1. “If you ask a theologian the question (…): who is Satan? he will doubtless answer: Satan is the Commander-in-chief of the fallen angels.” (Corte 1958:7)

    “By devil I mean a being created as a spirit, gifted with intelligence, will and awareness, which at a certain time rebels against the order of things willed by God and against God himself.” (Sacchi 1990:211)

    “Devils, hell and the end of the world are New Testament rather than Old Testament realities.” (Barr 1966:149)

    “Monotheism is a ‘game’ with no more than two players, God and human beings. The origin of evil and human suffering cannot be sought outside these two players” (Den Heyer 1998:29)

    1. Inleiding

Byna dertig jaar gelede het professor Jimmie Loader ’n artikel in Beeld gepubliseer met die titel “Liefs na die duiwel met ou Niek!” Die artikel het ’n geweldige reaksie ontlok, want dit het met die volgende sinne begin: “Die een ding wat duiwelaanbidders en duiweluitdrywers gemeen het, is dat albei groepe aan die duiwel glo. Die antwoord wat ons aan albei groepe moet gee, is dat daar nie so ’n ding soos die duiwel is nie” (Loader 1984). Loader het sy argument rondom die geloofsoortuiging gevoer dat net God ewig is en dat net Hy die enigste oorsaak is vir alles wat in die wêreld gebeur. Daar kan nie naas God nog ’n mag van alle ewigheid af bestaan wat ook vir gebeure in die wêreld verantwoordelik kan wees nie. Só ’n oortuiging sou ruimte laat vir die bestaan van twéé ewe groot magte wat inspeel op die wêreld — en dit rym nie met monoteïsme nie. Loader het verder geredeneer dat ons die bose en sondige handelinge van die mens liefs moet toeskryf aan die feit dat mense met die vryheid geskep is om tussen goed en sleg te kan kies. Waarom kies mense dan teen die goeie en teen God — soos Adam en Eva? Want mense kan só kies. Mense is nie willoos uitgelewer aan ’n mag wat beheer oor hulle kan uitoefen en hulle tot allerlei wrede en bose dade kan inspireer nie. Hy het in die artikel ook die volgende te sê gehad: “As mense hulle nog wil ophou met praktyke soos die uitdryf van duiwels en dink dat hulle daarmee getrou is aan die Bybel, is hulle nie soseer trou aan die Bybel nie as wat hulle probeer leef en dink asof dit negentien eeue gelede is.” Kortweg gestel, mense wat dink dat die duiwel bestaan en dat hy beheer oor hulle kan uitoefen, dink en glo soos mense wat in die eerste eeu geleef het. Hulle aanvaar nog die antieke wêreldbeeld en die kulturele oortuigings wat in daardie leefwêreld bestaan het. Hulle het nog nie die nuwe wêreldbeeld en lewensbeskouings hulle eie gemaak nie.

 

Loader het ’n relatief goeie teologiese argument in die artikel gevoer en heelwat liberale teoloë redeneer langs die lyne. Ek gaan in my lesing egter nie ’n teologiese argument voer oor die bestaan of nie-bestaan van die duiwel nie, maar wil ’n kort oorsig bied van die geskiedenis van hierdie karakter. Waar kom hy vandaan, en sedert wanneer bestaan hy? Watter invloed het hy op Westerlinge se denke en handelinge gehad. ’n Redenasie langs hierdie lyne bied vir my beter redes waarom ons die bestaan van hierdie karakter nie ernstig hoef op te neem nie. Wat ons wel nie kan ontken nie, is dat hierdie karakter steeds vir baie Christene ’n lewende werklikheid is. Dink maar aan Hansie Cronjé se uitspraak in 2000 voor die King-kommissie van ondersoek na omkopery in krieketwedstryde. Hansie het bewoë verklaar dat die duiwel hom daartoe verlei het om aan krieketknoeiery deel te neem. Sommige teoloë, soos Carl Braaten, is van oortuiging dat die Christendom nie sonder hierdie karakter kan klaarkom nie: “True Christianity is stuck with the Devil … If believing in the existence of the Devil offends, if it is a stumbling block, that is really not unlike everything else in the Christian system of belief” (vgl. Oldridge 2012:92).

