THE RELEVANCE OF KEN WILBER’S INTEGRAL DEVELOPMENTAL THEORY FOR PASTORAL CARE

Many pastors and the emerging Christians struggle with the premodern (theistic), and modernist (secular) view of the reality while embracing post-modernity as the best possible answer to their cognitive dissonance.  As this study shows, this is not the full picture.  Psychologists and theologians have researched the development of human consciousness and discovered not only a premodern, modern and postmodern mindset but seven or more developmental levels or stages.  They are the archaic, magical, mythological, rational, pluralistic, psychic, holistic and trans-personal levels.  Each of these stages has a third, second and first person perspective of God with certain ethical, social and cultural characteristics that distinguish it from the others.

Ken Wilber, an integral thinker, combined psychology, religion, science, sociology and many other forms of the human sciences and developed an integral worldview that has interior singular and plural, as well as exterior singular and plural perspectives.  He calls it AQAL, all quadrants, all levels and all lines.   Others, like theologians and philosophers, have expanded on Wilber’s integral theory to use it in different areas of being human.  This study uses Wilber’s developmental theory for the pastorate.

To begin, the study gives an overview of the developmental problems Christians face today with postmodern solutions some theologians propose.  There are different exponents of the developmental theories and the student gives a short autobiographical overview of how he came to this point.  An introduction to Ken Wilber and his AQAL theory is not easy, considering his vast oeuvre.  The study continues to expound the development of human consciousness and explains how pastors can utilise the integral theory in pastoral care by using an integral questionnaire.  The study returns to the postmodern Christian theologians’ rejection of the mythological God of premodernity and the idea that postmodernity is the only way to understand God.  It explains the Kosmic Address of God and the importance of all 27 plus different understandings of God, each a legitimate experience of the Divine.

Despite the apparent criticism of postmodern theologians, the study shows that these theologians and the emerging Christians are the hope and future of the church because they are at the threshold to move to the second tier, that is the postrational or mystical levels of human consciousness.

 

Hoofstuk EEN

 

I.    Inleiding

A.     Navorsingsprobleem:

Die kerklike pastoraat sit met ʼn dilemma – dit word van binne en buite bedreig: Terwyl die kerklike teologie gefokus is op ʼn Bybelse teisme is daar Christene wat nie meer tuis voel in die tradisionele verstaan van die Bybel of in die kerklike praktyk van Sondae aanbidding van ʼn transendentale God nie (kyk Avis 2003:50-81; Riggs 2003:9).  Terselfdertyd voel tradisionele Christene ontuis in ʼn sekulêre samelewing waarin hulle geloof en etiek misken word (Norman 2002:ix, Weiland 1972:17-42).  Die tradisionele kerklike teisme lyk standvastig terwyl dit tog wil voorkom asof daar wel Christene is wat van binne en buite vrae aan die tradisionele teologie vra.  Tradisionele Christene voel dat die wêreld die kerk deur ateïsme en die wetenskap bedreig.  Catherine Keller (2008:21), ʼn proses teoloog, vat die dilemma in On the Mystery: Discerning God in process, soos volg saam: “Nothing more surely characterizes our era, which we might as well call postmodern, than awareness of multiplicity. … This plurality sends some running back to the security of some absolute: nulla salvus extra ecclesiam – “No salvation outside of the church.”  And it dissipates others in a global marketplace of options.”

Nigel Leaves (2006:5), in The God problem: Alternatives to fundamentalism, met verwysing na Robert W. Funk, vra die vraag: “What does ‘God’ mean in the twenty-first century?” en bespreek die antwoorde aan die hand van ʼn aantal perspektiewe op God.  Leaves identifiseer vier belangrike sienings van God.  Die eerste is panenteïsme soos verwoord deur Biskop John Shelby Spong.  Panenteïsme verwerp die tradisionele bonatuurlike teïsme en beskou God meer as ʼn alles-omvattende Gees, wat nie van die wêreld verwyderd is nie, maar tog bo die wêreld uitstyg.  Die Gees is in alles, alles is in die Gees, maar die Gees is groter as alles.  Die tweede siening van God is die nie-realisme van Don Cupitt en Lloyd Geering wat beide, in verskillende wêrelddele, tot dieselfde gevolgtrekking gekom het (Leaves 2006:6,7,8): “the word ‘God’ should be stripped of its supernatural content. … people should get over the realist idea of an actual personal being who created and still sustains the Universe. … Cupitt and Geering do not nullify Christian doctrines,… but translate them into rules of life.”  Die derde alternatief is wat “grassroots spirituality” genoem word en wat uit gewone mense se soeke na alternatiewe kom.  Die vierde moontlikheid is godsdienstige naturalisme wat mense aanmoedig om die aarde as heilig te beskou.  Al vier die sienings oor die betekenis van God vir die 21ste eeu is deel van Keller se “global marketplace of options.” Die probleem is dat dit lyk asof gelowiges slegs tussen die tradisionele teïsme en die pluralisme van postmoderniteit, waarvan Leaves se vier alternatiewe deel is, kan kies.  Hierdie studie sal aantoon dat teïsme en pluralisme nie keuses is nie maar deel is van die ontwikkeling van die menslike bewussyn[1] en dat daar veelvoudige vlakke van ontwikkeling is en dus veelvoudige beskouings oor God moontlik is.

Die keuse tussen teïsme en pluralisme kom in ʼn onlangse PhD studie, “Pastors as gewonde genesers: Emosionele intelligensie en pastoraat,” voor waar Philip Nolte (2007:5), ʼn predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk, daarop wys dat pastors ʼn kognitiewe dissonansie beleef as gevolg van ʼn verskuiwing of ontwikkeling van ʼn moderne na ʼn postmoderne verstaan van die werklikheid.  In sy ondersoek na die spanning tussen die twee paradigmas, noem Nolte (2007:9): “Baie lidmate van die Christelike geloofstradisie bevind hulle binne die vroeë, tradisionele paradigma, terwyl baie ander hulleself binne die nuwe opkomende paradigma bevind.”  Nolte noem dat diegene wat hulle in die opkomende paradigma bevind, net frustrasie in die kerklike tradisie ervaar (vgl ook Borg 2003:2-4).

[1] Wanneer die studie die begrip “menslike bewussyn” of “human consciousness” gebruik is dit nie dieselfde as die onveranderlike, ewige Bewussyn of “Consciousness” nie.  Sommige skrywers, soos Peter F Dziuban (2006), gebruik “Consciousness” as ʼn metafoor vir wat Christene as God sou beskryf.  “Menslike bewussyn” verwys na de mens se verstaan van die werklikheid maar is terselfdertyd meer as bloot ʼn kognitiewe funksie.  Dit is wanneer die menslike bewussyn bewustelik een met die Bewussyn word dat die mens die hoogste ideaal bereik.

Nolte (2007:10-12), wat steun op Borg (2003:9 -12), benoem die eienskappe van die tradisionele paradigma soos volg:

  • Die Bybel neem ʼn sentrale plek in en word as “God se woord” beskou.

 

  • Die belydenisse en belydenisgeskrifte speel ʼn belangrike rol en word as ʼn samevatting van die “waarhede” van die Bybel geag.

 

  • Geloof word in ʼn groot mate gesien as instemming met leerstellings oor God en die Bybel.

 

  • Ten spyte daarvan dat hierdie paradigma God se gratis liefde en genade vir mense beklemtoon, is daar tog ’n onderliggende patroon van prestasie en beloning in die logika daarvan waarneembaar.

 

Die opkomende paradigma vat Nolte (2007:12, 11, 12, 13, 14) soos volg saam:

  • Die Bybel word gesien as die produk van ’n lang historiese proses en reflekteer onder andere antieke mense se geloof oor God, hulle godsdiens- en wêreldbeskouing, die wyse waarop die gemeenskap ingerig en georden word asook verhoudings tussen mense, dinge en plekke.

 

  • Hulle beskou die Bybel metafories en sien dat die Bybelse verhale waar kan wees, sonder om histories korrek te wees. Die waarde vir die paradigma lê in die betekenis wat die Bybelse verhale vir die mense het.

 

  • Die Bybel word as heilige geskrifte beskou in terme van die funksie en status daarvan, maar nie in terme van die ontstaan nie.

 

  • Die Christene beskou hulle lewens as ʼn proses van verhoudings en transformasie en nie die nakoming van sekere voorskrifte nie.

 

  • Hulle erken religieuse pluraliteit in postmodernisme en neem dit ernstig op.

 

Nolte (2007:18, 22) beskou die kerklike tradisie as ʼn struikelblok en sien die tradisionele Skrifgesag as ʼn probleem vir die postmoderne Christene en bied emosionele intelligensie as oplossing vir “gewonde pastors” aan.  Hierdie verwonding is as gevolg van die verskuiwing van ʼn moderne na ʼn postmoderne paradigma omdat postmodernisme baie van die sekerhede van die moderne era gerelativeer het.  Nolte (2007:7) omskryf die verlamming soos volg:  “Die verlamming wat pastors as gevolg van die verskuiwing van die moderne na die postmoderne paradigma beleef, kan as kognitiewe dissonansie omskryf word.  Dit is ʼn aangeleentheid wat met “kennis” verband hou wat nie in pas is met die realiteite in die lewe waarmee mense daagliks moet rekening hou nie.

Bo en behalwe bogenoemde aspekte van Nolte se studie is daar twee ander elemente wat vir hierdie studie van belang is.  Eerstens (Nolte 2007:15): “’n nuwe paradigma is nie ʼn kombinasie uit vorige en nuwe paradigmas nie, maar ʼn breuk met interpreterende raamwerke van vroeër.”  Tweedens (Nolte 2007:17): “Emosionele intelligensie kan kernagtig beskryf word as mense se vermoë om van hulle eie emosies, asook die emosies van ander persone, bewus te raak en dit sinvol en verantwoordelik te integreer en bestudeer.”

Paul Avis (2003:vii), die Sekretaris-generaal van die Raad vir Christelike Eenheid van die Church of England, sien die drieledigheid van die missio Dei van die kerk as die onderliggende aspek van die kerk se bediening aan die Christene buite die kerk, soos verwoord in sy boek, A church drawing near: Spirituality and mission in a post-Christian culture.  Hierdie missie wat in Matteus 28:16-20 voorkom is om dissipels te maak, om mense te doop en om hulle te leer.  Hy sien die “common religion” of algemene godsdiens as die manier om mense terug in die kerk te kry.  Dit sal nie gedoen kan word deur deklamerende prediking nie maar deur middel van pastorale betrokkenheid en om vertroue tussen die kerk en die indiwidu te bou.  Avis (2003:ix) stel dit soos volg:  “But the real work of building trust and establishing rapport – the sine qua non of effective mission and ministry – can only be done piecemeal, ‘on the ground’, in thousands of particular situations, when commitment is sustained over time.”  Hy identifiseer die algemene godsdiens as ʼn brug om mense terug te lok na die gemeenskap van die gelowiges.

Avis (2003:136) erken ook dat die ontwikkeling van gelowiges deur verskeie stadia gaan en noem dat dit ʼn sakramentele karakter het teenoor die sekulêre wêreld se beheptheid met ekonomiese vooruitgang.  Avis (2003:37) beskryf dit soos volg: “Instead of the soul making its Christian journey from baptism and confirmation, through matrimony, to final passing over the threshold of death accompanied by Christian burial rites that sanctify our mortality, we have the secular self following a stereotyped life-course dedicated by society-wide economic and political institutions.”  Tog sien Avis (2003:137) dat die sekulêre paradigma respek vir die indiwidu het maar dan sonder die nodige Christelike deernis en ondersteuning.  Volgens hom kan die sakramente van doop, huwelik en die Laaste Rite weer die skakels word om die mense buite die kerk aan die pastoraat en dus aan die evangelie, bloot te stel.

Robert Price (2003:3-8), ʼn dosent in filosofie en godsdienswetenskap aan die Johnston Community College in Smithfield, Noord Carolina, neem in sy artikel, “The future of religion” in The Fourth R die volgende waar: “the world is moving rapidly towards a state in which virtually everyone will have no choice but to think for himself or herself in religious matters.”  Price (2003:3) verwys na Peter Berger wat ontwikkeling in die kultuur en godsdiens as ʼn noodwendigheid beskou namate volke met ander in aanraking kom.  Geïsoleerde gemeenskappe is geneig om hulle godsdiens en kultuur as die enigste waarheid te beskou.  Die blootstelling aan ander groepe en dus die verbreding van kennis en insig vind nie sonder probleme plaas nie.  Die Jodedom het byna voor die Griekse Dionysus kultus geswig.  Price (2003:4) wys met behulp van die filosoof Francois Lyotard se werk, The postmodern condition, op die meesternarratief waarvolgens elke volk leef.  Die meesternarratief van Israel is die verhale van Abraham, die uittog uit Egipte, die monargie, die ballingskap en die herstel.  Dit is wanneer die meesternarratief bedreig en afgebreek word dat mense ʼn krisis van sin- en betekenisgewing ondervind.  Price erken dus ontwikkeling in die godsdiens en reken dat ʼn mens nie pluralisme, sekularisasie en sinkretisme kan omdraai en terugkeer na ʼn premoderne Bybelse wêreldbeeld nie.  Alhoewel hy nie ʼn sinkretistiese New Age wêreldgodsdiens voorsien nie, maar tog ʼn intergodsdienstige dialoog aanvaar, meen hy dat die rol van predikante sal verander na die van terapeute, beraders, maatskaplike werkers, en motiverende sprekers.  Price (2003:7) voorsien ʼn positiewe bydra van predikante:  “They will be shepherds of their flocks, as they ought to be, and it will be left to scholars, theologians and historians of religions to serve as consultants, providers of insight, and lessons from history.”

Don Cupitt (2000:3) van  die Emmanuel College in Cambridge, en die stigter van die Sea of Faith Netwerk, beskryf drie groot tekens van die vinnige agteruitgang van godsdiens in die Weste maar ook regoor die wêreld soos volg:

  • Die eerste teken is dat kommentators beweer dat die toekoms van die mensdom van tegnologie en die logika van kapitalisme afhang. Teologie, filosofie, etiek en politiek het reeds gesterf en sal dus randfigure bly.

 

  • ’n Tweede teken is dat die hoofstroom Christelike denominasies ‘n 20% per dekade verlies aan lidmate toon.

 

  • ʼn Opname onder 18 jariges het aangetoon dat 77% van die tieners geen godsdienstige belange of afiliasies het nie.

 

Cupitt (2000:4) meen dat een rede vir die verval is dat die kerk ʼn flater begaan het: “In effect, the church made an idol of itself, and is now dying because it stuck with claims on its own behalf that it should never have made in the first place.”  Cupitt (2000:9) sien ʼn ander rol vir godsdiens:  “At a time when political thought is very unadventurous, and when the world is becoming overwhelmingly dominated by technology, we need religion as much as ever.  We need it as a human, value creating activity.”

Volgens Marcus Borg (2006:vii), ʼn dosent in Godsdiens en Kultuur by die Oregon Staatsuniversiteit, is daar Christene wat nie meer dieselfde as hulle voorouers glo nie.  Hy noem die groep die ontluikende (emerging) Christene wat van binne en buite die kerk ander perspektiewe as die tradisionele teologie ontwikkel het.  Hulle verwyder die intellektuele struikelblokke rakende die Bybel as ʼn onfeilbare goddelike produk.  Die Bybel is ʼn getuie van die geloof van voorouers en hulle ervarings van God.  Borg (2006:viii) skryf in die voorwoord van Tim Scorer se boek Living the heart of Christianity (Borg & Scorer 2006): “And rather than emphasizing what we must do or believe in order to have a blessed afterlife, the emerging Christian vision emphasizes a relationship with God in the present that transforms our lives in this life.”  Borg beweeg ook in die postmoderne vlak en het ʼn panenteïstiese verstaan van God.

Die Suid-Afrikaanse praktiese teoloog, Yolanda Dreyer (2006:1311-1335), aan die Universiteit van Pretoria, ondersoek postmoderne kerk-wees in die lig van die publieke teologie, die eenheid en diversiteit.  Dreyer (2006:1317-1324) gebruik Burkhard om die vyf kenmerke van postmoderniteit kortliks te bespreek maar brei dit aansienlik uit:

  • Postmoderniteit verwerp ʼn dualistiese wêreldbeeld. Moderniteit het die onderskeid tussen die natuurwetenskap en die subjektiewe sfeer van gevoelens, verbeelding, waardes en geloof gemaak en laasgenoemde onderdruk.  Postmoderniteit kritiseer die skeiding.

 

  • Postmoderniteit verwerp fondamentalisme: Burkhart (2004:132) beskryf fondamentalisme soos volg: “Foundationalism refers to absolutely irreducible principles of knowledge and action whose truth imposes itself with irrefutable evidentiary power.”

 

  • Postmoderniteit verwerp totalisering: Moderniteit wou een algemene denksisteem wat vir almal geld, ontwikkel en die meesternarratief van onbeperkte menslike vooruitgang het vooropgestaan. Postmoderniteit verwerp ʼn allesoorheersende teorie.

 

  • Daar bestaan die bedreiging van nihilisme: As niks in ʼn postmoderne wêreld geld nie ontstaan die vrees dat alles relatief is wat nihilisme tot gevolg het. Tog is dit nie wat postmoderniteit met pluraliteit in gedagte het nie.   Dreyer (2006:1320) reken dat dit juis die geleentheid vir die Christelike verhaal en die verhale van nihilisme is om met mekaar in dialoog kan tree.

 

  • Postmoderniteit soek na relasies: Postmoderniteit plaas die klem op die mens in verhouding met alles in plaas daarvan dat die mens as subjek sentraal staan.  “Kennis word verkry deur mense wat saamwerk, eerder as die individuele kenner” (Dreyer 2006:1320).

 

Dreyer (2006:1331) verwelkom postmoderniteit omdat die Christen se stem tussen al die ander stemme gehoor kan word maar met ʼn voorwaarde: “Pluraliteit in die kerk kan positief gewaardeer word, maar behoort ook teologies duidelik begrens te word.”  Die kerk kan nou in die publieke teologie gelyk met ander waardesisteme wees, nie deur konfrontasie nie maar deur dialoog.  Die verhoudingsgedagte druk Dreyer (2006:1321) soos volg uit:  “Mens-wees met ander en in teenwoordigheid van God kan mense van hierdie era bevry van die leegheid waarmee moderne denke hulle gelaat het.”

Die Jesus Seminaar teoloë wou ʼn oorsig neem van die huidige stand van die Christelike tradisie in die lig van hulle navorsing oor die historiese Jesus en hoe die kerk daarop gereageer het.  In The future of the Christian tradition: The Jesus Seminar (Miller 2007) ondersoek die teoloë die outentisiteit van die stand van die huidige geloof, wysheid vir die globale tydperk, godsdiens, wetenskap, en die toekoms van die lewe op aarde asook die morele imperatief.  Hulle erken ook die ontwikkeling van geloof en John Shelby Spong (2007:35), in sy artikel, “Beyond theism but not beyond God” erken dat hy ’n Christen van die 21ste eeu is en daarom, “if my Christianity cannot live inside the thought forms of the twenty first century, then I do not believe it can live at all.”  Dis nie asof hy dink die 21ste eeu het die volle waarheid in pag nie, maar dit moet ook vir sy geloof iets beteken.  Spong (2007:40) worstel met die Godsbegrip en sê: “When I seek the God beyond theism, I seek to name a human experience of wonder, awe and transcendence,” en verder, (Spong 2007:44) “Christianity is entering the transcendent depth of life, love and being in a human experience with a man named Jesus of Nazareth and calling that experience God.”  God is nie ʼn teïstiese wese of ʼn menslike konstruksie nie maar God is die verstaan van die diepste wese van die mens. Spong (2007:44, 45) verwoord dit soos volg: “It is about a humanity that has been opened to divinity.  It is about stepping into eternity while still walking in time. … If God is the ground of all being then the only way I can worship God is to have the courage to be all that I can be.”

F G Immink (2003) in sy werk, In God geloven: Een praktisch-theologische reconstructie, praat van geloofskommunikasie, dat God wil praat en luister, dat mense ook behoefte het om te praat en te luister en stel voor dat dit die kern van godsdiensbeoefening moet word.  God bly die Gans Andere waarmee die mens nooit een kan word nie.

ʼn Ander gewilde opsie is om alle vorme van premoderne godsdiens as ʼn moontlike model vir ʼn postmoderne wêreld te verwerp.  Paul Harris (2004/6) in sy werk, The end of faith, verwerp en val die mitologiese godsdiens met terme soos “gif en vernietiger” van die samelewing aan.  Harris (2004:221) beskou egter die mistieke as die enigste rasionele opsie vir die transformasie van die bewussyn.  “Mysticism is a rational enterprise.  Religion is not.  The mystic has recognized something about the nature of consciousness prior to thought, and this recognition is susceptible to rational discussion.  The mystic has reason for what he believes, and these reasons are empirical.”  In sy kritiek op The end of faith, verwerp Joe Bessler-Northcutt (2005:21) Harris se argumente oor godsdiens omdat hy glo dat Harris “simplistically evacuates any sense of integrity to a moderate or liberal religious stance.  He does this in order to create an urgent sense of either/or, to force a choice between faith and reason.”  Al wat Bessler-Northcutt kan aanbied ter verdediging is die Jesus Seminaar as ʼn rasionele oefening deur Bybelse teoloë.  Hy sien nie eers Harris se mistieke argument raak nie.

Aan die anderkant grens die tradisionele Christene hulleself teen sekularisasie af en probeer dit beveg.  Die woord “sekularisasie” is aanvanklik gebruik vir die vervreemding van kerklike eiendomme (Weiland 1972:21) maar later verwys dit na ʼn samelewing wat al minder die invloed van kerklike gesag en voorskrifte aanvaar (kyk O’Collins & Farrugia 2000:239).  Sperna Weiland het reeds in 1966 met sy Oriëntatie: Nuwe wegen in de theologie (Weiland [1966]1972) die wortels van sekularisasie by die Vulgaatvertaling van sekere kern Bybeltekste gaan soek.  Hy ondersoek ook hoe sosioloë, filosowe, en teoloë dit definieer.  Een definisie is: “De secularisatie is dus de afscheid van een wereld, waarin de kerk op alle terreinen van het laaste woord heeft” (Weiland 1972:22).  Die kerk het dus nie meer die rigtinggewende invloed in ʼn gesekulariseerde samelewing nie en volgens Weiland (1972:17,18) het Friederich Gogarten en Dietrich Bonhoeffer  dit as ʼn goeie ding gesien:  Gogarten meen sekularisasie is onder andere die selfstandigwording van die mens, wat ʼn regstreekse konsekwensie van die verkondiging van die evangelie is, en dit is veral van die herontdekking van die evangelie deur die Reformatore.  Dietrich Bonhoeffer praat van die mondigwording van die mens wat in die wêreld sinvol kan bestaan.  Die sienings dat sekularisasie beveg of verwelkom moet word, spruit uit die institusionele kerk se ontwikkelingsvlak en sal verskillende invloede op die pastoraat hê.

Die vinnige ontwikkelingspas van tegnologie, ekonomie en politiek laat baie Christene en die institusionele kerk met ʼn ontoereikende epistemologiese refleksie.  Die huidige postmoderne gesekulariseerde kultuur verskil radikaal van die tradisionele godsdienstige kaart waarmee baie Afrikaanse Christene deur hierdie vreemde landskap moet reis.  Christene voel vervreemd in die gesekulariseerde samelewing, en tog, voer Edward Norman (2002/3:44) aan dat die meeste Christene onbewus is van hoe gesekulariseerd hulle alle daagse lewens werklik is.  Norman (2003:x) beskuldig die Anglikaanse kerkleiers in Engeland daarvan dat hulle verantwoordelik is vir die indra van sekulêre humanisme as die kern boodskap van die kerk.  “It is not the general secularization as such which has felled it, but the adoption by the Church of secular thought – death by one’s own hand.”

