INLEIDEND

Daar is tot dusver is ‘n gesprek oor die moontlikheid van lewe na die dood tussen godsdiens en wetenskap nie nog nie moontlik nie, omdat beide partye vasgevang is in eie paradigma’s wat so ‘n gesprek uitsluit.

 

  • Die christelike godsdiens het ‘n teïstiese paradigma met die volgende kenmerke:
  • God word in antropomorfiese terme beskou as die “Groot (super) Vader”;
  • Die hemel is ‘n “plek”;
  • Die siel is iets “los” wat ruimte inneem en gewig het.

 

Daarenteen opereer die wetenskap met ‘n reduksionistiese paradigma:

  • Gees en bewussyn word veroorsaak deur materie;
  • Bewussyn is nie primer nie en kan dus nie materie beinvloed nie;
  • Bewussyn kan nie voortbestaan wanneer ’n organisme sterf nie.

 

Nie een van hierdie paradigmas laat ruimte om bestaande, dog (huidig) onverklaarbare verskynsels rondom bewussyn  te akkommodeer nie.

 

‘n Gesprek tussen die godsdiens en die wetenskap tot die vraag oor lewe na die dood vereis:

  • ’n Nadere beskouïng van die paradigmas wat deur beide gehadhaaf word.
  • Nuwe paradigma’s wat ruimte laat vir genoemde bestaande verskynsels van lewe na die dood.

 

 

ONTWIKKELING VAN RELEVANTE PARADIGMA’S

 

Inleidend: wat ’n paradigma is

Dis ‘n konsept wat vir die mens se denkwyse grense definieër en reëls skep waarbinne die mens van sy tyd dan dink en doen.  ’n Nuwe paradigma ontwikkel ook altyd en mettertyd uit ’n bestaande paradigma.

 

Kenmerkende voorbeelde van paradigma’s:

  • Die digitale horlosie waarvan Seiko wat die moontlikheid raakgesien het, wat totaal deur die Switserse bedryf oorgesien is.
  • Sony wat nie geweet hoe om sy CD-konsep te standaardiseer nie, dit aan Philips afgestaan het, wat die wereld met CD skywe gevul het.
  • Junkmail het besef dat ’n koerant nie noodwendig net nuus hoef te dra nie en tans ‘n wereldwye “franchise” uitgebou het.
  • Harvey het sewentiende eeu ontdek dat die hart slegs ’n bloedpomp is.  Dit was ’n groot aanslag op die paradigma dat die hart die setel van die verstand en die siel is.
  • Die Roomse kerk het tot in die sestiende eeu die Ptolomeïese konsep van ‘n sonnestelsel aangehang wat by die bestaande wereldbeeld ingepas – en die nodige bybelse ondersteuning daarvoor gevind. Eers daarna is die Kopernikaanse model erken.

 

Die vroeë Christene, wat met die Hellenistiese paradigma’s geleef het, het ook geworstel met die kwessie en moontlikheid van lewe na die dood.  Hulle sou as gevolg van hulle bepaalde geloof nuwe paradigma’s moes ontwikkel.

 

Paradigma’s uit die Hellenisties tyd wat tot ’n nuwe, christelike paradigma gelei het, was:

 

Die Hellenistiese wereldbeeld:

  • Die hemel is daar bo in die lug/uitspansel;
  • Die aarde daaronder is plat en die mens leef daarop;
  • Die (Styx) rivier is daaronder en by afsterwe moet die mens dit oorsteek, op pad na (Hades) die hel.
  • Hades is daaronder – daarheen daal die mens neer na die dood.
  • (Tartarus die diepste duisternis heel onder vir die groot droogmakers!

 

Die konsep van die siel:

  • Dit dra die karakter van geboorte, ontwikkeling en metamorfose (soos verbeeld in Psyche);
  • Dis dus onverganklik.

 

Die vroeg-Christelike paradigma wat uit bogenoemde ontwikkel het, was ‘n versoening van dit waarin hierdie Christene geglo het met die wereldbeeld van hulle tyd:

  • Die siel is ewig en kan “verhuis”  – in die geval van Christene na die hemel;
  • ’n Nuwe drie-dimensionsele wereldbeeld bestaande uit:
  • Die hemel, wat alle mense deur Christus kan vererwe;
  • Die ondermaanse, waar ons leef;
  • Die hel daaronder waarheen jy gaan as jy nie Christus (as borg) aanneem nie;
  • Net filosowe en belangrike mense (adel) kon hemel toe gaan, want daarvoor was ‘n “borg” nodig

 

Die ontluikende Christendom het egter ’n spirituele revolusie te weeg gebring deur te verklaar dat almal wat Jesus as redder aanvaar hemel toe kan gaan. Die probleem was net hoe ’n mens vanaf die aarde tot in die hemel kom. Joodse Christende het geglo aan die konsep van opstanding eendag in die “eindtyd”. Die Grieke daarenteen het eerder geglo met ’n soort reinkarnasiemodel, waarvolgens die siel van een liggaam na die ander verhuis; en het eenvaar dat die siel van altyd af bestaan het en net tydelik in ’n liggaam inkarneer.