 

  1. ’n Kort geskiedenis

’n Eerste feit wat ons onomwonde kan stel, is dat duiwel en hel nie ’n rol in die Ou Testament speel nie. Duiwel, duiwelbesetenheid en hel is oortuigings wat ’n rol in die Nuwe Testament speel — nie in die Ou Testament nie. Hiermee ontken ek nie dat die wortels vir dié soort oortuigings in die Ou Testament te vind is nie. Om iets van die oorsprong van die duiwel te verstaan, moet ’n mens na die geskiedenis van Israel se godsdiens gaan kyk.

 

2.1 Die Eerste Tempel-period (950–586 vC)
Die Hebreeuse woord “satan” kan as ’n selfstandige naamword of ’n werkwoord verstaan word. In die geval van die werkwoord, beteken dit die volgende: “om teen te staan” / “om te opponeer” / “om vyandig te wees” (vgl. Ps 38:21; 71:37; 109:4, 20, 29). Die selfstandige naamwoord dra die betekenis van “teenstander” / “opponent” en dit kan gebruik word om na mense of hemelwesens te verwys. Daar is slegs drie Ou-Testamentiese boeke waar die selfstandige naamwoord voorkom en gebruik word om na ’n hemelwese te verwys: Sagaria  3:1–2, Job 1:6–12; 2:1–7 en 1 Kronieke 21:1. Geeneen van hierdie boeke hou egter die “satan” voor as ’n opponent van Jahweh, die Israelitiese god, nie. Die “satan” is bloot deel van Jahweh se hemelraad. Wat verder in ag geneem moet word, is dat hierdie drie boeke gedurende die Tweede Tempel periode (515–63 vC) geskryf is en nie gedurende die Eerste Tempel periode (950–586 vC) nie.

 

’n Mens sou nou kon vra: Hoe het dit gekom dat ons eers gedurende die Tweede Tempel periode van hierdie karakter lees? Om hierdie vraag te kan beantwoord, moet ons na die vroeë geskiedenis van Israel se godsdiens gaan kyk. Israel se godsdiens was allermins monoteïsties gedurende die Eerste Tempel periode. Hul godsdiens was soos ander Wes-Semitiese volke politeïsties (Niehr 1995:71–72; Smith 2004:101–110). Hulle het in die bestaan van meerdere geglo. Beter gestel: hulle het geglo dat daar ’n panteon van gode bestaan het en dat hierdie panteon hiërargies gestruktureer was.  Psalm 82 en Psalm 89 kan as bewys vir hierdie oortuiging dien:

 

God staan in die vergadering van die gode;

Hy hou gerig te midde van die gode. (Ps 82:1)

 

En die hemele loof u wondermag, o HERE,

ook u trou in die vergadering van die heiliges.

Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word?

Wie is soos die HERE onder die hemelinge,

’n God grootliks gedug in die raad van die heiliges

en vreeslik bo almal wat rondom Hom is? (Ps 89:6–8)

 

Soos alle ander Noordwes-Semitiese volke het hulle geglo dat die oppergod ’n vrou en kinders gehad het. Die oppergod het met sy familie in ’n hemelse paleis/tempel gewoon waar daar ook howelinge was wat na die behoeftes van die familie moes omsien en wat moes sorg dat die kommunikasie tussen hemel en aarde vlot verloop. Die kinders was na regte gode van ’n laer rang, terwyl die howelinge ook gode was, maar van ’n heelwat laer rang as die oppergod en die godekinders. Gesamentlik het hulle die “hemelse raad” of  die “hemelse leërskare” gevorm. Soos reeds gestel, het die laer gode die taak gehad om te sorg dat die hofhouding goed verloop en dat die kommunikasie tussen hemel en aarde glad verloop. Hulle het die oppergod ingelig gehou en spesifieke take van hom ontvang om op aarde te kom verrig. Dit blyk duidelik uit 1 Konings 22:19–22.

 

Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter- en aan sy linkerhand. En die HERE het gesê: “Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gilead?” en die een het so gesê, en die ander weer so. Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: “Ek sal Hom oorhaal.” En die HERE vra hom: “Waarmee?” En hy sê: “Ek sal uitgaan en ’n leungees word in die mond van al sy profete.” En Hy sê: “Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.”

