Teen die einde van menslike lewe word dokters deur onsekerhede en etiese strikvrae gekonfronteer, byvoorbeeld ten opsigte van pynbestuur en die onttrekking van lewensondersteunende mediese sorg. In hierdie voordrag fokus ek op ’n paar wetlike en etiese kwessies wat deur teminale sorg aan die orde gestel word, insluitende selfmoord met bystand, en willekeurige genadedood. Ek argumenteer dat daar ’n sterk saak uit te maak is vir ’n verheldering van die wetlikheid van mediese ingrypings. Maar dit verg ’n denkskuif oor die doeleindes van medisyne rondom die einde van die lewe, van genesend na pynverligtend, en uiteindelik, die waarde van menslike lewe.

Lees die Beeld-artikel by