1.     ‘n Kort Historiese Oorsig

1.1 Nuwe benadering.

Daar bestaan vandag onder historiese navorsers en argeoloë werksaam in Israel interessante nuwe teorieë oor die oorsprong van die Bybelgeskrifte en hoe argeologiese data kan bydra tot ’n beter begrip en verstaan daarvan. Israel Finkelstein en Niels Asher Silberman is twee kundiges op die gebied van argeologiese en historiese navorsing wat die wêreld letterlik op hol het met hulle verfrissende nuwe benaderings tot die geskiedenis en interpretasies van argeologiese data.

Hulle verteenwoordig ’n nuwe generasie van argeoloë wat in Israel/Palestina werksaam is. Hulle gebruik die jongste argeologiese navorsing en skilder ’n dramaties ander prentjie van Israel en haar bure as wat vorige generasie argeoloë gedoen het. Hulle reken dat belangrike getuienis (of ’n duidelike afwesigheid daarvan) by sommige opgrawings in Israel, Egipte, Jordanië en Libanon die indruk skep dat baie van die bekende verhale in die Bybel soos (1) die omswerwinge van die aartsvaders, (2) die uittog uit Egipte, (3) Joshua se verowering van Kanaan en (4) Dawid en Salomo se groot koningkryke, die werk van latere outeurs was en dat hierdie verhale nie op historiese feite berus nie.

Vandag bevraagteken die nuwe generasie argeoloë wat in Israel werksaam is hierdie tradisioneel biblisistiese lees van die Bybelgeskrifte en maak gebruik van die jongste argeologiese getuienis om ’n nuwe blik op Ou Israel daar te stel. In die proses slaag hulle daarin om stimmulerende en kontroversiële perspektiewe te gee oor wanneer en waarom die Bybel geskryf is en waarom dit vandag nog soveel geestelike en emosionele krag besit.

1.2  Bensdering in die 18e en 10eeu.

Vir etlike eeue het kundiges die Bybel gebruik as primêre bron om beide die materiële en spirituele wêrelde van die Bybel te verstaan. Vroeë kritiese analise van die Bybel gedurende die 18e en 19e eeu was uitsluitlik daarop gefokus om te bepaal of sekere verhale in die Bybel feitelik korrek is of nie. Hierdie gerigtheid het teen die einde van die 19e eeu gelei tot ‘n optimisme dat deur kritiese analise van die geskrewe teks “feitelike” vrae opgelos kan word. Dit sou die weg baan oor hoe die bybelse vertellings verstaan moes word.

Vir die grootste gedeelte van die 20e eeu het hierdie optimisme onder kundiges die gedagte laat posvat dat deur kritiese ondersoek van die Bybel, in die lig van historiese tekste, tesame met nuwe argeologiese ontdekkings in die bybellande, dit moontlik kon wees om ‘n sekulêre geskiedenis van die Bybel te skryf. Gevolglik het grootskaalse befondsing vir opgrawingsprojekte in die Heilige Land gedurende die eerste helfte van die 20e eeu die hoogte ingeskiet, veral tussen die twee wêreloorloë. Na die tweede wêreldoorlog het hernude opgrawings in die 1950’s tot mid 1970’s dié optimisme en belofte van ‘n “bybelse argeologie” reflekteer. Daar was ook noue samewerking tussen die navorsers, teoloë, antropoloë, private en staatsbefondsing en uitgebreide belangstelling van die algemene publiek.

Hierdie situasie het dramaties verander gedurende die laaste drie dekades van die 20e eeu. ’n Nuwe generasie argeoloë wat deeglik opgelei was, het argeologiese veldwerk gedoen in die modern state wat strek oor die antieke Bybelse wêreld. Hulle openbaar ’n meer sistematiese benadering tot argeologiese veldwerk watom ‘n sekulêre geskiedenis van die Bybel te skryf. Gevolglik het grootskaalse befondsing vir opgrawingsprojekte in die Heilige Land gedurende die eerste helfte van die 20e eeu die hoogte ingeskiet, veral tussen die twee wêreloorloë. Na die tweede wêreldoorlog het hernude opgrawings in die 1950’s tot mid 1970’s dié optimisme en belofte van ‘n “bybelse argeologie” reflekteer. Daar was ook noue samewerking tussen die navorsers, teoloë, antropoloë, private en staatsbefondsing en uitgebreide belangstelling van die algemene publiek.

