Deur: ANTOINETTE EHMKE

Datum : So 08 Mei 11

Ná veertig duisend jaar se kulturele evolusie van menslike bewussyn het ons formidabele interne hulpbronne tot ons beskikking om gesond, gelukkig en op goeie terme met ons al mede-mense te leef. Tog ervaar ons lewenslank ‘n spanning tussen ons vermoë om helder-bewuste keuses te maak in die huidige van die oomblik, en ons geneigdheid om terug te val op outomatiese, gekondisioneerde response, selfs al berokken dit ons herhaaldelik skade. Paulus het tweeduisend jaar gelede al moedeloos opgemerk “Die goeie wat ek wil, die doen ek nie, maar die kwade wat ek nie wil nie, die doen ek wel!”.

In hierdie lesing kyk ons na praktiese, eietydse oplossings vir dié dilemma. Ons weet al dit help nie om die “kwade” in ons te probeer onderdruk nie. Die jongste neuro-wetenskaplike bevindings bevestig dat daar elegante ingesteldhede en aktiwiteite is waarmee mense hulle breine struktureel en funksioneel beter kan maak en hulle bewussyn kan slyp. Kom herken wat jy reeds doen, wat vir jou werk en kom oes inspirasie vir verdere groei!

Antoinette Ehmke is ‘n arbeidsterapeut, neuro-semantikus en kinesioloog wat in Pretoria praktiseer.