Beste NHN Lid of Belangstellende

Komende Sondag, tydens die NHN se tweeweeklikse byeenkoms in die MBA Conference Centre Ouditorium in Midrand, sal Prof Christo Lombaard met ons gesels oor: “Wie (s)lag die laaste? ’n Blik op die offer van Isak (Gen 22)”.

Christo sê hieroor: “Genesis 22 kan waarskynlik as die tweede aakligste hoofstuk in die Bybel beskou word. Dit is ook ‘n kunstige kort-kortverhaal wat mense briesend maak: God wat aan Abraham opdrag gee om Isak te offer. Waar figureer die God van liefde, lewe en vryheid dan? Hierdie hoofstuk dwing mense tot moralismes oor gehoorsaamheid of Godsgeheimenis. “

Maar wát sê hierdie “Catch 22”-hoofstuk nou eintlik? Die voorstelle in hierdie verband staan al op vyf; nee, ses; nee, sewe… kom dink en praat liewer saam oor wie eintlik die laaste (s)lag in Genesis 22:1-19.

Vir kennis maak en saamkuier, drink ons vanaf 09:00 tee.

Neem asseblief ook kennis:

  • Ons hou ons somer-ete na afloop van die byeenkoms en almal is baie welkom. Bring soos gewoonlik ‘n eie gereg vir die gesamentlike tafel. Bring ook jou eie drinkgoed en eetgerei. Daar is tafels en stoele.
  • Indien jy lanklaas die byeenkoms bygewoon het: die enigste toegang tot die Ouditorium is vanuit 2e Straat. Diegene wat van New Road vanaf die N1 kom en dan in 16e Straat regs draai, moet VOOR Alexandraweg se verkeerslig REGS in 2e Straat draai.

 

NHN-groete

Johan Talma (nms NHN UK)