“What has never been questioned has never been proven” – Denis Diderot
Die Individu

As die verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het in duie stort, kan dit ‘n mens op persoonlike en interpersoonlike vlakke in ‘n krisis dompel. Ou verklarings vir dinge wat gebeur (of nie gebeur nie), is skielik nie meer geldig nie. Ou sekerhede word vervang deur vrae waarop daar nie beslissende antwoorde is nie. Daar kan ‘n groot gevoel van verligting en bevryding kom as jy byvoorbeeld jou vrees vir straf-vir-sonde verloor… maar terselfdertyd kan jy wroeg en wonder of jy nie dalk die grootste fout van jou lewe maak nie.
Om skielik intens alleen te voel, is ook ‘n algemene verskynsel. Die mense om jou met wie jy grootgeword het, het nie noodwendig dieselfde kopskuiwe as jy gemaak nie. As jy waag om te sê wat jy regtig dink, staar jy die gevaar van verwerping in die gesig. As jy stilbly, voel dit of jy huigel.
By die NHN sê niemand vir jou “Dit is hoe jy moet dink/voel/maak” nie. Wat ons wel doen, is om vir mekaar legkaartstukkies aan te gee. As individue kan ons daardie dinge deel wat sin, betekenis en vreugde in die lewe gee; hoe ons deur moeilike situasies en verhoudings gewerk het of wat ons inspireer en krag gee. Dit bly egter elkeen se taak om sy/haar eie legkaart te bou met watter stukkies ook al werk.
Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle tyd of gebeurtenis in jou lewe vir plasing by “Ons Mense se Stories”.
Artikels
Johann Basson, “Word jou wêreldbeeld deur feite gevorm?”, Facebook video praatjie, 5 Julie 2020
Ons het elkeen ‘n beeld van die wereld. Die vraag is hoe korrek hierdie beeld is gesien die baie konflikterende inligting van baie bronne wat ons ontvang. Ons ervaar ook deesdae dat veral talle politici baie leuens vertel. Baie van die inligting wat ons ontvang fokus...
Midrandbyeenkoms 5 Mei 2019: Phil Steyn: “Dagga in Suid Afrika: Van Jan van Riebeeck tot nou.”
Dagga in Suid-Afrika was nog altyd daar, sover die heugenis strek. Dit is niks nuuts nie. Wat nuut is, is dat die verbode middel onlangs, ná 138 jaar se verbanning, vir private gebruik gewettig is. Die afgelope aantal jare het daar wêreldwyd ’n veranderde sentiment...
Midrand Byeenkoms 10 Feb 2019. Hein Reitmann: Ekskuus dat ek leef: Selfvernietiging onder die vaandel van vroomheid.
Hedendaagse gesprekke oor bewussyn word telkens in verband gebring met die evolusieleer van Darwin en die unieke vermoë wat by die mens ontwikkel het tot self-beskouing. Indien hierdie verband regverdigbaar is, met ander woorde as die mens se onderskeidende soort...
Midrand byeenkoms: 11 November 2018. Dr Abel Pienaar oor: ‘Die Oorkantste Oewer – Spiritualiteit anderkant godsdiens’.
Wanneer iemand 'n rivier wil oorsteek, kan hy of sy 'n boot of vlot bou wat hom veilig aan die anderkant besorg. Maar wanneer sy die oorkantste oewer bereik het, is die boot oorbodig. Om dit dan saam te dra, veral as jy jouself dan in 'n onvriendelike omgewing soos 'n...
Midrandbyeenkoms: 14 Oktober 2018. Die geheime dieetkodes deur Dr Marius Theron
Daar is so baie uiteenlopende antwoorde op die vraag, “Wat is die regte dieet vir mense”, dat dit soms ontstemmend is om die geskille tussen professionele konsultante soos dieetkundiges, sportafrigters en dokters aan te hoor. Ongelukkig is baie van die toutrekkery...
NHN Seminaar 1 September 2018
Midrand CMA Konferensiesentrum “Kalmte in die malle gejaag oftewel, leef bewustelik in die hede” Die NHN poog waar moontlik verdere kwaliteit tot ons lewe toe te voeg, veral te midde van die daaglikse, dolle gejaag. Tydens hierdie een-dag seminaar gaan Johannes de...
MR Byeenkoms 10 Junie 2018: Lotus in die modder – Praktiese Boeddhisme vir die moderne wêreld (Kobus Burger)
Die onderwerp is Nichiren Boeddhisme (oftewel "Latter Day Buddhism"). Shakyamuni Buddha het vir 50 jaar lank sowat 54 000 sutras (mondelinge leringe) met sy volgelinge gedeel. Net voor sy dood het hy op die Lotus Sutra gefokus en dit as sy vernaamste lering...
‘Gelowig of Ongelowig – ‘n Kosteberekening!’ ‒ Hein Reitmann
Midrandlesing 20 November 2016 Hein vra of ongelowigheid 'n keuse is wat enigeen kan maak ... en of dit noodwendig die beter opsie is. As 'n mens vry is om so 'n keuse te maak, waarom word dit soms vir die meer sensitiewe mens 'n lewensworsteling? Kan dit aan...
Dr Deon van Zyl ‒ ‘Praktiese maniere om met jou nagdrome te werk.’ 14 Augustus 2016
Soos belowe, het Deon in sy praatjie oor drome die nuutste navorsing uit die neurowetenskap, sielkunde en kliniese ervaring gekombineer om 'n tikkie realisme te bring in die maniere wat mense met drome kan omgaan. Waarneming het bewys dat alle mense droom. Baie mense...
Wie was Spinoza, en wat was sy filosofie? Dr. Piet Odendaal
Sommige van julle het seker al van Alice A. Baily se boeke gelees. Sy het meer as 20 boeke geskryf – almal met esoteriese temas. Die boeke het almal sulke kenmerkende blou omslae – en vir dié met esoteriese belangstelling is hierdie boeke ‘n moet lees. In een...