Of sekularisasie al so diep in die tradisionele Afrikaanse kerke gepenetreer het is debatteerbaar, tog is daar sommige Christen teoloë en leke, wat die Jesus Seminaar se siening van die historiese Jesus as ʼn aanslag teen die heiligheid van die kerklike tradisie beskou.  Gedurende 2007 het ʼn DVD dokumentêr getiteld; “Nuwe strominge in die teologie: Word die hart van die evangelie uitgeruk?” deur WTL Multimedia Produksies, wat aan predikante van die NG en NH Kerke gestuur is, geweldige reaksie ontlok.  Dr Chris Saayman (Julie 24:2007) het op ʼn Bybelse Forum webtuiste die volgende uitspraak gemaak: “Die inhoud van hierdie dokumentêr is – om dit sag te stel – skrikwekkend omdat dit openlik lasterlik is. Hier het ons nie meer net te make met sekere afwykings van die gereformeerde belydenis nie, maar met blatante kettery. Prontuit word ontken dat die Bybel God se Woord is. Daar word gesê dat Jesus se versoeningsdood aanstootlik is, dat sy maagdelike geboorte fiksie is, dat Sy opstanding “metafories” is ensovoorts. Die gnostiese kettery van die eerste eeue word openlik as die outentieke Christelike geloof aangeprys – in direkte stryd met Johannes se eerste sendbrief wat die gnostisisme as die “gees van die antichris” beskryf. Wat oorbly is niks anders nie as ‘n stuk heidendom waarin daar geen spoor van die Christelike Geloof meer te vinde is nie. Ja, sekere Bybelse terme word gebruik, maar met ‘n onbybelse inhoud gevul.”  Alhoewel hierdie argument nie wetenskaplik is nie, blyk dit dat daar wel Christene is wat die bedreiging van binne ervaar.

Tog is dit nie so eenvoudig nie.  Kerklike teisme en postmoderne teologie is slegs twee fases of vlakke in die ontwikkeling van die menslike bewussyn of geloof.  James W Fowler, ʼn toegewyde Christen, het reeds in die jare sewentig navorsing oor die ontwikkeling van geloof gedoen en, uitsluitend die baba-fase, ses geloofsfases geïdentifiseer.   In Stages of faith: The psychology of human development and the quest for meaning bied Fowler (1995:xiii) ʼn teorie van die groei van geloof aan: “At the heart of the book you will find an account of a theory of seven stagelike, developmentally related styles of faith that we have identified.”  Hy noem die fases van geloof, “intuitive-projective (magical), mythic-literal, syncretistic-conventional, individuative-reflective, conjunctive en universalising faith”.  Ontwikkelings- en integrale psigologie is lank reeds besig met navorsing oor die ontwikkeling van die menslike bewussyn.  Brant Cortright (2007:4), ’n professor in psigologie en direkteur van die Integral Counseling Psychology program aan die Kaliforniese Instituut van Integrale Studies, wys daarop dat die lewe ʼn geestelike avontuur is.  “The goal is to wake up to our deeper identity so we can align with this larger, Divine movement of love and delight.  Life is a spiritual adventure in the evolution of consciousness.  Spiritual embodiment is the goal, not a disembodied transcendence.  For this we need to discover our soul, our psychic centre, which is the evolutionary principle in us.”   Cortright (2007:1) integreer in Integral psychology: Yoga, growth, and opening the heart Westerse en die Oosterse psigologie om die uiterlike navorsing van die Weste en die innerlike studie van Indië te kombineer om sodoende ʼn geïntegreerde psigologie daar te stel.  Integrerende psigologie sien die lewe as die goddelike ontvouing en die grondslag vir die goddelike bewussyn.  Bewussyn kom nie volgroeid tot stand nie, maar neem tyd om te ontwikkel.  Die dryfveer agter alle godsdienste behoort die strewe na die ontdekking van die siel, eenwording met God (Mark 8:36) of te wel die soeke na die Koninkryk van God (Matt 6:33).  Die navorsingsprobleem vir hierdie studie is dat die kerklike teologie nie die ontwikkeling van die bewussyn en die “ontdekking van die siel” vir die pastoraat verdiskonteer nie maar eerder dit teenstaan met slagspreuke soos, nulla salvus extra ecclesiam of dit laat verdwyn in die globale mark van pluraliteit.

B.     Navorsingsvrae en doelwitte

Hierdie studie ondersoek die ontwikkeling van die menslike bewussyn en die rol van die siel aan die hand van die ontwikkelingsteorie van Ken Wilber en wat dit vir die pastoraat kan inhou.  Die doel van die studie is dus om die pastoraat bewus te maak van die ontwikkeling van die menslike bewussyn en die moontlikhede om mense op verskillende vlakke te ondersteun maar ook om aan diegene wat reeds verder as die mitologiese vlak gevorder het, ʼn tuiste in die kerk te bied.   Die navorsingsvrae wat die studie sal probeer beantwoord is:

  1. Wat is die ontwikkeling van die menslike bewussyn?
  2. Wie is Ken Wilber en hoekom is sy teorie relevant vir die pastorale praktyk?
  3. Wat is die belangrike kenmerke van Ken Wilber se ontwikkelingsteorie en watter kritiek kan teen die teorie gerig word?
  4. Hoe kan die pastoraat Wilber se ontwikkelingsteorie prakties toepas en sodoende gelowiges bystaan in hulle ontwikkeling en daardeur die kerklike pastoraat weer relevant in die een-en-twintigste eeu maak?

In die beantwoording van die vraag oor die ontwikkeling van die menslike bewussyn (vraag een) vergelyk die studie verskeie ontwikkelingsmodelle vanuit die teologie, psigologie en filosofie.  Die uiteindelike doel van die ontwikkeling is om op die hoogste vlak bewus te word van die eenheid van die siel van die mens met God.  Die verstaan van die mistieke en die siel sal bespreek word.

Vraag twee stel Ken Wilber en die denkers wat hom beïnvloed het aan die leser voor.  Die studie maak enkele opmerkings oor kritiek teen Wilber se ontwikkelingsmodel en wys op die relevansie van Wilber se model vir die pastoraat.  Volgens Wilber kom die mees volledige bewuswording van die eenheid van die siel met God op die mistieke vlakke van die ontwikkeling voor en die studie sal Wilber se siening met die van Christen en ander mistici vergelyk.

Die derde vraag is ʼn uiteensetting van Wilber se ontwikkelingsteorie of te wel AQAL (Alle Kwadrante, Alle Vlakke), om die innerlike en uiterlike, die enkelvoud en die meervoud perspektiewe asook al die ontwikkelingsvlakke, en state van die menslike bewussyn, uit te druk. Die studie sal probeer aantoon dat AQAL die mees geïntegreerde teorie tans beskikbaar is en die teorie kan van onskatbare waarde vir die pastoraat wees. Die studie gebruik ander Integrale teoloë en teoretici om die ontwikkeling van die menslike bewussyn vanuit verskillende hoeke te benader. Jim Marion, ʼn Christen integrale teoloog en mistikus, wat Wilber op die Christen se spirituele pad toepas, sal die grootste klem kry.

Die laaste vraag wys op die noodwendigheid van die studie, naamlik hoe om Ken Wilber se ontwikkelingsteorie prakties in die pastoraat toe te pas. Dit sal gedoen word deur die vraelys van Marquis vir die pastorale situasie in Suid Afrika aan te pas.

C.     Praktiese waarde van die ondersoek

In haar ondersoek en waarneming van God in proses is Catherine Keller (2008:14, 15) krities teenoor geslote teologiese en verabsoluterende denke oor God. God is nie ʼn objek wat mens kan definieer nie en daarom kies sy vir ʼn oop sisteem van proses teologie wat in konteks en in relasies uitgewerk moet word.  Keller (2008:17) onderskei ʼn proses en ʼn interaktiwiteit wat ons God kan noem:

Anselm classically defined theology as fides quaerens intellectum – “faith seeking understanding.”  Not faith that already understands and so no longer needs to seek.  That would by definition no longer be theology.  Theology is not itself the faith but its quest.  If we stop seeking, we are no longer on the way.  Faith seeking understanding has then turned into belief that understands.

Hierdie studie sien die teologiese besinning van hierdie verhandeling juis as “geloof wat begrip soek” en kies nie vir die sekerhede van dogmas en leerstellings nie.  Daarom wil die studie probeer om die onderliggende vraag van die pastoraat: Hoe kan die pastoraat Christene begelei om sinvol en gelowig in ʼn sekulêre wêreld te leef?, beantwoord aan die hand van Ken Wilber se AQAL teorie.

Ken Wilber se integrale ontwikkelingsteorie, of te wel AQAL, kan vir die kerklike pastoraat relevant wees om die ontwikkelingsfase op ʼn geïntegreerde manier van binne en buite te verwerk.  AQAL (Wilber 2006:26) staan vir “all quadrants, all levels, all lines, all states, all types.”  Die kern van Wilber se integrale teorie is dat daar ontwikkeling van die menslike bewussyn en perspektiewe plaasvind, van die argaïese na die magiese vlak, wat beide egosentries is; die mitologiese, wat op sy beurt weer etnosentries is; terwyl die rasionele en pluralistiese vlakke wêreldsentries is.  Die tweede laag of mistieke ontwikkeling wat van die integrale tot die transpersoonlike en verder strek, is Kosmosentries, wat alles insluit.  (Wilber gebruik die woord Kosmos om siel en Gees saam met die res van die kosmos in te sluit).  Alle mense begin by die argaïese en vorder tot so ver hulle wil of kan.  Wilber (2005:98-102) in A sociable God, noem nege gebruike van die woord “godsdiens” waarvan die laaste twee (2005:101, 102) “legitieme en outentieke godsdienste” is.  Die legitieme is een wat mites verkondig en mense help om taboes te vermy.  Die outentieke godsdiens is een wat mense begelei om te transformeer, om mense op hierdie ontwikkelingspad te vergesel.  In Sex, ecology, spirituality verdeel Wilber (2000a:197-198) die verstaan van die werklikheid in kwadrante met ʼn innerlike en ʼn uiterlike, ʼn enkelvoud en ʼn meervoud, wat die skone, die goeie en die waarheid verteenwoordig, kuns, moraliteit en wetenskap, of te wel, die ek, die ons en die dit/ditte.  Van uiterste belang is die verskillende state van die menslike bewussyn; wakker, droom en diep slaap is die drie bekende state van bewussyn.  Volgens Wilber (2006:4) in Integral spirituality: A startling new role for religion in the modern and postmodern world, is daar ander state/vorme van bewussyn:

Meditative states (induced by yoga, contemplative prayer, meditation and so on), altered states (such as drug-induced) and a variety of peak experiences, many of which can be triggered by intense experiences like making love, walking in nature, or listening to exquisite music.

Hierdie state van menslike bewussyn kan op enige van die ontwikkelingsvlakke ervaar word en kan help om vinniger van een vlak na die volgende te ontwikkel, maar volgens Wilber (2006:10, 11), “you cannot have a peak experience of a higher stage (like being a concert-level pianist), because stages unfold sequentially and take considerable time to develop.”  Wilber het ook verskillende ontwikkelingslyne, of –golwe, of –strome geïdentifiseer.  Volgens Reynolds (2006:206) identifiseer Wilber ʼn kognitiewe, morele, emosionele, interpersoonlike, behoefte, selfidentiteit, estetiese, psigoseksuele, spirituele en waardelyne.  Andre Marquis in The integral intake. A guide to comprehensive idiographic assessment in integral psychotherapy (2008:105, verg. Wilber 2006:60) brei dit uit en wys daarop dat elkeen van die lyne ʼn lewensvraag is en toon ook tussen hakkies aan wie op watter lyn navorsing gedoen het:

  • Kognitief – waarvan is ek bewus? (Piaget, Kegan, Vygotsky);
  • Self – van die dinge waarvan ek bewus is, waarmee identifiseer ek myself? (Loevinger, Cook-Greuter);
  • Waardes – van die dinge waarvan ek bewus is, wat is vir my die mees waardevolle? (Graves, Beck en Cowan);
  • Moraliteit – van die dinge waarvan ek bewus is, wat behoort ek te doen? (Kohlberg, Gilligan);
  • Estetika – van die dinge waarvan ek bewus is, wat is vir my die mooiste? (Housen);
  • Spiritueel – van die dinge waarvan ek bewus is, wat is vir my die grondslag van my lewe? (Fowler, Tillich);
  • Behoeftes – van die dinge waarvan ek bewus is, wat het ek nodig? (Maslow); Kinestesies – hoe behoort ek dit fisies te doen? (Gardner);
  • Emosioneel – van die dinge waarvan ek bewus is, hoe voel ek daaroor? (Salovey, Meyer, Solomon, Goleman);
  • Interpersoonlik – van die dinge waarvan ek bewus is, hoe behoort ek sosiaal teenoor ander op te tree? (Selman, Perry).

Hierdie lyne funksioneer en ontwikkel relatief onafhanklik, maar soos die studie later sal aantoon (bl 58), is dit die Absolute Self wat die ontwikkelingslyne bymekaar hou. Soos reeds aangetoon, fokus Nolte (2007:17) net op die emosionele intelligensielyn, sonder om die ander ontwikkelingslyne te vermeld.  Laastens sal hierdie studie moontlike vrae voorstel wat die pastor kan gebruik om lidmate/gelowiges te begelei in hulle “wakker word tot hulle ware identiteit.”  Wilber (2006:192-200) wys daarop dat die godsdienste by uitstek die ideale vervoerband vir die mensdom en die verskillende stadia van groei is.  Wilber (2006:192, 193) noem twee belangrike redes vir sy stelling:

  1. The first is that the world’s religions are the repository of the great myths. The early stages of development are archaic and magic and mythic in flavor.  And these great myths, laid down 3000 years ago, could never be created today, not because humanity has no imagination, but because everybody has a video camera.  Just let Moses try to claim he parted the Red Sea and see how far he gets. … The mythic-stages of the religious systems speak deeply to these stages of development, and, to repeat, THOSE STAGES ARE NOT GOING AWAY.  Everybody is born at square one.
  1. Precisely because they got their start with the (archaic, magic and mythic) stages of humanity itself, they control the legitimacy conferred on those beliefs. Because of that, they are the only sources of authority that can sanction the (rational and higher) stages of spiritual intelligence in their own traditions.  They are the only systems in the world today that can act as a great conveyer belt, helping people move from the lower to the higher stages, because they alone can pronounce all of those stages kosher, legitimate, sacred, acceptable – and give them imprimatur within their own lineages.

Die belangrikste rol vir godsdiens in the moderne en postmoderne wêreld, is moontlik om as ʼn heilige vervoerband vir die mensdom op te tree.  Wilber (2006:196) stel dit baie duidelik dat hoe gouer godsdienste begin om hoër vlakke en hoër state aan te bied, hoe gouer sal die godsdienste in hulle nuwe rol as vervoerband vir die mensdom in die moderne en postmoderne wêreld kan optree.  Daar is egter nog ʼn rede hoekom godsdienste, as vervoerband vir die mensdom, meditasie, kontemplasie en nie-gewone state van bewussyn in hulle kurrikula moet inkorporeer.  Wilber (2006:196) meen, “that is not just to stop forcing kids into raves and grown adults into tent revivals, but for the profoundly beneficial effect that states have on stages. … the more you experience various states, the more quickly you develop through the stages.”

 

D.     Plan van ondersoek

Die kern van die ondersoek is die ontwikkeling van geloof of te wel die menslike bewussyn.  Hoofstuk twee stel verskeie teorieë van die ontwikkeling van die bewussyn voor en kies die mees omvattende teoretikus en die baanbreker op die gebied van integrale spiritualiteit, Ken Wilber, se model te gebruik.  Hierdie teorieë kan nie sonder begrip van die mistieke eenheid met God en die misterie van die siel verstaan word nie.  Hoofstuk drie ondersoek Ken Wilber se invloede, die ontwikkeling van sy denke oor die spektrum van die bewussyn en lewer kritiek waar nodig.  Hoofstuk vier bekyk die ontwikkeling van die menslike bewussyn, soos gesien deur die onderskeie navorsers, van naderby.  Hoofstuk vyf pas die integrale teorie op die pastoraat toe en noem die moontlikheid van ʼn vraelys wat pastors kan gebruik om lidmate se probleme en vlakke van ontwikkeling kan vasstel.  Hoofstuk ses wys daarop dat die elke vlak drie moontlike sienings van God het en dat elkeen ewe geldig is.

Hoofstuk Twee

 

II.    Teorieë oor die ontwikkeling van die bewussyn

In Hoofstuk Een het die studie gefokus op die Christene wat aan die een kant vanuit die tradisionele kerklike perspektief sekularisasie wantrou en aan die ander kant Christene wat verby die tradisionele na die postmoderne perspektief beweeg het.  Al twee die standpunte is paradigmas of verstaan van die werklikheid vanuit ʼn bepaalde perspektief.  Hierdie studie stem saam met die integrale filosoof, Steve McIntosh, (2007:211) wat in Integral consciousness and the future of evolution: How the integral worldview is transforming politics, culture and spirituality, die onderskeid tussen persepsies en perspektiewe soos volg uitdruk:

Although every perception is always already a perspective, although humans can never perceive things as they really are, a given perspective can be relatively more or less powerful depending on the degree of reality that it apprehends.  And the one test of the relative degree of a given perception’s grasp of reality is its ability to improve the human condition.

Die uitdaging aan die tradisionele en die postmoderne teoloë is hoe om die ontwikkeling van die menslike bewussyn oor persepsies en perspektiewe, wat hopelik voortdurend verander en die menslike situasie sal verbeter, te verdiskonteer.  Daarom wil hierdie studie die ontwikkelingsvlakke en kwadrante vanuit verskeie hoeke analiseer en elkeen se verstaan van die psige/siel/self bestudeer om die pastoraat as heilige vervoerband by te staan wat daartoe kan bydra dat gelowiges ten volle of integraal ontwikkel.

Tans is daar ʼn hele aantal teorieë oor die ontwikkeling van die menslike bewussyn, maar is beperk in hulle oorkoepelende teorieë.  Ervin Laszlo (2004) probeer in sy werk, Science and the Akashic Field: An integral theory of everything, om ’n Teorie van Alles te skep.  Laszlo (2004:3) reken dat ʼn Teorie van Alles wat steun op energie wel moontlik is: “We discovered a time-honored concept – the concept of a universe that is made up neither of just vibrating strings, nor of separate particles and atoms, but instead constituted in the embrace of continuous fields and forces that carry information as well as energy.”  Die eeue-oue konsep staan volgens Laszlo (2004:3) bekend as “the akashic field.”  Die teorie fokus egter net op die uiterlike of derde-persoon perspektief.  Wilber (2006:290) is krities teenoor Laszlo se siening: “You can’t simply give a 3rd-person description of your allegedly integral reality without giving the 1st-person injunctions that will transform consciousness to the levels from which that reality can be seen.”

Hierdie studie kies Ken Wilber se integrale ontwikkelingsteorie omdat, soos die studie sal aantoon, sy teorie is die mees omvattende en mees integrale kaart wat tans beskikbaar is.  Natuurlik is dit nie ʼn volmaakte teorie nie – die studie sal kritiek, waar relevant, uitwys maar die studie sal poog om die relevansie van die integrale ontwikkelingsteorie vir die pastoraat aan te toon.  Die onderskeie ontwikkelingssisteme wat vir die studie belangrik is, is die van Jim Marion (2000) se Putting on the mind of Christ, Andre Marquis (2008) se Integral intake, en Steve McIntosh (2006) se Integral consciousness, wat uitbouing van en kritiek op Wilber is.  Die studie sal Spiral dynamics van Beck en Cowan (2006), as die waardelyn, James Fowler (1995) se Stages of Faith, as die spirituele ontwikkelingslyn en dan Bill Plotkin (2008) se Nature and the human soul, om die argetipes in elke ontwikkelingsvlak van nader bekyk, gebruik en dit vergelyk met Oosterse sienings van die ontwikkeling van die siel en die eenheid met God.  Deurentyd sal Christen mistici ook lig op die onderwerp gooi.

A.     Outobiografiese reis

My spirituele reis het reeds vroeg tuis begin.  My pa was ʼn denkende en bevraagtekende mens wat verby die kerklike dogma gekyk het om ʼn lewende verhouding met God te hê.  Hy het ons as gesin aan teologiese beredenerings en andersdenkendes blootgestel.  My eerste “peak experience” was in matriek toe ek en ʼn vriend Durban toe geryloop het.  Op die strand, ons vakansieslaapplek, het ons met interessante karakters kennis gemaak en daar het ek ʼn helder oomblik gehad.  Ek wou iets doen om betekenis aan my lewe te gee.  Na die ervaring het ek geweet dat ek teologie moes studeer om die evangelie aan Ambagspersoon oor te dra.  Hierdie “peak experience” was volledig op die fundamentalistiese mitologiese vlak van ontwikkeling.  Die eerste drie maande op RAU was ek uit my diepte as fundamentalis maar nadat my oë vir die rasionele sy van geloof oopgegaan het, het baie dinge duidelik geword.  Op UP was ek in ʼn stryd gewikkel: ek moes die kerklike (mitiese) dogmatiese windmeulens met die rasionele lans stormloop.  My BD skripsie was gerig op ʼn voorlopige Christelike verstaan van Afrikaanse letterkunde sedert die Sestigs.  Ek het deel van my “roeping” voltooi.

Die bediening in die gemeente was vol frustrasies omdat ek verder wou beweeg maar die lidmate was nie gereed vir die ontwikkeling nie.  Dis wat Nolte “kognitiewe dissonansie” noem.  My 13 jaar by die SAUK as regisseur van godsdienstige televisie programme het my verder blootgestel aan ander sienings en selfs ander godsdienste en daar het ek direk met kunstenaars gewerk.  Ek sou dit my pluralistiese fase noem.  Ek was baie geïnteresseerd in die ontwikkeling van die mens, maar nog nie gereed vir die mistieke nie.  Die sewe jaar wat ek werkloos was het ek Sallie McFague se oeuvre verslind wat my gehelp het om die pluralistiese fase te bemeester.  Haar metaforiese teologie het my laat besef dat alle godsdienste aanbid verskeie metafore van God en elkeen vind op hulle unieke manier die pad na God.  Wanneer hierdie studie metafore of terme vir God, soos Brahmaan, gebruik dan is dit net ʼn ander term vir God en nie ʼn ander God nie, want daar is net Een Grondwese van Alle Bestaan.     Hoekom het ek dit nie eerder in die teologie of die kerk raakgeloop nie?  Dis ook in die tyd dat ek Ken Wilber se werk ontdek het en vir die eerste keer die groter prentjie van die geheel gesien het.

Gedurende die tyd het ek ʼn reeks artikels oor spoorsny vir die tydskrif Country Life geskryf en dit was juis op een van die spoorsny ekspedisies dat ek my volgende “peak experience” gehad het.  Ek en die veldwagter/spoorsnyer, Colin Patrick, het na Njalaspore gesoek toe ons op luiperdspore afgekom het.  Colin het voor ons begin stap gesê dat wanneer ek spoorsny ek een met die dier moet word wie se spoor ek volg.  Toe ons die luiperdspore sien was ek nie een met die luiperd nie maar een met die njala, volkome waaksaam, gereed om op die vlug te slaan.  Ek het die geringste geluid en beweging waargeneem en ek was gereed vir enige gebeurlikheid.  Die ervaring het nie lank geduur nie, net lank genoeg om te weet wat dit is om een met die natuur te wees.  Hierdie natuur-ervaring was nog nie heeltemal ʼn mistieke ervaring nie maar wel eenwording met die natuur op die rasionele vlak.  Tog het dit die deur na die mistieke ʼn skrefie vir my oopgemaak maar omdat ek nog nie genoeg van die mistieke geweet het nie, was dit ʼn verbygaande oomblik.  Omdat ek nie daaroor gemediteer het en niemand gehad het om my te begelei nie, bly die oomblik net ʼn vae maar goeie herinnering.

Kognitief verstaan ek die tweede laag of die mistieke vlakke beter as destyds maar spiritueel het ek nog nie een met die vlakke geword nie.  Geestelike dissipline is nodig om van die eerste laag na die mistieke te vorder, en ek mediteer nog nie vir 5 jaar nie.  Die groeiproses is nie maklik nie, veral as jy nie weet wat aangaan nie.  Johannes van die Kruis noem dit “die donker nag van die siel.”  Alhoewel my ontwikkeling nog nie voltooid is nie, het ek die innerlike drang om ander mense die pyn te spaar en probeer om hulle te begelei op die pad van die ontwikkeling van hulle geloof.  Die kerk is die ideale weg om alle gelowiges op hierdie pad te ondersteun.  Dit is my motivering om hierdie studie tot op die doktorale vlak en verder te voer.

