Die idee van menslike evolusie soos weerkaats in die evolusie van menslike bewussyn, is ‘n opwindende tesis. Die ontstaan van godsdienste en kulturele prestasies in die voorgeskiedenis era, bied die onontbeerlike geleentheid om lig te werp op mistieke gebeure. Hoe was dit moontlik dat identiese geloofsvorms terselfde tyd op verskillende plekke verskyn het – byvoorbeeld, voor die tiende millennium voor Christus die verering van die Groot Moeder, te same met sosiale en politieke omwentelings waar landbou en stadstate die voorafgaande jagter-versamelaar gemeenskappe vervang het – selfs waar daar geen kontak tussen die verskillende betrokke groepe bestaan het nie? Die antwoord lê moontlik in die feit dat die natuurlike evolusie proses nie net op die biologiese vlak plaasgevind het nie, maar ook op die vlak van menslike intellek en gees, waar die evolusie van menslike bewussyn in duidelik onderskeibare fases voorgekom het. So is ‘n nuwe ontwikkelingsvlak bereik, wat uiting vind in verskeie vorms: godsdiens-vorms, sosiale organisasies, kuns, argitektuur – kortom, dit wat die bereiking van beskawing en kultuur tot stand gebring het.

Die evolusionêre oorsprong van gelowe verwys na die ontstaan van geloofsvorme tydens die verloop van die mens se evolusie. Wanneer die eerste mense gelowige wesens geword het, is steeds ‘n onbeantwoorde vraag, maar daar bestaan geloofwaardige bewyse van geloofsgedrag vanaf die Middel Paleolitiese- of Vroeë Steentydperk en moontlik vroeër.

 

Primaat gedrag

Die mensdom se naaste lewende verwant is die gewone sjimpansee (Pan troglodytes), ook bekend as die mensaap. Hulle is groot stertlose ape. Die naam troglodytes, Grieks vir grotbewoner, is deur Johann Friedrich Blumenbach geskep – in sy Handbuch der Naturgeschichte (Handboek vir Natuurgeskiednis gepubliseer in 1779]. In gewone spreektaal verwys sjimpansee na beide spesies genus Pan, nl. die gewone sjimpansee en die naverwante bonobo, of dwerg sjimpansee. Hierdie twee primate deel blykbaar met die mensdom ‘n gemeenskaplike voorouer wat tussen vier en ses miljoen jaar gelede geleef het. Dit is weens dié rede dat sjimpansees en bonobos beskou word as die beste beskikbare plaasvervangers of surrogate vir die gemeenskaplike voorouer. Barbara King redeneer dat terwyl nie-menslike primate ongelowig is, toon hulle tog eienskappe wat nodig sou wees vir die evolusie van geloof. Hierdie eienskappe sluit in: ‘n hoë intelligensie, ‘n tekenkommunikasie vermoë, ‘n sin vir sosiale norme, selfhandhawing, en ‘n voortsettingbewustheid. Diere sien geeste of voel hulle aan en is “bang”. Die mens is ook “bevrees” (die Bybel vermeld ook dat mens Godvresend moet wees) vir geeste en het groot respek (Engels awe, Oudengels ege en Oudnoors agi – wat vrees en respek beteken) vir hulle. Die grondlegging van geloof wat saam met ontwikkeling in godsdiens verander het – met geloof as ‘n onderafdeling – het waarskynlik by die gewaarwording – sien en hoor – van die geeste van afgestorwenes begin.

Die blote feit dat primate na mekaar uitreik en liefde, omgee en versorging met mekaar deel, is ‘n verdere bewys dat dieselfde goddelike energie wat in my en jou is, ook in hulle teenwoordig is!

Evolusie van moraliteit

Beide Frans B.M. de Waal en Barbara King is van mening dat menslike sedelikheid uit die primate se gemeenskapsin of drang om met ander te verkeer, ontwikkel het. Alhoewel moraliteit slegs ‘n menslike karaktertrek mag wees, toon baie ander sosiale diere, soos primate, dolfyne en walvisse, pre-morele sentimente. Volgens Michael Brant Shermer deel mense en ander sosiale diere, veral die stertlose ape, die volgende eienskappe.

  • geneentheid en binding
  • samewerking en wedersydse hulpverlening
  • simpatie en empatie
  • direkte en indirekte beantwoording
  • naasteliefde [altruïsme] en wederkerige altruïsme
  • konflik beslegting en vredesluiting
  • bedrieëry en bedrog opsporing
  • gemeenskap besorgheid
  • besorg oor wat ander van jou dink
  • bewus van en nakoming van die sosiale reëls van die groep.