 

Die kerk het egter eers in die agtste eeu finaal ten gunste van opstanding as alternatief vir re-inkarnasie besluit.  Die idee van ’n onsterflike siel wou egter nie gaan lê nie en in die sestiende eeu het die Rooms Katolieke Kerk die onsterflikheid van die siel as dogma aanvaar.  ……… Protestante het dit egter nooit aanvaar nie!

 

(’n Interessante teenstelling tussen die sienings van Boedhisme en Christendom oor die hiernamaals is Boedhiste se vrees dat hulle na die dood weer gebore kan word, wat dit ’n voortsetting van die aardse pyn en lyding sal wees.  Hulle vrees dus weergeboorte. Christene vrees dat hulle sal sterf en nie ’n ewige lewe of ’n weergeboorte sal hê nie.)

 

 

Die Westerse paradigma

  • ..daar is ’n vaste verband tussen wat jy dink en waaroor jy dink (Kan ‘n mens dink oor iets wat jy nie van weet nie?)
  • …alleen materie kan ‘bestaan’.

 

Descartes was die laaste denker wat hierdie twee uiteenlopende opvattings probeer versoen het. In sy ‘Betoog oor die Metode’ onderskei hy tussen:

  • Die Res Extensa, die uitgebreide en meetbare wereld, en
  • Die Res Cogitans, die wereld van die denke.

 

Die Reduksionistiese paradigma ontwikkel hieruit:

  • Die korrekte wetenskaplike metode is om alle verskynsels te herlei tot die kleinste bestanddeel en dan
  • ’n Wiskundige verband daarvoor te vind.
  • God dink soos ’n wiskundige en het die natuurwette geskep

 

Newton het finale beslag aan hierdie denkwyse gegee, wat hierna deur wetenskaplikes gevolg is.

Nature and nature’s laws lay hid in night;
God said “Let Newton be” and all was light                                 Alexander Pope

 

Danksy hierdie enorme suksesvolle paradigma is insiggewende ontdekkings gemaak wat tallose tegnologiese ontwikkelings mee gebring het. Maar daar is ook verskeie betekenisvolle afwykings wat nie deur hierdie paradigma verklaar kan word nie.

 

Volgens die reduksionistiese paradigma:

  • Word gees en bewussyn veroorsaak deur materie.
  • Is bewussyn nie primer nie en kan dus nie materie beinvloed nie.
  • Kan bewussyn nie voortbestaan wanneer ’n organisme sterf nie.
  • Die konsep God word verwerp, maar die natuurwette fungeer “soos God”.

BETEKENISVOLLE AFWYKINGS VAN DIE REDUKSIONISTIESE PARADIGMA

Wanneer die bestudering van bewussyn ter sprake kom, is die reduksionistiese paradigma nie in staat om altyd bevredigende verklarings te gee nie. Enkele voorbeelde hiervan:

  • MacDougal het tussen 1920 en 1930 eksperimente gedoen om vir rotte gewoontes aan te leer en gevind dat die ‘kennis’ op die rotte se nageslag oorgedra word en dat selfs onverwante rotte in hierde kennis kan deel – heeltemaal teenstrydig met wat die huidige genetika-kennis ons leer!
  • Blou mese (’n soort voëltjie) het in verskillende dele van Brittanje, totaal onafhanklik van mekaar, geleer om die metaaldoppies van melkbottels oop te maak.
  • Wanneer mense wat aan veelvuldige persoonlikheidsindroom (MPD) lei, kan hulle dikwels in hul verskillende persoonlikhede selfs verskillende fisiologiese kenmerke openbaar (soos bv diabetes of links en regshandigheid).

 

Sperry: Die  ontvanger van die Nobelprys vir neurofisiologie in 1881, Roger Sperry, was een van die eerste wetenskaplikes wat ronduit verklaar het dat die studie van bewussyn nie langer onder die tafel ingevee kan word nie. Dit druis in teen die heersende paridogma wat bewussyn of ignoreer of as ’n produk van materie beskou.