B.     Die teorieë en navorsing van die rolspelers

1.    Andre Marquis

Andre Marquis is ʼn assistent professor in berading en menslike ontwikkeling aan die Universiteit van Rochester, Vermont, wat fokus op terapie, dosering en navorsing van ʼn integrale-konstruktiewe perspektief.  Hy het reeds ʼn aantal artikels in samewerking met Ken Wilber gepubliseer en tree tans op as mederedakteur van The handbook of integral psychotherapy.  Sy groot bydra vir hierdie studie is sy boek, The integral intake: A guide to comprehensive idiographic assessment in integral psychotherapy wat in 2008 verskyn het.  Hierin ontwikkel Marquis ʼn integrale vraelys om kliente te help fokus maar ook om die terapeut te help om die kliënt se probleem in die AQAL kaart te plaas en te begelei.  Hierdie studie sal die vraelys aanpas om as riglyn vir integrale pastors te dien.  Hy verduidelik (Marquis 2008:27)

For example, when seeking to understand the phenomenon of a client, each of these four perspectives yields different meanings and information necessary for a complete understanding.  This understanding, in turn, reveals that none of the four perspectives can be reduced to another perspective without violating the essential value of the former’s point of view.

Die studie sal telkens Marquis se interpretasie van die vlakke bywerk om sodoende ʼn beter geheelbeeld van al die vlakke te bekom.  Dit sal ook moontlike vrae insluit om die verstaan van Jesus op elke vlak te ondersoek.  Marquis gebruik Wilber se vlakke vir sy navorsing en vraelys.  Die studie sal slegs gebruik maak van die vraelys en verduideliking daarvan.

 

1.    Jim Marion

Jim Marion is deesdae ʼn advokaat in Washington DC, maar na sy adolessente mistieke ervaring het hy vir die priesterdom in die Katolieke Kerk gestudeer waar sy mistieke belewenisse verdiep het, maar ook sy vertroue in die kerk ʼn geweldige knou gekry het.  Ken Wilber sê in sy voorwoord tot Marion se boek Putting on the mind of Christ: The inner work of Christian spirituality (2000:xi) “Jim Marion is one of the pioneers in applying this more integral understanding of the Christian spiritual path.”  Daarom is Marion se interpretasie van die integrale spiritualiteit vir die Christen-pastor en dus vir hierdie studie, uiters belangrik.  Die kern van sy teologie is die Koninkryk van God, maar nie soos dit tradisioneel gesien is nie.  Die basileia tou theou is vir Marion nie die plek waarheen gelowiges na hulle dood gaan nie, maar die hoogste vorm van die ontwikkeling van die mens se bewussyn (Marion 2000:13 – 14):

The nondual consciousness that is the vision of the Kingdom of Heaven is the highest stage in the growth of human consciousness from infancy to full spiritual maturity.  By the process of inner growth in spiritual awareness, a path of constant inner realization, we gradually come to see our own union with God in Christ so that, at the final stage of nondual awareness, God alone and his Kingdom remain.  We see, when we realize the vision of the Kingdom of Heaven, that we, like Jesus, are not mere human beings after all, but are now, and always have been, nothing less than immortal, unlimited, divine Spirit.

Marion (2000:183) wys dan, met verwysing na verskeie Christen mistici, hoe die pad na die Koninkryk loop en wat die Christen behoort te doen om daar uit te kom.  Nadat hy die sewe vlakke bespreek, gaan Marion verder om die volgende twee mistieke vlakke vanuit ʼn Christelike perspektief uiteen te sit: “Christ Consciousness is the Christian term for causal consciousness.  At this level the Christian is identified with his or her true Christ Self, which is seen as the spiritual union with God the Creator.”  Volgens Marion (2000:197) is die volgende vlak die Koninkryk van God self wat die doel van alle Christene behoort te wees.  Hierdie studie sal later hierby stilstaan.  Marion se vlakke van ontwikkeling is soos volg met twee ekstra mistieke vlakke:

  1. Argaïese bewussyn van babas[1]
  2. Magiese bewussyn van kinders
  • Mitiese bewussyn van pre-adolessente
  1. Rasionele bewussyn
  2. Visie-logiese bewussyn
  3. Psigiese bewussyn
  • Subtiele bewussyn
  • Oorsaaklike bewussyn (Christus-bewussyn)
  1. Nie-dualisties (Koninkryk van God)

[1] Elkeen van die volgende ontwikkelingsteorie sal later in die studie in ooreenstemming met Wilber se teorie verduidelik word.

3.    Steve McIntosh.

Steve McIntosh is ʼn integrale filosoof, prokureer en besit verskeie maatskappye.  Hy is ook een van die mede-stigterslede van die Integral Institute.  In Integral consciousness and the future of  evolution: How the integral worldview is transforming politics, culture and spirituality verduidelik McIntosh (2007) hoe hy die ontwikkeling van die bewussyn sien en hoe dit veral die politiek en spiritualiteit raak.  McIntosh (2007:153-197) wys daarop dat integrale filosofie nie sommer uit die lug geval het nie, maar staan op die skouers van reuse soos onder andere Georg W. F. Hegel, Henri-Louis Bergson, Alfred North Whitehead, Pierre Teilhard de Chardin, Jean Gebser, James Mark Baldwin, Claire Graves, Jurgen Habermas en Ken Wilber.  McIntosh (2007:155, 156) is meer die filosoof as geestelike en kritiseer Wilber vir sy godsdienstige affiliasies:  “Thus another problematic aspect of Wilber’s work is that it is often difficult to separate his philosophy from his religion. … philosophy serves humanity best when it retains a certain degree of independence from both science and religion, while at the same time being informed by both of these disciplines.”  McIntosh glo dat filosofie van godsdiens verskil op die manier wat hulle tot gevolgtrekkings kom en hulle nie beroep op die gesag van ʼn sekere geestelike leier of openbaring nie.  Dit beteken nie dat die integrale teorie van Wilber nie deur Christene vrugbaar gebruik kan word nie, soos die studie reeds by Jim Marion opgemerk het.

McIntosh (2007:239) wys daarop dat die ontwikkelingslyne, kognitief, spiritueel, waarde sisteme, ens., nie apart van mekaar ontwikkel nie maar in ʼn spiraal.  Vir McIntosh (2007:239, 240) is die drie belangrikstes; die denke, waardes en lojaliteite: “Knowledge of the spiral of development may raise the cognitive level of our consciousness, but in order to raise our consciousness permanently, and overall, in order to move our “center of gravity” into integral consciousness, we have to raise not only our thinking, but also our values, and out loyalties. … (and) … use this new perspective to improve the conditions of our world.”   Hy sien dus die ontwikkeling buite die godsdienstige oefening van meditasie, kontemplerende gebed, en naasteliefde.  Dit is ʼn belangrike aspek om in gedagte te hou, veral wanneer pastors met postmoderne of mense op die pluralistiese vlak werk.   McIntosh se vlakke gaan die argaiese vlak verby aangesien kultuur eers op die volgende vlak begin.  Sy indeling is soos volg:

  1. Stambewussyn
  2. Krygerbewussyn
  • Tradisionele bewussyn
  1. Modernistiese bewussyn
  2. Postmoderne bewussyn
  3. Integrale bewussyn
  • Post-integrale bewussyn
4.    Spiral Dynamics

Die eerste ontwikkelingslyn waarna die studie sal kyk is die waardesisteem soos deur Spiral Dynamics ontwikkel is.  Volgens Beck & Cowan (2006:3) het dit veertig jaar geneem om Spiral Dynamics na te vors en te ontwikkel en is spesifiek gerig op bestuurders wêreldwyd, maar in die algemeen ook op alle burgers van die wêreld.  Claire Graves, ʼn professor in psigologie, het dit in die jare sestig begin en is verder ontwikkel en uitgebrei deur twee van sy toegewyde studente, Don Beck en Chris Cowan, wat intensiewe navorsing in Noord Amerika en in Suid Afrika gedoen het.

Die gonswoord wat Beck & Cowan (2006:4) vir die vlakke gebruik is “waarde meme” of “value meme” en word so geskryf, vMEME en omskryf dit so: “Such a vMEME reflects a world view, a valuing system, a level of psychological existence, a belief system, an organizing principle, a way of thinking or a mode of adjustment.”  Dit verteenwoordig ʼn kern intelligensie, het ʼn invloed op alle lewenskeuses, en so ʼn vMEME kan in gesonde en ongesonde vorms voorkom, is ʼn diskrete struktuur vir denke en dit kan verhelder of verdof na gelang die lewensomstandighede verander.  Spiral Dynamics gebruik agt vlakke van ontwikkeling en die kleure verskil ook ietwat van die wat Wilber en ander gebruik.

Beck en Cowan (2006:6) het ses voorwaardes geïdentifiseer voordat permanente verandering kan plaasvind:

Eerstens; die potensiaal vir verandering moet teenwoordig wees.

Tweedens; indien daar enige onopgeloste probleme van die laer vlak teenwoordig is, kan groei na die volgende vlak nie plaasvind nie.

Derdens; daar moet ʼn voelbare dissonansie op die huidige vlak of vMEME wees voordat verandering verwelkom kan word.

Vierdens; daar moet genoegsame insig in die oorsake van die dissonansie en ʼn bewustheid van alternatiewe moontlike oplossings vir die ongelukkigheid teenwoordig wees.

Vyfdens; die spesifieke versperrings vir verandering moet korrek geïdentifiseer wees en dan geëlimineer, verbygegaan, geneutraliseer of in iets nuuts herontwerp word.

Sesdens; wanneer belangrike verandering plaasgevind het, volg ʼn tydperk van verwarring, lang leerprosesse en ongemaklike assimilasies terwyl konsolidasie plaasvind.   Indien daar nie ʼn ondersteunende kultuur tydens die transformasie is nie, sal die vMEME selde ontkiem, wat nog te sê van blom.

Hierdie studie sal van Spiral Dynamics gebruik maak omdat dit na leierskap kyk en hoe om verandering te vergemaklik.  Dit sal deel vorm van die moontlike pastorale model om gelowiges deur al die fases te begelei.  Spiral Dynamics gebruik kleure as hooftitel vir die vlakke maar as subtitels gebruik hulle die volgende:

  1. Instinktiewe BEIGE vMEME (SurvivalSense)
  2. Stam PERSI vMEME (KinSpirits)
  • Egosentriese ROOI vMEME (PowerGods)
  1. Doelgerigte BLOU vMEME (TruthForce)
  2. Strategiese ORANJE vMEME (StriveDrive)
  3. Relativistiese GROEN vMEME (HumanBond)
  • Sistemiese GEEL vMEME (FlexFlow) Hier begin die tweede laag.
  • Holistiese TURKOOIS vMEME (GlobalView)
5.    James Fowler

James W Fowler word, saam met Lawrence Kohlberg, Carol Gilligan en Daniel J Levinson, beskou as een van die pioniere op die gebied van ontwikkelingspsigologie.  Hy het sy aanvanklike navorsing in die jare sewentig begin en in Stages of faith: The psychology of human development and the quest for meaning (Fowler [1981]1995) die resultate van die navorsing op skrif gestel.  Hy het mense vrae soos “het die lewe betekenis of doel vir jou? Watter gebeurtenisse het jou sin van betekenis vir die lewe bevestig?  En wat het dit geskud?”  Hy het hiërargiese strukture in die mense se antwoorde gevind en dit in ses fases ingedeel, die babafase uitgesluit.

Sy navorsing gaan nie soseer oor die bewussyn nie maar oor die mens se geloof, wat op sy beurt weer nuwe probleme na vore gebring het.  Daarom noem Fowler (1995:15) die volgende: “Faith, rather than belief or religion, is the most fundamental category in the human quest for relation to transcendence.  Faith, it appears, is generic, a universal feature of human living, recognizably similar everywhere despite the remarkable variety of forms and contents of religious practice and belief.”

Geloof is dus nie ʼn afsonderlike dimensie van die lewe nie maar is ʼn oriëntasie van die persoon in sy geheel, wat rigting en betekenis aan die mens se hoop, gedagtes en dade gee.  Insiggewend is Fowler se gebruik van die fiktiewe gesprek tussen Lawrence Kohlberg, Erik Erikson en Jean Piaget, elkeen wat sy eie invalshoek gebruik om die ontwikkeling van die menslike bewussyn uit te druk.  Fowler toets telkens sy teorie teen die praktyk met uitgebreide verslae, veral van “Mary” (1995:218vv).

Fowler (1995:281, 282) wys daarop dat bekering, “conversion”, met die verandering van die inhoud van geloof te doen.

Conversion is a significant recentering of one’s previous conscious or unconscious images of value and power, and the unconscious adoption of a new set of master stories in the commitment to reshape one’s life in a new community of interpretation and action.  Conversion, understood in this way, can occur in any of the faith stages or in any of the transitions between them.

Alhoewel nie alle “bekerings” noodwendig die pad na ʼn volgende vlak oopmaak nie, bly dit een van die belangrikste stappe.  Die probleem is wanneer die gelowige van die mitiese na die rasionele of na die pluralistiese en na holistiese vlakke beweeg, is daar weinig pastorale ondersteuning van die kerk.

Fowler deel sy siening van die ontwikkeling van geloof soos volg in:

  1. Intuitief-projektiewe (magiese),
  2. Mities-letterlik
  • Sinkretisties-konvensioneel
  1. Indiwiduasie-refleksief
  2. Konjunktief
  3. Universelende geloof.
6.    Bill Plotkin

Bill Plotkin is ʼn ekopsigoloog wat bekommerd is oor die gebrek aan groei en volwassenheid in die wêreld.  In sy eerste boek (Plotkin 2003:1), Soulcraft: Crossing into the mysteries of nature and psyche, wat in 2003 verskyn het, spreek hy sy kommer so uit: “Contemporary society has lost touch with soul and the path to psychological and spiritual maturity, or true adulthood.  Instead, we are encouraged to create lives of predictable security, false normality, material comfort, bland entertainment, and the illusion of eternal youth.”  Die lewe nooi die mens uit om op verskillende maniere te groei; fisies, emosioneel, interpersoonlik, en geestelik.  Vir Plotkin (2003:25) vind geestelike groei in twee rigtings plaas, na die Gees en na die siel.  Plotkin (2003:25) definieer siel en gees soos volg:

By soul I mean the vital, mysterious, and wild core of our individual selves, an essence unique to each person, qualities found in layers of the self much deeper than our personalities.  By spirit I mean the single, great, and eternal mystery that permeates and animates everything in the universe and yet transcends all.  Ultimately, each soul exists as an agent for spirit. … Soul embraces and calls us towards what is unique in us.  Spirit encompasses and draws us towards what is most universal and shared.

Plotkin (2008:45-47) onderskei ook sielsentriese van egosentriese gemeenskappe.  ʼn Sielsentriese gemeenskap lewe van hulle diepste wese en is ook ekosentries.  ʼn Egosentriese gemeenskap lewe op die oppervlakte, net vir die “eie ek” en wat ver van die natuur verwyderd is.  Plotkin (2008:47) som dit so op: “A partnership with soul, spirit, and nature is the heart of any culture and of each of its members.  The egocentric society cuts out its own heart and attempts to live without it.”   Plotkin se fokus is dat die mens eers die siel binne-in moet ontdek.  Soulcraft is ʼn uiteensetting van die ontdekking van die mens se siel en hoe die mens se betrokkenheid by die natuur kan help om kennis met siel te maak.  Plotkin (2008) se nuutste boek, Nature and the human soul: Cultivating wholeness and community in a fragmented world, gaan verder om die menslike ontwikkeling te verduidelik.  Hy gebruik die Groot Wiel van die Lewe om die ontwikkeling van die mens aan te toon.  Elke fase het ʼn taak, ʼn gawe en ʼn belange kern.  Plotkin gee ook aandag aan die oorgangsfases en kyk na gemeenskapsseremonies om die oorgange te vier.  Dit kan ook vrugbaar in die kerk gebruik word.  Plotkin is egter bekommerd oor die gebrek aan groei en die vassteek van die gemeenskap by die adolessente fase en dat daar nie meer soveel wysheid (fases 6 -8) in die gemeenskap te vinde is nie.  Is die mitologiese fase nie maar ook die adolessente fase nie?  Is daar volwasse Christene, verby die pluralistiese fase, in die kerk om leiding en wysheid met medegelowiges te deel?  Dis die vrae wat Plotkin se werke belangrik vir die studie maak.

Om Bill Plotkin se ontwikkelingsmodel te verstaan is dit nodig om sy ontwikkelingswiel bekend te stel.  In sy oorsig oor die Agt-fase wiel verdeel Plotkin (2008:60) die wiel eerstens in die vier seisoene.  Daar is 8 sielsentriese fases en nege oorgansfases.  Die oorgange is in die middel sirkel en die fases aan die buitekant.  Elke oorgang tussen die lewensfases is pynlik, dit sluit verlies in en bring ʼn krisis vir die bewussyn mee.  Plotkin (2008:60) beskryf die oorgange so: “Not only do you usually regret leaving a stage, the leaving itself has challenging and unpleasant features.  But the next stage always brings new and greater opportunities for fulfillment and for growing more fully human and soon enough you fall in love with that stage, too.”

Plotkin (2008:357) beskryf die ontwikkeling van die mens in die Lewenswiel soos volg:

The development of the ego, the conscious self, can be divided into four phases, which together span a lifetime (and eight life stage).  In the first phase, corresponding to the first life stage (the Nest), there’s no ego.  The second phase comprises the next three life stages – from middle childhood through adolescence, the stages of the primary ego.  The distinguishing qualities of the primary ego are two: it is anchored in society, and it understands itself to be an agent for itself, including when it is being generous and altruistic.  The Cocoon foments great change for the primary ego as its self-centeredness loosens.  At Soul Initiation, the ego transforms.  Entering the collective (North) half of the Wheel, it experiences itself as being anchored in, and as an agent for the soul.  This secondary ego carries us through the next three life stages, from early adulthood through early elderhood, the Wellspring through the Grove.  Early elderhood is, again, a transitional stage.  By the time of surrender, the ego has relinquished all desire to accomplish.  The tertiary ego of the Mountain Cave experiences itself no longer as an active agent (for anything) but as a space in which certain things unfold.

Plotkin se twee werke is dus belangrik vir die studie om die ontdekking en ontwikkeling van die siel aan te toon.  In sy groeifases onderskei hy agt ontwikkelings:

  1. Fase Een: Die Onskuldige in die nes (Vroeë kinderjare)
  2. Fase Twee: Die Ontdekker in die tuin (Middel kinderjare)
  • Fase Drie: Die Akteur by die Oase (Vroeë adolessensie)
  1. Fase Vier: Die Wandelaar in die Kokon (Laat adolessensie)
  2. Fase Vyf: Die Sielvakleerling by die Fontein (Vroeë volwassenheid)
  3. Fase Ses: Die Ambagspersoon in die Wildeboord (Laat volwassenheid)
  • Fase Sewe: Die Meester in die Bos van Oues (Vroeë Wysheid)
  • Fase Agt: Die Wysgeer op de Berg (Laat Wysheid)
c.     Mistieke eenheid

Al die teorieë se hoogste ontwikkelingsvlakke is die mistieke, of te wel die integrale en transpersoonlike vlakke, waar eenheid met God ervaar word.  Dit is ook een van die mees verwaarlose vlakke in die Protestantse teologie.  Alan Watts (1971:xiii), die bekende Zen mistikus wat eers ʼn Anglikaanse teoloog was, voer in die Voorwoord van die heruitgawe van Behold the Spirit: A study in the necessity of mystical religion aan; “A Christianity which is not basically mystical must become either a political ideology or a mindless fundamentalism.”  Dorothee Soelle (2001:1), ʼn Duitse teoloog, een van die min moderne protestantse teoloë wat aanklank by die mistieke vind, erken:  “What enticed me to the lifelong attempt to think God was neither the church, which I experienced more as a stepmother, nor the intellectual adventure of post-Enlightenment theology.… It is the mystical element that will not let go of me.  In a preliminary way, I can simply say that what I want to live, understand, and make known is the love for God.”  Watts (1971:16) ondersteun Soelle in soverre dat die liefde vir God die belangrikste aspek van ʼn mistieke lewe is, maar die mistieke godsdiens is nie ʼn tegniek, ʼn resep wat menslik toegepas kan word nie.  Dit is handeling van die Heilige Gees.  “Mysticism is necessary; you must love God with your entire being – but it cannot be achieved by imitation.”

Soelle (2001:1) wys daarop dat alle godsdienste ʼn eenheid van drie elemente voorstel, naamlik die institusionele, die intellektuele en die mistieke:

The historical-institutional element addresses itself to mind and memory; in Christianity it is the “Petrine” dimension.  The analytical-speculative element is aligned with reason and the apostle Paul.  The third element, the intuitive-emotional one, directs itself to the will and the action of love.  It represents the Johannine dimension.  The representatives of all three elements tend to declare themselves to be absolute and to denigrate the others as marginal; however, without reciprocal relationships among the three elements, religion does not stay alive.

Die mistieke waarvan Soelle hier praat is die tweede laag (second tier) en hoër in die ontwikkeling van die bewussyn.  Sedert die vroeë Kerkvaders het die Katolieke Kerk baie mistici opgelewer wat hulle direkte ervarings van God in simboliese taal uitgedruk het en vir hulle “andersheid” op die brandstapel gesterf het.  Hulle het verby die institusionele kerk en klassieke teisme beweeg op soek na ʼn persoonlike ervaring met God.  ʼn Bekende mistikus, Johannes van die Kruis, volgens die vertaling van Peers (2005:36), het die geestelike ontwikkeling moeilik maar verhelderend gevind:

Into this dark night souls begin to enter when God draws them forth from the state of beginners – which is the state of those that meditate on the spiritual road – and begins to set them in the state of progressives – which is that of those who are already contemplatives – to the end that, after passing through it, they may arrive at the state of the perfect, which is that of the Divine union of the soul with God.

Hierdie verlange na God, of om God te dink of om God lief te hê, is die kern van die mistieke.  Bernard McGinn, (2006:427) ʼn emeritus professor aan die Divinity School van die Universiteit van Chicago, som die ervaring van mistici in The essential writings of Christian mysticism, soos volg op: “Becoming one with God has often been seen as the defining characteristic of mysticism, although the ways that mystics have described their sense of God’s direct presence have been quite varied.”  Wayne Teasdale (1999:3) in The mystic heart: Discovering a universal spirituality in the world’s religions, vertel die anekdote van die fisikus, Stephan Hawking, wat blykbaar gesê het dat mistisisme is vir diegene wat nie die berekenings kan doen nie.  Teasdale se vriend George Cairns, het teruggekap: “Mystics are people who don’t need to do the math.  They have direct experience.”  Hierdie direkte ervaring is nie as gevolg van ʼn lang soektog na God in verskeie godsdienste, of in die Bybel, of in die hoogste berge in kloosters nie, maar die erkenning van God in ons.  Watts (1971:17) wys daarop dat God ooglopend en onvermydelik en naby is dat die mens nie eens bewus van God se teenwoordigheid is nie.  “To try to see God is like trying to look at your own eyes, for he is nearer to us than we are to ourselves.”  Dis wat Meester Eckhart volgens die vertaling van B McGinn (1986:270), ook gesê het: “The eye in which I see God is the same eye in which God sees me.  My eye and God‘s eye are one eye, one seeing, one knowing and one loving.”

Indien eenheid met God die uiteindelike doel van geloof is, of soos Jesus gelowiges in Matteus 6:33 opgeroep het: “Nee, beywer julle eers vir die koninkryk van God en vir die wil van God”, dan kan gelowiges nie anders as om te groei tot op die mistieke vlakke nie.  Pastors het dus ʼn roeping om gelowiges op hierdie pad te begelei.  Indien gelowiges nie kerklike ondersteuning op hierdie pad kry nie, sal hulle dit by ander plekke gaan soek.  Watts (1971:xxi), het reeds in 1971 in die Voorwoord van die heruitgawe van sy 1947 boek Behold the Spirit gewaarsku,

If Christian groups cannot or will not provide mystical religion, the work will be (and is already being) done by Hindus, Buddhists, Sufis, unaffiliated gurus, and growth centers.  Churchmen can no longer afford to laugh these things off as cultish vagaries for goofy and esoteric minorities – as if any intensive practice of religion had ever, anywhere at any time, been of interest to the majority of people.”

