Deur: EBEN SCHEFFLER

Datum : So 19 Jun 11

Die Christendom (soos verteenwoordig in die verskillende kerke en buite-kerklike bewegings) word vandag al hoe meer gekonfronteer met die feit dat die godsdiens wat rondom Jesus as die Christus ontwikkel het, nie dieselfde is wat die mens Jesus van Nasaret verkondig het nie.

In hierdie lesing word ongeveer 20 aspekte van die godsdiens van die historiese Jesus onderskei en daar word geargumenteer dat hierdie godsdiens uiters broodnodig is in die (post)moderne wêreld.

Jesus se godsdiens is die kind wat nie met die badwater van enige hervorming van die Christendom uitgegooi kan word nie. Dit konfronteer alle manifestasies van die Christendom voortdurend, ter wille van laasgenoemde (en alle gesonde godsdiens) se eie oorlewing, asook ter wille van die oorlewing van die planeet met die mensdom en die natuur daarop.