1.3 Verandering in benadering aan die einde van 20e eeu.

Hierdie situasie het dramaties verander gedurende die laaste drie dekades van die 20e eeu. ’n Nuwe generasie argeoloë wat deeglik opgelei was, het argeologiese veldwerk gedoen in die modern state wat strek oor die antieke Bybelse wêreld. Hulle openbaar ’n meer sistematiese benadering tot argeologiese veldwerk wat daartoe gelei het dat hulle bevindings moeilike vrae om ‘n sekulêre geskiedenis van die Bybel te skryf. Gevolglik het grootskaalse befondsing vir opgrawingsprojekte in die Heilige Land gedurende die eerste helfte van die 20e eeu die hoogte ingeskiet, veral tussen die twee wêreloorloë. Na die tweede wêreldoorlog het hernude opgrawings in die 1950’s tot mid 1970’s dié optimisme en belofte van ‘n “bybelse argeologie” reflekteer. Daar was ook noue samewerking tussen die navorsers, teoloë, antropoloë, private en staatsbefondsing en uitgebreide belangstelling van die algemene publiek.

1.4 Opkoms van ‘n meer gespesialiseerde benadering tot argeologiese veldwerk en interpretasie.

Die opkoms van ’n meer gespesialiseerde dissipline (Syro-Palestynse argeologie) gedurende die laat 1970 en 80’s het saamgeval met nuwe metodologiese en wetenskapsgebasseerde benaderings tot argeologie. Daar word soms hierna verwys as “Nuwe Argeologie” (New Archaeology) of “prosessiële argeologie” (processual archaeology). Die opkoms van prosessiële argeologie het die breuk tussen Bybelkunde en veldargeologie, wat alreeds voor die 1970’s begin het, vererger  soos wat nuwe wetenskaplik basseerde ondersoeke nie daarin kon slaag om Bybelse gebeure te “bewys” nie. Hierdie skeiding van weë was veral opmerklik in Noord Amerika en Europa. Hier was argeologie normaalweg en tradisioneel in antropologie departemente aan universiteite onderrig. Argeologie van die Bybellande daarenteen was steeds beskou as deel van Bybelkunde wat dan ook aan Bybelkunde departemente aan universiteite doseer was. Hierdie ontwikkeling, tesame met die aansienlike toename in publikasies en argeologiese data asook verbeterde kundigheid, het meegewerk dat meer gefragmenteerd gespesialiseer is in die aspekte rakende die Bybel, geskiedenis en argeologie. Die optimisme van geleerdes uit die dertiger jare van die vorige eeu soos William Foxwell Albright en George Ernest Wright wat voorspel het dat argeologie baie debatte oor die Bybel sou oplos, was vir goed verby.

1.5 Situasie aan die begin van die 21 eeu.

Kyk ons na die situasie aan die begin van die 21e eeu, vind ons dat argeoloë wat belangstel in die lande van die Bybel en Bybelkundiges lank reeds nie meer dieselfde doelwit nastreef nie. Hierdie situasie is in vele opsigte die natuurlike uitvloeisel van die groter akademiese tendens om te spesialiseer in ’n bepaalde rigting. Aa gevolg van die geweldige toename in die getal publikasies, moet akademici noodgedwonge spesialiseer. Daarom raak dit al moeiliker om geleerdes te vind wat ’n breë kennis het van teologie, Bybelse geskiedenis, filologie, vormkritiek, literêre analise, vergelykende godsdienste en argeologie. Al hierdie kundigheid was vereis van ’n Bybelkundige in die eerste helfte van die 20e eeu.

Spesialisasie het veroorsaak dat veldargeoloë in Israel al meer begin konsentreer het op antropologiese en argeologiese teorieë, of op die studie van materiële kulture, eerder as om te konsentreer op die literêre geskiedenis van die Bybel self. Desgelyks konsentreer Bybelkundiges eerder op die vakgebiede hierbo genoem, en het hulle nie tyd om werklik kundiges te word op die gebied van argeologie nie. Die gevolg is dat Bybelkundiges en argeoloë al minder tyd spandeer om met mekaar te praat wat lei tot die persepsie dat die verwante studievelde van materiële kultuur en tekste nie veel vir mekaar te bied het nie.