Daarteenoor, het Oosterse godsdienste soos die Vedanta lank voor Jesus reeds die ontwikkeling van die bewussyn en die eenwording met God ondersoek.  Een van die belangrikste Hindu geskrifte, die Bhagavad Gita, wat die gesprek tussen Sri Krishna en die held Arjuna uitbeeld, is die stryd om beheer van die self te verkry en om sodoende die hoogste vlak te bereik.  Volgens Eknath Eastwaran (2007:21) vind die gesprek plaas, “in the depths of consciousness and that Krishna is not some external being, human or superhuman, but the spark of divinity that lies at the core of the human personality.”

Die eienskappe van gelowiges op die pad van die mistieke is anders as die van die valse self.  Teasdale (1999:107) verduidelik die probleem van die ego-gedrewe lewe en die identifikasie met die valse self soos volg:

We begin building the false sense of self in early infancy, out of fears stemming from our great vulnerability.  From the beginning, we have innate needs for security, love, and control.  Our need for security is related to our survival.  As infants, if our biological needs are not always promptly met, we translate this emotionally as “nobody cares, so I will have to fend for myself.”

Teasdale (1999:109-164) meld nege elemente van die ware mistikus wat verskil van die valse self.  Die eerste drie elemente handel oor die karakter van die mistikus.  Eerstens is die ten volle funksionele morele kapasiteit.  Tweedens vertoon die mistikus solidariteit met alle lewende wesens.  Derdens is daar ʼn diep oortuiging van geen geweld teenoor die lewe.  Die volgende drie elemente gaan oor die innerlike spirituele praktyk van die gelowige.  Die eerste op die vlak is nederigheid wat mense eerlik hou.  Die volgende is geestelike oefening wat gebed, meditasie, ens. insluit.  Die derde element hier is ʼn volwasse selfkennis en die vermoë om onderskeid tussen die ware en valse self te kan tref.  Mistici is nie wêreldvreemd nie en daarom is ʼn eenvoudige leefwyse noodsaaklik.  Het Ghandi nie gesê dat ons moet meer eenvoudig leef sonder ander eenvoudig kan bestaan nie?  Mistici se optrede in die wêreld is onselfsugtig en vol van barmhartige dade.  Laastens openbaar mistici ook ʼn profetiese stem in die wêreld en kan nie toekyk hoe onreg hoogty vier nie.  Daarom is hulle profetiese stem nodig.

D.     Misterie van die siel

Die “siel” is belangrik vir die studie aangesien in die siel die geheim van die ontwikkeling en eenheid met God opgesluit is.  Thomas Moore (1992:ix) erken in Care of the Soul: How to add depth and meaning to your everyday life, dat dit onmoontlik is om die siel te definieer aangesien definisies intellektuele ondernemings is.  Die siel daarenteen verkies beelde.  Dan sê Moore (1992:ix): “We know intuitively that soul has to do with genuineness and depth.”  Tog is daar ʼn “verlies van die siel” omdat mense dit onderdruk en wanneer dit gebeur is daar moeilikheid.  Moore (1992:ix) waarsku: “When soul is neglected, it doesn’t just go away; it appears symptomatically in obsessions, addictions, violence, and loss of meaning.”  Daarom probeer hy om na die siel om te sien; nie om dinge wat pla uit te wil sny nie maar eerder om agter te kom wat die siel wil.  Volgens Moore (1992:5) is die siel nie ʼn ding nie maar; “a quality or dimension of experiencing life and ourselves.  It has to do with depth, value, relatedness, heart, and personal substance.”  Moore sien die siel nie as ʼn voorwerp van godsdienstige geloof of iets wat met onsterflikheid te doen het nie.  Hy noem dat die sorg vir die siel begin met observasies van hoe die siel sigself manifesteer en opereer.

Volgens Wayne G Rollins (2007:25) in “Soul and Psyche: The Bible in psychological perspective” in the bundel Psychological insight into the Bible, is drie begrippe vir die siel op verskillende maniere in die Weste gebruik: “psyche functions in the psychoanalytical and intellectual communities; soul, in religious contexts and more recently in the culture at large, and self, both in culture at large and more recently among professional psychologists.”   Rollins (2007:26) wys daarop dat Aristoteles die eerste is wat die woord psyche in terme van menswees en alles wat met menswees gepaard gaan, gebruik het.  Giovanni Reale (1990:202), in sy studie van historiese antieke filosofie, beweer op sy beurt dat Sokrates die een is wat alles aan die gang gesit het: “The soul for Socrates was identified with our consciousness when it thinks and acts with our reason and with the source of our thinking activity and our ethical activity.  In short, for Socrates the soul is the conscious self, it is intellectual and moral personhood.”  Die psige kan objektief erken word as die sleutel van die mens se lewe.  Vanuit die siel ontspring al die mens se handelinge.  Volgens Reale (1990:203) beteken dit dat die versorging van die self versorging van die normale persoonlike bewussyn is.  Sokrates het ook dieper dimensies in die siel gesien want dit regeer nie net ons gedagtes en lewens nie maar is ook dit wat ons aan die Goddelike en spiritualiteit verbind.  Plato bou op Sokrates voort en glo dat die psige ewig is, want om ewige waarhede te ken, moet dit ewig wees.  Volgens Reale (1990:166) voeg Plato ʼn mistieke kleur tot Sokrates se siening by deur te verduidelik dat die “versorging van die siel” eintlik “reiniging van die siel” beteken.  “This purification is realized when the soul, going beyond the senses, is possessed by the pure world of the intelligible and spiritual, and communing with it …”  Aristoteles se siening van die siel  is ʼn sintese van die pre-Sokratiese siening – die siel verenig iets intrinsiek met die liggaam – met Plato se siening.

Volgens Stephan MacKenna se vertaling in 1981 van Plotinus se werk Enneades, sien Plotinus (1981:338) die siel in terme van die driehoek van die Een, Verstand (nous) en Siel (logos).  Die Een is die absolute bron van alle manifestasies en die nous is die eerste gemanifesteerde.  Nous is die universiele verstand (mind) en manifesteer die Siel, wat op sy beurt die universiele kreatiewe beginsel onderliggend aan die struktuur van die fisiese wereld is.  Individuele siele is individualiserings van die Siel, wat oorspronklik onskeibaar was, maar in hulle gedwonge neerdaling in liggame, het hulle die konneksie met hulle hemelse oorsprong verloor.  “So it is with the individual souls; the appetite for the divine Intellect urges them to return to their source … In the Intellectual, then, they remain with the All-Soul.”  Volgens A H Almaas (2004:488) het hierdie siening twee belangrike implikasies: eerstens dat die siel oorsponklik haar bron en haar intelligente spirituele perfeksies ken; en tweedens dat die siel oorspronklik een met die Uber-Siel of All-Soul is, onafskeidbaar daarvan in die spirituele dimensie.  Die innerlike reis terug na die All-Soul is ʼn proses van herinneringe wat moontlik gemaak word deur losmaking van die liggaam en die wêreld.  Almaas (2004:489) sê dat Plotinus iets nuuts tot die innerlike reis van die siel na die Een bring: “which is that even though the process is of knowing through detachment, the detachment will need at some point to be from knowing itself. … We see here that Plotinus finds the salvation of the soul in complete mystical union.”

Die Christelike tradisie van die siel is deur die Griekse konsepte van die siel beinvloed maar tog op hulle eie unieke manier ontwikkel.  Die siel is nog die nie-fisiese deel van die persoon, die persoon se psigiese self, toegerus met ʼn verstand, hart en wil.   Almaas (2004:489)[1] sien tog ʼn groot verskil tussen die Griekse en Christelike sienings van die siel: “Because Christianity is a revealed religion, believing in a creator God, and especially because of the centrality of Christ, the nature of the soul, her relation to the spiritual, and her development, all have a unique flavor.  Questions of love, faith, and grace attain an importance not found in Greek thought.”  Alhoewel daar nie ʼn eenvormige Christelike siening van die siel is nie, is daar tog gemeenskaplikhede wat dit almal Christelik maak.  Die siel was deur God geskep, en is nie ewig soos vir Plato nie; Almaas (2004:490) voeg by; “and because of the doctrine of creation ex nihilo, her relation to her creator becomes an important point of controversy, that is finally solved in a way that gives Christianity much of its uniqueness.”  Vir Plotinus is die siel oorspronklik onskeibaar van die Goddelike, en die innerlike reis is ʼn terugkeer na die oorsprong wat dieselfde is as ʼn verdiepte selfkennis.  Die manier wat Christene die verbinding tussen die siel en God opgelos het is om te praat van die inkarnasie van God, van Sy afdaal na die wêreld sodat die mens die moontlikheid het om gemeenskap met God te kan hê.  Andrew Louth (1983:xiv), in The origins of the Christian mystical traditions, sien tog nog ʼn spanning: “And yet, man is made in the image of God, and so the movement of ascent and descent cross one another and remain – as a fact of experience – in unresolved tension.”

Die siel in die Christelike tradisie het vele draaie geloop: van Origenes se siening van die ontsterflikheid en goddelike oorsprong van die siel; Athanasius se metafoor van die siel as spieël waarin God gesien kan word; tot by Augustinus se innerlike reis wat selfkennis voortbring as eerste stap en nie die resultaat daarvan nie.  Louth (1983:143) wys daarop dat dit die eerste stap na God is, as die ontdekking van die self as ʼn spirituele wese, wat die materiële orde inkorporeer maar ook transendeer.  “So Augustine says: After going into your soul, transcend yourself.  This means that in your soul there is something which transcends your soul, something immutable, namely, the divine ground.”  Vir Augustinus het die siel ʼn wil wat die kern van die siel is, in plaas dat die intellek die sentrum van die siel is.  Volgens Augustinus is alle sonde trots wat begin wanneer die siel weg van God draai om onafhanklik en op eie voete te wil staan.  Die Middeleeue het verder weg van die intellek wat getransendeer word, beweeg en vir Johannes van die Kruis (2005:107) is die innerlike reis ʼn onderneming van reiniging: “This dark night is an inflowing of God into the soul, which purges it from its ignorances and imperfections, habitual and spiritual, and which is called by contemplatives infused contemplation, or mystical theology.”  Moderne Protestantse mistici glo dat die siel gevul is met die goddelike en volgens Sidney Spencer (1969:244, 279) in Mysticism in world religions, “There is something in the soul that is uncreated and uncreatable. …There is a divine element in us, which is the inmost essence of the soul.”

Aan die begin van die 20ste eeu het die woord psige problematies geword en is afstand van die woord gedoen.  Rollins (2007:27) haal die volgende gesegde aan: “Pity poor psychology, first it lost its soul, then its mind, then consciousnesss, and now it is having trouble with behavior.”   Pogings is aangewend om die sin van psige terug te wen maar Rollins (2007:28) stel die vraag hoekom die psige/siel so moeilik is om te definieer:

[1] Die res van die gedeelte oor die Christelike siening van die siel word bespreek aan die hand van AH Almaas se The inner journey home, tensy anders vermeld.

First, it is itself intangible, despite the tangibility of its effects.  Second, it is partly unconscious, which by definition means a good portion of it is in hiding and difficult to observe.  Third, the instrument we use to observe the psyche/soul is the psyche/soul itself, so that it serves both as subject and object, inviting unavoidable subjective distortion.  As James Hillman observes, “The soul can be an object of study only when it is also recognized as the subject studying itself by means of the fictions and metaphors of objectivity”.

Ten spyte daarvan bly die psige ʼn werklikheid wat ondersoek moet word.  Die woord siel het ʼn soortgelyke geskiedenis.  Die woord “soul” is in die Engelse taal ingebring deur die vertaling van die Griekse woord psyche en die Latynse anima en Seele in die Duitse psigoanalitiese konteks.   Dit het ʼn meer komplekse en problematiese geskiedenis as psyche aangesien, volgens Rollins (2007:29), die Engelssprekende wêreld dit uitsluitlik as ʼn verwysing na, “the disembodied self before or after death”, gebruik.  Vir die eerste driekwart van die twintigste eeu was die woord siel ook in diskoerse van psigoanaliste en teoloë grootliks afwesig.  Die terugkeer van die siel is, volgens Rollins (2007:31), toe te skryf aan die postmoderne bewussyn en die se suspisie van die positiwistiese en wetenskaplike benadering tot behaviorisme.  Die term Self het ook ʼn soortgelyke geskiedenis as psyche en siel.  Rollins (2007:33) wys daarop dat die geskiedenis van psigologie en filosofie dit demonstreer dat die drie woorde psyche, siel en self weer in gebruik is as die keuseterme wat verwys na die “total system of conscious and unconscious life in the human personality, adding credence to the salient biblical question, “What does it profit a person if he gains the whole world and loses his soul (psyche)?” (Mark 8:36).”  Die 1990 Afrikaanse vertaling van die Bybel het nog steeds die vooroordeel teenoor die woordjie siel want die vertaling praat van lewe in plaas van siel.  Hierdie studie sien die noodsaaklikheid vir die terugkeer van die gebruik van die woord siel vir die ontwikkeling van die menslike bewussyn.

Hoofstuk Drie

 

III.      Ken Wilber

Kenneth Earl Wilber II, ʼn integrale filosoof, psigoloog en mistikus wat tans in Denver, Colorado in die VSA woon, is gebore op 31 Januarie 1949, in Oklahoma City, Oklahoma, VSA.  Sy familie stamboom strek terug tot by Meriwether Lewis (van die Lewis and Clark Ekspedisie).  Kenneth Wilber, Senior was ʼn vereerde lugmag kolonel wat gereeld van een basis na ʼn ander verplaas is.  Volgens Brad Reynolds (2004:1), ʼn student en kenner van Wilber en sy teorie, het Wilber ʼn slag en liefde vir wetenskap gehad, maar so ook vir sigarette, bier, partytjies en meisies en is deur sy ouers oorreed om vir ʼn mediese doktor te studeer.  In 1967 het Wilber ingeskryf aan Duke Universiteit in Durham, Noord Carolina, maar het gou oorgeskakel na biochemie en aan die Universiteit van Nebraska, Omaha sy studies voortgesit.  Gedurende die laat jare Sestig was daar groot weerstand teen die Amerikaanse oorlog in Vietnam, en die Oosterse godsdienste het aanklank by die “baby-boomers” gevind.  Dit is toe dat Wilber die Sjinese Toais, Lao Tzu se klein boekie, Tao te Ching, gelees het.  Die vertaling van Sam Hamill (Tzu 2007:3) is ʼn nuwe weergawe van hierdie millenia oue geskrif:

 

Tao defined is not the constant Tao.

No name names its eternal name.

The unnamable is the origin of heaven and earth;

Named, it is the mother of the ten thousand things.

Emptied of desire, we see the mystery;

Filled with desire, we see the manifestation of things.

Two names emerge from a single origin,

And both are called mysterious,

And the mystery itself is the gateway to perception.

 

Die lig het vir Wilber opgegaan en hy het alles wat hy in die hande kon kry, verorber, veral Oosterse filosofie en godsdiens.  Met ʼn IK van 160 lees Wilber maklik tussen twee en vier boeke per dag.  Op universiteit het hy die Bhagavad Gita gelees in plaas van chemie, die Kabbala in plaas van kalkulus, en Alan Watts, Zen, Krishnamurti, Vedanta, Goomaraswamy en Meester Eckhart bestudeer.  Wilber het ook Aldus Huxley se boek The perennial philosophy verken wat aantoon dat die godsdienstige grondbeginsels in alle godsdienste voorkom.  Dit het vir Wilber die deur tot alle godsdienste oopgemaak.  Wilber bestudeer die psigologie van G A Young, C G Jung, Abraham Maslow, Stanislav Grof, en Jean Piaget asook Westerse filosofie.  Binne ʼn bestek van ʼn kort tyd begin Wilber gereelde Zen Boeddhistiese meditasie en lees Sri Ramana Maharshi, Kirpal Singh, Adi Da en mediteer gereeld saam met die Amerikaanse Zen meester Philip Kapleau, die skrywer van The three Pillars of Zen.  Reynolds (2004:9), die skrywer van Embracing Reality: The integral vision of Ken Wilber, sonder een besondere invloed op Wilber gedurende die jare Sewentig uit: “However, the evolutionary theorist who exerted the most influence on Wilber at this time was the great synthesizer of Eastern philosophy and Western science, Sri Aurobindo, especially his incomparable magnum opus The life divine (1939, 1965). (Die res van hierdie gedeelte steun op Reynolds, tensy anders vermeld). Alhoewel Wilber ʼn Boeddhis genoem word, sê hy dat hy sterk bande met Vedanta Hinduisme en Christelike mistisisme het maar dat elke mens tog ʼn tradisie moet volg.  Wilber is dus deur baie denkers en godsdienste beïnvloed.

Wilber se oeuvre ontwikkel oor dertig jaar en hy is tans in sy vyfde fase.

  • Die eerste fase strek van 1972 tot 1978 waartydens hy twee boeke geskryf het: The Spectrum of Consciousness (1977), No Boundary: Eastern and Western approaches to personal growth (1979). Wilber was 23 jaar toe hy The Spectrum of Consciousness wat in 1977 gepubliseer is, klaar geskryf het, maar moes vyf jaar wag voordat die boek ʼn uitgewer kon kry.  Lof vir die boek het uit verskeie oorde gekom, want Wilber het vir die eerste keer ʼn sintese tussen Westerse en Oosterse psigologie geskep.  In Spectrum het Wilber nog die Romantiese posisie van die beweeg van die onderbewuste na die selfbewuste na die superbewuste of van die id na ego na God.  Die hoogste vorm van die spektrum is vir die Romantici ʼn terugkeer na of ʼn herontdekking van die oorspronklike maar verlore potensiaal.   Nie lank na Wilber se eerste boek is No Boundary gepubliseer en uitnodigings om by kongresse lesings te lewer het ingestroom.   Wilber het egter verkies om te bly werk om sy idees te verbeter en telkens iets nuuts te sê.  Hy het sy meditasie verdiep en het “enlightenment” bereik.  Die begrippe wat mistici gebruik het was nie meer vreemd nie omdat Wilber die ervarings self gehad het.  Volgens Reynolds (2004:19) is Wilber se filosofie gebaseer op “integral transformative practice.”  Wilber het ʼn toer van die subtiele gebied beleef en die regte leiding uit die boeke van die moderne Sufi mistiek-yogi, Kirpal Singh, gekry.  Teen 1978 was Wilber se meditasie gefokus op wat Reynolds (2004:20) noem: “the nature of the self, or finding the witness, the causal consciousness behind all experiences.”  Mistici beskou dit as die kernpunt van bestaan.  Wilber (2000c:460) beskryf die fase soos volg: “So “soul” is both the highest level of individual growth we can achieve, and also the final barrier, the final knot, to complete enlightenment or supreme identity, simply because as transcendental witness it stands back from everything it witnesses.”   Satori of kensho is wat Wilber bereik het en dit het sy lees- en skryfwerk beinvloed.  In No Boundary beskryf Wilber (1978 [2001]:126 – 144) die uiteindelike staat van bewussyn (“ultimate state of consciousness”) vanuit sy persoonlike ervarings.  Wilber gee ook aan die einde van elke hoofstuk geestelike oefeninge wat die leser kan beoefen om die siel te reik.

 

  • Gedurende die tweede fase (1978–1983) verskyn The Atman Project: A transpersonal view of human development (1980), Up from Eden: A transpersonal view of human evolution (1995), A Sociable God: Towards a new understanding of religion (1983) en Eye to Eye: The quest for the new paradigm (1983). Die oorgang tussen fase een en twee het ontstaan toe Wilber probeer het om sy Romantiese teorieë verder uit te werk in The Atman Project en Up from Eden.  Hy het reeds ʼn aantal hoofstukke van The Atman Project in ʼn tydskrif ReVision gepubliseer toe hy sy fout agterkom.  Romantici sien die hoogste of transpersoonlike vlak as ʼn terugkeer na die eerste of prepersoonlike fase.  Die fout wys Wilber toe uit in artikels oor die pre/trans vergissing.  Omdat die pre- en transpersoonlike of rasionele nie rasioneel is nie, is dit maklik om die twee te verwar.  Met The Atman project fokus Wilber op individuele ontwikkeling (ontogenie) en met Up from Eden konsentreer hy op die kollektiewe ewolusie van die mensdom (filogenie).  Terwyl die Bybel die Tuin van Eden as die paradys sien, sien Wilber dit as die begin van die ontwikkeling en daarom heet sy vierde boek Up from Eden.  Atman is ʼn mistiese Hindu begrip en volgens Teasdale (1999:52) kontak mistici Brahmaan, of God, deur hoër state van meditasies, “which then opens the way to inner awareness of the self, or Atman, the immanent presence of the Brahman within all beings and every particle of reality.  Atman is Brahman, and Brahman is Atman.  They aren’t concepts but pure mystical realization.”  Met Wilber se volgende boek A Sociable God: A brief introduction to a transcendental Sociology, breek hy met transpersoonlike psigologie aangesien hy op soek is na iets meer omvattend, ʼn integrale volledige spektrum model.

 

  • Die derde fase (1983–1994) word Transformations of Consciousness (1986), en Grace and Grit (1991) gepubliseer. Die fase noem Reynolds (2004:15) “The Integral Vision: Self, Levels & Lines.  Wilber was intussen op soek na ʼn nuwe paradigma. Toe Wilber op 26 November 1983 met sy tweede vrou en sielsgenoot, Treya Killam, trou was hy ʼn self-erkende Zen monnik wat ʼn tikmasjien, tafel/stoel en vier duisend boeke besit het.  Treya sou vyf jaar later aan kanker sterf.  Na Treya se dood publiseer Wilber Grace and Grit, ʼn emosionele/spirituele leeservaring.  ʼn Voorbeeld van die inhoud van die boek is die gesprek tussen Wilber (2000:103) en Treya oor die dood/satori en die siel:

 

Treya Killam Wilber: Is enlightenment actually experienced as a real death, or is that just a common metaphor?

Ken Wilber: Actual ego-death, yes.  It’s no metaphor.  The accounts of this experience, which may be very dramatic but can also be fairly simple and nondramatic, make it clear that all of a sudden you simply wake up and discover that, among other things, your real being is everything you are now looking at, that you are literally one with all manifestation, one with the universe, however corny that may sound, and that you did not actually become one with God and All, you have eternally been that oneness but didn’t realize it.

Along with that feeling, or the discovery of the all-pervading Self, goes the very concrete feeling that your small self simply died, actually died.  Zen calls satori ‘the Great Death.’  Eckhart was just as blunt: ‘The soul,’ he said, ‘must put itself to death.’  Goomaraswamy explains: ‘It is only by making stepping stones of our dead selves, until we realize at last that there is literally nothing which we can identify our Self, that we can become what we are.  Or Eckhart again, ‘The kingdom of God is for none but the thoroughly dead.’

Treya Killam Wilber: Dying to the small self is the discovery of eternity.

Ken Wilber: [Long pause] Yes, provided we don’t think of eternity as being everlasting time but a point without time, so-called eternal present or timeless now.

 

  • Die vierde fase breek na Treya se dood (1995-2000) aan en kom die groot deurbraak met die verskyning van sy meesterwerk, Sex, Ecology, Spirituality: The Spirit of evolution (1995), asook A Brief History of Everything (1996), The Eye of Spirit: An integral vision for a world gone slightly mad (1997), The Marriage of Sense and Soul: Integrating science and religion (1998), One Taste: The journals of Ken Wilber (1999), The Collected Works of Ken Wilber, Volume 1-4 (1999), The Collected Works of Ken Wilber, Volume 5-8 (2000), Integral Psychology: Consciousness, Sprit, psychology, therapy (2000), en A Theory of Everything: An integral vision for business, politics, science and spirituality (2000). Na Grace and Grit het Wilber vir tien jaar niks geskryf nie.  Drie jaar daarvan het hy as ʼn kluisenaar geleef en kontak met net vier mense gehad.  Hy het gelees, gemediteer en sy gedagtes agtermekaar gekry.  Wilber het tot 200 ontwikkelingsmodelle langs mekaar geplaas om patrone te probeer raaksien.  Dit is eers toe hy sien dat sommiges met interne aspekte werk en ander met eksterne, sommiges met enkelvoud en ander met meervoudige perspektiewe dat hy die kwadrante raakgesien het.     Met Sex, Ecology, Spirituality bring Wilber sy kennis van modelle en spirituele ontwikkeling vir die eerste keer in ʼn integrale model bymekaar.  Sy volgende boeke bou daarop voort.  In 1999 en 2000 word sy versamelde werke in agt volumes gepubliseer – iets baie ongewoon in die publikasiewêreld.  In 2000 stig Wilber ook die Integral Institute of I-I wat ten doel het om die integrale visie op alle terreine van die samelewing toe te pas.

