Deur: DAWIE KLOPPER
Datum : So 17 Jun 12
In September/Oktober 2008 het dit gelyk of die einde van die wêreld aangebreek het. Die wêreld se ekonomiese stelsel het vir alle praktiese doeleindes tot n stilstand gekom. David Meades skryf in `n onlangse artikel in die Finweek dat kapitalisme in sy laaste loopgraaf is. Sy voortbestaan was nog nooit so bedreig as juis nou nie. Hy is vinnig besig om sy gewete te verloor en die kapitalisme sonder `n gewete is erger as die kommunisme op sy ergste.
Die afswaai was erg en regerings moes ingryp. Banke is genasionaliseer. Die Grieke het oorboord gegaan en is op die punt om uit die Euro geskop te word. Christine Lagarde sê sy het meer simpatie met die kinders van Niger as met die Grieke. Europa is vasgevang in `n diep resessie en regerings word na links (sosialisties) vervang. China, `n sentraal beheerde stelsel, word voorgehou as die model van hoe groei moet plaasvind .
Kapitalisme is inderdaad onder druk, of nie?