Deur: ANTOINETTE EHMKE

Datum : So 05 Feb 12

Ons wil almal graag “net gelukkig wees”.
As deel van ons pogings om hierdie staat te bereik, probeer ons dikwels om negatiewe gedagtes en emosies te vermy of daarvan ontslae te raak, en daarop te fokus om eerder positiewe emosies en gedagtes te genereer.
Hierdie strategie hou egter groot risiko’s in vir ‘n mens se geestesgesondheid. Hierdie DVD bied ‘n uiteensetting van hierdie risiko’s en ook ‘n alternatiewe strategie wat by die kyker kan aanklank vind.
Antoinette Ehmke is ‘n neuro-semantikus, arbeidsterapeut en kinesioloog.