 

Ou-Testamentici wat die godsdiens van Israel bestudeer, wys daarop dat die Israelitiese godepanteon uit vier vlakke bestaan het (Smith 2004:105–119). Aan die top was die koning en die koningin; benede hulle was die godekinders; benede hulle was die howelinge, en benede hulle die boodskappers en stuurjonge. Laasgenoemde groep staan in Hebreeus as mal’ākîm bekend en dié woord word gewoonlik met “engele” vertaal. Die engele het mense ingelig gehou oor die planne en begeertes van die oppergod. Hulle het die oppergod ook ingelig gehou oor gebeure op aarde. Die oppergod was allermins alwetend. Hy was bloot goed ingelig deur die engele. Neem as voorbeeld die engele wat Abraham besoek en toe Lot by Sodom gaan opsoek het (Gen 18:2, 22; 19:1, 12–13). Dan is daar die verhaal van Manoag se vrou wat onvrugbaar was en aan wie ’n engel verskyn het met die woorde:

 

Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ’n seun baar. Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie, want kyk, jy sal swanger word en ’n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ’n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne. (Rig 13:3–5)

 

Daar is twee ander groepe hemelwesens of gode wat leser mee kennis sal maak wanneer hulle die Ou Testament lees. Hulle word “serafs” en “gerubs” genoem. Die serafs is “slanggode” (Num 21:6, 8; Deut 8:15; Jes 6:1–3; 14:29; 30:6), terwyl die gerubs soos gevleuelde leeus gelyk het. Volgens een tradisie in die Ou Testament het die gerubs die toegang tot die tuin van Eden wat in die ooste geleë was, bewaak (Gen 3:24; Eseg 28:14). Volgens ’n ander tradisie het hulle die boom van die lewe wat in die tuin van die gode geleë was, bewaak (Eseg 41:17–25). Voorts het hulle die troon van die oppergod gedra. Daar word soms na Jahweh verwys as “die HERE van die leërskare wat op die gerubs troon” (1 Sam 4:4; 2 Sam 6:2; Jes 37:16; Eseg 10:20–22). Daar was dan ook gerubstandbeelde in die tempel in Jerusalem (1 Kon 6:29–35) en die verbondsark het onder hul vlerke gestaan (1 Kon 8:6–8).

 

Die godepanteon van die Eerste Tempel periode kan soos volg voorgestel word (vgl. Handy 1995:27–43; Smith 2004:110–114):

 

 

DIE VIER-VLAK PANTEON

Jahweh en sy Asjera

————————————————-

Kinders van die gode

————————————————-

Gode wat die hofhouding moes bestuur

————————————————-

Boodskappers en stuurjonge (engele)

 

 

 

Gedurende hierdie fase van hul geskiedenis het Israel onheil, rampe, droogtes, siektes, en dies meer óf met die handelinge van Jahweh in verband gebring, óf met die handelinge van een of meer van die laer gode. Wanneer mense ’n politeïstiese godsbeskouing huldig, kan hulle die onheil, rampe en ellendes wat hulle oorval, makliker verklaar. Hulle skryf dit eenvoudig toe aan die handelinge en optredes van ander gode as die oppergod toe. Gebeure teen die einde van die Dawidiese dinastie het hierdie godsbeskouing in ’n krisis gedompel.

 

2.2 Die Babilonies ballingskap (586–539 vC)
In die dekades wat die Babiloniese ballingskap voorafgaan, het koning Josia ’n godsdiens hervorming van stapel gestuur. Dit het verband gehou met die ontdekking van die Wetboek in die tempel (2 Kon 22). Hierdie Wetboek word met die boek Deuteronomium (of ’n vroeë weergawe daarvan) in verband gebring. Diegene wat die Wetboek ontdek het, het die koning oortuig dat indien Israel slegs Jahweh sou aanbid, hy hulle teen die Babiloniese magte sou beskerm. Israel se godsdiens het gedurende hierdie jare oorgegaan van politeïsme na monolatrie. Monolatrie is die oortuiging dat daar meerdere gode bestaan, maar dat slegs één verering waardig is (Becking 2001:192). Jahwisme het nou in ’n oorgangsfase verkeer. Dit was nog nie volwaardig ’n monoteïstiese godsdiens nie. Die viervlak panteon het steeds bestaan, maar die Judeërs is aangemoedig om slegs Jahweh te vereer.