 

Sheldrake se teorie van ‘morfogenetiese velde’ was ’n poging om verklarings te vind vir bewussyns-verskynsels. Volgens hierdie teorie kan die gedrag van MacDougal se rotte of die Britse blou mese verklaar word deur te aanvaar dat daar ‘n “veld” van inligting bestaan waartoe alle organismes, volgens spesie, toegang het. Dit sou bv. “instinktiewe gedrag” kan verklaar. Sheldrake word as uiters “afwykend” beskou, maar het tog ook groot wetenskaplike aanhang.

 

Jung se psigologiese teorie verdeel die menslike bewussyn (psige) in:

  • Die bewuste (ego)
  • Die persoonlike onbewuste
  • Die kollektiewe onbewuste
  • Jung beskou “psige” as die totaliteit van ’n mens se psigiese aktiwiteite. “Siel” daarenteen omskryf hy as ‘n “kompleks’ wat ooreenkom met wat mense gewoonlik “persoonlikheid” noem.

 

Die bewuste staan onder leiding van die ego, maar die onbewuste deel van die psige staan onder beheer van ’n groter entitieit as die ego, nl die Self.

Volgens Jung is die kollektiewe onbewuste die stoorkamer van die hele menslike ras se ervarings, daarom dat alle mense sekere simbole en argetipes kan herken. Die kollektiwe onbewuste “onderlê” alle menslike ervaring.

‘N NUWE PARADIGMA VIR DIE GODSDIENSTIGE GESPREK

Hierdie paradigma is nog nie kristal-helder ontwikkel nie.  Die volgende kan egter oorweeg word:

 

Die basis vir ’n nuwe godsdienstige paradigma wat by die moderne tyd kan aanpas moet minstens die volgende bevat:

  • Ons kan nie langer oor God in antropomorfiese terme praat nie.
  • Die siel is nie ‘iets’ wat ruimte beslaan en gewig het nie.
  • Die hemel  is nie ’n plek nie – en daar bestaan nie ’n hel nie.

 

Die konsep van teïsme pas dus nie meer in hierdie paradigma nie!

 

Pythagoras se wiel: ‘n voorstelling van die interaksie van die basis van lewe, wat in die eerste eeue van die Christendom baie gewild was:

  • Die speek van die wiel verteenwoordig die liggaam (physis)
  • Die naaf is die bewussyn (nous)
  • Die velling is die ego (eidolon).

Volgens hierdie opvatting is God (nous) oneindige bewussyn – of inligting- en is die menslike bewussyn deel daarvan en keer dit weer daarna terug. Die menslike lewe is dus  soos ’n golf wat op die see verskyn, ’n tyd lank manifesteer en weer deel van die see word

.

Jung:

  • ‘As daar lewe na die dood is, kan dit net in die kollektiewe onbewuste bestaan’

 

Thich Nhat Han: Hierdie moderne Zen-meester vertolk die Boeddhistiese leer van “leegheid” op ’n manier wat vir die 21ste eeu, en vir Christene, baie relevant kan wees.

Leegheid is Inter-syn

Niks bestaan alleen nie,

Alles inter-bestaan.

Dit bestaan omdat dit bestaan.

Ons is nie skepsels nie ons is manifestasies.

 

Niks bestaan opsigself nie, maar slegs in samehang met ander dinge. ’n Blom bestaan uit wolke (water), son (energie), rotse (minerale), die tuinier ens. As net een van hierdie elemente ontbreek, kan die blom nie meer bestaan nie. Dieselfde geld vir die mens. Ons lewe in ’n geslote skepping waarin niks verlore gaan nie, maar alles weer telkens op verskillende maniere kan manifesteer.

 

Ons is nie “skepsels” nie, maar “manifestasies” en na die dood keer ons terug na die elelemente waaruit ons bestaan – (bewussyn dus ook na bewussyn?)

 

Die vraag oor lewe na die dood is steeds die rou senuwee in die religie.

 

Boedha se raad aan sy dissipels was egter:

‘Moenie iets glo omdat dit in heilige boeke staan of omdat ’n profeet of heilige man dit gese het nie. Glo net dit wat jy self as waar kan ervaar’

 

‘n Gebed oor die dood – vir daagllikse meditasie, na Thich Nhat Han

 

Ek weet dat ek elke dag ouer word en nie altyd jonk sal bly nie.

Ek weet dat ek geneig is om siek te word, en nie altyd gesond sal wees nie.

Ek weet dat ek bestem is om te sterf, en nie vir altyd sal lewe nie.

Ek weet ook dat alles en almal wat vir my lief en dierbaar is

aan dieselfe wette van verandering onderworpe is

en dat ek ook eendag van hulle geskei sal word.

My lewe word gevorm deur alles wat ek se en dink en doen;

My eie dade is die grond waarop ek staan.