 

  • Gedurende fase vyf (2000– tot die hede) begin Wilber om op openbare platforms sy integrale teorie bekend te stel. Boomeritis: A novel that will set you free (2002), Integral Spirituality: A startling new role for religion in the modern and postmodern world  (2006), The Integral Vision: A very short introduction to the revolutionary integral approach to life, God, the universe and everything (2007), en Integral Life Practice (2008) verskyn gedurende die periode.  Fases 1 tot 3 was vir Wilber die voorbereiding vir sy integrale teorie, fases 4 en 5, waarin hy die innerlike en die uiterlike, enkelvoud en meervoud met mekaar kon verbind en die akroniem AQAL gebruik vir sy integrale model.  Integrale of AQAL filosofie kritiseer pluralistiese relativisme en subjektiewe narcissisme waarvan, volgens Reynolds (2004:64), die akademiese lokale en New Age teorieë oorloop.  Die studie sal meesal op fases 4 en 5 fokus en waar van toepassing na die ander werke verwys.

Die skrywer van hierdie verhandeling beweer dus vir geen oomblik dat hy al die kennis van die enormiteit en omvang van Wilber se oeuvre en teorie ten volle in pag het nie en dat dit in elke geval te omvangryk vir hierdie studie is.  Daarom sal Wilber se teorie beperk word tot die essensiële elemente wat nodig is om Wilber te verstaan en wat betrekking op die pastoraat het.  Selfs ʼn opsomming van Wilber se werk is nie maklik nie.  Daar is egter ʼn aantal aspekte wat vir hierdie studie van belang is.  Die eerste is die beweging na God, of die ontwikkeling van die bewussyn.  Ken Wilber, som die essensie van sy werk in, The great chain of Being (1987), ʼn ongepubliseerde manuskrip wat Frank Visser voor in sy boek oor Ken Wilber, Thought as passion (2003), aanhaal, soos volg op:

The essence of my work is: God, or absolute Spirit, exists – and can be proven – and there is a ladder that reaches to that summit, a ladder that you can be shown how to climb, a ladder that leads from time to eternity, and from death to immortality.  And all philosophy and psychology swings into a remarkable synthesis around that ladder.

 Die idee van die leer op na die Gees, of soos Wilber dit deesdae noem, die vervoerband, vind hy by Plato na aanleiding wat Alfred North Whitehead (Wilber 2000a:329) gesê het: “The safest general characteristic of the whole Western philosophical tradition is that it consists of a series of footnotes to Plato.”  Die reis na Bo is ook die weg na Onder.  Plato het twee duidelike bewegings met betrekking tot die Gees geïdentifiseer (Wilber 2000a:330): “The first movement is a descent of the One into the world of Many, a movement that actually creates the world of Many, blesses the Many and confers Goodness on all of it: Spirit immanent in the world.  The other is the movement of return or ascent from the Many to the One, a process of remembering or recollecting the Good: Spirit transcendent to the world.”

Dit is die pad wat al die kontemplerende (mistieke) godsdienste volg; die gelowige beweeg na God, die Ganse Andere, na die Gees, en soos Arthur Lovejoy (1964:45) dit in The great chain of Being opsom: “having arrived at the conception of a pure alien to all the categories of ordinary thought and in need of nothing external to itself, he forthwith finds in just this transcendent and absolute Being the necessitating ground of this world; and he does not stop short of the assertion of the necessity and worth of the existence of all conceivable kinds of finite, temporal, imperfect, and corporeal beings.”  Die pad na Bo is die pad van die Goeie, die pad na Onder is die pad van Goedheid.  Wilber (2000a:337) argumenteer dat by alle mistieke tradisies wat die pad na Bo en Onder integreer en verenig vind mens dieselfde soort temas: “The Many returning to and embracing the One is Good, and is known as wisdom; the One returning to and embracing the Many is Goodness, and is known as compassion.” Maar as Wysheid die Baie in die Een sien, weet Barmhartigheid dat die Een in die Baie is en dat die Een gelyk in elke wese teenwoordig is, en Wilber (2000a:337) stel dit so, “and so each is to be treated with compassion and care, not in any condescending fashion, but rather because each being, exactly as it is, is a perfect manifestation of Spirit.”  Dis eers wanneer die pastor elke wese as die perfekte manifestasie van God, op watter ontwikkelingsvlak ook al, sien, dat pastorale bewoënheid sal inkom om gelowiges na hoër strukture te kan begelei.  Die integrasie van die twee paaie is vir die pastoraat belangrik siende dat die gelowige se pad na God die gevolg is van God se betrokkenheid by die mens, wat die mistikus, die een wat reeds Eenwording beleef het, terug stuur om barmhartigheid aan almal te gaan bewys.  Dorothee Soelle (2001:3) som dit so op: “My questioning is focused on social reality.  This means that for the sake of what is within, I seek to erase the distinction between a mystical internal and a political external.  Everything that is within needs to be externalized so it doesn’t spoil, like the manna in the desert that was hoarded for future consumption.”

ʼn Ander belangrike aspek om te onthou is dat alles, elke gebeurtenis, mens en groep, altyd deel van die geheel en nooit net die geheel is nie.  Wilber gebruik Arthur Koestler se term “holon” om dit te beskryf en wys daarop dat wanneer iets van een vlak na die volgende vlak beweeg dit die vorige vlak transendeer maar dit terselfdertyd inkorporeer.  ʼn Atoom is altyd deel van ʼn sel, die sel is deel van ʼn weefsel, en die weefsel deel van ʼn ledemaat wat deel is van ʼn liggaam.  Maar wanneer ’n holon dink dat dit die geheel is ontstaan moeilikheid:  Wilber (2000c:485) verduidelik:  “An arrogant Holon doesn’t want to be both the whole and a part; it wants to be a whole, period. …. Power replaces communion; domination replaces communication; oppression replaces reciprocity.”  Hierdie holon wat die vorige vlakke transendeer en inkorporeer is ʼn korreksie op Nolte (2007:15) wat beweer: “’n nuwe paradigma is nie ʼn kombinasie uit vorige en nuwe paradigmas nie, maar ʼn breuk met interpreterende raamwerke van vroeër.”  Postmoderniteit is nie ʼn totale breuk met moderniteit nie: dit herken die strukture van moderniteit maar voeg by dat daar ander strukture en paradigmas is wat ewe veel gewig dra.  Wilber (2000d:184) toon aan:  “The disaster of modernity was that it reduced all introspective and interpretative knowledge to exterior and empirical flatland: it attempted to erase the richness of interpretation from the script of the world. …. One of the great and noble aims of postmodernism was to introduce interpretation as an intrinsic aspect of the Kosmos.”   Postmoderniteit is dus nie ʼn breuk van moderniteit nie, soos Nolte dit wil hê nie, maar ʼn byvoeging en uitbouing daarvan.

Nog ʼn saak wat belangrik is, is dat hoër strukture deur laer vlakke oorgeneem kan word (Wilber 2000c:486);  “Tribalism, when left to its own devices, is relatively benign, simply because its means and its technologies are relatively harmless. …The problem is that the advanced technologies of rationalization, when hijacked by tribalism and its ethnocentric drives, can be devastating.”  Ons sien dit in Iran wat kernwapens wil ontwikkel maar die vorm van Islam wat gevolg word is op die mitologiese vlak wat veronderstel is om slegs wapens van 2000 of meer jaar gelede te besit.  Afrika, wat stam gerig is, het toegang tot moderne wapens om volksmoorde mee te pleeg.

Aansluitend by die diskoers oor die siel, is Wilber se siening van die bewussyn, siel en die self van die uiterste belang.  Frank Ferendo (2007:77-78) in Holistic perspectives & integral theory: On seeing what is,  maak die stelling dat die self die mees fassinerende konsep in die integrale teorie is.  Wie en wat is die self?

If you think about yourself for a minute, you will notice that there is an observing self, an inner subject who watches what is going on, who is having the thought, “Who am I?”  But then there is an observed self, what we usually consider to be “me.”  So there is a “me” and an “I,” an objective self and a subjective self: “me” and “mine” versus “I.”  As Robert Kegan and Ken Wilber point out, the “I” of one stage becomes the “me” of the next, or the subject of one stage becomes the object of the subject of the next.  The process of moving up the developmental lines involves the self of one stage disidentifying with that stage, coming out of an embeddedness and transcending itself, and in the process is able to see itself more clearly, more objectively.

Volgens Brad Reynolds (2006:199-202) in Where’s Wilber at?: Ken Wilber’s integral vision in the new millennium is een van die verhelderings wat Wilber se AQAL teorie gebring het die “drie hoof self-lyne” of die “drie hoof strome van die self” of wat Wilber die frontale-ego (ego), die dieper-psigies (siel), en die Getuie (oorsaaklike/kousale Self) noem.  Hierdie drie strome stem ook ooreen met die drie hoof domeine van die algemene/gross (materie en liggaam), die subtiele (verstand en siel), en die oorsaaklike (vormlose gees) gebeide, wat universeel deur die groot wysheidstradisies erken word.

  • Frontalelyn/Ego/Egoïstiese Self: hierdie hooflyn van die aparte-self of die “ego-ek,” word onderverdeel in die naaste self (of “Ek”) en die verste self (my). Die naaste self is die kern waarvan mens die lewe ervaar, en die verste self is die deel van die self wat die “Ek” kan waarneem.  Daarom is die frontalelyn van die self, wat ontvou deur die ontwikkellende transformasies, betrek by die ewolusie van die bewussyn.  Wilber (2000e:126) noem: “The frontal includes all of the self-stages that orient consciousness to the gross realm (the material self, the bodyself, the persona, the ego, and the centaur – all of which can be generically called “the ego”).”  Die frontale is die self wat op die lyn van algemene kenvermoë staatmaak en daarom is self-stroom verantwoordelik vir die orientering en integrering van die bewussyn in die algemene domein.

 

  • Dieper-psigies/Siel/Outentieke Self: Hierdie is die aspek van die self wat die frontale persoonlikheid en ego transendeer, maar tog sy eie ontwikkelingstrajek volg. Wilber (2000e:126) noem dat die siel of dieper-psigiese lyn al die self-strome, wat die bewussyn tot die baie fasette van die subtiele sfeer aanpas, insluit.  “The soul is the self that depends on the subtle line of cognition (which includes, imagination, reverie, daydreams, creative visions, hypnogogic states, etheric states, visionary revelations, hypnotic states, transcendental illuminations).”  Daarom is die siel die selfstroom wat die bewussyn in die subtiele arena oriënteer en integreer.

 

  • Getuie/Self/(Atman)/Absolute Self: Die transendentale Self of Getuie ontwikkel nie self nie, aangesien dit pure vormloosheid is.  Wilber (2000e:258, nota 24) sê dat dit die toegang tot die Self is wat ontwikkel.  Die ware natuur van die Self (Atman), wat eindelik transenderend en vormloos is, is “die Getuie” (as bewussyn self) van alle moontlike vorme.  Die Getuie is die self wat op die kousale lyn van kenvermoë staatmaak (die kapasiteit tot fokus, en verwyderde getuienis) en is dus die self wat die bewussyn in die kousale/oorsaaklike domein oriënteer en integreer.  Volgens Wilber (2000e: 127) is dit hierdie Self wat verantwoordelik is vir die oorkoepelende integrasie van al die ander selfs, golwe en strome.  “And it is the Self supreme that prevents the three realms – gross, subtle, and causal – from flying apart in the first place.”

Die grafiek hieronder (Reynolds 2006:199-202) is ʼn opsomming van die interne, enkelvoud perspektief.  Wilber (2000d:343) noem dit One Taste wat die hoogste ontwikkelingservaring is:  “The moment this constant nondual consciousness is obvious in your case, a new destiny will awaken in the midst of the manifest world.  You will have discovered your own Buddha Mind, your own Godhead, your own formless, spaceless, timeless, infinite Emptiness, your own Atman that is Brahman, your Keter, Christ consciousness, radiant Shekhinah – in so many words, One Taste.”

Die spektrum van die bewussyn aan die regkant wys op die ontwikkeling vanaf materie na liggaam wat pre-persoonlik is, vroeë denke en volwasse verstand wat persoonlik is, terwyl die psigiese, subtiele en kousale ontwikkeling transpersoonlik is.  Die onderste lyn verteenwoordig die algemene (hierdie lewe), subtiele (tussen lewens) en die kousale (ongebore) nie-dualistiese goddelike basis.  Uit die algemene kom die frontale lyn van die ego waarin die naaste, die kern en die verste self voorkom.  Uit die subtiele kom die Deeper psychic wat na die Siel lei en uit die kousale ongebore spruit die Witness en Atman voort, wat ook die nie-dualistiese goddelike doel verteenwoordig.

<img src=”https://www.nuwe-hervorming.co.za/wp-content/uploads/2015/06/Grafiek-2-Die-Selfsisteem.jpg”>

In Eye to eye: The quest for the new paradigm, spreek Wilber (1983[2001]:180–220) een van die foute wat die godsdiens, psigologie en antropologie maak aan, naamlik om die hoër vlakke met die laer vlakke, of die laer vlakke met die hoër vlakke te verwar.  Wilber (2001:180) wys daarop dat die fout of wat hy die pre/trans vergissing noem, maklik is om te verduidelik.  Mens aanvaar dat mense toegang tot drie algemene gebiede van bestaan en kennis, naamlik die sensoriese, die verstandelike en die geestelike, het.  Hierdie domeine kan op verskeie maniere uitgedruk word; die onderbewuste, die selfbewuste en die superbewuste; of prerasioneel, rasioneel en die transrasioneel; of die prepersoonlike, persoonlik en transpersoonlik.  Die punt wat Wilber (2001:181) maak is dat sedert die prerasionele en die transrasionele beide nie-rasioneel is, kan dit vir die oningeligte lyk asof die twee identies is.

Once this confusion occurs – the confusion of “pre” and “trans” – then one of two things inevitably happens: the transrational realms are reduced to prepersonal status, or the prerational realms are elevated to the transrational glory.  Either way a complete and overall world view is broken in half and folded in the middle, with one half of the real world (the “pre” or the “trans”) being thus profoundly mistreated and misunderstood.

Sommige verlaag die mistieke tot die prerasionele.  Nadat Ellen T Amour (2006:45), ʼn uiteensetting gee van die direkte mistieke eenwordings met God deur Middeleeuse mistici, wat sy premoderne denkers noem, troos sy haar postmoderne lesers: “I am not advocating that we somehow turn the theological clock backward and reenter a premodern mindset.”   Wilber (2000a:212) beskou Freud as ʼn reduseerder en Jung as ʼn verheffer en erken dat beide half reg en half verkeerd is.  “A good deal of neurosis is indeed a fixation/regression to prerational states, states that are not to be glorified.  On the other hand, mystical states do indeed exist, beyond (not beneath) rationality and those states are not to be reduced.

Wilber se grootste bydra is egter sy  kaart van die werklikheid.  In sy navorsing vir sy magnum opus, Sex, Ecology, Spirituality, het Wilber agtergekom dat die navorsing op die menslike ontwikkeling in vier dele verdeel kan word; ʼn innerlike enkelvoud en meervoud en ʼn uiterlike enkelvoud en meervoud.  (Kyk Grafiek 3: Integrale Kwadrante, hieronder)  Wilber (2000f:51) noem die Linkerhandse Pad die eerste persoon enkelvoud of “die ek” ontwikkeling.  Dit fokus op die fenomenologiese en die strukturele aspekte van die ontwikkeling van die mens se indiwiduele bewussyn.  Die innerlike meervoud, die linker onderste kwadrant, “die Ons” fokus op die kulturele en groep se etiese ontwikkeling en dus die hermeneutiese aspekte van die menslike bewussyn.  Regs bo is die indiwiduele uiterlike wat die sigbare optrede en aspekte van die indiwidu ondersoek, of “Dit” terwyl die regterkantse onderste kwadrant die sosiale aspekte van die mensdom verteenwoordig, die “Ditte.”  In ʼn grafiese voorstelling deel Wilber (2000f:51) die navorsers wat aan die verskillende kwadrante gewerk het soos volg in: Die navorsers in die individuele linkerkantse subjektiewe kwadrant is Freud, Jung, Piaget, Aurobindo, Plotinus en Gautama Boeddha.  In die kollektiewe linkerkantse kwadrant is navorsers soos Thomas Kuhn, Wilhelm Dilthey, Jean Gebser, Max Weber en Hans-Georg Gadamer.  Hierdie kwadrant konsentreer op wat Wilber (2000f:50) noem: “These shared values, perceptions, meanings, semantic habits, cultural practices, ethics and so on, I simply refer to as culture, or the intersubjective patterns in consciousness.”  Die linkerkantse subjektiewe kwadrant is die ontwikkeling van die enkeling se binneste, van die instinktiewe, magiese, egosentriese, mitiese, rasionele, pluralistiese, holistiese tot die nie-dualistiese vlakke.  Die linkerkantse kollektiewe kwadrant wat die meervoud-intern verteenwoordig, dui die kulturele/morele vlak van ontwikkeling aan.  Dit is argaïes, animisties-magies, mities, wetenskaplik-rasioneel, pluralisties, holisties tot geïntegreerd en is intersubjektief.  Hierdie studie fokus op die linkerkant en veral op die innerlike persoonlike enkelvoud, die “ek.”

Volgens Wilber (2000f:50) het hierdie intersubjektiewe patrone objektiewe korrelate wat empiries nagevors kan word.  Die kollektiewe uitwendige kwadrant is die sosiale strukture van oorlewingstamme, etniese groepe, feodale ryke, vroeë nasies, korporatiewe state, waarde gemeenskappe, holistiese en geïntegreerde groepe. Navorsers op die gebied is Sisteme Teorie, Talcott Parsons, August Comte, Karl Marx, Gehard Lenski en die ekologiese Web van die Lewe.  Wilber noem dit die sosiale sisteem.  Die eksterne individuele kwadrant is die uiterlike fisiese ontwikkeling van die indiwidu. Navorsers en teoretici in die kwadrant is BF Skinner, John Watson, John Locke, empirisme, behaviorisme, fisika, biologie, neurologie, ensovoorts.

Dit is belangrik om daarop te let dat die vlakke, binne en buite, indiwidueel of groepe in die vier kwadrante korreleer.  Iemand wat interne individuele kwadrant op die mitiese vlak is, se moraliteit sal deur die etiek van die premoderne mitiese orde bepaal word, wat uiterlik deur die sosiale, landbou en tuinbou van die vroeë nasies verteenwoordig word.  Hoe hoër die indiwidu se ontwikkeling, hoe kleiner word die groep maar hoe groter die perspektiewe wat die persoon kan akkommodeer.  Dit beweeg van egosentries, na etnosentries na wêreldsentries na Kosmosentries.  (Wilber, K 2007:51)  Elke mens begin op die onderste blokkie en beweeg dan boontoe.  Dit is ook die roete en ontwikkeling wat die mensdom in die geheel tot op hede gevolg het.

Die invloed wat Wilber se geheelbeeld (AQAL) op godsdiens kan hê is belangrik.  Soos die studie later in die ondersoek na ʼn pastorale model sal aantoon, kan gelowiges op verskeie vlakke gehelp word.   Die ontwikkelingsvlakke wat Wilber gebruik vorm die basis van hierdie studie en dit is:

 

  1. Argaïes
  2. Magies
  • Mitologies
  1. Rasioneel
  2. Pluralisties
  3. Integraal/holisties
    1. Psigies
    2. Subtiel
  • Transpersoonlik
    1. Kousaal
    2. Nie-dualisties

 

Clare Graves, die ontwikkelaar van Spiral Dynamics, was van die eerste navorsers wat kleure gebruik het om die verkillende vlakke aan te dui.  Dit het vinnig aanklank gevind en terwille van die weerstand teen hiërargieë verwys psigoloë na die verskillende vlakke in die kleure van die reënboog.   Wilber pas die kleure ietwat aan: die eerste of onderste vlak is infrarooi, dan magenta, rooi, amber, oranje, groen, teaal, turkoois, indigo, violet, ultraviolet tot by helder lig.  Wanneer ons die vlakke tot sewe beperk kry ons die volgende; argaïes (infrarooi), magies (rooi), mities (amber), rasioneel (oranje), pluralisties (groen), integraal/holisties (turkoois), en transpersoonlik (indigo en verder).

Hoofstuk VIER

 

IV.    Integrale teorieë en ontwikkeling van die bewussyn

Volgens Wilber (1996:3) kan niks lank van God verwyder bly nie, of vir lank van die Grondslag van die Lewe waarbuite niks bestaan, geskei wees nie.  Die geskiedenis is nie die optekening van indiwiduele of nasionale hoogtepunte nie, maar as ʼn beweging van die menslike bewussyn is dit die verhaal van die mens se liefdesverhouding met God.  Soos reeds aangetoon by die spektrum van die bewussyn, is dit die beweging van die liggaam, na die verstand, na die siel en na die Gees.  Tog het die mens hiermee ʼn probleem want om God te bereik moet die “eie ek” sterf en soos Wilber (1996:16) dit stel: “But, at the same time, he is terrified of real transcendence, because transcendence entails the “death” of his isolated and separate-self sense.  Because he won’t let go of and die to his separate self, he cannot find true and real transcendence, he cannot find that larger fulfillment in integral Wholeness.”  As gevolg hiervan vervang die mens sy eenheid met God of Atman met die ego, en instede om een met God te wees, probeer die mens om self God te speel.  Wilber (1996:17) noem dit die Atman Projek: “The Atman project is a substitute for Atman, but it also contains a drive to recapture Atman.  It is ultimately the Atman project that moves history, moves evolution, and moves the individual psyche.”  Voordat die ware Self nie in superbewussyn na vore tree nie, sal die self altyd met twee dryfvere sit: “the perpetuation of its own existence (Eros) and the avoidance of all that threatens its dissolution (Thanatos).”  Alle kulturele aktiwiteite en artefakte word gedryf deur pogings om die dood te ontwyk en is dus plaasvervangend vir die ware lewe.  Is dit nie wat Jesus in Markus 8:36 gesê het nie?: “Wat help dit ʼn mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe (siel) te verloor.”

 

Met al hierdie inligting tot die leser se beskikking sal die studie die verskillende vlakke van die indiwiduele interne kwadrant van naderby bekyk.  Wilber se siening van die ontwikkeling het ook verander; hy het van die vlakke saamgevoeg om ‘n eenvoudiger kaart te teken.  Hierdie gedeelte volg Wilber (2000e:48 – 53) se uiteensetting van die ontwikkeling in Integral Psychology: Consciousness, Spirit, psychology, therapy, met al die nodige aanpassings.  Telkens sal die ander teoretici se verstaan van die vlakke geïnkorporeer word.  Die studie sal nie die ooreenkomste tussen die onderskeie navorsers herhaal nie maar eerder probeer om ʼn geheelbeeld te skets.

 

A.     Argaies (infrarooi)

Hierdie vlak, volgens Wilber (2000e:48-49), het oorlewing om kos, water, warmte en veiligheid te bekom as prioriteit.   Mense op die vlak gebruik instink en gewoontes om te oorleef.  Daar is nog nie ʼn bewustheid van ʼn onderskeid tussen die self en die natuur nie.  Die mense groepeer hulleself in oorlewingsbendes om te kan bestaan.  Dit kom gewoonlik voor by die eerste menslike gemeenskappe, babas, seniele ouer mense, Alzheimer pasiënte op ʼn gevorderde stadium, verstandelik siek straatmense. Slegs 0.1 persent van die wêreld bevolking is op hierdie vlak en het 0 % mag.

