Die fokus val vandag op die beskouing van lewensgeluk vanuit die sielkunde, en meer spesifiek, vanuit die positiewe sielkunde. Ek glo baie sal wat vertel, bevestig wat julle reeds weet.  Maar dis vir my gaaf dat iemand seker gemaak het van die feite (die navorsers).  En dan is dit waardevol as ‘n mens feite het om mee te werk(en nie net instink / intuïsie nie), asook ‘n konstruktiewe fokus in die heroorweging van jou lewe en keuses.

 

Die primere fokus in hierdie gsprek val op Seligman se boek: Authentic happiness.  Ander bydraes waarop ek fokus is die werk van Mihaly Csikszentmihalyi en Jonathan Haidt.

 

Agtergrond:

Positewe sielkunde is ‘n relatief nuwe toevoeging tot die wetenskap en soos met die meeste nuwe ontwikkelings word dit nog nie noodwendig oral met dieselfde agting bejeën nie. Hierdie benadering kyk na mense met nuwe oë: op soek na ‘n meer gebalanseerde lewensbeskouing. Dis egter nie onrealistiese ‘positiewe gedagtes’ (positive thinking) nie.

 

Die rasionaal van die positiewe sielkunde is dat kwaliteit-lewe méér is as net die afwesigheid van ‘n patologie.  Dit was die aard van sielkunde in die verlede.  Sielkunde as wetenskap het eers in die vorige eeu tot sy reg gekom, toe die wêreld uit die groot oorloë uitgestrompel het met baie ‘gewonde’ mense en gemeenskappe.  Die oogmerk was om mense te help om weer normaal te funksioneer – die reeds normaal / goed funksionerendes het nie baie aandag gekry nie. Die sielkunde het primêr gefokus op die aanwesigheid en voorkoming van patologie. Oftewel, hoe kry ons mense van -8 na -2.  Die positiewe sielkunde beoog: hoe kry ons mense van -8 na +8.

 

Die bydraers op wie ek veral fokus is:

Martin Seligman

Martin Seligman word beskou as die vader van positiewe sielkunde. Hy beskryf homself as ‘n natuurlik pessimis en iemand met ‘n ‘rainy soul’. Sy reis na ‘n ander beskouing in sielkunde het begin toe sy 5-jarige dogtertjie, Nikki, hom konfronteer. Sy het gesê dat sy ophou neul het en daarom kan hy ophou om so knorrig te wees. Die konfrontasie laat hom nie net oor homself wonder nie, maar ook hoe hy die sterkpunte van sy dogtetjie kan ontwikkel. As voorsitter van die American Psychological Association in 1998 inisieër hy hierna die soeke na wát mense laat floreer.

 

Mihalyi Czikszentmihalyi

Cziksentmihalyi het tydens die tweede wereld oorlog in Italië grootgword. Sy pa, ‘n Hongaarse aristokraat, was ambassadeur in Rome. Toe Stalin Hongarye oorneem, het sy Pa die ambassade verlaat. As ‘net nog ‘n sukkelende burger’ het hy ‘n restaurant in Rome ge-open. Sommige van die volwassenes in Mike se wêreld het ineengestort en hulpeloosheid en wanhoop tot gevolg gehad. Hy sien dat hulle leë skulpe word, so sonder werk en sonder geld. Ander volwassenes, wat voor die oorlog net ‘gewone’ mense was, het integriteit uitgestraal, was opgeruimd en vol moed met doelwitte vir hulle lewens.

In sy pogings om te verstaan hoe dit werk het hy filosofie en godsdiens in Italië bestudeer. Sielkunde was nie op daardie stadium ‘n erkende vakgebied in Italië nie en hy verhuis na die VSA waar hy Carl Jung se werk bestudeer. Hy doen beeldhouwerk, skilder en skryf vir die New Yorker. In ‘n derde taal verdien hy ‘n doktorsgraad en dan begin sy lewenslange reis om op ‘n wetenskaplike manier te bepaal wat die sleutel is tot die beste in mense.  Sy grootste bydrae tot die veld was sy werk rondom ‘ flow’.

 

Sy wêreldbeskouing wat sy werk onderlê, beskryf hy so:  ‘We cannot expect anyone to help us live, we must discover how to do it ourselves…. to live is more than biological survival. It means to live with fullness, without waste of time and potential, expressing one’s uniqueness, yet participating intricately in the complexity of the cosmos…’Live’ refers to what we experience from morning to night, seven days of a week, for about seventy years, if we are lucky. The best choice is to assume that this is the only opportunity we’ll have to experience the cosmos and to make full use of it’

 

Die Konteks waarin ons leef

Om die “formule” vir geluk te verstaan (H = S x C x V), moet ons ‘n oomblik stilstaan by die konteks waarbinne one lewe en wat eie is aan ons konteks.  Csikszentmihalyi noem die volgende faktore wat ons ervaring vorm:

  1. Die siklusse van lewe (produksie, onderhoudstake (maintenance) en ontspanning). Die helfte van ons energie gaan in produksie in. Ontspanning behels meestal televisiekyk. Maar belangrik: dit waaruit ons lewe bestaan, word bepaal deur ervarings wat verband hou met werk, hoe jy jou lewe bymekaar en agtermekaar hou en wat jy in jou vrye tyd
  2. ‘The accident of birth puts you in a slot which greatly determines which sort of experiences his/ her life will consist of’.