De Waal voer in sy werk Chimpanzee Politics aan dat alle sosiale diere hulle gedrag moet beteuel of verander om waardevol te wees vir trop- of groepslewe. In primaat gemeenskappe het pre-morele sentimente ontvou as ‘n metode om individuele selfsugtigheid te beperk en om samewerkende groepe te bou. Vir enige sosiale spesie moet die voordele om deel te wees van ‘n altruïstiese of onselfsugtige groep, die voordele van individualisme oortref. Die gebrek aan ‘n tropinstink maak individue meer kwesbaar vir aanvalle deur buitepartye. Om deel te vorm van ‘n trop kan ook die kanse om kos te vind verbeter. Dit is veral merkbaar by diere wat in troppe jag om groter of gevaarliker prooi plat te trek.

Alle sosiale diere vorm hiërargiese gemeenskappe waarin elke lid sy eie plek ken. Die sosiale orde word deur sekere reëls van verwagte gedrag onderhou en dominante groeplede dwing orde af, met die toepassing van strafmaatreëls. Hoër orde primate het egter ook begrip vir wisselwerking en billikheid. Sjimpansees onthou diegene wat aan hulle gunste betoon en die wat hulle te na kom. So sal sjimpansees eerder graag hul kos deel met diegene wat hulle tooi, as met andere.

Sjimpansees lewe in saamsmelt-split groepe van ongeveer 50 individue. Hulle slaap bymekaar maar verdeel bedags. Dit is hoogswaarskynlik dat die vroeë voorouers van mense in soortgelyke groepies gelewe het. Die aanname is gebaseer op die grote van uitgestorwe jagter-versamelaar gemeenskappe. Die latere Paleolitiese hominidae [die groot stertlose ape insluitende die nog bestaande en uitgestorwe mense, sjimpansees, gorillas en orangoetangs] het in groepe van ‘n paar honderd individue geleef. Met die groei in gemeenskaps-omvang tydens die verloop van menslike evolusie, was groter dwang nodig om ‘n groepsband te verseker. Moraliteit kon uit hierdie groepe van 100 tot 200 mense voortgevloei het as ‘n metode van sosiale beheer, konflikbeslegting en groepsolidariteit. Volgens Dr. de Waal het menslike moraliteit twee bykomende vlakke van drogredenering wat nie by primaatgemeenskappe te vinde is nie.

  • Mense dwing hul gemeenskap se etiese norme baie meer nougeset af met beloning, straf en agtingverwerwing.
  • Mense pas ook ‘n mate van oordeel en rede toe, wat nie in die diereryk bestaan nie.

Psigoloog Matt J. Rossano argumenteer dat geloof ná moraliteit te voorskyn gekom het, en bou voort op moraliteit deur die sosiale gedrag van individue te betrag, met die toevoeging van bonatuurlike wesens. Deur die insluiting van die altyd-waaksame voorouers, geeste en gode in die sosialeryk, ontdek die mensdom ‘n effektiewe strategie om selfsug te bekamp en bou sodoende meer samewerkende groepe. Die uitbouing van moraliteit tot geloof sou die groep se kans op oorlewing verhoog

Evolusie van die brein

Die gelowige siel is een van die gevolge van ‘n brein wat groot genoeg is om filosofiese- en geloofsidees te formuleer. Tydens menslike evolusie, het die hominid se brein drievoudig in grootte toegeneem, en het 500,000 jaar gelede sy toppunt bereik. Die brein se uitdying het hoofsaaklik in die neokorteks (dit is die boonste laag van die brein of harsingkors, 2-4 mm dik en bestaande uit ses lae) plaasgevind. Die deel van die brein is betrokke by die verwerking van hoër orde kognitiewe funksie wat nodig is vir menslike godsdiensdwepery. Die neokorteks is verantwoordelik vir selfbewussyn, taal en emosie. Volgens Dunbar se teorie korreleer die relatiewe neokorteksgrootte van enige spesie met die peil van sosiale kompleksiteit van die besondere spesie. Die neokorteksgrootte korreleer met ‘n aantal sosiale veranderlikes wat sosiale groepgrootte en die kompleksiteit van paringsgedrag insluit. By sjimpansees beslaan die neokorteks 50% van die brein, maar by die hedendaagse mens neem dit 80% van die brein in beslag .