Jim Marion (2000:33-36) in Putting on the mind of Christ, brei heelwat op Wilber uit.  Hy sê dat die argaïese bewussyn van babas ontwikkel deur twee essensiële geestelike oorgange: die onderskeiding van die baba se eie liggaam van die van die moeder en later die onderskeid tussen die baba se emosies van die van die ma.  Een beginsel wat hieruit na vore kom is dat elke vlak van bewussyn minder egosentries as die vorige is en dat die persoon se verstand word meer en meer van die stoflike bevry.  Marion noem dat die vroeë “steentydperk mense” op hierdie vlak gefunksioneer het.  Hierdie fase duur ongeveer tot op die ouderdom van drie jaar en word beheer deur sensasies en impulse.  Aanvanklik is die baba se bewussyn so aan die moeder gekoppel dat die baba nie die onderskeid tussen die eie liggaam en die van die moeder kan maak nie.  Die baba se eerste geestelike taak, ongeveer gedurende die vierde maand, is om die eie liggaam van die moeder en ander objekte te onderskei.  Marion (2000:34) noem drie beginsels wat die geeslike lewe van elke mens van die begin tot die einde bepaal:

 

  • All growth in consciousness is a process in inner realization.
  • All inner realizations are the result of personal experience “meditated upon” in some fashion.
  • All growth in consciousness is a lessening of self-centeredness, a “death” to the old self-centered way of looking at the world and a simultaneous “rebirth” into a less self-centered way of seeing things.

 

Dit is slegs deur sulke voordurende “doop” in die dood en weergeboorte dat die Christen geestelik op elke vlak kan groei.  Dan, op ongeveer 18 maande ondergaan die baba ʼn tweede verwydering.  Die kind begin besef dat haar emosies nie meer dieselfde as die moeder of ander mense s’n is nie.  Hierdie geestelike oorgang is minder fisies as die vorige en die derde oorgang (die ontvouing van die verstand)  sal nog minder fisies wees.  Marion (2000:34) noem ʼn vierde beginsel wat die geestelike groei beheer:

 

  • Hoe hoër ʼn persoon se bewussyn op die geestelike leer opklim, hoe minder is dit aan die fisiese gekoppel.

 

Kultureel sien die steentydperk mense hulleself as een met die natuur en kan maklik gevaar aanvoel en daarop reageer.

Andre Marquis en Steve McIntosh het niks oor die argaïese fase te sê nie en daarom spandeer die studie geen aandag op hierdie vlak aan die twee nie.  Spiral dynamics is egter van die uiterste belang vir die studie.  Volgens Beck en Cowan (2006:187) is die kern, van wat hulle die Instinktiewe beige vMEME noem:

My existence centers on survival.  Energy is devoted to staying alive and meeting the needs of my physical being so I am not hungry or thirsty.  I must reproduce my kind so I respond to sexual urges as they occur.  I do not know what you mean by “future”, laying plans, saving for a rainy day, or “self”.  My body tells me what to do and I am driven by senses talking to my brain, not so much a conscious mind.

Beck en Cowan (2006:187) noem dat die argeologiese rekord en die menslike DNS analises aantoon dat die mens van primitiewe hominied voorouers ontwikkel het tot wat die mens vandag is.  Hierdie vlak is amper ʼn outomatiese staat van bestaan.  Instinktiewe beige vMEME intelligensie ontwikkel vir oorlewing op die savannas, in die reënwoude en op die toendras.  Vandag is daar nog mense wat so instinktief leef en wanneer die Eerste wêreld met sulke mense in aanraking kom reageer die Eerste wêreld mense of in meerderwaardigheid of romantiseer die “noble savage.”   As teken dat mens die vorige vlakke transendeer maar ook inkorporeer meld Beck en Cowan (2006:200) van verslae deur ervare avonturiers en spesiale magte soldate dat na ʼn paar weke in die bos hulle reuk en gehoor sintuie geweldig verskerp het.  Hierdie vlak is ook waar Jung se argetipes woon.  Die beste manier om mense op hierdie vlak te bestuur is deur “tender loving care,” veral wanneer dit by babas, Alzheimer pasiënte en bejaardes kom.  Hulle kan nie vra vir dit wat hulle nodig het nie, en soms weet hulle dit nie eers nie.

 

James Fowler (1995:119-134) in Stages of faith, noem die argaïese vlak suigelingskap en ongedifferensieerde geloof.  Wanneer die mens gebore word en in ʼn nuwe omgewing kom is die baba vir ten minste nege maande van ouerlike liefde afhanklik.  Die potensiaal vir ontwikkeling is daar maar die aktivering en verwerking van die mens aanpasbare kapasiteit hang van die vooruitgang van die mens se volwassewording en hoe die mense en kondisies van die omgewing die nuweling begroet.  Indien die omgewing geen nuwe verandering, of nuwighede voorbring om die baba uit te daag nie, sal die suigeling se bewegings en koördinasie, en nuuskierigheid ernstig getemper wees.  En indien daar niemand is om die baba te ondersteun nie, sal geen vertoue ontwikkel nie en die suigeling sal in desparaatheid verval.  Fowler (1995:120) noem dat navorsers meld dat op 7, 8 maande die baba reeds beelde van voorwerpe begin vorm en weet wanneer iets nie meer teenwoordig is nie; “and we are on the way toward knowing that we are separate from those we love and toward needing to experience ourselves as central in the world of “others”.”  Dit is ook op die tydstip dat die mens se voor-beelde van God gevorm word.  Fowler (1995:121) noem dat die beelde geskep word deur die mens se ervarings van wederkerigheid, “in which we form the rudimentary awareness of self as separate from and dependent upon the immensely powerful others, who were at our first consciousness. … I call these pre-images because they are largely formed prior to language, prior to concepts and coincident with the emergence of consciousness.”   Fowler (1995:121) sien dat die oorgang na die volgende fase begin met die sameloping van denke en taal, wat die gebruik van simbole in taal en rituele spel open.

 

Plotkin (2008:76) noem die eerste fase die Onskuldige in die Nes en volgens die Wiel begin die lewe in die Ooste maar eindig ook in die Ooste met die dood.  Die deurgang tot die eerste fase is geboorte en die Nes is ’n liefdevolle en beskermde omgewing wat die baba en jong kind versorg terwyl die suigeling die vroeë fases van fisiese en psigologiese ontwikkeling ondergaan.  Die take, wat deur die ouers en versorgers verrig moet word, is die preservering van die onskuld en die ontwikkeling van ’n gesonde, ongeskonde en kultureel lewensvatbare ego.  Die kwadrant is die Ooste waar die gees, lig, onskuld en wysheid gesetel is.  Die hemisfere is die Ooste en Suide wat op die indiwiduele wese gefokus is.  Die Onskuldige is die fase argetipe en die Gek is die kwadrant argetipe.  Die geskenk wat die baba aan die gemeenskap bied is juis die onskuld, verhelderdende teenwoordigheid en vreugde.  Die identiteitsirkel is van onbeperkte tot self-sentries en die fokus is die Gees en die oorgang uit die fase is die Benaming.

A.     Magies (Rooi)

Wilber (2000e:49) beskryf die fase se denke as animisties met magiese geeste, goed en sleg, wat oor die aarde sweef om seëninge en vloeke uit te deel en deur towerkragte gebeure te bepaal.  Mense vorm etniese stamme en die geeste bestaan in die voorouers en bind die stam aanmekaar.  Familiebande bepaal politieke verbintenisse.  Dit klink baie holisties maar is eintlik atomisties: “daar’s ʼn naam vir elke kronkel in die rivier maar geen naam vir die rivier nie.”  Die fase word verteenwoordig deur dolosgooiende sangoma vloeke, bloedbeloftes, oeroue wraaksug, gelukbringers, familierituele, magiese etniese geloof en bygeloof.  Dit kom meesal in Derdewêreldgebiede voor maar ook by bendes, sportspanne en “korporatiewestamme.”  Dis ongeveer 10% van die wêreldbevolking en het 1% van die mag.  Wilber (2006:92) noem dat Jesus op die magiese fase ervaar word as ʼn persoonlike verlosser wat wonderwerke kan verrig om die wêreld te verander om  “my” persoonlike behoeftes en begeertes te bevredig.  Omdat hierdie vlak prekonvensioneel en egosentries is gee Jesus, die “towenaar”, net om vir “my.”

Volgens Marion (2000:37) is die magiese bewussyn die van jong kinders tussen die ouderdom van 2 en sewe jaar.  Die magiese denke is tipies van hierdie vlak, met politeïstiese wêreld van gode, demone, feetjies en ander kreature, wat in die jong kind se verbeelding leef.  ʼn Kind op hierdie ouderdom is dikwels nie in staat om te onderskei tussen die inhoud van hulle eie verbeelding en van die wêreld rondom hulle nie.  Die kind se bewussyn is steeds egosentries en glo dat die wêreld om hulle draai.  Magiese bewussyn is ook die algemene vlak van bewussyn in die politeïstiese, animistiese en stamgeorganiseerde wêreld.

Steve McIntosh (2007:36-39) noem die vlak “Tribal Consciousness” in Integral consciousness.  Volgens McIntosh (2007:37) het alle mense ʼn stam of clan in die verre verlede gehad en is die kulturele ooreenkomste tussen die stamme van verskeie dele van die wêreld merkwaardig.  Die stambewussyn se persepsies van lewenskondisies is dat die wêreld misterieus en gevaarlik is en word deur geeste beheer wat voortdurend gepaai word.  Vrees is die dryfkrag agter baie besluite.  Die mense sal hulleself vir die groep en stam opoffer, hulle het respek vir die stamhoof en sal hom onvoorwaardelik gehoorsaam, maar so ook die stamgewoontes en taboes.  Die groep sal heilige rituele slaafs navolg en heilige plekke en voorwerpe bewaar.  Voorouergeeste word ook vereer en niemand sal groot besluite neem sonder die geeste se toestemming nie.  Die bydra van hierdie vlak tot die ontwikkeling van die indiwidu is dat familie- en groepslojaliteit gekweek word en dat die wêreld vol betowering is, dit stimuleer die verbeelding en daar is ʼn nabyheid van die natuur.  Die mense is bygelowig, gewelddadig, slawe van die groep, mak en naïef.  Die groep se ekonomiese bedrywighede is nomadies, veeboere en vroeë tuinbouers.  Die ontwikkeling van taal, die gebruik van vuur, klip en steen gereedskap vind hier plaas en hulle belangrikste wapen is die pyl en boog.  Die sjamaan en sy kruie-muti is die medisyne terwyl stam-mites en verhale van heldedade die mense inspireer.  Dit hoofman en sjamaan se woord is wet.  Die oorgangsaanhitsers is juis die onderdrukking van die indiwidu asook die ontwaking van die ego, vrees vir die dood, aanvalle van buite en die aanloklikheid van die vryheid en mag van die volgende fase wat McIntosh die krygerbewussyn noem.  McIntosh (2007:38-39) noem: “Tribal consciousness is a stage we must all pass through – a vital foundational level that must not only be transcended but also included in the healthy functioning of higher states of awareness.”

Beck en Cowan (2006:203-214) noem hierdie fase “PURPLE Kin Spirits – The Clannish vMEME.”  Beck en Cowan noem dat die menslike natuur alterneer tussen periodes van groei en periodes van konsolidasie.  Elke oorgang is staat van dinamiese spanning tussen meer komplekse vMEME wat besig om te verhelder en die oue wat besig is om te verdof.  Teen die einde van hierdie spanningsvolle oorgang, is daar stabilisering in ʼn nuwe vMEME wat gepas is vir die veranderde lewenstoestand.  Hierdie vMEME het ontwaak toe die suksesvolle Beige vMEME toegelaat is om haar nuuskierigheid oor die groot wêreld daarbuite te bevredig.  Beck en Cowan (2006:203) som die ingesteldheid van hierdie vlak soos volg op:

We seek safety and security for our kind through trust in blood relationships, extended family bonds, and magical powers which reach into the spirit world.  We honor our ancestors’ ways as sacred for they are even with us.  Our path is full of seasonal rituals, rites of passage, traditional music and dance.  We seek to live in harmony with nature and her ways through our ceremonies.

Die kollektief van die stam is belangriker as die indiwidu en die groep voel geaffronteer as een van hulle lede, van byvoorbeeld ʼn vakbond, afgedank is.  Die groep kom dan in opstand totdat die een in sy posisie herstel is.  Wanneer ʼn indiwidu bo die ander bevoordeel word, skep dit probleme van sy eie.

James Fowler (1995:122-134) noem hierdie, vir hom vlak een, intuitiewe-projekterende geloof.  Fowler (1995:133-134) som die vlak soos volg op:  Die Intuitiewe-projekterende geloof is ʼn fantasiegevulde, nabootsende fase waarin die kind permanent en kragtig deur voorbeelde, gemoedere, dade en stories van sigbare geloof van belangrike ouergesinslede beinvloed kan word.  Die fase is tipies van kinders tussen die ouderdomme 3 tot 7 jaar en word gemerk deur die relatiewe vloeibaarheid van gedagtes.  Die kind kom voortdurend in aanraking met nuwighede waarvoor sy nog geen stabiele manier van kennis gevorm het nie.  Die verbeeldingsprosesse wat die fantasiewêreld ondersteun is sonder beperking en ongeïnhibeerd deur logiese gedagtes.   Fowler (1995:133) wys daarop dat op die vlak die kind vir die eerste keer self-bewus word: “The “self-aware” child is egocentric as regards the perspectives of others.  Here we find first awarenesses of death and sex and of the strong taboos by which cultures and families insulate those powerful areas.”   Die gawe of ontluikende krag van hierdie fase is die geboorte van die verbeelding, die vermoë die ervaringswêreld in kragtige beelde te verenig en te begryp.  Die gevare in hierdie fase is die moontlike “besetenheid” van die kind se verbeelding deur van beelde van verskrikking en vernietiging en die uitbuiting van die kind se verbeelding in die bevestiging van taboes en morele verwagtings.  Die oorgangsfase is die ontluiking van konkrete operasionele denke.  Fowler (1995:134) stel dit so: “At the heart of the transition is the child’s growing concern to know how thing are and to clarify for him- or herself the bases of distinctions between what is real and what only seems to be.

Bill Plotkin (2008:112-164) noem hierdie fase “The Explorer in the Garden” en ook die middel kinderfase.  Plotkin (2008:112) beskou ʼn gesonde kinderfase een wat oorloop met wonder en spontane leerervarings op enige plek.  Alledaagse ontdekkings soos sprinkane, paddas, blare, klippe, stroompies, ander kinders, donkerte, en drome betower en lei die kind na ʼn ingewikkelde sfeer van misterie en betowering.  Plotkin (2008:114) verwys na die oorgangfase wat hy Benaming noem: “Between the end of the Nest and the onset of the Garden lies a transitional event of profound consequence: the dawning of a conscious self, the moment when a human being first apprehends the wondrous, terrible, and potent meaning of the word “I”. … Naming celebrates the psychological birth of the child, the achievement of a conscious social presence, an intact ego.”  Wanneer ʼn kind op hierdie draaipunt ʼn naam kry, word sy verder geïndiwidualiseer.  Sy word deur die gemeenskap op ʼn nuwe manier omvou.  Die taak van die kind op hierdie fase is om die dinge van die wêreld te leer en die kind se plek daarin te verstaan.  Die kwadrant is nog steeds die suide en oostekant, die argetipe is die ontdekker en die kwadrant argetipe is die weeskind.  Die gawe aan die gemeenskap is bewondering en die sirkel is sosiosentries terwyl die familie en natuur die middelpunt verteenwoordig.  Die deurgang na die volgende fase is puberteit.  Wanneer kontemporêre kinders sonder enige vryspel in die natuur of sonder die begeleiding van sielsentriese ouers grootword, is hulle geneig om eerder ʼn skewe beeld van fase een te beleef.  Plotkin (2008:154) waarsku: “Rather than experience a wonder-filled youth in field and forest and an irrepressible curiosity about creative cultural practices explores with friends and family, they are more likely to spend their days at the mall, in front of TVs, computers, and video games, and in classrooms where they are force-fed facts with little relevance or interest.”

 

C.     Mitologies (Amber)

Aanvanklik het Wilber (2000e:49) hierdie fase of vlak in twee verdeel naamlik die rooi magtige gode en die blou konformistiese voorskrif maar dit later in een gekombineer.  Dit is eerstens die rooi fase van die ontvouing van die self wat nie meer deel van die stam is nie.  Die vlak is magtig, impulsief, egosentries en heroïes.  Mitiese geeste, drake, gedrogte en magtige mense word vereer. Feodale heersers wat hulle onderdane beskerm in ruil vir gehoorsaamheid en arbeid.  Wilber (2006:92) noem dat Jesus op hierdie vlak as die Ewige Waarheidbringer ervaar word.  Hierdie fase is absolutisties in die geloofsuitsprake en daarom sal mense in die “Woord van God” glo of vir ewig in die hel brand.  Omdat hierdie vlak etnosentries is sal slegs diegene wat in Jesus as hulle persoonlike verlosser glo, gered word.  Die mense wat op die vlak is byvoorbeeld die rebelse jeug, baanbrekersgees, feodale koninkryke, epiese helde, James Bond skurke, huursoldate en wilde rocksterre.  Uit hierdie fase kom die konformistiese vlak waar die lewe betekenis, rigting en doel kry, waarvan die uitkoms deur die Almagtige Ander bepaal word.  Hierdie Regverdige Orde dwing ʼn gedragskode gebaseer op absolute beginsels van reg en verkeerd op ander af.  Oortreding van die kode en wette het katastrofale, miskien ewige verdoemende konsekwensies.  Hier is ʼn rigiede sosiale paternalistiese hiërargie wat ander deur skuldgevoelens kontroleer. Dit kom onder puriteins Amerika, Confuciunistiese Sjina, Islamitiese, Joodse en Christelike fundamentalisme, en die sogenaamde morele meerderheid voor.  Die groep is groter as die stam of familie van die vorige fase.  Gesamentlik verteenwoordig die groep 60% van die wêreldbevolking en maak 35% van die mag uit.

Jim Marion (2000:41-47) beskou hierdie vlak as die mitiese bewussyn van die pre-adolessent van die ouderdom 7 tot adolessensie en is die eerste van die verstandelike vlakke.  Dit is die bewussyn van die kind se ontluikende verstand of ego.  Die kind op hierdie vlak glo, baie soos die ouers, in die God in die Hemel wat allerhande soorte wonders kan verrig om aan die kind se behoeftes te voorsien.  Die kind leer om die self deur konvensionele reëls en rolle te definieer en verstaan haar selfwaarde in terme van gehoorsaamheid aan die reëls.  Tot onlangs was en is die mitiese vlak van die bewussyn die dominante vlak van al die wêreld se universele godsdienste, insluitend Christene.  Dit is daarom dat Marion sê:

For the adult Christian whose consciousness has not progressed beyond the mythic level of consciousness, it is important to convert the whole world to the one true Christian religion (and to make sure that governments enact laws that agree with what the believer has been taught are “Christian” morals) because, in the end, this is the only real way the mythic believer can safely secure his or her own righteousness.

Dit is egter nie net Christene wat hulle hierop beroep nie.  Volwasse Moslems op hierdie vlak het die wêreld op 11 September 2001 gewys hoe ver hulle sou gaan om die rasionele wêreld te vernietig.  Die mitiese vlak bied ook die eerste keer die moontlikheid aan ʼn ander groep om ʼn groter rol te begin speel, met ander woorde, met ander woorde, ʼn etnosentriese bewussyn.

Steve McIntosh (2007:39-42) het ook ʼn vlak tussen die magiese en die mitologiese wat hy die Krygerbewussyn noem.  Dit stem baie ooreen met Wilber se rooi magtige gode en daarom sal die studie nie hieraan aandag gee nie.  Die mitologiese vlak noem McIntosh (2007:42-48) die Tradisionelebewussyn wat ook bekend staan as die konformistiese bewussyn.  Die vlak het onstaan uit die brutale en chaotiese omstandighede wat deur die Krygerbewussyn geskep is en daarom beskou die Tradisionelebewussyn die wêreld as boos wat wet en orde benodig en waar God se heerskappy moet seëvier.  Die indiwidu sal die self terwille van die groep se transendente doelwit opoffer en daar is ʼn duidelike onderskeid tussen “reg” en “verkeerd”.  Daar is ʼn lojaliteit teenoor die mitiese orde en verlossing kom deur gehoorsaamheid en geloof.  Die bydra wat die vlak tot die gemeenskap maak is ʼn sin vir burgerlike plig, wet en orde, respek vir gesag en ʼn sterk morele agting vir groepslede.  Die negatiewe sy van die vlak is ʼn rigiede onverdraagsaamheid teenoor ander standpunte, dogmatiese fanatisme, vooroordele, fundamentalisme en chauvinisme.  Kontemporêre voorbeelde is tradisionele godsdienste, patriotiese nasionalisme en militêre organisasies.  Die strukture van die vlak is feodalisme en diktators.  Die sosiale ekonomie van die groep is landbouers, handeldryf en seevaart.  Die sleutel tegnologieë is skryfkuns, wette, gesentraliseerde politieke outoriteit, die wiel en godsdienstige gebruike en rituele.  Die groep gebruik tradisionele medisyne asook geloofsgenesing.  Die heilige geskrifte van die mitiese orde word as die waarheid aanvaar.  Die oorgangsnellers is hoër opvoeding, kognitiewe dissonansie veroorsaak deur skriftelike kontradiksies soos Nolte (2007:12-14) dit beskou.  Die mag van die wetenskap en die aanloklikheid van die rasionele denke is ook ʼn groot motiveerder vir verandering.

Soos die vroeë Wilber en McIntosh het Beck en Cowan (2006:214-228) ook ʼn rooi Power Gods of Egosentriese vMEME fase maar hierdie studie gaan die fase verby.  Beck en Cowan (2006:229-243) noem die mitologiese fase die BLOU WaarheidsKrag of die Doelgerigte vMEME.  Beck en Cowan (2006:229) beskryf die kernwaarhede van die lewensomstandighede van die Doelgerigte vMEME soos volg: “A single guiding force controls the world and determines our destiny.  Its abiding Truth provides structure and order for all aspects of living here on Earth and rules the heavens, as well.”  Hulle gaan voort om daarop te wys dat die indiwidu se lewe betekenis het omdat die vlamme van Verlossing in die indiwidu se hart brand.  Hierdie persoon volg die opgestelde Weg wat die indiwidu aan iets groters as sigself bind.  Die indiwidu op die mitologiese vlak staan vas vir dit wat reg en welvoeglik is, hou aan tradisie vas en onderwerp die self aan die direktiewe van die aangewese gesag.  “I willingly sacrifice my desires in the present in the sure knowledge that I look forward to something wonderful in the future.”

James Fowler (1995:135-150), noem sy fase twee die mities-letterlike geloof.  Fowler (1995:135) noem dat ʼn tienjarige se verstand iets fantasties is.  Dit kan byvoorbeeld die Guinness Book of World Records memoriseer en kan ʼn meer orderlike, liniêre en betroubare wêreld konstrueer.  Fowler (1995:149-150) som die fase soos volg op: Die Mities-letterlike geloof is wanneer die persoon begin om verhale en “geloofswaarhede” wat die nuwe gemeenskap simboliseer haar eie te maak.  Geloofsoortuigings en morele reëls en gesindhede word toegeëien deur letterlike interpretasies.  Simbole is een-dimensioneel en letterlik in betekenis.  The opkoms van die konkrete operasionele bewussyn beperk die vorige fase se verbeeldingryke skepping van die wêreld.  Die lewe neem ʼn meer liniêre narratief aan.  Die storie word die hoof manier om eenheid en waarde aan ervarings te gee.  Dit is die geloofsfase van die skoolkind, alhoewel dit ook by volwassenes voorkom.  Fowler (1995:149) noem ʼn belangrike faset: ”Marked by increased accuracy in taking the perspective of other persons, those in Stage 2 compose a world based on reciprocal fairness and an immanent justice based on reciprocity.”  Die akteur in die kosmiese verhale is antropomorfies en kan diep deur simbolies en dramatiese materiaal geraak word, maar staan nie terug om oor gebeure te reflekteer nie.  Die betekenis is in die narratief opgesluit.  Die nuwe kapasiteit of krag in hierdie fase is die opkoms van narratiewe en die storie, drama en mite as maniere om koherensie aan ervarings te gee.  Die beperkings van letterlikheid en die oormatige vertroue op die wederkerigheid as ʼn beginsel vir die konstruksie van ʼn uiterste omgewing kan tot gevolg hê dat daar ʼn oorgekontroleerde beheer oor wat mag en nie mag nie, plaasvind.  Fowler (1995:150) beskryf die eerste stap tot die oorgang na die volgende vlak, soos volg: “(It) is the implicit clash or contradictions in stories that leads to reflection on meanings.  The transition to formal operational thought makes such reflection possible and necessary.”