 

  1. Ten einde ons hedendaagse konteks te verstaan moet ons weer kyk na veranderlikes wat ons die afgelope tyd aangeraak het naamlik: individualisme, globalisering en kapitalisme. Die dinge wat gelukkig-wees méér van ‘n uitdaging maak is:
  • Ons lewe binne die paradokse van ‘n private, indviduele lewe wat primêr gedefinieer word deur soiale en ekonomiese magte.
  • Mense en instellings het ‘n gejaagde korttermynfokus (teenoor ‘n geduldiger langtermyn-fokus.) Tipe A persoonlikhede het plek gemaak vir tipe A kulture en verwagtinge.
  • Ons het meer keuses en minder vaste strukture en tradisies. Hierdie ‘vryheid’ het betekenisvolle implikasies vir ons lewe:
    • Meer dele van ons lewe is tydelik.
    • Grense tussen die verskillende dele is meer poreus en buigbaar. Dit skep meer geleenthede, maar dit maak ongebalanseerdheid meer waarskynlik.
    • Ons maak minder hegte verbintenisse in die lewe en ons hou aan ‘beweeg’.
    • In ag genome al die opsies, moet ons nie net ons eie kontekste kies nie, maar dikwels ook self definiëer (bv verhoudings waarna ons verlede keer gekyk het).
    • Ons het meer angs oor die groter hoeveelheid keuses wat ons self moet maak met minder riglyne / vaste strukture/ tradisies in die maak van die keuses. Dit maak lewe meer eksperimenteel van aard.
      1. In hierdie buigbare wereld is ekonomiese dryfvere dikwels ‘n sterker en belangriker bepaler van hoe ons ons tyd, energie, ens spandeer. Dink bv aan hoeveel energie, geld en tyd gaan in die voorbereiding vir, en bestuur van ons loopbane en hoe min tyd, energie en geld aan enige van ons ander dimensies. Ons koopvermoë of vermoë om geld te genereer, is wat ons primêre waarde in die samelewing bepaal.
    • Ons is tyd-arm (lang werkure, verkeer) Charles Handy se die formule is 1/2 x 2 x3 – die helfte van die mense word twee keer soveel betaal om drie keer meer werk te doen.
    • Binne die Suid Afrikaanse konteks is daar misdaad en ander trauma, HIV, armoede. Ons het nie wetgewing wat kwaliteit-lewe reguleer nie –soos Europa.
    • Ander (oor die wêreld)
      • Volgens die World Health Organisation neem depressie as oorsaak van siekte en gestremdheid toe. Depressie kom 10 keer meer voor as in 1960 en  by jonger mense. 40 Jaar gelede was die gemiddelde ouderdom vir die eerste depressiewe episode 29 jaar,  nou is dit 14 jaar.
      • Ontwikkeling vorder (ekonomies ens) maar subjektiewe lewens-satisfaksie neem af. Selfmoord, egskeiding, dwelmsmisbruik neem toe.
    • Vanuit ‘n evolusionere oogpunt is ons geprogrammeer om sterker op die negatiewe te reageer. Stres en uitputting is dikwels die gevolg van konstante reaksies op wat ons as bedreigings beskou. Die amygdala aktiveer die afskeiding van veg- of vlug hormone, wat ons voorvaders gebruik het om vir leeus weg te hardloop. Die verskil is dat ons deesdae ‘in die leeuhok’ leef.
    • Negatiewe emosie het ‘n groter impak op ons as positiewe emosie vir oorlewingsdoeleindes. Soos negatiewes toeneem het ons meer positiewes nodig om die negatiewes te balanseer. Verhoudingsnavorsers kan voorspel of ‘n verhouding gaan hou – deur te kyk na die verhouding tussen postiewe ene negatiewe wat gesê word. Vir elke negatiewe ervaring het ons vyf positiewe ervarings nodig om die effek van die negatiewe opmerking te neutraliseer.

 

Ons moet dus meer doelbewus meer verantwoordelikheid neem vir die skep van positiewe emosie en geluk in ons lewe.

 

Die formule vir geluk: H = S x C x V

H = voortdurende geluk. (Nie dieselfde as momentele geluk nie)

S = ‘ Set point’

Ons het meestal ‘n stabiele (set point) kapasiteit vir geluk (daar is eers gedink dat dit ‘n ‘set point’ is, nou is die gevoel dat dit meer van ‘n ‘set range’ is). Al variëer dit soms, kalibreer ons vlak van lewensgeluk gewoonlik min of meer rondom dieselfde vlak. Navorsing wys dat selfs ná ekstreme hoogtes (bv wen van die lotto) en – laagtes (bv verlamming), pas ons tog weer aan.  (Aanpassings beginsel).

Mense is egter geneig om hulle emosionele reaksie op potensiele lewensgebeure totaal te oorskat.

Mense se oordeel van hulle huidige omstandighede word bepaal deur hulle gevoel dat dit beter of slegter is as hulle vorige ervarings. Hulle pas hul doelwitte aan by hul nuwe omstandighede.  Daar daar is natuurlik perke bv wanneer ons ons geliefdes verloor, of wanneer mense Alzheimers-pasiënte versorg.