Robin Ian MacDonald Dunbar beweer dat die kritiese gebeurtenis in die evolusie van die neokorteks plaasgevind het by die skeiding [die evolusionêre proses waar nuwe spesies verskyn] van argaïstiese homo-sapiens omtrent 500 duisend jaar gelede. Sy studie toon dat slegs ná die skeidingsgebeurtenis was die neokorteks groot genoeg om die komplekse sosiale fenomeen soos taal en geloof te verwerk. Die studie is gebaseer op ‘n teruggaananalise van neokorteksgrootte geskets teenoor ‘n aantal sosiale optredes van lewende en uitgestorwe hominids.

Gebruik van gereedskap

Lewis Wolpert beweer dat redegewende gelowe wat uit die gebruik van gereedskap verrys het ‘n vername rol in die evolusie van geloof gespeel het. Die vervaardiging van ingewikkelde gereedskap skep ‘n geestesbeeld van ‘n voorwerp wat nie natuurlik bestaan het vóór die vervaardiging van die artefak nie. Bowendien moes die mens begryp hoe die artefak gebruik gaan word, wat ‘n begrip van oorsaaklikheidsleer vereis. Netso is die ontwerpvlak van die klipwerktuie ‘n bruikbare aanwyser van die redegewende gelowe. Wolpert betoog dat gebruik van werktuie saamgestel is uit meer as een komponent. Handbyle, byvoorbeeld, sinspeel op die talent om oorsaak en gevolg te verstaan.

In sy boek Stonehenge – Kliphorlosie van Buri die Boer het Skrywer tot die slotsom geraak dat al die brongodsdienste hul oorsprong het in die mens se studie en poging om die jaargetye te bereken. Die mens se wel en weë of sogenaamde lotgevalle, is sedert die vroegste tye deur die jaargetye bepaal. Al die mitiese hoofgodhede van hierdie boek, naamlik Odin (Oudnoors), YHWH (Hebreeus), Wralda (Oera Linda), Anoe (Sumeries) en Pta (Egipties), versinnebeeld die verloop van die hele jaar se jaargetye. Die klipsirkels wat aanvanklik bedoel was vir die indeling van die jaar in jaargetye was blykbaar die wieg van die onderskeie gelowe! En almal moes, na Skrywer se mening, hul oorsprong gehad het in ‘n gemeenskaplike prototipe.

Taal en geloof

Geloof benodig ‘n simboliese kommunikasie leerstelsel, soos taal, om kennis van een individu na ‘n ander oor te vertel. Philip Lieberman beweer dat menslike geloofsdenke en morele insig duidelik op ‘n kognitiewe-linguistiese basis rus. Gebaseer op voorafgaande stelling berig die wetenskapskrywer Nicholas Wade: Soos die meeste gedragspatrone wat in gemeenskappe van die hele wêreld bestaan, moes geloof aanwesig gewees het by die voorvaderlike mensbevolking vóór die verspreiding uit Afrika 50,000 jaar gelede. Alhoewel geloofsrituele gewoonlik dans en musiek insluit, is hulle ook baie verbaal, daar die heilige waarhede vermeld moet word. As dit so is, kon geloof, ten minste in sy hedendaagse vorm, nie die ontstaan van taal vooraf gegaan het nie. Daar is reeds betoog dat taal sy hedendaagse stand kort vóór die eksodus uit Afrika bereik het. As geloof moes wag vir die evolusie van die hedendaagse, geartikuleerde taal, dan het dit ook kort voor 50,000 jaar gelede verskyn.

Evolusionêre psigologie van geloof

Daar is in die algemeen konsensus onder kognitiewe wetenskaplikes dat geloof ‘n uitvloeisel van die breinsamestelling, wat vroeg in die mens se geskiedenis ontwikkel het, is. Daar is egter onenigheid oor die presiese meganismes wat die evolusie van die gelowige siel gedryf het. Die twee hoof denkrigtings is:

  1. Geloof het as gevolg van natuurlike seleksie ontstaan en het keuse voordele.
  2. Geloof is ‘n evolusionêre byproduk van ander geestes aanpassings.

Stephen Jay Gould, het geglo dat geloof ‘n koöptasie of ‘n boogvlak is, met ander woorde dat geloof ontstaan het as byproduk van sielkundige meganismes wat weens ander redes ontwikkel het.

Sulke meganismes kan die vermoë om die aanwesigheid van organismes wat skade mag berokken, insluit; die vermoë om met redegewende verhale natuurverskynsels te verklaar; en die vermoë om te besef dat ander mense hulle eie gedagtes, eie gelowe, begeertes en doelwitte het. Hierdie drie aanwendbaarhede het onder andere mense toegelaat om doelgerigte agente of gode te skep as oorsaak van waarnemings wat nie andersins geredelik verklaar kon word nie, e.g. donder, weerlig, beweging van sterre en planete, dag en nag, seisoene, ensovoorts.