1.6 Hoe moet hierdie situasie hanteer word?

Dit is juis hierdie leemte wat ek graag in hierdie aanbieding wil aanspreek. Ek wil graag hiermee ’n poging aanwend om kommunikasie te bewerkstellig tussen die tekste van die Bybel en die magdom inligting wat in die laaste eeu uit argeologiese en historiese navorsing na vore gekom het. Ten einde hierdie doel te bereik, kan hierdie twee vakgebiede nie in isolasie van mekaar bestudeer word nie. My basies vertrekpunt, in navolging van modern argeoloë soos Finkelstein en Silberman, deel ek ook die siening dat die grootste deel van die Ou-Testamentiese gekrifte hulle beslag gevind het in die stowwerige strate van Jerusalem in die laat 7e eeu vC, in besonder die tyd van koning Josia van Juda.

     2.     ARGEOLOGIE EN DIE BYBLE

2.1 Kort oriëntering

Die klein stukkie grondgebied, in Bybelse tye bekend as Israel, het sleg afgesteek as dit vergelyk sou word met die groot moonthede in naburige Egipte en Mesopotamië. Ten spyte daarvan, was hierdie grondgebied die geboorteplek vir ’n letterkundige meesterstuk wat tot vandag nog ’n indruk op mense maak as heilige geskrifte, maar ook as bron van die geskiedenis. Danksy jare se studie van die Hebreeuse teks en meer onlangse inligting wat deur argeologiese aktiwiteite in die land beskikbaar geraak het, het Israel en sy gekiedenis al meer toeganklik begin raak vir diegene wat daarin belangstel. Argeologie stel ons in staat om die geskiedenis agter die Bybel te rekonstrueer, nie net hoe koninklikes gelewe het nie, maar ook gewone mense in landelike gebiede.

Ten diepste is die Bybel ’n epiese verhaal van die opkoms van die bewoners van Israel en hulle voortdurende verhouding met die God waarin hulle geglo het. Die Bybel verskil van ander mitologië uit die Midde Ooste daarin dat dit begrond is op aardse geskiedenis. Dit verskil ook daarin dat dit nie net ’n verheerliking is van die krag van tradisie en regerende dinastieë nie. Dit gee ’n ingewikkelde maar tog duidelike uiteensetting van waarom die geskiedenis vir die mense van Israel ontvou het soos dit het; dit word direk verbind met die opdragte en beloftes van hul God. Die mense van Israel is die sentrale akteurs in hierdie drama. Hulle toewyding en gehoorsaamheid aan God se gebooie bepaal die rigting waarin die geskiedenis sou ontvou. Dit is vir die mense van Israel, en deur hulle, vir alle lesers van die Bybel, om die lot van die wêreld te bepaal.

Na die val van Jerusalem aan die hand van die Babiloniërs in 586vC en die ballingskap wat tot 539 vC geduur het, het die mense wat teruggekom het van Babel, nie meer onder ’n monargie (koningskap) en leiding van ’n koning gestaan nie. Hulle was nou ’n religieuse gemeenskap wat gelei is priesters wat beklemtoon het dat die nakoming van religieuse wette en die vervulling van rituele soos voorgeskryf deur hul heilige geskrifte, van aller belang was. Dit was nou die vrye keuse van mans en vroue om die wette en rituele na te kom of te verwerp – nie meer het konings of magtige ryke hulle lewensgang gerig nie. Hierdie vryheid van keuse het die gevolglike geskiedenis van Israel bepaal. In hierdie buitengewone fokus op die menslike verantwoordelikheid lê die Bybel se groot krag. Ander antieke eposse sou vervaag en vergaan, maar die invloed van die Bybel op die Westerse beskawing sou net groei.