 

Die Babiloniese verowering van Jerusalem en die vernietiging van die tempel in 586 vC het die Judeërs se geloofsoortuigings geskud. Hulle simboliese wêreld het in duie gestort. Na die wonderbaarlike bewaring van Jerusalem gedurende koning Hiskia se regeringstyd (2 Kon 18–19) het die Judeërs geglo dat geen leërmag Jerusalem sal kan verower nie (vgl. Jer 7:4–8; 26:1–11). Hulle kon dus nie hul oë glo toe Nebukadnessar se magte daarin kon slaag om die stad te verower en die tempel te vernietig nie. Dit was ’n gebeurtenis wat hulle hele geloofsisteem laat wankel het. Diegene wat die gebeure oorleef het, het hul godsdienstradisies begin bevraagteken. Onder die leiers wat antwoorde probeer gee het, het die Deuteronomiste ’n vername plek ingeneem. Volgens hulle het die verowering van Jerusalem, die vernietiging van die tempel en die ballingskap verband gehou met die Judeërs se verbreking van die verbond met Jahweh. Hy het immers met hulle ’n verbond gesluit en beloof om hul god te wees. Hulle moes op hul beurt sy volk wees en hom alleen dien. Hulle het dit egter nie gedoen nie, maar ook ander gode aanbid. Die Deuteronomiste het ’n geskiedenis saamgestel waarin hulle aangetoon het hoe die Dawidiese konings en die  volk deur die eeue hul rug op Jahwe gekeer het. Dit daartoe bygedra dat Jahwisme verder in die rigting van monoteïsme ontwikkel het. Die vier-vlak panteon het gedurende hierdie jare ingeplof en ’n twee-vlak panteon geword waarin slegs Jahweh en sy engele oorgebly het (Smith 2004:114–119). Asjera, die godekinders en die howelinge het van die toneel verdwyn.

 

Wat interessant is, is dat die engele nou begin kry het. In geeneen van die vroeëre boeke word die engele by name genoem nie. Daar word slegs na hulle as engele of boodskappers verwys. Die rede hiervoor, hang waarskynlik daarmee saam dat die engele nou die take van die tweede en derde vlak gode oorgeneem het. Hulle was nie meer net boodskappers en stuurjonge nie. Ons hoor nou van die engel Gabriël en die engel Migael (Dan 9:21; 10:21; 12:1). Onder die invloed van die Deuteronomiste is Jahwism dus verander tot ’n volwaardige monoteïstiese godsdiens.

 

Die ballingskap en na-ballingskap Jahwistiese panteon het na alle waarskynlikheid soos volg gelyk (Handy 1995:42; Smith 2004:119):

 

 

DIE TWEE-VLAK PANTEON

 

Jahweh

———————————————–

Engele

 

Die nuwe panteon tree nêrens so duidelik aan die lig nie as in die boodskap van die profeet bekend as Deutero-Jesaja (Jes 40–55). Hy het onder die Judese ballinge in Babilon gewoon en gewerk. In sy boodskap dryf hy spot met die gode van die Babiloniërs en beklemtoon dat hulle mensgemaakte gode is en gevolglik magteloos (Jes 41:6–7; 44:6–20; 46:1–13). Hy beklemtoon telkemale dat slegs Jahweh die skepper is en gevolglik verantwoordelik vir alles wat in die wêreld gebeur (Jes 45:1–8). Hier kry ons vir die eerste keer te doen met eksklusiwistiese Jahwisme. Die bestaan van alle ander gode word ontken. Slegs Jahweh en sy engele het oorgebly. Omdat daar nou slegs één god bestaan, word hy verantwoordelik gemaak vir sowel die goeie as die kwade. Vergelyk die volgende uitspraak van Deutero-Jesaja (Jes 45:5–7)

 

Ek is die HERE en daar is geen ander nie;

buiten My is daar geen God nie;

Ek omgord jou, hoewel jy my nie geken het nie,

sodat hulle kan weet

van die opgang van die son en van sy ondergang af

dat daar buiten my geeneen is nie;

Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;

wat die lig formeer en die duisternis skep,

die heil bewerk en die onheil skep;

Ek, die HERE is dit wat al hierdie dinge doen.

