Deur: CHRIS MARAIS

Datum : So 23 Okt 11

Chris Marais, ‘n voormalige predikant, praat oor sy nuwe bediening en godsdiens.
Hy reken dat die verlossingsleer van die kerk daartoe gelei het dat die MENS in baie opsigte die sentrale tema van geloof geword het en dat daar nie meer ‘n onvoorwaardelike eerbied vir die SKEPPING EN DIE SKEPPER-GOD is nie.
Hy stel ‘n skeppings-spiritualiteit voor- “dien die natuur en jy dien jou Skepper”.

Chris is tans die Uitvoerende Hoof van die Leadership for Conservation in Africa, ‘n maatskappy met die visie om 20 miljoen hektaar reënwoud teen die jaar 2020 te red – die bewaring van reënwoude in Afrika.