulke verklarings. Hy meen dis toe te skryf aan ’n ooreenkoms in godsdienstige/religieuse ervaring/belewenis van dié figure. Beide B en J het vrymakende/verligtende ervarings gehad wat tot hul leer aanleiding gegee het: hulle het ’n bepaalde opvatting van hul eietydse leefwyse gehad en ’n alternatief daarvoor probeer bied.

Ek wonder dikwels: Het alle mense ’n soortgelyke behoefte aan religieuse belewenis – kleur die behoefte net verskillend in?

En dan is daar nog die vraag: Watter rol het mondelinge oorlewering en ’n gebrek aan boekdrukkuns gespeel?

Ek kan geen antwoord op hierdie vraag/vrae gee nie – slegs ’n persoonlike opmerking of twee maak … en daarmee wil ek afsluit:

Daar was ’n tyd in my lewe toe ek vas geglo het dat die ware godsdiens, die Christelike is. So het ek grootgeword; so het my ouers my geleer; daarby het ek gestaan en geval. Sowat 40 jaar gelede het hierdie opvatting begin wankel en mettertyd heeltemal inmekaargestort. Godsdiens het vir my toenemend na ’n menslike uitvinding, die vervulling van ’n algemene sielkundige behoefte begin lyk. Dit het ’n geweldige skeptisisme ten opsigte van alle geloofsake by my laat ontstaan, maar ook ’n nuuskierigheid oor die oorsprong en aard van ander godsdienste. Namate ek oor hulle gelees en met hulle kennis gemaak het, het my skeptisisme deels verdwyn – veral die ooreenkomste het by my die indruk gelaat dat daar iets gemeenskapliks in godsdiensbeoefening bestaan wat ernstig opgeneem moet word.

Wat ookal die geval is, in ’n wêreld waarin daar voortdurende spanning bestaan tussen eenheid en verskeidenheid (enige beweging in die rigting van eenheid, vernietig die rykdom van verskeidenheid; enige oorbeklemtoning van verskeidenheid bring ’n toename in nasionalisme en fundamentalisme) besef ek telkens maar net hoe belangrik balans, openheid en respek vir anderse standpunte is.

 

Tabel 1:

When his mother Mary had been engaged to Joseph, but before they lived together, she was found to be with child from the Holy Spirit. This took place to fulfil what had been spoken by the Lord through the prophet: “Look, the virgin shall conceive and bear a son” (Matthew 1:18, 22-23)

… wise men from the East came to Jerusalem, asking, “Where is the child who has been born king of the Jews? For we have observed his star at its rising, and have come to pay him homage” (Matthew 2:1-2)

Now there was a man in Jerusalem whose name was Simeon; … It had been revealed to him by the Holy Spirit that he would not see death before he had seen the Lord’s Messiah. Simeon took him in his arms and praised God (Luke 2:25-28)

Then Jesus cried again with a loud voice and breathed his last. At that moment the curtain of the temple was torn in two, from top to bottom. The earth shook, and the rocks were split (Matthew 27:50-51) When the Bodhisattva had descended into his mother’s womb, no sensual thought arose in het concerning men, and she was inaccessible to any man having a lustful mind (Majjhima Nikaya 123:10)
For what reasons are these signs revealed? Never before have we seen such signs! We must trace them together, crossing a myriad of lands, seeking the glow and investigating it together (Sadharmapundarika Sutra 7)

The long-haired sage looked at the baby and with great joy picked him up. Now the Buddha was in the arms of a man who had waited for him … Just then the hermit remembered that he was going to die quite soon … (Sutta-Nipata 689-691)
At the Blessed Lord’s final passing there was a great earthquake, terrible and hair-raising, accompanied by thunder (Digha Nikaya 16:6:10)

Tabel 2:

Why do you see the speck in your neighbour’s eye, but do not notice the log in your own eye? Or how can you say to your neighbour, “Friend, let me take the speck out of your eye”, when you yourself do not see the log in your own eye? You hypocrite, first take the log out of your own eye, and then you will see clearly to take the speck out of your neighbour’s eye (Luke 6:41-42)

Your eye is the lamp of your body. If your eye is healthy, your whole body is full of light; but if it is not healthy, your body is full of darkness. Therefore consider whether the light in you is not darkness (Luke 11:34)