 

C – Omstandighede (Circumstances)

Geld/ Welvaart

I’ve been rich. I’ve been poor. Rich is better.  Sophie Tucker

Mense in die middel- of hoër klas se vlak van lewensgeluk word nie verhoog deur meer geld nie.  Maar mense wat elke dag moet wonder waar geld vandaan gaan kom vir kos en skuiling se lewens word wel geaffekteer deur die gebrek aan geld.  Dit kan ook wees dat gelukkiger mense dit makliker vind om meer finansiële sekuriteit te skep omdat hulle makliker werk kry, makliker met ander oor die weg kom ens.

 

Wêreldwyd is welvaart in geïndustrialiseerde lande, twee of drie keer meer as vyftig jaar gelede, maar mense se lewens-satisfaksie is nie méér nie. Inteendeel, depressie kom meer voor as vantevore. Ons het aangepas by die groter gerief wat meer geld bring.

 

Maar is dit te sê dat geld nie geluk kan koop nie? Jonathan Haidt verwys na die werk van die ekonoom,  Robert Frank – veral sy laaste boek Luxury Fever.  Hy sê dis heeltemal mootlik om meer geluk te koop – jy moet net weet waar om jou geld te spandeer: nie luukshede nie- ons pas vinnig daarby aan. Eerder vakansies saam met familie en vriende, ‘n huis nader aan die werk  ens.

 

Conspicuous consumption  (opvallende verbruik)  -verbruik  wat sigbaar is vir ander word vandag gereken as ‘n aanduiding van jou status of relatiewe sukses. Maar dis maar deel van die status-speletjie  – elke keer as iemand iets beter koop is die besittings van ander gedevalueer.  Inconspicuous consumption (onopvallende verbruik) is die verbuiking van goedere vir die inherente waarde daarvan en word meer privaat gebruik, nie vir die verkryging van status nie.

 

Die subjektiewe belewenis van geluk is wêreldwyd geevalueer.   Denemarke is na bewering die gelukkigste land in die wêreld. Kanada, Nederland, Switserland is ook van die gelukkigste.  Maar al is die relatiewe inkomste in lande soos Ierland, maar veral in Brasilie, en Chilli laer is hulle tog van die gelukkigste nasies in die wereld!  Japan en Rusland daarenteen het relatief lae subjektiewe lewens-satisfaksie ten spyte van hoë inkomste.  Welvaart dra dus by tot ‘n nasie se geluk. Die rykstes in die wereld (Forbes 100) is net effens gelukkiger as die res van ons.

 

Die huwelik:

Is dit ‘n  strop-om-die-nek of lewe-vir-altyd-gelukkig-saam?

Anders as ‘n mens se finansies het getroudwees ‘n sterk korrelasie met lewensgeluk. (in die VSA sê 40 % van getroudes dat hulle baie gelukkig is teenoor 24% van geskeide, ‘seperated’ en weduwees / wewenaars.  In die westerse wereld word saamwoon ook geassosieer met groter geluk. Dit geld minder vir Oosterlinge.  Indien iemand egter ongelukkig getroud is, is hul vlak van lewensgeluk selfs laer as die van die ongetroudes and geskeides.

 

Beteken dit dat die ongetroudes onder ons moet hardloop en ‘n lewensmaat gaan soek?  Nee, nie noodwendig nie.  Dit is moontlik dat mense wat reeds gelukkig is éérder iemand sal ontmoet met wie hulle dan trou en dat hulle ‘n groter kans het om ‘n gelukkige huwelik te hê . Of daar kan ‘n derde faktor wees (soos ‘n sosiale persoonlikheid) wat bydra tot albei.

 

Sosiale lewe:

Mense wat baie gelukkig is, spandeer minder tyd op hul eie en meer tyd saam met ander.  Hulle geniet hul verhoudinge met ander, en die met wie hulle verhoudinge het voel ook so. Hegte verhoudings versterk jou immuniteit, verleng jou lewe (selfs meer as wanneer jy ophou rook), bevorder vinniger herstel na ‘n chirurgie en verminder die risiko vir depressie en angs. Om te gee vir ander het ook meer sosiale – en gesondheidswaarde as om te ontvang.

 

Haidt beweer dat een van die mees voorspelbare maniere om lewensgeluk te laat afneem is die teenwoordigheid van konflik – of dit is met jou eggenoot of ‘n irriterende kollega. ‘n Mens pas nie by konflik aan nie en selfs wanneer jy nie die persoon sien nie, kan jy die konflik ervaar.

 

Weereens kan ‘n derde faktor, soos dat jy ‘n ekstroverte persoonlikheid het, of dat jy ‘n goeie storieverteller is, ‘n rol speel.

 

Negatiewe emosie

Moet ‘n mens die negatiewe emosie in jou lewe verminder ten einde gelukkiger te wees? Ironies genoeg, nee.  As mens jou deel van hartseer ervaar, beteken dit nie dat jy nie vreugde óók kan ervaar nie.  Daar is net ‘n matige korrelasie tussen die twee: as daar baie negatiwiteit in jou lewe is, sal jou positiewe emosie waarskynlik effens minder wees – dit hoef nie radikaal minder te wees nie. En: as ‘n mens baie geluk ervaar, beskerm dit jou nie noodwendig van hartseer nie.