2.2 Wie het die Pentateug geskryf en wanneer?

Die opvatting dat die Pentateug, wat bestaan uit die eerste vyf boeke van die Hebreeuse Bybel, geskryf was deur Moses kan vandag op goeie gronde nie meer aanvaar word nie. Daar is genoegsame argument wat daarop dui dat dit nie Moses kon wees nie. Hy kon tog nie sy eie dood beskryf het nie (vgl Deut 34). Verder is daar verskillende weergawes van dieselfde stories in die Pentateug wat die gedagte laat ontstaan het dat daar verskillende outeurs werksaam was. Tog is daar ’n merkbare orde in hierdie chaotiese herhaling wat weer dui op latere verwerking van die stories deur een of meer redakteurs. Deur te let op sekere identifiseerbare karakteristieke terminologieë, geografiese plekke waar verhale afspeel, verskillende name wat gebruik word in die Hebreeus om na God te verwys en nog vele meer, is sommige bestudeerders van die geskrifte oortuig dat hulle bepaalde outeur vir bepaalde passasie in die Pentateug verantwoordelik kan maak. Hierdie outeurs identifiseer Bybelkundige soos volg:

  • die Jahwis (J bron) vanweë die gebruik van die term Jahwe vir God,
  • die Elohis (E bron) vanwee die term Elohim vir God,
  • die Deutronomis, (D bron) meestal die boek Deuteronomium, vanweë sy kenmerkende boodskap en styl,
  • die Priester-bron (P bron) wat ’n besondere belangstelling toon in geslagsregisters, suiwere lewenswandel en nakoming van godsdienstige rituele.

Hoe dit ookal sy, daar is wel eenstemmigheid onder geleerdes dat die Pentateug nie een foutlose komposisie is nie, maar ’n verwerking van verskillende bronne. Hierdie bronne is geskryf onder verskillende historiese omstandighede om uiting te gee aan verskillende religieuse en politieke uitgangspunte.

2.3 Twee weergawes van die latere geskiedenis van Israel

Die eerste 4 boeke van die Bybel, Genesis, Eksodus, Levitikus en Numeri blyk ’n kunstige verwewing van die J, E en P bronne te wees. Daarenteen blyk die vyfde boek, Deutronomium, heeltemal verskillend te wees. Die volgende kenmerkende elemente kom daarin voor:

  • ’n eiesoortige terminologie wat nie een van die eerste vier voorkom nie;
  • is uiters veroordelende houding teenoor die aanbidding van ander gode;
  • ’n nuwe seining van God as volkome transendent en
  • ’n absolute verbod op die bring van offerande tot die God van Israel by enige ander plek behalwe die Tempel in Jerusalem.

Bybelkundiges reken lankal reeds dat daar ’n verband tussen Deuteronomium en die misterieuse Wetboek wat die hoepriester Hilka in die temple gevind het gedurende die regeringstyd van Koning Josia 622 vC. (vgl. 2 Kon 22:8–23:24). Hierdie nuutontdekte “Wetboek” het die inspirasie geword vir ’n religieuse hervorming aangevuur deur koning Josia soos nog nooit tevore in die geskiedenis van Israel of Juda nie.

Die noue linguistiese en teologiese verwantskap en oproep tot wetsgehoorsaamheid tussen die boek Deuteronomium en daaropvolgende boeke soos Josua, Rigters, 1 en 2 Samuel, en 1 en 2 Konings het daartoe gelei dat sedert die 1940’s hierdie korpus van boeke bekend staan as die “Deuteronomistiese geskiedenis” (Deuteronomistic History). Hierdie groep boeke kan beskou word as die tweede groot literêre werk oor die geskiedenis van Israel in die Bybel. Hierin word die storie van Israel van die intog in die Beloofde Land tot die wegvoering in ballingskap na Babilonië in 586vC verder vertel. Dit verkondig ook ’n nuwe ideologie van ’n nuwe godsdienstige beweging wat laat eers onder die mense van Israel posgevat het. Hierdie verhale het ook meer as een verwerking ondergaan.

Daar is verskillende opinies oor die datering van die Deutronomistiese geskiedwerk wat wissel van kort voor die ballingskap, in die tyd van Josia tot gedurende die ballingskap. Die derde groep historiese werk in die Bybel wat handel oor die pre-ballingskapstydperk is die twee Kronieke boeke. Hulle word beskou as baie later gekryf in die 5e of 4e eeu nC, etlike eeue na die gebeure waaroor hulle berig.