Therefore I tell you, do not worry about your life, what you will eat or what you will drink, or about your body, what you will wear. Is not life more than food, and the body more than clothing? Look at the birds of the air; they neither sow nor reap … (Matthew 6:25-26) The faults of others are easier to see than one’s own; the faults of others are easily seen, for they are sifted like chaff, but one’s own faults are hard to see. This is like the cheat who hides his dice and shows the dice of his opponent, calling attention to the other’s shortcomings, continually thinking of accusing him (Udanavarga 27:1)
As a man with eyes who carries a lamp sees all objects, so too with one who has heard the Moral Law. He will become perfectly wise (Udanavarga 22:4)
Those who have no accumulation, who eat with perfect knowledge, whose sphere is emptiness, signless, and liberation, are hard to track, like birds in the sky (Dhammapada 7:3-4)

Tabel 3:

Do to others as you would have them do to you (Luke 6:31)

If anyone strikes you on the cheek, offer the other also (Luke 6:29)
You know the commandments” “You shall not murder; you shall not commit adultery; you shall not steal; you shall not bear false witness; you shall not defraud; honour your father and mother” (Mark 10:19) Consider others as yourself (Dhammapada 10:1)

If anyone should give you a blow with his hand, with a stick, or with a knife, you should abandon any desires and utter no evil words (Majjhima Nikaya 21:6)

Abstain from killing and from taking what is not given. Abstain from unchastity and from speaking falsely. Do not accept gold and silver (Khuddakapatha 2)

Tabel 4:

Blessed are you who are poor, for yours is the kingdom of God (Luke 6:20)

Do not store up for yourselves treasures on earth, where moth and rust consume and where thieves break in and steal; but store up for yourselves treasures in heaven, where neither moth nor rust consumes and where thieves do not break in and steal (Matthew 6:19-20)

He told them a parable: “The land of a rich man produced abundantly … ‘You fool! This very night your life is being demanded of you … (Luke 12:13-21) Let us live most happily, possessing nothing; let us feed on joy, like the radiant gods (Dhammapada 15:4)

Let the wise man do righteousness: A treasure that other cannot share, which no thief can steal; a treasure which does not pass away (Khuddakapatha 8:9)
“These children and riches are mine”: thinking thus the fool is troubled … All hoardings will be dispersed, whatever rises will be cast down, all meetings must end in separation, life must finally end in death (Udanavarga 1:20-22)

Tabel 5:

Beware of false prophets, who come to you in sheep’s clothing but inwardly are ravenous wolves (Matthew 7:15)

Whoever blasphemes against the Holy Spirit can never have forgiveness, but is guilty of an eternal sin (Mark 3:29) What good is hide clothing? While your inward state is a tangle, you polish your exterior (Dhammapada 26:12)

Do not let there be a schism in the order, for this is a serious matter. Whoever splits an order that is united will be boiled in hell for an aeon (Vinaya, Cullavagga 7:3:16)

Tabel 6:

Heaven and earth will pass away (Mark 13:31)
Many false prophets will arise and lead many astray. And because of the increase of lawlessness the love of many will grow cold (Matthew 24:11-12)

In a little while the world will no longer be able to see me, but you will see me; because I live, you also will live (John 14:19) This great earth will be burnt up, will utterly perish and be no more (Angutta Nikaya 7:62)

Monks who are untrained will give guidance to others, and they will not be able to lead them in the way of higher virtue (Anguttara Nikaya 5:79)

It may be that you will think: “The Teacher’s instruction has ceased, now we will have no teacher!” It should not be seen like this, for what I have taught and explained to you will, at my passing, be your teacher (Digha Nikaya 16:6:1)

Tabel 7:

As he sat at dinner in the house, many tax collectors and sinners came and were sitting with him and his disciples … “Those who are well have no need of a physician, but those who are sick, for I have come to call not the righteous but sinners” (Matthew 9:10-13)

One of the criminals who was crucified there kept deriding him and saying, “Are you not the Messiah? Save yourself and us!” But the other rebuked him, saying, “Do you not fear God, … Then he said, “Jesus, remember me when you come into your kingdom” (Luke 23:39-43 The bodhisattva made his appearance at the fields of sports and in the casinos … to train living beings, he would appear at crossroads and on street comers. To demonstrate the evils of desire, he even entered the brothels (Vimalakirtinirdesha Sutra 2)