 

Vrouens is twee keer meer geneig om depressief te wees en ervaar meer negatiewe emosie.  Maar vroue ervaar ook meer positiewe emsosie en ervaar dit meer intens as mans. Dis nog onseker of dit deel van vrouens se biologiese aard is en of vroue net meer bereid is om dit ervaar / erken.

 

Ouderdom:

35 jaar gelede het jeug die teenwoordigheid van geluk voorspel.  Vandag is dit nie meer die geval nie.‘n Studie wat 60 000 mense in 40 lande betrek het, het bepaal dat lewens-satisfaksie effens meer word soos ons ouer word, terwyl die intense gevoelens van ‘in die wolke wees’ of  intense teneergedruktheid,  minder word soos ons ouer word.

Gesondheid:

Aldus Seligman is daar nie noodwendig ‘n verband tussen objektiewe ‘ gesondheid’ en lewensgeluk nie.  Ons subjektiewe belewenis van ons gesondheid speel ‘n groter rol, wat beinvloed word deur negatiewe emosie.  Wanneer siekte langdurig en ernstig is, neem geluk en lewens-satisfaksie gewoonlik af, maar blykbaar baie minder as wat ons sal vermoed. .

 

Kwalifikasies

Kwalifikasies per sé maak nie ‘n groot verskil nie – behalwe vir die mense wat baie min geld verdien.  Intelligensie speel ook nie ‘n groot rol nie.

 

Godsdiens:

Van Freud se dae word gosdiens in sielkundige sirkels bespreek itv die skuldgevoelens wat dit veroorsaak: onderdrukte seksualiteit wat dit tot gevolg het, onverdraagsaamheid waarmee dit gepaard gaan, ens. Ongeveer 20 jaar gelede het navorsers ook begin fokus op die positewe effek van godsdiens / geloof.  Godsdienstige mense is minder geneig on dwelms te gebruik, misdaad te pleeg, te skei en selfmoord te pleeg. Hulle is fisies gesonder en leef langer.  Godsdienstige mense word minder ‘gegooi’ deur egskeiding, werkloosheid, siekte en dood. Oor die algemeen is godsdienstige mense gelukkiger en meer tevrede as mense wat nie godsdienstig is nie.  Die verhouding tussen godsdiens en meer sosiaal aanvaarbare gedrag maak sin: die meeste godsdienste is gekant teen dwelmmisbruik, egskeiding ens.  Hoe werk dit?  Daar word gereken dat die sosiale ondersteuning in die godsdienstige gemeenskap ‘n rol speel.  Andersins skep godsdiens ook hoop en gee betekenis.

 

Opsomming van die ideale omstandighede volgens Seligman:

  • Woon in ‘n welvarende demokrasie, nie ‘n arm diktatoriale staat nie (groot effek)
  • Trou (groot effek, maar dalk meer kompleks as wat dit voorkom)
  • ‘n Sterk sosiale netwerk ( groot effek, maar dalk meer kompleks)
  • Vermy negatiewe omstandighede en negatiewe emosie (matige effek)
  • Geloof/ godsdiens (matige effek)

 

Die volgende het nie ‘n groot effek nie

  • Maak van meer geld
  • Gesondheid
  • Nog kwalifikasies

 

Jonathan Haidt noem ook:

  • Geraas: Bv om in ‘n besige straat te woon, veroorsaak onderbreking van konsentrasie en stres. Dit is die moeite werd om van geraas in jou lewe ontslae te raak.
  • Daaglikse verkeer: Selfs al is ‘n mens gewoond aan die verkeer werk toe, veroorsaak dit steeds die afskeiding van hoër hoeveelhede van die streshormone. Om te bestuur in ideale omstandighede kan aangenaam en ontspannend wees.
  • Gebrek aan beheer: Wat bv geraas en verkeer so erg maak is die feit dat ons geen beheer daaroor het nie. Wanneer daar groot dele van jou lewe is wat buite beheer is / voel dan affekteer dit jou energie en vlak van geluk.
  • Verleentheid: Voorkoms per sé maak mense nie veel gelukkiger of ongelukkiger nie, maar wanneer iemand ongemaklik is met iets aan sy / haar voorkoms, en dit verander, rapporteer hulle verhoogde lewens-satisfaksie. (Plastiese chirurgie word ook egter met depressie geassosieer.)
  • Csikszentmihalyi noem ook keuses as invloed op ons geluk. As mense meer keuses het (bv 30 i.p.v  6) is die waarskynlikheid minder dat ons ‘n ‘goeie’ keuse sal maak en as ons wel die keuse maak, dat ons minder gelukkig daarmee sal wees.  Hoe meer keuses jy het, hoe groter jou verwagting dat jy ‘n perfekte pas sal kry. Terselfteryd, hoe meer keuse jy het, hoe kleiner is die waarskynlikheid dat jy sal voel dat jy die beste keuse gemaak het. Jy het minder vertroue in jou keuse en dis meer waarskynlik dat jy spyt sal wees en dink oor die opsies wat jy nie gekies het nie. Dit geld veral vir mense wat ‘maximise’ – wat al die opsies wil probeer en ‘die beste keuse’ wil maak. ‘Satisficers’ evalueer die opsies en kies die een wat goed genoeg is en hou dan op soek. ‘Maximisers’ se besluite is oor die algemeen effens beter, maar hulle is minder gelukkig met hulle besluite en meer geneig tot depressie en teneergedruktheid