Sommige geleerdes suggereer dat geloof geneties “hardbedraad” in die mens se gesteldheid is. Een betwisbare hipotese is die God-geen hipotese, wat betoog dat sommige menslike wesens ‘n geen dra wat hulle ontvanklik maak om voorvalle as geloofopenbaringe te vertolk. Een geen, VMAT2, is waarskynlik verantwoordelik vir die ingesteldheid.

PREHISTORIESE BEWYSE VAN GELOOF

1.   Paleolitiese begrafnisse

[Hoe kon Homo sapiens  90,000 jaar gelede in Israel begrawe word as hulle volgens Nicholas Wade, Chris Stringer en Peter Andrews eers tussen 50,000 – 70,000 jaar gelede uit Afrika getrek het? Is die Indiese skrywer Akhil Bakshi en Milford H Wolpoff nie dalk nader aan die kol met hul teorieë dat die Negers, Kaukasiërs en Mongole, nie net verskillende rasse is nie, maar aparte spesies wat op verskillende kontinente ontwikkel het?]

 

Die vroegste bewyse van geloofsdenke is gebaseer op die rituele behandeling van die dooie. Die meeste diere toon slegs ‘n onverskillige belangstelling in die dooies van hulle eie soort. Rituele begrafnisse toon dus ‘n merkbare vooruitgang in menslike gedrag. Rituele begrafnisse beeld ‘n bewussyn van lewe en dood uit en ‘n waarskynlike geloof in die hiernamaals. Die taalkundige Philip Lieberman meld begrafnisse met grafgoedere toon duidelik geloofspraktyk en besorgheid vir die dooie wat die daaglikse lewe transendeer het. Die vroegste bewyse vir die soort behandeling vir dooies kom voor in die Atapuerca berge in Spanje. Hier is die gebeentes van 30 individue wat skynbaar tot die spesie Homo heidelbergensis (Heidelberg Man) behoort en wat 850,000 tot 780,000 jaar gelede geleef het, in ‘n put gevind. Neanderdal-mense is ook mededingers vir die eerste hominides wat voorbedag hul dooies begrawe het. Hulle het die lyke in vlak grafte saam met klipwerktuie en diere-gebeentes geplaas. Die aanwesigheid van hierdie grafgoedere kan dui op ‘n emosionele band met die oorledene en moontlik ‘n geloof in ‘n hiernamaals. Neanderdal begraafplekke sluit Shanidar in Irak, Krapina in Kroasië en die Kebara grot van Israel in.

Die vroegste bekende begraafplek van hedendaagse mense of Homo sapiens is in die Kafzeh grot in Israel. Die menslike geraamtes wat gevind is, was geverf met rooi oker. ‘n Verskeidenheid grafgoedere is ook aldaar gevind. Die onderkaak van ‘n wilde swyn is in die arms van een van die geraamtes gevind. Philip Lieberman meld: Begrafnis rituele wat grafgoedere insluit, kon deur die anatomies-hedendaagse hominides, wat 100,000 jaar gelede uit Afrika na die Midde-Ooste geëmigreer het, bedink gewees het. Matt Rossano suggereer dat die tydperk tussen 80,000-60,000 jaar, nadat mense van die Midde-Ooste na Afrika teruggetrek het, die kruispunt in die evolusie van geloof was.

2.   Die gebruik van simboliek

Die gebruik van godsdienstige simbole is ‘n universeel gevestigde fenomeen. Argeoloog Steve Mithen voer aan dat dit algemene geloofspraktyk is om beelde en simbole te benut om bonatuurlike wesens en idees te versinnebeeld. Omdat bonatuurlike wesens die natuurwetenskaplike beginsels skend, was daar altoos haakplekke in mededeling en belydenis van bonatuurlike konsepte aan andere. Dié probleem kon oorbrug word deur hierdie bo-natuurlike wesens in ‘n materiële vorm te veranker met afbeeldende kuns. Deur die oorplasing in materiële vorms, was dit makliker om bonatuurlike konsepte mee te deel en te begryp. Weens die verband tussen kuns en geloof, is die simboliese bewysstukke by ‘n fossiel ‘n aanduiding van ‘n brein wat in staat was tot geloofsdenke. Kuns en simbolisme demonstreer die nodigheid van ‘n abstrakte denkvermoë en verbeelding om geloofsidees te konstrueer. Wentzel van Huyssteen meld dat die vertolking van die nie-sigbare deur simbolisme, die vroeë menslike voorouers in staat gestel het om gelowe met abstrakte terme te omhul.

