“What has never been questioned has never been proven” – Denis Diderot
Die Individu

As die verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het in duie stort, kan dit ‘n mens op persoonlike en interpersoonlike vlakke in ‘n krisis dompel. Ou verklarings vir dinge wat gebeur (of nie gebeur nie), is skielik nie meer geldig nie. Ou sekerhede word vervang deur vrae waarop daar nie beslissende antwoorde is nie. Daar kan ‘n groot gevoel van verligting en bevryding kom as jy byvoorbeeld jou vrees vir straf-vir-sonde verloor… maar terselfdertyd kan jy wroeg en wonder of jy nie dalk die grootste fout van jou lewe maak nie.
Om skielik intens alleen te voel, is ook ‘n algemene verskynsel. Die mense om jou met wie jy grootgeword het, het nie noodwendig dieselfde kopskuiwe as jy gemaak nie. As jy waag om te sê wat jy regtig dink, staar jy die gevaar van verwerping in die gesig. As jy stilbly, voel dit of jy huigel.
By die NHN sê niemand vir jou “Dit is hoe jy moet dink/voel/maak” nie. Wat ons wel doen, is om vir mekaar legkaartstukkies aan te gee. As individue kan ons daardie dinge deel wat sin, betekenis en vreugde in die lewe gee; hoe ons deur moeilike situasies en verhoudings gewerk het of wat ons inspireer en krag gee. Dit bly egter elkeen se taak om sy/haar eie legkaart te bou met watter stukkies ook al werk.
Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle tyd of gebeurtenis in jou lewe vir plasing by “Ons Mense se Stories”.
Artikels
BrainLife en Breinbesering: ‘n Verrykende ervaring van menswees: Marie Bester
Midrandbyeenkoms Sondag 26 Junie 2015: Breinbesering: Traumaties! Lewensveranderend! Tragies! Die vraag is: Ontneem breinbesering die slagoffers van menswees? Is dit nog moontlik om op ‘n eg menslike wyse tot die wese van die breinbeseringsslagoffer deur te dring? Kan...
Prof Sakkie Spangenberg se preek by die RENAISSANCE GEMEENTE 22 MEI 2016
Die goeie boodskap van Jesus: God se koninkryk 1. Markus 1:1–5, 9, 14–15 Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só: In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: "Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak....
Die NHN se “Onse Vader” en “Bergpredikasie” kompetisie
In Maart vanjaar het die NHN sy lede gevra om hulle versie van die Bybel se “Onse Vader” en die “Saligsprekinge” op te skryf. Elkeen kon sy skepping vir die kompetisie instuur en daarmee ‘n boekprys wen. Hierdie “Onse Vader” van André Ludick het die boekprys gewen....
DIE OSSEWA-BRANDWAG EN HAAR VROUE: Charl Blignaut
DIE OSSEWA-BRANDWAG EN HAAR VROUE (Opsomming deur Sam J Basch) Daar is groot wanpersepsies oor die Ossewa-Brandwag (OB). 'n Algemene siening was dat hulle militante, verregse Afrikaners was wat 'n staatsgreep in Suid-Afrika wou bewerkstellig en hul hoop op 'n Duitse...
DR LINDIE KOORTS: DF MALAN, WIT ARMOEDE, RAS EN DIE OORSPRONG VAN APARTHEID
"Het swarte gevaar zal er niet zijn als er niet was het honderdmaal grooter witte gevaar..." ‒ DF Malan Historici debatteer oor die oorspronge van rassime, maar wat in ons geskiedenis duidelik daartoe aanleiding gegee het, was die invoer van slawe (wit meesters...
“Die ‘anderkant’…’n Geloofsreis” – Prof Martin Trümpelmann
“Die 'Anderkant' verteenwoordig ‘n geleidelike vervreemding van die Christelike heilsboodskap soos dit in kerke en op grond van die Bybel verkonding word. Ek vra baie vrae oor die inhoud en morele grondslag van die Bybel. Dit is ‘n pad van ontnugtering wat ek saam...
Oor die Muur/Maan? Besluit self
Midrandpraatjie Sondag 31 Januarie 2016 - Dr Hannetjie v Zyl-Edeling Dr Hannetjie van Zyl-Edeling glo 'n mens se gesondheid en breinfunksies is hoofsaaklik 'n kopding. Hoe ons oor ons gesondheid dink en handel, kan 'n groot verskil maak op ons lewenskwaliteit, veral...
Ek is my liggaam – Dr Jacques Kriel
Johan Degenaar se fenomenologiese antropologie en die vraag na die hel “Liggaamlikheid is die enigste wyse waarop die mens hom in die wêreld vind. Die liggaamlikheid van die mens is die voorwaarde waarvolgens hy in die wêreld is, dit wil sê die voorwaarde waarvolgens...
ONDERWEG … ‘n persoonlike reis: ‘n Teorie van die derde naïwiteit – Prof Gerhard van den Heever
Met geen behoefte om 'n denkraamwerk voor te stel of 'n patroon op sy gehoor af te druk nie, het die Gerhard tydens sy aanbieding by die NHN se Midrandbyeenkoms op 4 Oktober sy spirituele reis met die gehoor gedeel. Sy pad vanuit en deur die Christelik-kulturele...
NHN Seminaar 2015: Vier die lewe met betekenisvolle ervarings
Wat ‘n spesiale naweek was 11 – 13 September vanjaar! Uitnemende aanbiedings, stimulerende geselskap, gesellige kuiers, goeie verblyf en heerlike kos. Onder Deon van Zyl se knap leiding het ons – soms baie kreatief - gedink oor vier belangrike aspekte wat die tema van...