 

V – Voluntary (Vrywillig)

Hierdie deel van die “formule” handel oor daardie aspekte waaroor ons meer beheer het; die dinge wat ons vrywillig doen. Dit is hierdie aksies / keuses wat ons kan maak, wat dit meer waarskynlik maak dat ons vreugde kan vind in ons verlede, hede en toekoms.

 

Vind meer vreugde in jou verlede:

Een van die faktore wat ons geluk in die oomblik bepaal, is hoe ons voel oor ons verlede: Jy kan in jou skik wees met jou verlede of bitter met wraakgedagtes.  Dit kan ook andersom werk : as jy depressief is, is jy meer geneig om die hartseer ervarings in sy verlede te onthou en mistroostig te voel oor die toekoms.   Die logika hier is dat jou manier van dink jou emosie vorm, wat anders is as die Freudiaanse geloof dat emosie aanleiding gee tot gedagtes.  Dit blyk dat albei soms aan die stuur is.

 

So die vraag is dan: vorm jou verlede jou hede?  Ons wêreldbeskouing word in ‘n groot mate beïnvloed deur determinsitiese denkers van die vorige eeu.  Freud en sy volgelinge het geglo dat elke ding wat gebeur in ons lewe, die produk is van ons verlede.  Maar Seligman en sy mede-navorsers reken sterk dat die effek van ons kinderjare (en geskiedenis oor die algemeen) op ons lewe oorskat word.  Volgens hom speel kinderjare ‘n  klein rol en defnitief nie ‘n determinstiese rol nie. (Gene speel ‘n groot rol).  Wat hartseer is, is dat baie mense met ‘n deterministiese wêreldbeskouing deur die lewe gaan met bitterheid oor hul verlede en passiwiteit oor hul toekoms!

 

Die behaviorist Aaron Beck, aanhanger van die deteministiese teorie, gebruik dit in sy navorsing met depressiewe mense. Hy het bevind dat wanneer hy mense sovêr kan kry om hule gedagtes te ‘ventileer’, ‘ontrafel’ hulle maklik maar dis moeilik om hulle weer ‘bymekaar te maak’.  Kognitewe terapie het ontwikkel in reaksie hierop om mense te help fokus op die hede en die toekoms, sonder om al die pyn in jou verlede te ontleed en ontrafel.  Dit werk net so goed as anti-depressante en word dikwels in tandem gebruik.

 

Die vraag rondom die gesonde hantering van woede is nog ‘n voorbeeld van die deterministiese beskouïng. Daar word gereken dat dit nodig en selfs gesond is om uitdrukking aan woede te gee. Ons glo as ons nie uitdrukking daaraan gee nie, gaan dit elders kop uitsteek. Maar, volgens Seligman en genote is die teorie vals.  Trouens, die teenoorgestelde kan gebeur: wanneer jy vashaak by dit wat jou kwaad gemaak het, veroorsaak dit kardiovaskulere probeleme en nog woede. (Daar is sterk verband tussen vyandigheid en hartaanvalle).  Maw emosie wat net gelos word, sal vanself ‘wegvloei’ deur ‘n proses van emosionele osmose. Wanneer jy tob oor en uiting gee aan die emosie vermenigvuldig die emosie en word jy vasgevang in ‘n emosionele tronk.

 

Czikszentmihalyi gee die beste advies oor hoe om die omstandighede te hanteer: die effek van fisiese pyn, finansiële verlies, of ‘n sosiale vernedering word bepaal deur die hoeveelheid aandag wat jy daaraan skenk en die hoeveelheid ruimte wat jy daaraan skenk in jou bewussyn. Hoe meer aandag jy daaraan skenk, hoe meer entropie bring dit na ons bewussyn.  Wat nie beteken ‘n mens moet dit ignoreer nie.  Dis beter om die negatiewe gebeurtenis in die oë te kyk, te erken en te respekteer en dan besig te raak met dinge wat jy  KIES om op te fokus.

 

Wat geluk in terme van die die verlede aanbetref is daar dus twee moontlike saboteurs:

  • onvoldoende waardering en genot van die goeie gebeure in jou verlede
  • oorbeklemtoning van die slegte ervarings.

 

Hoe kan ons dit teëwerk?