Sommige van die vroegste bewyse van simbolieke gedrag word met Middel-steentydperk terreine in Afrika geassosieer . Vanaf ±100,000 jaar gelede, is daar bewyse dat verfstowwe soos rooi oker gebruik was. Die pigment is van geen praktiese nut vir jagter-versamelaars nie, dus word bewyse van hul gebruik as simbolies van rituele oogmerke vertolk. Onder nog bestaande jagter-versamelaar-bevolkings om die wêreld, word rooi oker steeds op groot skaal vir rituele doeleindes gebruik. Daar word geargumenteer dat dit algemeen onder mens-kulture verspreid is, omdat die rooi kleur vir die voorstelling van bloed, seks, lewe en dood benut is.

Die gebruik van rooi oker as ‘n volmag vir simbolisme word dikwels gekritiseer as ‘n afgeleide bewys. Sommige wetenskaplikes, soos Richard Klein en Steven Mithen, erken slegs ondubbelsinnige kunsvorme as verteenwoordigend van abstrakte idees. Bo-paleolitiese grotkuns verskaf sommige van die mees ondubbelsinnige bewyse van geloofsdenke uit die paleolitiese tydperk. Grottekeninge by Chauvet beeld kreature uit wat halfmens en halfdier is, ‘n voorbeeld van antropomorfisme verwant aan sjamanistiese gebruike.

3.   Die oorsprong van georganiseerde geloof

Georganiseerde geloof se wortels kan teruggaan tot by die Neolitiese revolusie wat 11,000 jaar gelede in die Midde-Ooste begin het, maar kon onafhanklik op verskeie plekke om die wêreld voorgekom het. Die uitvinding van landbou het die gemeenskappe van ‘n jagter-versamelaar leefstyl na ‘n gevestigde leefstyl verander. Die gevolge van die Neolitiese revolusie sluit ‘n bevolkingsontploffing en ‘n versnelling in die pas van tegnologiese ontwikkeling in. Ook byvoorbeeld, het dit die oorgang van kossoek-groepe na stadstate en koninkryke verhaas, en het meer gespesialiseerde en ontwikkelde geloofvorme wat die nuwe sosiale en politieke omgewing reflekteer, ontwikkel. Terwyl groepe en klein stamme geloof in die bonatuurlike besit het, het hierdie gelowe nie gedien om ‘n sentrale gesag en die oordrag van rykdom te regverdig nie, of om vrede tussen onverwante individue te bewaar nie. Georganiseerde gelowe ontstaan klaarblyklik as ‘n hulpmiddel om sosiale en ekonomiese stabiliteit te waarborg deur die gebruik van die volgende metodes:

  • Regverdiging van die sentrale gesag, wat op sy beurt die mag bekom om belastings te hef in ruil vir die verskaffing van sosiale- en veiligheidsdienste.
  • Groepe en stamme het hoogswaarskynlik uit ‘n klein aantal verwante individue bestaan. Stadstate en nasies is egter saamgestel uit duisende onverwante individue. Jared Diamond beweer dat georganiseerde geloof gedien het om ‘n band tussen onverwante individue, wat andersins meer geneig was tot vyandigheid, te smee. Hy beweer dat die hoofoorsaak van dood in jagter-versamelaar gemeenskappe, moord was.
  • Gelowe wat wentel om moraliserende gode het die opkoms van groot, koöperatiewe groepe van onverwante individue vergemaklik.

Die stadstate gebore uit die Neolitiese revolusie, soos dié van Ou Egipte en Mesopotamië, was teokraties, waar hoofde, konings en keisers die dubbele rol van politieke sowel as geestelike leier, vertolk het. Antropoloë het bevind dat byna alle en hoofman- en staatsgemeenskappe op aarde, tot stand gekom het deur ‘n goddelike heerskappy om politieke mag te regverdig.

Die nomadiese Hebreërs of Habiru skep ‘n eie geloof met die finale redigering en kanonisering van die Torah tydens die Babiloniese ballingskap in die 6de en 5de eeu v.C., wat basies gebaseer is op genetiese gedragslyne, wat soos volg deur Lyall Watson in sy boek Dark Nature uiteengesit is.

 

  1. BE NASTY TO OUTSIDERS
  2. BE NICE TO INSIDERS
  3. CHEAT WHENEVER POSSIBLE