Beste NHN Lid of Belangstellende

Komende Sondag, tydens die NHN se tweeweeklikse byeenkoms in die MBA Conference Centre Ouditorium in Midrand, praat Dr Piet Muller  oor “Jung en die Thomas Evangelie”.

Die Nag Hammadi-versameling van vroeg-Christelike geskrifte wat in 1945 in Egipte ontdek is, het ons siening oor die onstaan van die Christendom onherroeplik verander. Onder hierdie geskrifte is die Evangelie van Thomas ongetwyfeld die ‘’kroonjuweel”. Dit bevat nie alleen die meeste van die spreuke van Jesus wat in die Bybelse evangelies voorkom in ‘n ouer vorm nie, maar ook ‘n paar tot dusver onbekendes.

Jesus bewys homself hierin as ‘n wysheidsleraar van die kaliber van Boeddha, wat ‘n “pad na heelheid”’ uitstippel wat merkwaardig baie klink soos die Switserse sielkunde Carl Jung se ‘’weg tot individuasie”. Daarom die vergelyking van die Thomas-evangelie met Jung se Analitiese Sielkunde in hierdie aanbieding. Piet sal ook aandag gee aan die toepaslikheid daarvan vir die moderne mens.

Let asseblief daarop dat hierdie praatjie sowat ‘n uur gaan duur.

Kom luister en gesels gerus saam. Vir kennis maak en saamkuier, drink ons vanaf 09:00 tee.

 

NHN-groete

Johan Talma (nms NHN UK)