  • Dit maak waardering en vreugde oor die verlede meer waarskynlik. Martha Beck sê die brein kan nie dankbaarheid en vrees gelyktydig akkomodeer nie. Metodes hiervoor: verhoog jou dankbaarheid deur bv ‘n dankbaarheidsbrief aan iemand teenoor wie jy dankbaar is te skryf of die byhou van ‘n dankbaarheidsdagboek.  Mense wat ‘n dankbaarheidsdagboek hou en elke dag boekhou van dinge om oor dankbaar te wees se lewensvreugde en lewens-satisfaksie is groter as dié wat bloot ‘n dagboek van gebeure byhou.
  • Vergewe, vergeet of onderdruk. Dit is ‘n sensitewe saak. Hoe jy oor jou verlede voel, hang uitsluitlik af van jou herinneringe. Daar is geen ander bron nie. (Die rede hoekom dankbaarheid ons satisfaksie verhoog is omdat dit die positiewe in ons verlede uitlig.) Gereelde negatiewe gedagtes of tob oor negatiewe ervarings oor die verlede ondermyn vrede en kalmte van gees.  Dit geld vir individue en vir nasies. Die herinneringe wat ons aanhang as ‘n nasie vorm ook ons ervaring van die verlede. Slobodan Milosovich het ses eeue se onreg teenoor sy mense misbruik om ‘n dekade van oorlog en nasiemoord te regverdig. Voorbeelde van mense wat daardie sirkel probeer verbreek is Madiba en Mahatma Ghandi.

 

Die menslike brein is van so aard dat negatiewe emosie maklik oor die meer brose positiewe emosie triomfeer. (Daniel Goleman, in sy werk oor emosionele intelligensie, noem dit ‘neurale kaping’ wanneer ons negatiewe emosie ervaar.)   Die enigste manier om uit ‘n negatiewe kringloop oor die verlede te kom is om jou herinneringe te ‘herskryf’ deur te vergewe, vergeet of om slegte herinneringe te onderdruk.  Laasgenoemde is egter gewaarborg om te ‘backfire’.  En vergeet is baie moeilik. Dit laat ons nét met vergifnis!!

Hoekom hou mense van aan negatiewe, bitter herinneringe oor hul verlede? Tipiese redes sluit in:

  • Hulle wil die energie behou die om die oortreder te vang en aan die pen te laat ry verminder.
  • Vergifnis word gesien as ‘n geskenk aan die oortreder en hy/sy verdien dit nie.

 

Maar, om te vergewe het die potensiaal om bitterheid na neutraliteit of selfs positiewe emosie te verander, wat groter lewens-satsifsaksie moontlik maak én kardiovaskulere gesondheid positief beinvloed.  Die proses van vergifnis is egter nie eenvoudig nie: Jou waardes sal bepaal of jy kan assosieer met vergifnis of nie. Jou persoonlikheid bepaal ook hoe jy sal optree teenoor iemand wat jou benadeel het.

 

Hoe om te vergewe? Seligman het advies vir dié wat sukkel om te vergewe: kry sporadies groter perspektief op jou lewe.  Dis belangrik om op jou lewe groter perspektief te kry ten einde die invloed en die emosie van jou huidige omstandighede van die oomblik teen te werk.. Evalueer jou lewens-satisfaksie in terme van liefde, loopbaan, finansies, speel / pret, vriende, gesondheid, ‘generativity’.

 

Geluk in die toekoms:

Die mens genereer geluk met die oog op die toekoms deur hoop en (redelike / gepaste) optimisme. Dit vorm ‘n mate van weerstand teen depressie in die aangesig van teëspoed. Dit dra ook by tot beter gesondheid en beter prestasie by die werk – veral wanneer werk uitdagend is.

 

Optimisme:

Optimisme word bepaal deur die permanensie en deurdringendheid van jou interpretasie oor veral uitdagende / negatiewe gebeure in jou lewe.  Pessimiste glo dat negatiewe ervarings meer permanent en deurdringend is (maw dit beïnvloed meerdere aspekte van ons lewe) en dat positiewe ervarings tydelik en spesifiek is.  Die pessimis reken: diëte werk nie vs die optimis: diëte werk nie wanneer jy konstant uiteet nie; of: positiewe ervarings is tydelik, ek probeer hard, was gelukkig vs ek is talentvol, ek is altyd gelukkig.  Hoe jy die lewe en negatiewe gebeure interpreteer, bepaal hoe lank jy ongelukkig gaan wees.  Permanente en deurdringende verklarings veroorsaak landurige hulpeloosheid. Kortermyn verklarings veroorsaak meer ‘resilience’.

 

Seligman gee vraelyste in sy boek om hoop en optimisme te meet en beskryf tegnieke om hoop en optimisme te optimiseer.

 

Geluk in die oomblik / Plesier:

Ten einde geluk in die oomblik te verstaan, fokus Seligman en kie op ‘Plesier’ en ‘Gratifikasie’.

Die terme word op plekke as sinonieme gebruk maar vir die doel van die gesprek gaan ons ‘n onderskeid tref tussen die twee.  Plesier:

  • Het sterk sensoriese en emosionele komponente – ‘rou gevoelens’.
  • Is vlietend en benodig nie baie intellektuele ontleding nie.
  • Nie regtig te veel daarvan kan op ‘n slag geniet word nie.
  • Kan maklik gewoontevormend wees.
  • Is in die oomblik / momenteel.
  • Benodig min interpretasie.
  • Sluit al die lekker sensassie in wat ons sintuie moontlik maak – van die seksuele tot die die sensuele ervaring van ‘n helder herfsoggend op die hoëveld, gunsteling musiek, foto’s van klein diertjes, babas, mooi sonsondergange. Soms is die kompleksiteit so bietjie meer: as jou nuwe baba jou vinger vashou, of die waardering van ‘n gedig of film.