Puberteit ontsteek baie lonte, sê Bill Plotkin (2008:166), en dit is nie almal fisiologies of seksueel nie.  “We feel the explosive push and pull propelling us into the world to forge what seem like unconventional relationships.”  Elkeen kry nou die kans om ʼn merk in die wêreld te maak.  Die geslagsverskille begin saak maak, meer as op enige ander stadium.  Maar, sê Plotkin (2008:168), puberteit is nie net ʼn bondel seksdrange nie maar ook ʼn klomp kognitiewe, emosionele en sosiale ontwikkelings.  Dit moet alles in ag geneem word wanneer die ouers ʼn oorgangsritueel vir die jong mens reël.  Plotkin (2008:166) noem die vlak Vroeë adolessensie of die Oase, en die toegang tot die vlak is puberteit.   Die taak is om ʼn sosiale teenwoordigheid te ontwikkel wat beide outentiek (die taak teenoor die natuur) en sosiaal aanvaarbaar (die kulturele taak) is.  Die kwadrant is die suide wat emosies en die liggaam verteenwoordig en die argetipe is die toneelspeler en weeskind.  Die gawe aan die gemeenskap is die vuur wat binne in brand en is etnosentries van aard.  Die kernbelange is groepsdruk, seks en gemeenskap.  Oorgang uit die fase is Bevestiging wat die kandidaat die vlak suksesvol voltooi het.

D.     Rasioneel (Oranje)

Wilber (2000e:50) het aanvanklik die fase die Orange: Scientific Achievement genoem en wys daarop dat op hierdie vlak die self “ontsnap” van die kudde-mentaliteit van die vorige vlakke en soek die waarheid en betekenis op indiwidualistiese terme.  Die wêreld is rasioneel en ʼn goed geoliede masjien met natuurwette wat geleer, bemeester en na willekeur gemanipuleer word.  Die fase is hoogs prestasiegerig, veral materialistiese voordele.  Wetenskaplike wette beheer politiek, die ekonomie en menslike handelinge.  Besighede is aan die stuur van alle besluite in die samelewing.  Wilber (2005:35) is krities in sy beoordeling van mitologiese teoloë wat vashou aan hulle prerasionele en premoderne verstaan wat steeds sekularisasie as die Oersonde beskou: “There is more Spirit in reason’s denial of the mythic God than there is in myth’s affirmation of that God”.  Modernisme tref die onderskeid tussen die kulturele sfere van kuns (skoonheid), moraliteit (goedheid) en wetenskap (waarheid), of die self, kultuur en natuur.  Wetenskap is die objektiewe eksterne werklikheid, kuns is die persoonlike en subjektiewe, terwyl moraliteit die groep se kollektiewe subjektiwiteit verteenwoordig.   Tog is Wilber (2000d:97) ook baie krities teenoor modernisme:

The wonderful differentiations of modernity went too far into actual dissociation, fragmentation, alienation.  Dignity became disaster.  The growth became a cancer.  As the value spheres began to dissociate, this allowed a powerful and aggressive science to begin to invade and dominate the other spheres, crowding art and morals out of any serious consideration in approaching “reality.”

 Die wetenskap het die wedloop gewen en die kerk uitgedaag om wetenskaplike bewyse vir hulle geloof te verskaf.  Jesus op die rasionele vlak word ʼn vermenslike figuur, nog steeds volledig goddelik en ten volle mens, maar nou meer menslike op ʼn meer aanvaarbare manier, as ʼn leermeester van universele liefde van ʼn deïstiese God.  Wilber (2006:92) beskryf geloof in Jesus op hierdie vlak soos volg:  “Because this stage is the beginning of the postconventional and worldcentric stages, this is also the first of the stages of development that can find salvation through Christ Jesus but also allow that others might find equal salvation though a different path.”   Die siening van die werklikheid kom by die Verligting voor, in Ayn Rand se Atlas Shrugged, Wallstraat, die opkomende middelklas wêreldwyd, kosmetiese en mode industrieë, trofeejag, en materialisme.  Die groep maak ongeveer 30% van die wêreldbevolking uit maar hulle besit ongeveer 50% van die mag.

Jim Marion (2000:49-61) sien die rasionele bewussyn as die tweede verstandelike vlak wat ook die dominante bewussyn van veral die Weste is.  Hierdie vlak van bewussyn word gewoonlik in die tienerjare bereik, maar tog is daar baie volwassenes wat nog onvolwasse in hulle bewussyn is en wat nog vashou aan die mitiese vlak.  In vandag se wêreld, is die oorgang van die mitiese na die rasionele bewussyn die primêre spirituele taak van de tiener.  Tieners ondervind geweldige probleme wanneer hulle Christelike denominasies nie hierdie oorgang verstaan nie en soms probeer om die tieners op die mitiese vlak te hou.  Marion (2000:51) beskryf die pynlike proses soos volg:

In order for the teenager to be reborn into rational consciousness, the teenager must die to the mythic worldview, which can be an extremely painful process for teens who love God, but who belong to Christian denominations in which the leadership itself has not yet been able to successfully complete this transition.

Tog sê Marion (2000:49-61) dat daar wel verskeie maniere is om jong mense deur hierdie spirituele nagmerrie te begelei, onder ander om hulle wetenskaplike maniere van meditasie te leer.  Die studie sal in die volgende hoofstuk meer breedvoerig oor pastorale begeleiding aan gelowiges stilstaan.

Volgens McIntosh (2007:48-54) bied hierdie modernistiese bewussyn geleenthede vir beter lewensstandaarde en verbeterde sosiale posisies vir die indiwidu.  Dit bied ook aan die twyfelaar op die mitiese vlak die geleentheid om van onderdrukkende dogmatiese sisteme te ontsnap en om die misterie uit die natuurlike wêreld te haal.  Die verkryging van rykdom, status en die goeie lewe is van die belangrikste waardes op hierdie vlak.  Vooruitgang kan alleen deur die wetenskap en tegnologie bewerkstellig word.  Wen ten alle koste en die strewe na uitnemendheid bevestig die indiwiduele outonomiteit en onafhanklikheid van die indiwidu.  Die bydra wat die rasionele/moderniteit is dat meriete, in plaas van familiebande, ʼn belangrike rol speel.  Demokrasie is seker een van die belangrikste bydraes van hierdie fase.  Die opkoms van die middelklas help ook om uitnemendheid deur kompetisie te bevorder.  Die negatiewe van die fase is materialisme, nihilisme, die uitbuiting van ander, selfsug en hebsug is aan die orde van die dag.  Hierdie fase kan veral waargeneem word by die korporatiewe kultuur, kapitalisme, moderne wetenskap, hoofstroom media en professionele sport met J F Kennedy, Bill Gates en Carl Sagan as voorbeelde van moderniste.  Objektiewe waarhede wat fisies bewys kan word oorheers gesprekke.  Die oorgangsnellers is spirituele ervarings, onvergenoegdheid met besittings, die gevoel van leegheid, skuld en die aanloklikheid van “counter culture”.

Beck en Cowan (2006:244-259) noem hierdie fase ORANGE StriveDrive The Strategic vMEME en hulle (Beck en Cowan 2006:244)  opsomming van die kern van Oranje se lewenskondisies sê dit alles:

I want to achieve and win, and get somewhere in my life.  The world is full of opportunities for those who’ll seize the day and take some calculated risks.  Nothing is certain, but if you’re good, you play the odds and find the best choices among many.  You’ve got to believe in yourself first, then everything else falls into place.  You can’t get bogged down in structure or rules if they hold back progress.  Instead, by practical applications of tried-and-true experience, you can make things better and better for yourself.  I’m confident in my own abilities and intend to make a difference in this world.  Gather the data, build a strategic plan, then go for excellence.

James Fowler (1995:151-173) het nog ʼn fase tussen die mitiese en rasionele en hy noem dit die Sintetiese-Konvensionele geloof. Hierdie studie sal nie by hierdie vlak stilstaan nie aangesien baie daarvan reeds onder die mitiese behandel is.  Fowler (1995:174-183) noem die rasionele fase “Individuative-Reflective Faith.”  Fowler (1995:182) noem dat hierdie fase ʼn dubbele ontwikkeling het; die self, wat voorheen deur die groep bepaal is, eis nou om nie langer deur ʼn samevoeging van rolle geïdentifiseer te word nie.  Tweedens, in hierdie fase ontwikkel ʼn bewussyn van eie grense en ʼn eie siening van die werklikheid.  Die sterkte van hierdie vlak het te make met die vermoë om krities op die identiteit (self) en die uitkyk (ideologie) te reflekteer.  Maar hierin lê ook die gevare: ʼn oormatige vertroue in die bewustelike verstand en kritiese denke. Wanneer die indiwidu op die rasionele fase besef dat die lewe meer gekompliseerd is as wat die fase voorgee, word die eerste tree na die volgende vlak gegee.

 

Bill Plotkin (2008:231-299) het ook ʼn tussen fase wat hy die Draler in die Kokon noem wat min of meer met Fowler se fase 3 ooreenstem.  Met Plotkin (2008:302-345) se volgende fase, wat hy die vroeë volwassenheid en die Sielvakleerling by die Lewensfontein noem, draai hy sy rug op die materialistiese wêreld en fokus op die inisiasie van die siel.  Die taak van die indiwidu is om te leer hoe om die siel in die kultuur te akkommodeer – die aanwas en implementering van die aflewering sisteem vir die siel se kwaliteite.  Dit is die kwadrant in die Weste wat die siel, donkerte, misterie, die versteekte verteenwoordig.  Plotkin (2008:353) wys daarop dat Fase Vyf eindig wanneer die persoon een of meer sisteme vir die siel bemeester het en ophou om buite die self na instruksies en rolmodelle soek.  Die persoon begin om kreatiewe vorme wat uit die binneste opwel te verwerk.  Plotkin (2008:353) verduidelik dit so: “In a soulcentric setting, your community has already recognized for some time the performance of your vision in service to your people.  And your soul-rooted individuation has progressed to the point that, more often than not, you behave socially as the person you experience yourself to be privately.”  As ʼn Sielvakleerling verstaan die persoon gelydelik die kwaliteite van die siel op ʼn dieper vlak en ten spyte van die verskillende kulturele veranderings wat die persoon ondergaan is die siel die een konstante.

 

E.     Pluralisties (Groen)

Wilber (2000d:183-199) gee ʼn uitgebreide uiteensetting van postmodernisme in The marriage of sense and soul maar hierdie studie is beperk tot Wilber (2000e:50-51, 162-173) se Integral psychology.  Postmoderniteit poog om op verskeie maniere die reduksie van moderniteit, dit is om die dissosiale tussen kuns, wetenskap en kultuur tot net die wetenskap te reduseer, teen te werk Wilber (2000e:162) noem modernisme se reduksie “flatland,” en noem dat postmodernisme gekenmerk deur dit wat postmodernisme verwerp.    Postmoderniteit verwerp fondamentalisme, essensialisme, en transendentalisme, rasionaliteit en verteenwoordigende kennis.  “The reject grand narratives, metanarratives, and big pictures of any variety.  They reject realism, final vocabularies, and canonical description.”  Alhoewel postmodernisme baie deurmekaar klink, deel meeste drie kern aannames:

 

  1. Realiteit is nie alle opsigte ʼn voorgegewe nie, maar op merkbare wyses is dit ʼn konstruksie, ʼn interpretasie (en dit noem hulle konstruktivisme): die aanvaarding dat die werklikheid eenvoudig ʼn gegewe is, word “the myth of the given” genoem.

 

  1. Betekenis is konteksgebonde en die kontekste in eindeloos en dit word kontekstualisme genoem.

 

  1. Erkenning en kennis mag dus geen voordeel aan enige enkele perspektief gee nie.  Dit word integrale- aperspektivisme genoem.

 

Wilber (2000e:50) noem hierdie fase die Groen: Sensitiewe Self.  Die menslike gees moet bevry word van hebsug, dogma en absolute sekerhede. Gevoel en versorging oorheers koue rasionaliteit en daar is ʼn versorgende aanvoeling vir die natuur, Gaia en die lewe.  Dit is ook teen hiërargieë gekant en dink eerder in laterale verbindings.  Dit is gefokus op verhoudings waarin dialoog die botoon voer.  Hierdie paradigma word dikwels pluralistiese relativisme genoem.  Volgens Wilber (2000e:50) kom dit gewoonlik by diep ekologie, postmoderniteit, Nederlandse idealisme, Kanadese gesondheidsorg, humanistiese psigologie, bevrydingsteologie, Wêreldraad van Kerke, Greenpeace, diereregtegroepe, ekofeminisme, postkolonialisme, Foucault/Derrida, politieke korrektheid, mense regte en ekopsigologie voor.  Hierdie groep vorm 10% van die wêreldbevolking en besit ongeveer 15% van die mag.

Marion (2000:63-68) noem hierdie vlak “Vision-Logic Consciousness” en beskou dit as die hoogste van die drie rasionele vlakke van bewussyn.  Dit is ook die bewussyn van baie groot Ambagspersone en skrywers, soos Shakespeare, internasionale finansiers, wetenskaplikes en filosowe.  Hier gaan dit oor die identifikasie van die self met die abstrakte denke en die vermoë om vanuit verskillende perspektiewe enige saak te benader.  Dit is globaal in sy belange vir sake en persone.  Dit is in staat om globale probleme, bo die vermoë van een nasie of gemeenskap, op te los.  Tog is daar ook ʼn innerlike angs teenwoordig.  Meer en meer van die leierskap uit verskillende gebiede is besig om na hierdie vlak te beweeg.  Fundamentalistiese Christene wat steeds op die mitiese vlak is, beskou hierdie fase as gevaarlik.

Volgens Steve McIntosh (2007:56) beskou postmoderniteit die wêreld as uitbuitend en korrup wat besig is om die omgewing te vernietig.  Dit hou niks van die vlak materialisme van moderniteit nie en kom in opstand teen die lyding van ander.  Daarom sluit dit die voorheen benadeeldes in en soek konsensus in besluitneming, dit is sensitief teenoor omgewingsbewaring en alles wat “natuurlik” is.  Postmoderniteit bevorder multikulturaliteit en spirituele diversiteit, asook sensitiewe persoonlike groei van die “hele persoon.”  Dit het ʼn wêreldsentriese moraliteit, erken menslike potensiaal en het ʼn al groterwordende verantwoordelikheid teenoor mense en die planeet.  Postmoderniteit besing ook die vroulike aspek van die samelewing en het ʼn hernude spirituele vryheid en kreatiwiteit.  Negatiewe aspekte van postmoderniteit is dat dit relatiwiteit hoog aanslaan, is narsissisties en ontken enige vorm van hiërargie en het ʼn sterk afkeur van moderniteit en die tradisionele sienings.  Tog bevorder dit demokratiese sosialisme, konsensus komitees en self-gerigte spanne.  Minder as 5% van die wêreldbevolking is op die postmoderne vlak maar hulle besit 10% van die politiek mag.  Die ekonomie wat die groep bedryf is informasie tegnologie en staan nie-gewelddadige weerstand voor en is nie skaam oor hulle spirituele praktyke of om holistiese medisyne, homeopatie, kruie en selfs sjamaniese praktyke te gebruik nie.  Postmoderniteit hou van subjektiewe waarhede; “wat ook al vir jou reg is.”  Die oorgangsnellers is ontevredenheid met die soektog en die mislukking van alternatiewe kulture om genesing of antwoorde te verskaf asook die groeiende koste verbonde aan regte en bemagtigings.  Die begeerte vir beter resultate en die aanloklikheid van integrale oplossings help mense op die postmoderne vlak om na die Integrale fase te beweeg.

Beck en Cowan (2006:260-273) noem die vlak GROEN Menslike Band – Die Relativistiese vMEME.  Lewe is om elke oomblik te beleef.  Mense kan hulleself verstaan en besef hoe wonderlik dit is om mens te wees as almal net mekaar as gelykes en as ewe belangrik wil aanvaar.  Almal moet deel in die genot van saamwees en vervulling van alles.  Elke gees is aan ander in die gemeenskap verbind, elke siel reis saam.  Mense is interafhanklike wesens opsoek na liefde en betrokkenheid.  Slegte gesindhede en negatiewe dogmas verdwyn sodra mense binne hulleself en ander kyk en die innerlike rykdom ontdek.

Alhoewel die vlakke duideliker word om raak te sien en te onderskei is die verskillende denksisteme baie breed en vloeibaar.  McIntosh (2007:61) verduidelik: “Again, these stages need to be understood not so much as types of people, but rather as types of consciousness within people.”  Mense wend ook verskillende waardesisteme vir verskillende aspekte van hulle lewens aan en die sisteme werk ook gewoonlik in pare:  McIntosh (2007:61) gaan voort: “Although modernism emerges in antithesis to traditional consciousness, the legacy of its native traditionalism continues to inform the modernist worldview until the appearance of the challenge of postmodernism.”  Soos elke vlak volwassenheid bereik, ontwikkel dit ook ʼn eie ortodoksie of ʼn “fase absolutisme.”  McIntosh (2007:61) noem dat die ortodoksie van byna al die belangrike godsdienste gedurende die twintigste eeu toegeneem het namate moderniteit en postmoderniteit sterker geword het.  Dit is die reaksie van die godsdienste teen sekularisasie.  McIntosh (2007:61, 62) wys dat modernisme en postmodernisme dieselfde verandering ondergaan:

Similarly, modernism’s orthodoxy can be seen in its atheism and scientific materialism, which insists that talk of anything nonmaterial, is nonsense.  And now as postmodernism is maturing, we can see manifestations of its orthodoxy in the strict political correctness that characterizes much of the education and entertainment establishments. … Every new level begins as an antithesis to what came before.  In the course of healthy development, this is then followed by a season of synthesis wherein a stage’s primary work is accomplished.  Then after its “prime time,” a stage of culture usually matures into more orthodox thesis of itself that eventually calls forth its own transcendence by a new level’s fresh antithesis.

Die eerste laag eindig met die pluralistiese vlak.  Die tweede laag is postrasioneel, met ander woorde, die rede kan nie die volgende vlakke beredeneer of logiese antwoorde opdis nie.  Tog is dit nie irrasioneel of prerasioneel nie.  Wilber (2000d:217-218) noem die “three strands of knowing”, die manier waarop die wetenskap kennis versamel.  Die drie stappe van kennis is: “1. Practical injunction: if you want to know this, do this. 2. Direct apprehension: This is the immediate experience of the domain brought forth by the injunction. 3. Communal confirmation (or rejection): This is a checking of the results … with others who have adequately completed the injunction and apprehensive strands.”  Wilber (2000d:223-233) pas die stappe op die godsdiens toe en wys daarop dat niemand mitologiese dogma kan bewys nie maar wel die postrasionele ervarings.  Wilber (2000d:232) verduidelik dit so: “Thus: take up the injunction or paradigm of meditation; practice that cognitive tool until awareness learns to discern the incredibly subtle phenomena of spiritual data; check your observations with others who have done so.… And the verification of that transcendental data, the existence of Spirit will become radically clear.”  Dit kan alleen met die oog van kontemplasie raakgesien word.  Met verwysing na twee Christen mistici, Buenaventura en Hugh van St. Victor, onderskei Wilber (2000d:101; verg. 2001:2-7) drie verskillende “oë” om na die werklikheid te kyk.

Every human being has the eye of the flesh, the eye of the mind, and the eye of contemplation.  Each of these modes of knowing discloses its own corresponding dimension of being (gross, subtle, and causal), and thus each is valid and important when addressing its own realm.  This gives us a balance of empirical knowledge (science), rational knowledge (logic and mathematics), and spiritual knowledge (gnosis).

Die eerste laag (argaïes, magies, mitologies, rasioneel en pluralisties), is dus die domein van die oë van die liggaam/vlees en die verstand.  Die volgende laag (integraal en interpersoonlik) kan alleenlik met die oog van kontemplasie raak gesien word.  Die oog van die vlees en die oog van die verstand verwerp enige nie- of postrasionele verwysings.  Dit is hoekom Claire Graves, asook Beck en Cowan (2006:274-275) in hulle navorsing van die ontwikkeling van die menslike bewussyn ontdek het dat die gaping in perspektief tussen die eerste en tweede laag taamlik groot is:

The First Tier of human development, the “action man” phase of the BEIGE through GREEN vMEME, is the culmination of our primate nature. … The brightening of every new vMEME is a major step in human development.  But the GREEN to YELLOW transition is, as Graves called it, “a momentous leap” which takes us over from First Tier Subsistence Levels to the Second Tier’s Being levels.

Wilber (2000e:51) merk op dat met hierdie Tweede Laag Bewussyn, die mens vertikaal en horisontaal kan dink en beide hiërargieë en heterargieë gebruik; en vir die eerste keer: “vividly grasp the entire spectrum of interior development, and thus see that each level, each meme, each wave is crucially important for the health of the overall spiral.”  Hierdie perspektief kan alleenlik met die oog van kontemplasie gesien word.  Daarom sal die volgende vlakke vir die leser soms as esoteriese absurditeite voorkom maar soos die studie, met behulp van Christelike mistieke teologie en ander, sal aantoon dat die vlakke deel van die ontwikkeling van die menslike bewussyn of geloof is.

Marion (2000:69) voeg tussen die pluralistiese en Wilber se Integrale vlak nog ʼn vlak hier in en noem dit die Psigiese Bewussyn[1].  Wilber (2000a:287) som die vlak soos volg op: “If the first three general domains were those of matter, life, and mind, the next general domain (that of the psychic and subtle) is the domain of the soul, as I will use the term.  And the first rule of the soul is: it is transpersonal.”  Hier identifiseer die mens die self nie langer met die rasionele verstand nie maar eerder met die innerlike getuie wat die liggaam, emosies en die verstand waarneem.   Die innerlike getuie as die permanente self, die deel van die self wat buite ruimte en tyd is.   Dan raak Marion (2000:69) aan die dinge wat vir baie na New Age oppervlakkighede klink.  “The permanent self has senses such as clairaudience and clairvoyance that roughly parallel the physical senses, and which are referred to in the New Testament.  Persons with psychic consciousness may make use of abilities such as healing by laying on hands, prophecy, and speaking in tongues.”  Marion (2000:83) meld dat die vroeë Christene, as deel van hulle navolging van Jesus en sy dissipels, erns met hulle psigiese vermoëns gemaak het.  Dit sou egter nie lank duur nie.  Sedert die Christelike godsdiens slegs op die mitologiese vlak gefunksioneer het, het alle psigiese magte onder verdenking gekom.  Vandag beskou baie Christene diegene met psigiese magte op die selfde manier as wat die Fariseërs Jesus veroordeel het, naamlik dat die magte van die duiwel afkomstig is.  Ontevrede Christene verlaat die kerk om by die New Age bewegings aan te sluit omdat die kerk nie aan hierdie ontwikkelde Christene ʼn tuiste bied nie.

Marion (2000:87-104) verwys na Johannes van die Kruis se “Donker Nag van die Sintuie” in sy beskrywing van die oorgang tussen die psigiese en die volgende subtiele vlak.  Marion (2000:88) wys daarop dat Johannes van die Kruis sy kaart van die geestelike pad êrens in die psigiese fase begin:

He calls the psychic level “the state of beginners,” whom he defines as “those who practice meditation on the spiritual road” but who are not yet “proficients.”  A person in this beginning state, is by John’s own definition, already a meditator, a person who has become accustomed to “praying always” with eyes focused more within than without (1 Thes. 5:17).  Not only that, but the person, like John himself, has already developed his or her inner psychic senses in a manner sufficient to actually see and feel with great accuracy the work that the spirit is accomplishing within the psyche.

