1 Inleiding

Ons het by die vorige drie geleenthede aan drie sake aandag gegee:

‘n Nuwe spiritualiteit: Die oue is nie meer nie, die nuwe is nog nie.
Fases van geloofsgroei: Nie net ons liggame groei nie, maar ook ons gees.
Beelde van God/die goddelike: Teïstiese, panteïstiese en panenteïstiese beelde .
Ons fokus vanoggend (22 Mei) op die Bybel. Ek wil die onderwerp aan die hand van vier vrae aan die orde stel:

Waarom ons nog enigsins met die Bybel besig hou?
Kan ons nog praat van die Bybel as daar ten minste drie tradisies bestaan?
Hoe is daar tradisioneel oor die Bybel gedink?
Hoe moet ons vandag oor die Bybel dink?
2 Waarom ons nog met die Bybel besig hou?

Daar is mense wat soms vra: “Waarom hou julle julle nog met die Bybel besig? Hierdie boek het soveel ellendes deur die eeue veroorsaak en tot soveel mense se dood aanleiding gegee dat ons gerus daarvan kan afskeid neem.”

Kom ons erken dit ruiterlik dat die Bybel ‘n gevaarlike dokument is en dat dit wel vir vele mense se dood verantwoordelik is. Miskien is dit meer korrek om te sê dat sommige mense se interpretasie van Bybeltekste tot ander soos dood aanleiding gee. Die Bybel self doen dit nie. Ek besit ‘n boek met die titel The Bible Tells Me So: Uses and Abuses of Holy Scripture (1996). Wanneer ‘n mens dit lees, is dit skrikwekkend om te sien wat lesers al uit die Bybel afgelei het. Neem ook maar die onlangse kerkgeskeidenis in ons land toe Bybeltekste gebruik is om die apartheidsbeleid te ondersteun. En tans die gesprek oor mense met ‘n homoseksuele oriëntasie.

Na my mening kan ons nie sommer van die Bybel afskeid neem nie. Ons gaan onsself in die proses verarm. Dit het ‘n groot rol gespeel in die Westerse samelewing en speel nog steeds daardie rol. Na regte kan ‘n mens nie Westerlinge verstaan sonder om hierdie boek te lees nie. Dis egter nie al rede nie. Wanneer ons moeite doen om hierdie boek te verstaan, bied dit goeie leesstof en kan ‘n mens uit die verhale, gedigte, briewe, wysheidsspreuke en ander literatuursoorte nog veel leer. Die derde waarde van die NHN stel dit soos volg: “Ons koester die beste van ons erfgoed in onder andere die Bybel, ons Christelike en ander spirituele tradisies.”

3 Kan ons nog van DIE BYBEL praat as daar ten minste DRIE tradisies bestaan?

Wanneer ons met die Bybel omgaan, moet ons besef dat daar eintlik nie so ‘n entiteit soos DIE BYBEL is nie. Daar is Katolieke Bybels, Protestantse Bybelse en Bybels van die Oosters-Ortodokse Kerke. Al drie die tradisies van die Christendom se Nuwe Testament stem ooreen, maar nie hulle Ou Testament nie. Elke tradisie het hulle eie siening oor hoeveel boeke deel vorm van die Ou Testament.

Die feit dat daar drie tradises bestaan, bevestig die standpunt dat dit nie God is wat besluit het hoeveel boeke in die Bybel moet wees nie, maar mense. Bybelboeke is deur mense geskryf en Bybels soos ons dit ken, is deur mense saamgestel. Dit het nie so uit die hemel na ons gekom nie. God het dit nie aan mense “gefaks” nie soos iemand in die gehoor dit gestel het. Binne die Nuwe Hervorming Netwerk het ons geen probleem om die ander tradisies rondom die Ou Testament te respekteer en die sogenaamde deutero-kanonieke (of apokriewe boeke) te lees en te bestudeer nie. Ons het ook nie ‘n probleem om ander vroeg-Christelike evangelies (soos die Tomas-evangelie) te lees nie.

4 Hoe is daar tradisioneel oor die Bybel gedink?

Dit was lank gelede ‘n algemene siening dat die Bybel goddelik gedikteer en geïnspireer is. Die Bybel is nie op dieselfde vlak as ander menslike literatuur geplaas en gehanteer nie. Daarom is daar ook daarna verwys as “Woord van God”. Daar bestaan ‘n pragtige skildery van Rembrandt van Rijn (1606–1669) wat uitbeeld hoe ‘n engel die woorde van die evangelie in Matteus se oor fluister terwyl hy dit neerskryf. Sommige geleerdes het op grond van 2 Timotues 3:16 teorieë saamgestel oor hoe God deur sy Gees die Bybelskrywers geïnspireer het. Sommige meen dat God die woorde self gegee het. “Verbale inspirasie”, noem hulle dit. Ander praat weer van “personele inspirasie”. God het die mense geïnspireer. ‘n Mens moet ‘n teïstiese godsbeeld koester om hierdie soort teorieë te onderskryf en te verstaan. Neem ‘n mens in ag dat daar drie tradisies oor die Bybel bestaan, laat dit onmiddellik die idee van inspirasie op wankelrige bene rus. Watter tradisie is nou die “goddelik-geïnspireerde” een? Die Protestante s’n, of die Katolieke s’n? Of is die tradisie van die Ortodokse Kerke dalk die goddelike een?

5 Hoe moet ons vandag oor die Bybel dink?

Ek stel die kwessie oor hoe ons vandag oor die Bybel moet dink deur middel van sewe aanhalings aan die orde. Die idee met hierdie aanhalings is dat groepe dit kan oorweeg en bespreek.

Stelling 1

The Bible may sometimes be referred to as ‘the Word of God’, but that can surely not mean that divine utterances are received by us or by the original authors in some direct way, which guarantees precise verbal accuracy. What we have is a record of human perceptions of divine words and actions, and human perceptions in all ages are fallible. (Richard Coggins)

Stelling 2

The conclusion which this adds up to is that the use of ‘word of God’ in connection with prophetic utterances and as a term for the Scriptures as a whole has had serious disadvantages…. My contention is that God does not speak Hebrew, that the language of the Old Testament is human language and that, with this in mind, it must be studied like any other literature embedded in ancient documents. (William McKane)

Stelling 3

Paul was a limited man captured by the worldview and circumstances of a vastly different time. It is the height of foolishness to try to claim eternal truth for his culturally conditioned and time-limited words. Paul’s words are not the Words of God. They are the words of Paul — a vast difference. (John Shelby Spong)

Stelling 4

The recognition that the Bible expresses the interpretation of its experience of God in images, legends, miracle stories or myths made it more possible for me to gain access to the truth that it seeks to convey. (Günther Weber)

Stelling 5

What we need is a new understanding of the role of the Bible in the church today that acknowledges the actual reality of our situation — an understanding that takes the Bible as foundational document but not as authoritative, that is, an understanding that does not assume that the Bible determines all that we are to think and do. (Robin Scroggs)

Stelling 6

Whether it is the Bible or the Confessions of the Reformed churches, each document or collection of documents represents the production of its time and culture. As such they have to be read in historical terms and not as permanently prescriptive for all time. (Robert Carroll)

Stelling 7

Meanings are always created. Meanings are not “found” or “discovered” in the text, but they are taken out of the mind of the individual reader and from there attributed to the text. No other description is possible. (Gunnar Hansson)
Opgedateer op : Wo 25 Jan 12