 

2.3 Die Tweede Tempel-periode (520 vC – 70 nC)
Na die Babiloniese ballingskap het eksklusiwistiese Jahwisme die norm geword en hiermee saam ook nog besnydenis, die onderhouding van die Sabbat en die nakom van sekere dieetvoorskrifte. Hierdie vier sake het sedertdien die identiteitsmerkers van die Jode geword. Jahwism het nou finaal vroeë Judaïsme geword. Dit is die godsdiens wat die Jode gedurende die Persiese periode (539–333 vC), die Hellenistiese periode (333–63 vC), en die vroeë jare van die Romeinse periode (63 vC–100 nC) beoefen het. Dit is dan ook die godsdiens waarin Jesus tuis was en wat hy beoefen het.

 

Een van die probleme wat monoteïsme vir gelowiges skep, is hoe om rampe, ellendes en siektes te verklaar. As daar slegs maar één god bestaan, dan moet hy vir sowel die goeie as die kwade verantwoordelik wees. Monoteïstiese gelowiges vind dit egter problematies. Wanneer ’n mens egter meerdere gode erken, los dit hierdie soort probleem makliker op. Politeïsme het bepaalde voordele bo monoteïsme. Die laervlak gode kan verantwoordeliok gehou word vir wat in die wêreld skeefloop. Dit is waarskynlik waarom sommige Judeërs wat met Zoroastrianisme in aanraking gekom het, die idee van ’n bose mag naas Jahweh aantreklik gevind het. Maar nou moes verklarings gevind word vir waar hierdie bose mag vandaan kom en sedert wanneer dit bestaan het.

 

Volgens Greg Riley (1995) was daar gedurende die Tweede Tempel-periode ten minste drie verklarings in omloop: (1) ’n Baie ou en populêre verhaal het vertel van sekere godekinders (engele) wat na die aarde neergedaal en met aardse vroue seks beoefen het. Die vroue het geboorte gegee aan reuse wat in die Noag se vloed verdrink het (1 Enoch 6–16; Gen 6:6–6; Jude 6; 2 Pet 2:4). Hulle onbeliggaamde siele het die demone geword. Die leier van hierdie groep demone wat bekend gestaan het as Asazel, was die Duiwel (Jub 10:1–11). Hy het in die gedaante van die slang Adam en Eva verlei. Hy staan ook beken as Baälzebub, die prins van die demone, wat vroeër die belangrikste engel in die hemel was (Riley 1995:246).

 

’n Tweede verhaal het vertel van die Duiwel se jaloesie ten opsigte van Adam. Adam was na die beeld van god geskep, maar vanweë die Duiwel se jaloesie het die dood die wêreld betree (Wysheid van Salomo 2:24). Toe god vir Adam gemaak het, is die engele opgekommandeer om Adam te kom vereer omdat hy na god se beeld gemaak is. Die engele wat later die Duiwel geword het, het geweier om Adam te vereer omdat hy van oordeel was dat hy darem ouer en vernamer as Adam was. Ander engele het hom in sy rebellie gesteun. Die vertelling kom voor in die boek bekend as “Die Lewe van Adam en Eva, hfste 13–15) (Riley 1995:246).

 

’n Derde verhaal is deur twee gedeeltes in die Ou Testament geïnspireer: (1) die uitsprake oor die koning van Babilon (Jes 14:4–20), en (2) die vertelling oor die koning van Tirus (Eseg 28:11–19). Op die tweede dag van die skepping het een van die aartsengele (om die waarheid te sê – die vernaamste aartsengel) probeer om homself gelykwaardig aan god te stel en vereis dat hy soos god vereer moes word (2 Enoch 29:4–5, vgl. 1 Joh 3:8). Die Latynse vertaling van Jesaja 14:12 gee hierdie aartsengel die naam van Lucifer (Riley 1995:246).