Sodra die beginner bekwaam genoeg op die psigiese vlak is begin die oorgang na die volgende fase.  In die Christelike tradisie staan die subtiele energieë bekend as “infused contemplation,” met die klem op die handelinge van God terwyl die mediteerder die passiewe ontvanger is.  Marion (2000:89) meld dat die soort kontemplasie dikwels groot opskudding teweeg bring.  Daarom is dit raadsaam om nooit hierdie soort meditasie oefeninge sonder toesig aan te pak nie.  Dit is ook egter die fase waarin die mediteerder die donkerkant van die self ervaar.  Al die negatiwiteit moet na vore gebring word om heling te bewerkstellig.

Beck en Cowan (2006:275) noem die eerste stap op die tweede laag die GEEL FlexFlow Sistemiese vMEME.  Die doel van die lewe is om binne perke, onafhanklik te lewe, om soveel kennis as moontlik te bekom en om so realisties as moontlik om te gee.  Tog is die mens sy/haar eie persoon, aanspreeklik slegs teenoor jouself.  Beck en Cowan (2006:275)  verduidelik dit so:  “Continuing to develop along a natural pathway is more highly valued than striving to have or do. I am concerned for the world’s conditions because of the impact they have on me as part of this living system.”

Plotkin (2008:347) noem die fase Die Ambagspersoon in die Wildeboord wat die Laat Volwassenheidsfase is.  Die oorgang van die Lewensfontein na die Wildeboord noem Plotkin (2008:353 – 382) Die Inwyding: Die Oorgang na Volwasse Kunssinnigheid.  Wanneer die gemeenskap ʼn ritueel vir die Inwyding het gaan dit gewoonlik gepaard met ʼn rituele oorgawe van die rol van Vakleerling en die weggee van simbole; die bevestiging van die persoon se persoonlike kwaliteite wat tydens die Vakleerlingskap geopenbaar is en die erkenning van die persoon se gereedheid vir die volgende fase as Ambagspersoon.  Die “Wyses” herinner die “nuweling” aan die verantwoordelikhede van die Ambagspersoon en die natuur van die Wildeboord waarop die afneem van geloftes, die ontvangs van simbole wat die Ambagspersoon verteenwoordig en dan die onderneming van ʼn drie tot vier dae vas in ʼn eensame wildernis.  Dan begin die nuwe Ambagspersoon ʼn unieke rol in die gemeenskap vervul.  Plotkin (2008:356) vergelyk die ryp volwassenheid met ʼn wilde appelboom: “If we grow as nature and soul would have it, each of us blossoms peerlessly in adulthood.  Our fruit – our giveaways – are without equal, never seen before.”  Plotkin (2008:262) wys daarop dat die Ambagspersoon ʼn “ambag” in die vorige fase geleer en bemeester het en nou moet sy dit tot voordeel van die gemeenskap aanwend.   “The Artisan’s soul-infused creativity sows seeds of cultural renaissance. Every human culture, to remain healthy, sustainable, and vibrant, requires a constant renewal of ceremonies, crafts, cultural practices, and the arts. … Artisans are the primary spawners of these new creations.”  Volgens Plotkin (2008:363 – 369) hou die taak egter nie daar op nie.  Die ambagspersoon het ook ʼn ontwikkelingstaak om brûe te bou, die self te integreer en die argetipe energieë te dra sonder om daarmee te identifiseer.

 

F.     Integraal/holisties (Turkoois)

Wilber (2008:96) en sy medeskrywers, Terry Patten, Adam Leonard en Marco Morelli van Integral Life Practice: The 21st century blueprint for physical health, emotional balance, mental clarity, and spiritual awakening, meen dat die turkoois wêreldbeskouing op ʼn dieper vlak besef hoe alle idees konstruksies is, selfs die eie sin van die self.  Mense op hierdie vlak besef dat daar outomatiese beperkings op alle konseptuele prosesse is.  Hulle begin om simpatie te ontwikkel, nie vir enige perspektief nie maar “with the space in which all perspectives arise.”  Turkoois is in staat om met behulp van ʼn verskeidenheid van komplementêre gereedskap die inherente geheimenisse van ervaring te interpreteer. Alhoewel turkoois die deugde van alle fases van ontwikkeling kan waardeer is hulle nie blind vir hulle eie tekortkominge nie.   Indiwidue op hierdie vlak vind dit moeilik om soortgelyke denkers wat hulle kan verstaan en simpatie met hulle volle dimensionaliteit en diepte van bewustheid kan hê, te ontmoet.  Wilber (2008:96) noem dat selfs alledaagse denkprosesse begin om alle mense, lewende wesens en lewende sisteme in te sluit: “They become even more interested and committed to awakening and to rendering service to others and the world.”  Wilber (2000a:301) wys daarop dat hierdie beweging na ʼn hoër bewussyn ʼn wyer identiteit na vore bring, “and the soul and God enter an even deeper interior marriage, which discloses at its summit a divine union of Soul and Spirit, a union prior to any of its manifestations as matter or life or mind, a union that outshines any conceivable nature, here or anywhere else.”

Marion (2000:105-114) noem hierdie vlak die Subtiele Bewussyn en meld dat na die dood van die “Donker Nag van die Sintuie” voel die bewussyn asof dit uit ʼn donker beknopte sel bevry is.  Die subtiele vlak is die laaste fase waarin die self met die menslike persoonlikheid geïdentifiseer word.  Marion (2000:105) brei hierop uit:  “At the subtle level, our consciousness becomes capable of receiving direct communications from the causal level, the level of the soul. “

McIntosh (2007:84) noem dat die Integrale Bewussyn die vorige drie vlakke blameer vir die probleme van die wêreld: die globale krisis en die mislukking van postmoderniteit om enige realistiese oplossings aan te bied.  Mense op hierdie vlak verkry nuwe insig in hulle eie interne heelal, het vertroue in ewolusionêre filosofie en neem verantwoordelikheid vir die wêreld se probleme.  Hulle het ʼn hernude waardering van vorige vlakke se waardes en het die aspirasies om die   wetenskap en godsdiens met mekaar te versoen.  Die Mooie is die natuur en die kunste wat op elke vlak funksioneer en soek na die eenwording van ekstreme kontraste.  Die Goeie is vir die Integrale Bewussyn ewolusie en die “prime directive.”  Die bydra wat die integrale bewussyn tot die spiraal lewer is ʼn praktiese wêreldsentriese moraliteit, medelye met alle wêreldbeelde en beskou spiritualiteit altyd in ontwikkeling.  Tog is daar ook negatiewe aspekte aan die vlak verbonde: dit kan elitisties, onsensitief en ongeduldig wees.  Bekende persoonlikhede op hierdie vlak is Albert Einstein, Teilhard de Chardin en Alfred North Whitehead.  Die oorgangsnellers is die behoefte vir ʼn groter voel van gemeenskap, spirituele ervaring en die aanloklikheid van ʼn postintegrale kultuur.

Beck & Cowan (2006:286-292) beskryf hulle laaste ontwikkelingsvlak as Turkoois Globale Siening of te wel die Holistiese vMEME.  Turkoois is die Tweede Stap op die Tweede Laag.  Die sentrale tema van Spiral Dynamics is dat omgewingsfaktore (tyd, plek, kondisies en omstandighede) sisteme in mense en gemeenskappe wakker maak om nuwe lewensomstandighede te kan hanteer of daarby te kan aanpas.  Sommige indiwidue mag voor hulle tyd gebore wees.  Beck en Cowan (2006:286) beskryf die toestand so: “Their minds may be set for an age just beyond the horizons of most others.  In the best of times, they are revered as prophets, pathfinders, and visionaries.  In other ages they are imprisoned, burned-at-the-stake, or banished to crazy-land.”  Die nuwe millenium beleef aansienlik baie apokaliptiese profesieë en visies van kataklismiese eindtye, tegnologiese ontwikkeling en omgewingskrisisse wat die vermoë het om ʼn ontwikkelingbom te detoneer wat die rigting van die mensdom kan verander.  Beck en Cowan (2006:286) jaag nie spoke op nie:

In Graves’ perspective, evolutionary ‘bombs’ have exploded on the planet seven times previously.  Early vibrations from the eight blow-up, the release of the TURQUOISE world, are presently being felt.  Once again here we are setting up the conditions for a major swing of the pendulum back toward the sacrificial/collective pole, the first time in the Second Tier. When a new human form occurs, whether a new pattern of behavior or a new vMEME, certain ‘mutant’ forms usually appear before the new ‘habit’ sticks.  These may arise over a period of years or centuries.  Eventually, a new critical mass must gather to ensure that almost everyone is doing it, or being it.  Then the novel becomes the normal.

Tans is die Turkoois vMEME is die embrioniese fase en die eienskappe wat tans beskikbaar is, is die vermenging en harmonisering van ʼn sterk kollektiewe van indiwidue.  Die fokus is gerig op die voordeel of goeie vir alle lewende wesens as geïntegreerde sisteme.  Daar is ook ʼn uitgebreide gebruik van menslike brein en verstandelike gereedskap en bekwaamhede.  Die self is deel van ʼn groter, bewustelike en spirituele geheel wat ook die self dien.  Globale netwerking word as roetine aanvaar terwyl almal strewe na minimalistiese leefwyse om die gesegde, “minder is eintlik meer” te verwesentlik.

Plotkin (2008:387) wys dat die Noordelike punt in die Wiel die Kroning verteenwoordig en stem ooreen met die middernag in die 24-uur siklus waar die ego bewussyn, “completes its adaptation to the dark, so that you are able to see keenly into the hidden dimensions of the world and to conduct yourself in the “light” of that knowledge.”  By die Kroning doen die mens afstand van die bewustelike gehegtheid aan die sigbare vergestaltings van die siel en keer die aandag op die domeine wat weier is as die indiwiduele siel.  Plotkin (2008:383) noem die fase na die Kroning die Meester in die Bos van Wysheid.  Die kern van die Wyse se lewe, volgens Plotkin (2008:389) het nou verskuif van die dieptes van die eie siel na die dieptes van die gemeenskap se siel, “from the innovative performance of your art to the integrity and well-being of the world.”  Die persoon is ook nie meer ʼn vakleerling of ʼn ambagspersoon nie maar nou die Meester en strewe nie meer of die ambag te vervolmaak nie, maar eerder om nou ander se mentor in hulle ontwikkeling te wees.  Plotkin (2008:395 – 401) noem vyf take in die omgee vir die siel van die meer-as-mens gemeenskap:

 

  1. verdediging en versorging van die onskuldige en verwondering van kinders
  2. mentorskap vir en inisiëring van adolessente
  3. begeleiding van volwassenes in hulle sielswerk
  4. leiding in die ewolusie of transformasie van die kultuur en
  5. behoud van die balans tussen die menslike kultuur en die groter Aardsgemeenskap.
G.     Transpersoonlik (Indigo)

Die volgende vlakke se konkrete inhoud vervaag omdat daar nie ʼn oorvloed van mense is wat ”hiervan kan getuig nie.  McIntosh (2007:94) verduidelik dit so:

Once we move beyond the discussion of this next immediate wave of development, we find ourselves relying on evidence that is far more speculative than what we have so far marshaled for the idea of integral consciousness.  Nevertheless, I don’t think there’s any doubt that there are higher stages of consciousness, and that many people past and present have achieved these levels in their personal development.  But as we have seen, consciousness and culture develop together.  So although we can point to evidence of higher stages (such as those achieved by saints, sages, and other spiritual adepts), we cannot point to cultural development in large groups that correspond to these levels.

Wilber (2008:96, 97) noem dat die Indigo fase die eerste werklik transpersoonlike vlak is, wat beteken dat ʼn persoonlike selfbewussyn verby die persoonlike strek.  “It goes beyond an exclusive identification with the personality, while including the personality in its signature uniqueness.  By its very nature Indigo worldview begins to transcend the separation of the subject from the object.“   Hierdie vlak word ook gekenmerk deur die skuif na ʼn hoogs intuïtiewe, buigbare en vloeiende verhouding met ervaring.  Volgens Wilber (2008:97) is daar ʼn belangrike verskil tussen Turkoois en Indigo: Turkoois bedink alles deur visie, terwyl Indigo sien die Geheel sonder om alles te probeer verbind.  Nog ʼn kenmerk van Indigo volgens Wilber (2008:97) is: “Systemic and transpersonal wholes are simply apparent, including ecological, political, and cultural wholes that transcend the individual.  The personal self-sense opens into these larger systems, identifies with them, and often feels a profound sense of openness, particularly in the waking state and gross realm.”  Indigo sien nie net deur die ego-self nie maar laat vaar dit as die sentrum en verwysingpunt waarvan die komplekse dans van verhoudings, prosesse en ervarings altyd gesien is.  Dit verslap die spanning of stres tussen indiwidualiteit en onderlinge verbintenisse.  Die lewe word op ʼn radikale elastiese tydskaal gesien, wat strek van minute tot jare tot leeftye tot millenia tot diep tyd tot radikale tydloosheid of pure ewigheid.

Marion (2000), in Putting on the Mind of Christ, voer die ontwikkel van die bewussyn verder en gebruik Johannes van die Kruis se meesterwerk, Dark night of the soul, om die oorgange van die volgende vlakke te verduidelik.  Marion (2000:117, 118) beskryf dit so:

The Dark Night of the Soul constitutes the transition from the subtle to the causal levels of human consciousness.  It is the transition during which our identification of ourselves as human personalities finally gives way to the realization of our divinity. … Once our human consciousness begins to move beyond personality (and, by definition therefore, beyond spacetime and spacetime language), the multidimensional world that begins to come into view can only be glimpsed “through a glass darkly” as St. Paul said (1 Cor. 13:12)

Dit beteken nie dat daar geen duidelikheid oor die waarheid is nie.  Die teenoorgestelde is waar; baie waarhede kan nou met groot duidelikheid gesien word.  Marion (2000:118) noem dat daar tog daardie aspekte van die vlakke is wat misterieus bly.  “Awe, wonder, and amazement constantly occur in these realms and are indeed the fuel that keeps us striving ever onward to God, despite the terrific dangers and obstacles.”  Die dood en hergeboorte van die Donker Nag van die Siel onderskei mense wat dink dat hulle gewone sterflinge is van diegene wat weet dat hulle goddelik en onsterflik is.  Die mens betree die Donker Nag van die Siel oortuig dat hulle sondig en gevalle is en dat hulle verlossing nodig het en kom daaruit wetende dat ons altyd sondeloos en gered is.  Verskyning in hergeboorte vanuit die Donker Nag van die Siel verower beide die dood en sonde, soos Paulus daarvan in 1 Korintiërs 15:55-56 getuig.

Wilber (2006:99) verbind die Donker Nag van die Sintuie, van die Siel en van die (kousale ) Self met die verskillende state van bewussyn:

Generally these dark nights occur in the transition phases between states, or the passing of Wakefulness (and hence identity) from gross-body waking to subtle-soul dream to causal-self formless to radical nondual.  That is, dark nights tend to appear at the boundary between those general states as attachment to, or identity with, those states is let-go of or surrendered.  The states themselves (and their general realms of being and knowing) remain and continue to arise, but identity with them is stripped, and that “stripping” constitutes the respective dark nights of the senses, soul, and self – causing a dark night of the senses, a dark night of the soul, and a dark night of the self.

Marion (2000:119-125) brei hierop uit om die vraag op baie se lippe te beantwoord: Hoekom moet die gelowige wat tot hier gevorder het, hierdie lyding van die doop deur vuur en die Gees ondergaan?  Daar is vier redes: die eerste is intellektueel en het te make met die wete wie ons werklik is.  Die tweede rede is die reiniging van ons emosies wat die mees menslike eienskap is.  Marion (2000:120) stel dit so: “All of us have incarnated here for one reason only; to learn to love, to love as Jesus did.  This cannot be done as long as our emotional bodies are not thoroughly purified by the death and rebirth of the Dark Night.”  Die derde rede vir die lyding is dat ons huidige persoonlikheid nie die enigste geïnkarneerde persoonlikheid wat ons siele geskep het, is nie.  Daar was voorheen baie ander persoonlikhede en die lyding is as gevolg van hierdie ongesiene dele van die siel.  Die vierde rede vir die psigiese lyding is ook transpersoonlik.  Volgens Marion (2000:123) is die lig en donker in elke mens aan ander verbind: “The Christian in the Dark Night like Jesus on the Cross, is allowed to participate in the redemptive work of the Christ (Col. 1:24),” waarin Paulus sê: “Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie.  Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk.

In Sex, ecology, spirituality noem Wilber (2000a:309) die vlak die kousale fase.  Op die subtiele vlak verenig die Siel en God, “in the causal level, the Soul and God are both transcended in the prior identity of Godhead, or pure formless awareness, pure consciousness as such, the pure Self as pure Spirit (Atman = Brahman).”

Marion (2000:183-195) noem die kousale fase die Christus Bewussyn.  Op hierdie vlak word die Christen met sy of haar ware Christus Self geïdentifiseer wat as ʼn geestelike eenheid met God die Skepper gesien word.  Op hierdie vlak kan die gelowige waarlik sê: “Dis nie ek wat lewe nie, maar Christus wat in my leef.”  Die persoon met Christus Bewussyn sien alle ander mense as die Christus en tree soortgelyk teenoor almal op.  Dit is die vlak van ware Christelike liefde, waar die spirituele liefde identies is aan wat die Boeddhistiese meesters ware barmhartigheid noem.  Die persoon met Christus Bewussyn is vry van neurotiese projeksies en emosionele verslawing en is in staat om alleenlik in die teenwoordige te lewe, merkwaardig objektief van alledaagse probleme en angstighede.  Marion (2000:183) merk die kommunikasie met God soos volg op: “One is able to commune silently with God, now seen as the Great Void or Mother Creator within.  From which all creation and creativity arises.”  Hierdie is die eerste vlak van menslike bewussyn, wat nie as ʼn menslike persoonlikheid opereer nie, maar as ʼn gerealiseerde goddelikheid.  Daar is ook innerlike vrede want die binneste is nie meer onderverdeel nie.  Hierdie fase kan lank duur en die geestelike pad na die Koninkryk van God is lank en moeisaam.  Dit is hoekom Christene vroeg moet begin en hard moet werk.  Daar is geen terugkyk of omdraai nie.

Wilber (2000a:317) sien die kousale nie as die laaste woord nie.  “When one breaks through the causal absorption in pure unmanifest and unborn Spirit, the entire manifest world arises once again, but this time as a perfect expression of Spirit and as Spirit.  The Formless and the entire world of manifest Form – pure Emptiness and the whole Kosmos – are seen to be not-two (or nondual).  The Witness is seen to be everything that is witnessed.”  Wanneer alle dinge niks anders as God is nie, dan is daar geen dinge nie, en geen God nie, alleenlik dit.  Daar is dan niemand om waar te neem nie en niks om waar te neem nie.  Wilber (2000a:318) wys daarop dat dit die radikale einde van alle egosentrisme, geosentrisme, alle biosentrisme, alle sosiosentrisme, alle theosentrisme is, omdat dit die einde van alle sentrismes is.

Marion (2000:197-214) beskryf hierdie nie-dualistiese bewussyn as die opvaar na die Koninkryk van die Hemel, wat die einddoel van die Christelike geestelike weg asook van al die groot kontemplerende godsdienste is.  In die Christelike Nuwe Testamentiese mitologie word die toegang tot die nie-dualistiese vlak van die Koninkryk van God gesimboliseer deur die hemelvaart van Jesus.  Marion (2000:197) beskryf die gevolg so:

With the nondual consciousness of the Kingdom of Heaven on Earth, the person comes into what past Christian mystics have referred to as the “beatific vision.”  This is the end of the human spiritual path, that is, the end point of the evolution of human consciousness on Earth.  Were all humans to realize the nondual consciousness of the Kingdom, this beautiful blue-green globe would indeed be Heaven on Earth

Die nie-dualistiese Koninkryk van God is die boodskap wat Jesus verkondig het.  Indien die kousale vlak deur vrede gekenmerk word, is saligheid en vreugde die eienskappe van die nie-dualistiese fase.   Marion (2000:198) noem twee redes hoekom hierdie fase as die tweede vlak van goddelikheid beskou word:  eerstens, gelowiges moet deur al die vorige fases beweeg voordat hulle hier kan arriveer.  Tweedens, soos deur die liggaam en die verstand ervaar word, is die vlak se energievibrasies hoër in frekwensie as die ander vlakke.  Die mens moet verder ook van alle polariteite afstand doen.  Die gelowige moet van die “pad afval” om hier te kom en moet ophou om die spirituele weg as ʼn pad te beskou.  Marion (2000:198-199) beskryf dit so: “We have to once and for all simply surrender to what has been all along: our divine identity now consciously realized and seen.”  Hierdie vlak is nie werklik ʼn vlak nie maar eerder die goddelike grondslag van bestaan waarop alle vorige vlakke gegrond is.  Hierdie vlak is dus nie bo die Christus Bewussyn vlak nie maar eerder ʼn vervulling daarvan (Johannes 10:30, 38).  Op die nie-dualistiese vlak van die menslike bewussyn verdwyn alle dualiteite.  Dit beteken die verwydering van subjek en objek in ons bewussyn versmelt.  Die siener word die een wat gesien word sowel as die oog wat sien.  Christus en die Vader word nou nie as twee maar as een waargeneem.  Die Christus, en enige een wat vir Jesus as die Christus tot hierdie vlak gevolg het, is nie langer in die ek-U verhouding met God nie maar in ʼn Ek-Ek eenheid, ʼn reine subjektiwiteit sonder ʼn objek.

Volgens Matthew Fox (1980:104, 178, 242), se vertaling van Breakthrough: Meister Eckhart’s creation spirituality in new translation, het Eckhart die gelowiges geadviseer om hulleself van alles te ontledig: “That is to say, empty yourself of your ego and empty yourself of all things and of all that you are in yourself and consider yourself as what you are in God.  God is a being beyond being and a nothingness beyond being.  Therefore, be still and do not flinch from this emptiness.”  Dan beskryf Eckhart (Fox 1980:218, 217, 215) die nie-dualistiese visie wat van die radikale ontlediging kom soos volg:

In the breakthrough, where I stand free of my own will and the will of God and of all his works and of God himself, there I am above all creatures and am neither God nor creature … I discover that God and I are one … I am an immovable cause that moves all things … there I had no God and was cause of myself… There I stood, free of God and of all things.  But when I took leave from this state and received my created being, then I had a God (Creator).

Die ontwikkeling van die menslike bewussyn is dus ʼn moeilike pad om te volg.  Die roete tot die mitologiese en selfs die rasionele vlakke is dikwels sonder inspanning maar sodra die mens van die pluralistiese na die postrasionele vlakke wil beweeg is geestelike oefening nodig.  Meer hieroor sal in die volgende hoofstuk behandel word.

Plotkin (2008:416) noem die laaste fase; Die Wysgeer op die Berg wat die laaste wysheidsfase is waar die Oorgawe die fase inlei:

Upon reaching Surrender, you stand at the northeast point of the Wheel.  You’re taking leave of the North quadrant and making you return to the East, the quadrant you left almost a lifetime ago, at Naming – age three or four.  While your acquisition of an ego was celebrated at Naming, now you release your attachment to ego at Surrender.  In a sense, Surrender is the undoing of Naming; it is when you forget your name, your way of self-designation that separates you from other things.

Plotkin (2008:417) vergelyk die psigies-spirituele skuif van hierdie fase met Zen-Boeddhiste se satori en die Hindu se samadhi.  Maar hier is dit nie meer net ʼn tydelike staat nie maar ʼn volledige bewussyn wat die gevolg is van ’n leeftyd se groei deur all die sielsentriese fases van die menslike lewenssiklus.  In die laaste fase (Plotkin 2008:423–432) is daar nie meer take in die eng sin van die woord nie maar wel vier kategorieë van dinge wat gebeur om die wêreld te voed en te onderhou: i) deel die wysheid met almal; ii) die koördinasie van die menslike ryk met die kosmologiese ryk; iii) mentorskap deur middel van die sigbare blywende teenwoordigheid en iv) die voorbereiding vir die dood.