 

Dis moeilik om lewensgeluk op plesier te bou, want dis net iets wat jy in die oomblik ervaar. Ons pas maklik aan daarby, en het dalk binnekort hoër dosisse nodig vir dieselfde effek as vroeër. Die eerste happie sjokelade is die lekkerste – die laaste happie is net kalorieë. (Dit word gewoontevorming / aanpassing genoem.)

 

Hoe kry mens die meeste uit plesier:

  • Hê uiteenlopende plesier ervarings.
  • Versprei hulle oor tyd.
  • Onderskei plesier van verslawing: laat meer tyd as gewoonlik tussenin verbygaan. As jy ervaar dat jou behoefte aan die betrokke plesier afneem wanneer jy dit minder doen – dan kan dit dui op ‘n verslawing en nie iets wat werklik plesier verskaf nie.
  • Baie mense put vreudge put uit eet (die Franse is hier ‘n voorbeeld, eet langer maar minder). Maar eet, soos ander passiewe aktiwiteite, bring net vreugde as ons nie meer as 5% van ons tyd daaraan spandeer nie.
  • Twee tegnieke uit Buddisme om plesier te verhoog is “savoring” en “mindfulness” (oplettendheid).

 

“Savoring’

Ons lewe teen ‘n groot spoed en ons poog konstant om meer effektief te wees met ons tyd. Byna elke nuwe tegnologiese ontwikkeling gaan daaroor om meer dinge vinniger te doen. Die benadering affekteer ook ons sosiale interaksies – ons luister bv nie ordentlik nie. Deur al die effektiwteit verloor ons groot dele van die huidige oomblik.

‘Savoring is the awareness of and the deliberate conscious attention to the experience of pleasure.’

Bv die Franse wat kleiner porsies van ‘n groter verskeindheid kosse eet teenoor die groot porsies van die Amerikaners. Franse neem ook meer tyd en maak meer ruimte vir die geniet van die kos. Hulle is baie skraler maar eet baie langer.

 

Mindfulness (Oplettenheid, opmerksaamheid)

Volgens Seligman is onoplettenheid die storie van die mensdom is. Daar is groot dele van ons ervarings wat ons nie oplet nie. Ons aksies en interakies is dikwels automaties. Om mindful (oplettend) te wees in die hede vereis ‘n stadiger manier van dink. Meditasie is een manier om meer oplettend te raak.

 

Gratification (Bevrediging, voldoening):

Gratifikasie is iets wat ons veral, ervaar wanneer ons in ‘flow’ (want dit voel soos moeitelose beweging) is. Dit is aktiwiteite waarvan ons hou, maar dit word nie noodwendig vergesel deur emosie nie. Dis iets wat ons totaal absorbeer en ons verloor ons bewsutheid van self – bv ‘n stimulerende gesprek wat lei tot uitdrukking van idees wat ons nie geweet het ons het nie, lees van ‘n goeie boek, sport aktiwiteite, fotografie, skilder, ‘n akademiese ontleding, lees van ‘n boek op soek na nuwe insigte. Gratifikasie:

  • Hou langer as plesier;
  • Vereis meer dinkwerk en interpretasie;
  • Word nie maklik gewoontevormend nie;
  • Word versterk deur ons sterkpunte en waardes.

 

Die gratifikasie waarvan Seligman praat, kan sosiaal, intellektueel, fisies wees. Dit is iets wat in die meeste fasette in jou lewe benut kan word – ook by die werk en in verhoudings. Hoe meer ‘flow’ inwerk in hoe jy jou werk doen, hoe meer kan jy dit potensiëel geniet.

“Flow” het die volgende komponente:

  • Die taak is uitdagend en vereis ‘n sekere hoeveelheid vaardigheid;
  • Jy moet konsentreer;
  • Die doelwitte is duidelik;
  • Jy kry onmidddelik terugvoer;
  • Jy is ten diepste betrokke;
  • Daar is ‘n gevoel van beheer;
  • Jy verloor selfbewustheid;
  • Tyd stop vir jou.

 

Let op – positiewe emosie is nie ‘n voorwaarde nie – alhoewel dit soms deel van die ervaring is. Die afwesigheid van emosie en bewussyn vorm die fondasie van ‘n flow ervaring. ‘Consciousness and emotion are there to correct your trajectory; when what you are doing is seamlessly perfect, you don’t need them’.  As voorbeeld vertel Csikszentmihalyi  die volgende storie vir Seligman oor sy 80-jarige broer: ‘I visited my brother in Budapest recently. He is retired and his hobby is minerals. He told me that a few days before he had taken a crystal and started studying it under his powerful microscope shortly after breakfast. A while later, he noticed it was becoming harder to see the internal structure clearly and he thought a cloud must have passed in front of the sun. He looked up and saw that the sun had set. ‘

 

‘n Ekonomiese model kan help om dit nog beter te verstaan: wanneer ons plesier ervaar, is ons verbruikers ( parfuum, roomys, iets mooi’s) – dit is momentele vreugdes en bou niks vir die toekoms nie.  Flow is anders: wanneer ons so betrokke is by iets wat ons doen, maak ons ‘n belegging – ons bou sielkundige kapitaal in onsself vir die toekoms. Dus ‘n aanduiding van sielkundige groei.