 

Daar is egter nog ’n vierde vertelling wat ons nie kan ignoreer nie. In Daniel 10 lees ons van engele wat met bepaalde volke geassosieer word. Hierdie engele het mekaar die stryd aangesê en dit verklaar die oorloë wat tussen die Perse en die Grieke gevoer is. Aardse gebeure hou verband met wat in die hemel of ten minste in die onsigbare wêreld gebeur.

 

Hierdie vertellinge en idees het ’n al hoe belangriker rol in die vroeë Judaïsme begin speel. Teen die tyd wat die Nuwe-Testamentiese skrywers hul verhale, briewe, historiese en apokaliptiese vertellinge opgeteken het, was dit vertellinge wat nie geïgnoreer kon word nie.

 

2.4 Die Nuwe-Testamentiese periode (50–110 nC)
Volgens die evangelie van Markus het Jesus sy openbare optrede met die volgende boodskap geopen: “Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Mark 1:15).

 

Hierdie koninkryk staan teenoor die Romeinse koninkryk. Of beter gestel: “God se imperium staan teenoor die Romeinse imperium.” Die Jode het geglo dat hier groter magte aan die werk was. Romeinse imperium is met die handelinge van die Duiwel en sy trawante verbind. “Evil forces were at work and tried to exterminate the Jews. Behind the political forces stood evil forces in heaven who tried to frustrate God in his dealings with his chosen people.”

 

“The single most important function of the Devil in the New Testament is to rule the Kingdom of Darkness which opposes the Kingdom of God.” (Riley 1995:247). “This Kingdom of Darkness was invaded by Jesus as champion of the Kingdom of God.” (Riley 1995:248).

 

2.5 Die eerste Christelike millennium (110–1000 nC)
The Christianization of Europe. “The different cultures of the continent still retained their pronounced specific features, which Christianity had found difficult to cloak with a mantle of uniformity. Mediterranean peoples, Celts, Germans, Slavs and Scandinavians had been penetrated to very different degrees by Christian ideas, before partially reformulating their earlier traditions in the new context” (Muchembled 2003:15).

 

“The Fathers of the Church and the theologians had defined him in a highly intellectualized manner as a principal, a fallen archangel become a sort of god, flying through the air in the company of demons disguised as angels of light (St Ephraem in the fourth century)” (Muchembled 2003:13).

 

“For an ordinary Christian of this period, the invisible world was populated by an infinity of more or less frightening figures, saints, demons and dead souls” (Muchembled 2003:16).

 

“The Council of Toledo, in 447, described him as a tall, black creature, horned and clawed, with asses ears, glittering eyes and gnashing teeth, endowed with a large penis and giving off a sulphurous smell” (Muchembled 2003:17).

 

2.6       Die tweede Christelike millennium (1000–2000 nC)

 

2.6.1    Die verhouding Christene-Jode

 

2.6.2   Die verhouding Christene-Moslems: Die Kruistogte

 

2.6.3   Heksevervolging en hekseverbranding (1275–1793)

 

“The great European witch hunts only really got under way in the 1580s, in particular  in the Holy Roman Empire” (Muchembled 2003:52).

 

“From 1580 on, lengthy treatises attacking female witches came thick and fast. Theologians and judges vied with each other in the production of learned arguments that proved the necessity of exterminating the demonic sect.

 

2.6.4   Die vervolging van ketters

 

  1. Is die Duiwel onafskeidbaar deel van die Christelike geloof?

“Rehearsing ancient thought in isolation from new knowledge torpedoes any chance of articulating meaningfully and truthfully a Christian theological vision because, unlike Augustine, Aquinas, Dante, Luther and Calvin, people now know that there is no hell in the bowels of the earth, and no heaven above a canopy of stars” (Kennedy 2006:254).

 

In the mid-eighties, the world saw an odd and symbolic case of geographical transference. The president of the United States, Ronald Reagan, called the USSR “the Evil Empire,” while the de facto leader of Iran, the Ayatollah Khomeini, called the United States “the Great Satan.” Both flights of rhetoric indicate that hell, the kingdom of the Devil, doesn’t appear to be situated in the same place for everybody — and that the Devil is a political useful figure. (Messadié 1996:3)