Vir die doel van hierdie voordrag fokus ons vir eers op die Pentateug en die Deutronomistiese geskiedwerk. In navolging van prominente argeologoë in Israel vandag, is ek oortuig dat die argeologie tot hede toe genoegsame getuienis opgelewer het om die tot standkoming van die historiese kern van hierdie werke (P en D) in die 7e eeu te plaas (d.w.s. in die tyd van Josia, koning van Juda). Daarom sal gefokus word op die laat 8e eeu en 7e eeu in Juda toe hierdie literêre proses in alle erns begin het. Daar sal argumente uit die argeologie en geografie gebruik word om aan te toon (1)  dat die grootste gedeelte van Pentateug ’n laat monargale skepping is wat die behoefte en ideologie van Juda in daardie tyd weerspieël, en (2) en as sodanig is dit nou verweef met die Deuteronomistiese geskiedenis (intog in Kanaän tot die Babiloniese ballingskap).

Ek wil my ook aansluit by diegene wat argumenteer dat Deuteronomium (en die Deuteronomistiese geskiedwerk) grotendeels saamgestel was in die tyd van koning Josia wat daarmee ten doel gehad het om ideologiese regverdiging te verskaf vir (1) sekere politieke ambisies wat hy gehad het, en (2) vir religieuse hervormings wat hy wou deurvoer.

2.4 Geskiendenis of nie gesiedenis?

Argeologie het nog altyd ‘n belangrike rol gespeel in debatte oor die histories betroubaarheid van die Bybel. Sedert die einde van die 19e eeu toe moderne eksplorasies en indrukwekkende ontdekkings gemaak was in die lande wat die buurvolke van Ou Israel verteenwoordig, leef daar die oortuiging dat die Bybelverhale geloofwaardig is so verre as wat dit die basies buitelyne van die storie van Ou Israel betref. Selfs al was aanvaar dat die bybelse geskrifte ten boek gestel was lank na die gebeure waaroor hulle berig, was aanvaar dat die verhale gebasseer moes wees op ‘n substansiële versameling van betroubaar bewaarde herinneringe. Hierdie algemene opvatting was gegrond op verskeie tipes argeologiese en historiese getuienis waarna ek kortliks wil verwys, aangesien die inligting van belang is vir die bespreking vorentoe.

2.4.1 Geografiese identifikasies

Dit was eers sedert met die opkoms van modern historiese en geografiese studies in die laat 18e en 19e eeu dat kundiges oor die Bybel sowel as ander antiek bronne in die Midde Ooste begin het om die landskap van antieke Israel te rekonstrueer in terme van die topografie en argeologiese oorblyfsels van Israel. Edward Robinson en later die Palestine Exploration Society het baanbrekerswerk gedoen gedurende die 19e eeu om plekke wat in die Bybel vermeld word met spesifieke terreine in die land te identifiseer. Daar was ‘n opvallende ooreenstemming tussen die werklike plekke en geografiese toestande soos wat dit in die bybelse vertellinge reflekteer.

2.4.2 Monumente en aegiew van Egipte en Mesopotamië

Die chronologie van die Bybel kon deur verkeie belangrike argeologiese ontdekkings in Egipte en Mesopotamië geverifieer word. Die volgende uiters belangrike voorwerpe wat in Egipte en Mesopotamië gevind was het dit moontlik gemaak om die geskiedenis van Israel chronologies te verbind met skermutselings met en konings van naburige Egipte, Assirië  en Babilon.

  • Rosetta steen ontdek laat 18 eeu.
  • Merneptah stele , dateer 1207 vC. Farao Merneptah vier oorwinning oor groepe in Kanaän, ‘n groep “Israel” word daarop vermeld.
  • Farao Shishak (Sheshonq I) skryf op Tempel van Karnak (945-924vC) (I Kn 14:25) hoe hy Jerusalem oorwin in 5e jaar van Salomo se seun?
  • Spykerskrif argiewe – Stede soos Nineveh, Babilon, Ur word bekend.
  • Black Obelisk – Verwysings na die huis van Omri, beeld koning Jehu van Israel uit.Vir eerste keer kon konings en hul regeringstye redelik seker vasgestel word.
  • Mari en Amarna tablette, leer van kontak met Egipte en Babilon.
  • Moabitiese stele, gee inligting oor Israel se kontak met koning Mesa van Moab.
  • Dan Stele – oorwinning van die Aramese koning Hasael oor die koning van Israel en die “huis van Dawid” in die 9e eeu vC. Enigste verwysing na Dawid buite die Bybel. Soos die Moabitiese steen gee Dan stele ‘n buite-bybelse anker vir die geskiedenis van ou Israel.