The Buddha performed a feat of such supernatural power that the bandit addressed him thus: “I will indeed renounce evil forever”. Then the bandit worshipped at his feet and uttered this exclamation, “Who once did live in negligence and then is negligent no more, he illuminates the world like the moon freed from a cloud” (Majjhima Nikaya 86:5-6, 18)

Tabel 8:

Blessed are the pure in heart, for they will see God (Matthew 5:8)
The kingdom of God is as if someone would scatter seed on the ground, and would sleep and rise night and day, … The earth produces itself, first the stalk, then the head, then the full grain in the head (Mark 4:26-29)
Everyone who lives and believes in me will never die (John 11:26) Anyone who withdraws into meditation on compassion can see Brahma with his own eyes, talk to him face to face and consult with him (Digha Nikaya 19:43)

The yeoman farmer gets his field well ploughed and harrowed. But that farmer has no magic power or authority to say: “Let my crops spring up today … No! It is just the due season which makes them do this (Anguttara Nikaya 3:91)

Those who have sufficient faith in me, sufficient love for me, are all headed for heaven or beyond (Majjhima Nikaya 22:47)

Tabel 9:

When he saw that they were straining at the oars against an adverse wind, he came towards them in the early morning, walking on the sea (Mark 6:48)

Although the doors were shut, Jesus came and stood among them (John 20:26)

Truly I tell you, if you have faith the size of a mustard seed, you will say to this mountain, “Move from here to there,” and it will move (Matthew 17:20)

See, I have give you authority to tread on snakes and scorpions, and over all the power of the enemy, and nothing will hurt you (Luke 10:19) He walks upon the water without parting it, as if on solid ground (Anguttara Nikaya 3:60)

He goes unhindered through a wall (Anguttara Nikaya 3:60)

A monk who is skilled in concentration can cut the Himalayas in two (Anguttara Nikaya 6:24)
If this monk had expressed loving kindness to the four royal snake families, then he, although bitten by a snake, would not have passed away (Vinaya, Cullavagga 5:6)

Tabel 10:

He told them a parable: “Can a blind person guide a blind person? Will not both fall into a pit?” (Luke 6:39-40)

Go therefore and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, and teaching then to obey everything that I have commanded you (Matthew 28:19-20)

Many of his disciples turned back and no longer went about with him (John 6:66)
His disciples said to him, “If such is the case of a man with his wife, it is better not to marry”. But he said to them, “Not everyone can accept this teaching, but only those to whom it is given” (Matthew 19:10-11) This is the only straight path … Just as a file of blind men go on, clinging to each other, and the first one sees nothing, the middle one sees nothing, and the last one sees nothing – so it is with the talk of these Brahmins (Digha Nikaya 13:15)

Teach the dharma which is lovely … Explain with the spirit and the letter in the fashion of Brahma (Vinaya, Mahavagga 1:11:1)
Sixty more gave up the training and returned to the lower life, saying: “Hard is the task of the Exalted One!” (Anguttara Nikaya 7:68)

The wise man should avoid promiscuity as if it were a burning charcoal pit. If he is unable to lead a celibate life fully, let him not transgress with another’s wife (Sutta Nipata 396)

Tabel 11:

“ I am the light of the world. Whoever follows me will never walk in darkness but will have the light of life” (John 8:12)
I came from God and now I am here. I did not come on my own, but he sent me. You do not know him. But I know him. I do know him and I keep his word (John 8:42, 55)

Pilate asked him, “So you say you are a king?” Jesus answered, “You say that I am a king. For this I was born, and for this I came into the world, to testify to the truth” (John 18:37) When a Bodhisattva descends from heaven, there appears in this world an immeasurable, splendid light surpassing the glory of the most powerful glow. And whatever dark spaces lie beyond the world’s end will be illuminated by this light (Digha Nikaya 14:1:17)

I know Brahma and the world of Brahma, and the way to the world of Brahma, and the path of practice whereby the world of Brahma may be gained (Digha Nikaya 13:38)

I am a supreme king. So let your doubts about me cease. I am the holy one beyond compare. I rejoice free from fear (Majjhima Nikaya 92:17, 19)