 

Sommige mense ervaar flow gereeld, ander mense ervaar dit byna nooit.  In ‘n Flow-studie met tieners het Seligman 250 hoë-flow en 250 lae flow tieners bestudeer . Die lae-flow tieners kyk baie televisie en loop rond in winkelsentrums. Hoë-flow tieners het stokperdjies, neem deel aan sport en spandeer meer tyd aan hulle huiswerk. Op elke vlak van sielkundige welstand (insluitend selfbeeld en betrokkenheid (engagement) doen die hoë -low kinders beter.  Die enigste uitsondering in die positiewe uitslae is dat die kinders dink dat die lae–flow kinders meer pret het as hulle.  Dit is ook lonend later in die lewe – die hoë-flow kinders het gewoonlik beter akademiese uitslae, het sterker en beter verhoudings en is later in hule lewens meer suksesvol.

 

Dit geld vir grootmense ook.  Interessant dat ons dikwels plesier bo flow kies – baie mense verkies dit om tv te kyk bo die lees van ‘n goeie boek alhoewel navorsing vir ons bewys het dat die gemiddelde bui van ‘n televisie kyker ‘n matige depressie is. Aktiewe stokperdjies/ sport skep BAIE meer positiewe ervarings, in vergelyking met meer passiewe aktiwiteite.

 

Die soeke na plesier kan ‘n sterk motivering wees, maar dit skep nie verandering nie. Plesier is ‘n dryfveer na bevrediging van behoeftes, gemak en onstpanning. Flow kan by tye baie ongemaklik wees.

 

 

Flow en romanse

Die konsep van flow kan ons ook laat verstaan hoe romanse en seksualiteit buite die konteks van ‘n langdurige verhouding bloot plesier is vs die flow in ‘n stabiele, langdurige verhouding.  In sy boek bespreek hy sterkpunte en ‘virtues’. Wanneer jy weet wat jou sterkpunte is en hoe dit op jou lewe inwerk, is dit meer waarskynlik dat jy flow kan skep. Julle kan julle eie sterkpunte vasstel op www.authentichappiness.org.  Hy dui ook aan hoe om geluk by die werk te verhoog en kinders realisties optimsime en flow as lewensvaardighede te leer.

 

Ten slotte:

As ons dus die depressie in ons lewe wil verminder en geluk meer wil maak, noem Seligman die volgende:

Faktore wat nie depressie veroorsaak nie

  • Die epidemie is nie biologies van aard nie – ons gene en hormone het nie genoeg verander in die afgelope 40 jaar om dit te verklaar nie,
  • Dis nie ekologies nie – die Armish, wat dieselfde natuurbronne gebruik as die res van die VSA het tien keer minder depressie, en dit het nie te doen met ekonomiese swaarkry / lewensomstandighede nie.

Faktore wat depressie veroorsaak:

  • Individualisme en die kort paaie wat ons soek na lewensgeluk (TV, dwelms, inkopies) die primêre veranderlikes is wat ons ongelukkig maak.
  • Een van die primere simptome van depressie is jou emosie van jou beslag neem. Flow is die teenstelling – dit sluit in die afwesigheid van emosie, afwesigheid van selfbewustheid. Hoe meer flow jy skep in jou lewe, hoe minder depressief sal jy wees.

 

Die resep om depressie teë te werk:

  • Streef na meer gratifikasie / flow.
  • Verminder die outomatiese najaag van plesier.
  • Plesier kom maklik maar gratifikasie vereis die benutting / beoefening van persoonlike sterkpunte en is moeiliker haalbaar.
  • Die determinasie om jou sterkpunte te vind en ontwikkel is ‘n groot buffer teen depressie.

 

Om te beweeg van najaag van plesier na  meer gratifikasie is nie ‘n maklike proses nie – dit vereis vaardigheid en meer nog – dit hou die potensiaal in dat jy kan misluk.  Plesier daag ons nie uit nie en hou geen potensiaal vir mislukking in nie.

 

Dus om te vra – hoe kan ek gelukkig wees (alhoewel dit ook goed is om plesier in ‘n mense se lewe te hê) is nie die regte vraag om te vra nie. Sonder die nodige onderskeiding tussen plesier en gratifikasie lei dit maklik tot afhanklikheid van kortpaaie – ‘n lewe waar ‘n mens soveel plesiere as moontlik opraap.

 

Die regte vraag om te vra is  wat is ‘n goeie lewe?

Jonathan Haidt: glo nie dat ons moet vra wat is die doel van die lewe nie, maar eerder wat is die doel in die lewe. Geluk is nie iets wat wat jy kan vind, verkry of ‘n manier waarop jy kan presteer nie. Jy moet die omstandighede regkry en dan wag. Somminge van die voorwaardes van geluk is binne jou, sommige voorwaardes vereis ‘n verhouding met dit / dié wat rondom jou is

 

Wellness is an issue of engagement in living, involving expression in a huge range of potentialities: intellectual, soclal, emotional, physical…..Happiness is not the main aim, but a by-product of a life well lived.

Prof M Wissing