2.4.3 Opgrawing van Byble stede.

Die mees belangrikste getuienis oor die historiese konteks waarbinne die bybelse vertellings afgespeel het kom van die meer as honderd jaar van argeologiese opgrawings in Israel, Jordanië en naburige state. Die resultate van hierdie jarelange betrokkenheid van navorsers by die argeologie wat in die Midde Ooste bedryf is, maak dit vandag moontlik dat die gebeure wat in die Bybel beskrywe word binne die historiese raamwerk wat deur die argeologie daargestel is, geplaas kan word.

Na jare van argeolgiese navorsing was geleerdes in staat om die groot argeologiese konteks te rekonstrueer waarbinne die bybelse geskiedenis inpas. (Sien diagram)

Argeologiese-periodes

Vroeë Bronstydperk 3500-2200 vC
Intermediêre Bronstydperk 2200-2000 vC
Middel Bronstydperk 2000-1550 vC
Laat Bronstydperk 1550-1150 vC
Ystertydperk I 1150-900vC
Ystertydperk II 900-586vC
Babiloniese periode 586-538vC
Babiloniese periode 538-333vC

 

Konings van Israel en Juda

Saul     1.25-1005 vC

David     1005-970 vC

Salomo     970-931 vC

Juda Israel
Rehobeam                 931-914vC Jerobeam             931 – 909vC
Hiskia                         727 – 698vC Omri                     884 – 873vC
Manasse                      698 – 642vC Agab                         873 – 852vC
Amon                         641 – 640vC Jerobeam II             788-747vC

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Teen die einde van die 20e eeu het die argeologie getoon dat daar net te veel materiele ooreenkoms tussen die ontdekkings in Israel en die hele antiek Nabye Ooste en die wêreld soos beskryf in die bybel dat daar nog enige twyfel kan bestaan dat die Bybel opgetowerde priesterlike literatuur is gegrond op geen historiese basis. Maar, terselfdertyd was daar te veel teenstrydighede tussen argeologiese bevindinge en die bybelse vertellinge om te aanvaar dat die Bybel ‘n akkurate weergawe is van wat werklik gebeur het.

Hoe hanteer mens nou hierdie ongemaklikhede, aan die een kant die menige raakpunte met omringende volke maar aan die ander kant ook die magdom teenstrydighede tussen die argeologies bevindinge en die bybelse vertelling.

2.5 Byble illustrasie en die antropologie van Ou Israel

Om hierop ‘n antwoord te probeer kry moet ons ‘n klompie dekades terugkyk na argeoloë se beskouing oor die historiese geloofwaardigheid van die Bybel. Tot diep in die vorige eeu was daar nog ‘n groot groep argeoloë wat nog die historiese vertellings in die Bybel voor die voet as getroue weergawes van Israel se gekiedenis aanvaar het. In stede daarvan dat hulle argeologiese bevindinge as ‘n onafhanklike bron vir die rekonstruksie van die geskiedenis van die gebied te gebruik het, het hulle aangehou om veral die tradisie oor die herkoms van Israel en die vestiging in die land Kanaan as historiese getroue weergawes te gebruik. Dit het hulle ook gebruik om hulle keuse van opgrawingsterrein te bepaal asook hoe hulle hul vindinge interpreterer het. (Voorbeeld, Jerigo, Ai, Bet-el, Hasor, Lagis)

Hoewel daar miskien ‘n paar nuwe insigte gekom het oor die historisiteit van die Aartsvaders, die omvang en datum van die Eksodus en die wyse waarop die land ingeneem is, was die algemene argeologiese consensus teen 1990 dat die Bybel gelees moet word as basies ‘n historiese dokument.

