Deur: DEON VAN ZYL

Datum : So 09 Okt 11

Wat is ‘n droom? Waarom droom ons elke nag vir 60 tot 90 minute? In die Bybel is heelwat verwysings na drome en droom-interpretasie.

• Wat sê kontemporêre neuro-wetenskap en navorsing oor die aard van drome en die droomproses?
• Wat is die implikasies hiervan vir die prosessering, interpretasie en begrip van ons drome?

Deon van Zyl, Kliniese Sielkundige, is die Afrika verteenwoordiger van die “International Association for the Study of Dreams”.

Hy was mede-aanbieder van 14 “Bloudruk”-programme op KykNet saam met Katinka Heyns oor die oorwinning van die gees deur pyn en lyding. Hy ondersoek ook die raakvlakke tussen sielkunde en spirituele praktyke.