Teen die 1970’s het nuwe benaderings tot die ingesteldheid en uitvoering van Bybelse Argeologie na vore getree wat (1) die fokus daarvan totaal verander het en (2) die tradisionele seining van die verhouding tussen artefakte en die bybelse teks dramaties aangepas het.

‘n Jonger generasie argeoloë, inspireerd deur die Nuwe Argelogiese benadering, begin nou vir die eerste keer om argeologiese bevindinge nie uitsluitlik te gebruik ter illustrasie van die Byble nie. Hulle maak ‘n dramatise skuif na die metodes en vrae wat sosiale wetenskaplikes toepas; hulle is meer geinteresseerd in die menslike realiteit, die mense agter die Bybeltekste. Klem was nou nie meer soseer op die terrein se koppeling met die Bybel nie. Objekte wat opgegrawe is, argitektuur, vestigingspatrone, dierebene, sade, chemise analise van grondmonsters en langtermyn antropologiese modelle wat afgelei is uit vroeëre wêreld kulture, word die sleutel om wyer te kyk na die ekonomie, politieke geskiedenis, religieuse praktyke, bevolkingsdigtheid en die basies struktuur van die Israeliete as group mense in die Midde Ooste. Metodes wat deur argeoloë en antropoloë in ander gebiede gebruik word is al meer toegepas op opgrawingsterreine en bevindinge in Israel in ‘n poging om meer te wete te kom oor hoe menselike interaksie met die land die ontwikkeling van Israel se unieke sosiale sisteem, religie en spirituele nalatenskap beinvloed het. Hierdie nuwe benadering het ‘n nuwe visie op die bybelse geskiedenis tot gevolg gehad, wat ek graag kortliks wil aanroer.

2.6 ‘n Nuwe visie van Bybelse geskiedenis

Onlangse ontwikkelings wat in die argeologie plaasgevind het, het ons uiteindelik gebring waar die gaping tussen die studie van die Bybeltekste en argeologiese bevindinge oorbrug kan word. Ons kan nou insien dat die Bybel, netsoos kenmerkende erdewerkpatrone, argitektoniese style of  Hebreeuse inskripsies, ‘n karakteristieke artefak (argeologiese objek wat interpreter en bestudeer kan word) is wat ons baie meedeel oor die gemeenskap waarbinne dit tot stand gekom het. Argeoloë benader nou die geskrifte in die Bybel as ‘n baie belangrike artefak wat gebruik kan word vir die verstaan van die mense en die tyd waarbinne die Bybelgebeure plaasgevind het.

Hierdie nuwe visie het moontlik geword deur gebruik te maak van die kundigheid van argeoloë en antropoloë oral oor die wereld. Hulle navorsing het getoon dat by gemeenskappe waar verskynsels (phenomena) aangetref word soos:

  • boekhouding
  • administratiewe korrespondensie
  •  koninklike verslae
  • en die samestelling van die geskiedenis van die gemeenskap – spesifiek so gevorderd en volledig soos die Bybel- dit verbing kan word met ‘n SPESIFIEKE FASE VAN SOSIALE ONTWIKKELING IN DIE BETROKKE GEMEENSKAP.

Argeoloe en antropoloë het ‘n deeglike studie gemaak van die KONTEKS waarbinne gesofistikeerde genres van literatuur tevoorskyn tree. In byna elke geval is daar aanduiding van staatvorming waar mag gesentraliseer word in nasionale instellings soos ‘n amptelike kultus of monargie (koningskap). Verdere indikasies van sodanige sosiale ontwikkeling word waargeneem in

  • monumentale geboue wat aangetref word,
  • ekonomiese spesialisasie wat posvat in die gemeenskap en
  • die teenwoordigheid van ‘n noue netwerk van samewerkende gemeenskappe wat wissel in omvang, van groot stede na streeksentra tot medium groote dorpies en klein nedersettings.

Tot onlangs nog het Bybelkundiges en argeoloë aanvaar dat antieke Israel volle staavorming bereik het in die die tyd van die sogenaamde Verenigde Monargie, die tyd wat Dawid en Salomo oor die totale gebied wat beslaan word deur Israel en Juda, regeer het. Baie bybelkundiges hou steeds vol dat die oudste bron in die Pentateug, die J bron of Jawis, beslag gekry het in Judah gedurende die era van Dawid en Salomo, of te wel die 10e eeu vC.

Hierdie konklusie word veral deur argeoloë soos Finkelstein en Silberman as hoogs onwaarskynlik bekou. Die rede waarom hulle nie meer hierdie opvatting huldig nie is omdat vanuit argeologiese analises, daar hoegenaamd geen aanduiding is van ekstensiewe geletterdheid of enige ander verskynsel, waarna hierbo verwys is, wat daarop dui dat Juda in die 10e eeu vC. eeu reeds ‘n erkende staatsbestel kon gehad het nie, veral as gekyk word na die argeologiese bevindinge in Jerusalem wat dateer uit die 10e eeu vC. Hulle meen dat o.g.v. argeologiese ontdekkings wat in die afgelope paar dekades in Jerusalem gemaak is, die stad eers twee en ‘n half eeue later, teen die einde van die 8e tot 7e eeu vC, veral tydens die regering van koning Josia (639-609vC), voldoen aan die kwaliteite wat geassosieer kan word met die letterkundige grootsheid van die Dawid en Salomo verhale.

Teen die einde van die 20e eeu het die argeologie getoon dat daar net te veel materiele ooreenkoms tussen die ontdekkings in Israel en die hele antiek Nabye Ooste en die wêreld soos beskryf in die bybel dat daar nog enige twyfel kan bestaan dat die Bybel opgetowerde priesterlike literatuur is gegrond op geen historiese basis. Maar, terselfdertyd was daar te veel teenstrydighede tussen argeologiese bevindinge en die bybelse vertellinge om te aanvaar dat die Bybel ‘n akkurate weergawe is van wat werklik gebeur het.

‘n Jonger generasie argeoloë, inspireerd deur die Nuwe Argelogiese benadering, begin nou vir die eerste keer om argeologiese bevindinge nie uitsluitlik te gebruik ter illustrasie van die Byble nie. Hulle maak ‘n dramatise skuif na die metodes en vrae wat sosiale wetenskaplikes toepas; hulle is meer geinteresseerd in die menslike realiteit, die mense agter die Bybeltekste. Klem was nou nie meer soseer op die terrein se koppeling met die Bybel nie. Objekte wat opgegrawe is, argitektuur, vestigingspatrone, dierebene, sade, chemise analise van grondmonsters en langtermyn antropologiese modelle wat afgelei is uit vroeëre wêreld kulture, word die sleutel om wyer te kyk na die ekonomie, politieke geskiedenis, religieuse praktyke, bevolkingsdigtheid en die basies struktuur van die Israeliete as group mense in die Midde Ooste. Metodes wat deur argeoloë en antropoloë in ander gebiede gebruik word is al meer toegepas op opgrawingsterreine en bevindinge in Israel in ‘n poging om meer te wete te kom oor hoe menselike interaksie met die land die ontwikkeling van Israel se unieke sosiale sisteem, religie en spirituele nalatenskap beinvloed het. Hierdie nuwe benadering het ‘n nuwe visie op die bybelse geskiedenis tot gevolg gehad, wat ek graag kortliks wil aanroer.

2.6 ‘n Nuwe visie van Bybelse geskiedenis

Onlangse ontwikkelings wat in die argeologie plaasgevind het, het ons uiteindelik gebring waar die gaping tussen die studie van die Bybeltekste en argeologiese bevindinge oorbrug kan word. Ons kan nou insien dat die Bybel, netsoos kenmerkende erdewerkpatrone, argitektoniese style of  Hebreeuse inskripsies, ‘n karakteristieke artefak (argeologiese objek wat interpreter en bestudeer kan word) is wat ons baie meedeel oor die gemeenskap waarbinne dit tot stand gekom het. Argeoloë benader nou die geskrifte in die Bybel as ‘n baie belangrike artefak wat gebruik kan word vir die verstaan van die mense en die tyd waarbinne die Bybelgebeure plaasgevind het.

Hierdie nuwe visie het moontlik geword deur gebruik te maak van die kundigheid van argeoloë en antropoloë oral oor die wereld. Hulle navorsing het getoon dat by gemeenskappe waar verskynsels (phenomena) aangetref word soos: