Die hoofdoel in die lewe van ’n dier is:

  1. Om te oorleef, want sukses in die natuur = effektiewe voortplanting.
  2. Om predasie vry te spring, want om lank te leef beteken dat meer nasate voortgebring kan word.

 

Die hoofdoel van lewe is om lewe voort te bring. Daar is twee voortplantingstrategieë: ’n K-strategie en ’n r-strategie

  1. Die K-strategie: optimale aantal individue binne die dra-kapassiteit van die omgewing. Hierdie diere
    • het ’n lae voortplantingskoers
    • ontwikkel stadig tot volwassenheid;
    • hulle seksuele volwassenheid is laat
    • het goeie ouersorg
    • het ’n lang lewensduur
    • het ’n groot liggaamshouding
    • lewe gewoonlik in stabiele omgewings.
    • Groot bere, katte, olifante, groot ape, walvisse val in hierdie kategorie.
  1. Die r-strategie: maksimale aantal individue binne die ruimte wat hulle leef. Hierdie diere is gewoonlik
  • onderaan die voedselketting
  • het ’n hoë voortplantingskoers
  • bereik gou seksuele volwassenheid
  • het min ouersorg nodig
  • het ’n kort lewensverwagting
  • het ’n klein liggaamsvolume
  • is kos vir predatore
  • knaagdiere soos muise, rotte, hase val in hierdie groep.

Vra ons nou waar die mens inpas, is dit duidelik dat hulle tuishoort onder die r-stratege. Waarom? Die volgende vrae behoort die antwoorde te gee op hierdie waarom-vraag:

  1. Wat eet die mens en deur wie/wat word die mens geëet? Dit gaan in die voedselketting om die verhouding tussen predator en prooi.
    • Die mens is prooi vir die groot katte op die savanna van Afrika.
  2. Tegnologie ontstaan omdat die mens hom teen predatore verdedig, maar daardeur ontstaan ’n breuk in die hele ekosisteem.
  • mense kan hulle nou versit teen hulle predatore.
  • die mens se posisie as r-stratege verskuif na K-stratege met verrykende gevolge.

Beendere word in dolomietgrotte gevind en dis duidelik dat karnivore hulle daar ingedra het. Onder hierdie beendere is daar ook aapmensbeendere. Wat word hieruit duidelik?

  • Predatore het die dolomietgrotte as skuilplek gebruik;
  • hominiene (of dan aapmense) was een van die voorkeurkosse van die groot katte;
  • luiperds, sabeltandkatte en hiënas het aapmense gevang en geëet.
  • aapmense het nie grotte as skuilplekke gebruik nie;
  • die aapmense was reeds dood toe hulle daar ingebring is.

Aapmense was gedurende die Pleio-Pleistoseentydperk die “kitskos” vir die groot katte. Die volgende redes kan hiervoor gegee word:

  • Aapmense het nie groot slagstande soos sjimpansees;
  • tegnologies was hulle onderontwikkeld;
  • hulle was die ideale prooi omdat hulle baie weerloos was – meer as die groot ape, oermense of moderne mense.

Mettergaan het aapmense tegnologie ontwikkel en spiese ter verdediging begin maak asook geleer om vuur te gebruik vir oorlewing.

Hoekom het aapmense ontwikkel? Hulle moes in die savanna van Afrika oorleef. Op hierdie vlaktes moes hulle in staat wees om hulle predatore te kon sien en sodoende van predasie weg te kom. Bipedalisme ontstaan op die vlaktes van Afrika. Maar ’n plat gesig is ’n voorvereiste vir bipedalisme. Bipedalisme help om

  • eie voete te kan sien;
  • voort te beweeg oor ongelyke terrein.

Australopethicus het regop geloop. Ons moet nie dink dat aapmense gebukkend geloop het nie, want dan sou hulle nie oor die lang grasse van die Afrika-savanne kon sien nie. Bipedalisme was dus ’n aanpassing om op die Afrika savanne te oorleef.

Aapmense het hulle groot slagtande opgeoffer vir ’n plat gesig en so ontstaan hominiene. Maar die savanna het nie genoeg skuilplek gebied teen die groot katte nie. Hoe het hierdie groep dus oorleef? Deur geweldig vinnig voort te plant. Die ovulasiesiklus van ’n sjimpanseewyfie is 36 dae, maar die homo spesie s’n is 28 dae. ’n Sjimpanseewyfie ovlueer slegs weer na 2.5 tot 5.5 jaar na geboorte. Die hominiene moes dus net so vinnig aanteel as wat hulle uitgehaal word deur die predatore, daarom kon r-strategie help met oorlewing.

Die gebruik van tegnologie om kos te vind is nie uniek aan die homoniene nie. ’n Mens vind dit ook by ander diere – soos sjimpansees en selfs voëls. Die maak van werktuie en die gebruik van vuur is wel uniek aan die mens. Die eerste werktuie is al 2 miljoen jaar gelede gemaak, terwyl vuur 1.8 miljone jaar gelede ontdek en gebruik is. Die werktuie is gebruik vir doodmaak van predatore! Maar daardeur het die hominiene hulle self ook uit die voedselketting begin haal. Die hominiene maak hulle predatore dood en verander ook hulle stapelvoed van vrugte na grassoorte. Die ekwilibrium in die natuur is finaal verbreek toe mense hulle uit die voedselweb gehaal het.

Hier volg ’n kort vertelling oor die prestasies van die mensspesies homo sapiens wat later ontwikkel het, maar deel is van die groep bekend as homoniene

  • Gedurende die Onder-paleolitiese tyd (2 miljoen tot 120 000 vC) was daar nog hoofsaaklik oermense wat bestaan het.
  • Gedurende die Middel-paleolitiese tydperk (120 000–35 000 vC) het die spesie homo sapiens in Afrika ontstaan.
  • Tydens die Bo-paleolitiese tydperk (35 00–8 000 vC) dring hierdie spesie Eroasië binne.
  • In die Mesolitiese tydperk (8 000–6 500 vC) ontwikkel die mens pyl en boë.
  • In die Neolitiese tydperk (6 500–3 300 vC) ontstaan boerdery-aktiwiteite, word die wiel ontdek, word geploeg en ontstaan skrif.
  • In die Bronstydperk (3 300–800 vC) onstaan ommuurde stede.
  • Tydens die Ystertydperk (800–1vC) kom groot ryke tot stand, word paaie aangelê en verbeter vervoer. Dink maar aan die Assiriese ryk, die ryk van die Egiptenare, Babiloniërs, die Perse, Grieke en Romeine.

Om die prentjie vollediger te maak, kan die volgende ook bygelas word. Gedurende bovermelde tydvakke vind ook die domestisering van plante en diere plaas. Hier volg ’n lys daarvan:

  • Honde rondom 13 000 vC vir jagdoeleindes
  • Skape rodnom 8 000 vC in Irak
  • Bokke rondom 7 500 vC in Irak
  • Varke rondom 7 000 vC in Turkye
  • Beeste rondom 6500 vC in Turkye
  • Perde rondom 3 000 vC in die Ukraïene
  • Donkies rondom 3 000 in Egipte
  • Hoenders rondom 2 000 vC in Pakistan.

Wat landbougewasse betref, is die volgende lys van hoe sekere plante en gewasse gedomestiseer is insiggewend:

  • Rys rondom 10 000 vC in Indochina
  • Koring rondom  8 000 vC in Irak
  • Gars rondom 8 000 vC in Irak
  • Mielies rondom 7 000 vC in sentraal Amerika
  • Sorghum rondom 6 000 vC in Oos-Afrika
  • Millet rondom 5 000 vC in Afrika

Die helfte van die kos wat mense eet, bestaan uit graangewasse, maar graangewasse is na regte grasse. Grasse groei hoofsaaklik op die grasvelde dwarsoor die aarde. Die mens vernietig woude en vleilande om ruimte te maak vir die aanplant van bogenomede gewasse en gee daardeur voorkeur aan grasvelde! Ons vervang biodiversiteit met ons gemuteerde monokulture. Die meeste van die mens se gedomestikeerde diere is grasvelddiere.

Die spesie homo sapiens het mettergaan hulle natuurlike vyande uitgewis en van r-stratege na K-stratege oorgegaan, maar sonder om regtig K-stratege te word. Mense het met hulle hiperseksuele r-strategie bly voortplant asof hulle die “kitskos” van die groot katte is. Hierdie mensspesie was tans eksponsieel aan. Gesondheidsorg en voedingsprogramme verseker dat meer mense natuurlike rampe oorleef. Mense wis ekostelsels uit ter wille van lewensruimte en kosproduksie. Mense en hulle makgemaakte diere en plante is indringerspesies in ander wêrelddele.

Afgesien daarvan dat ons ’n indrigerspesie is, speel seks en geweld ’n groot rol in ons bestaan. Mense is gefassineerd met seks en geweld en hierdie twee kom dikwels in tandem voor! Ons gode is dikwels fertiliteits- en oorlogsgode. Ons maak flieks oor seks en geweld en gee dit dan die kode 18SNVL. Meer en meer mense bring die helfte van hulle tyd op die internet deur deur pornografiese webwerwe te besoek. Geweld en seks hou verband met die feit dat die mensspesie na regte r-stratege was. Baie van ons sportsoorte bevat aggressie en geweld. Ons vermaak onsself met angswekkende bedrywighede soos “bungee-jump”, “roller coasters”, valskermspronge, en gevaarlike gedrag soos die gebruik van dwelmmiddels en alkohol. Ons lag spontaan as iemand anders ‘n ongeluk beleef. Ons het ‘n obsessie met dooie en gewonde mense. Ons beleef nagmerries oor val-ervarings en voel dikwels dat ons gejag word. Die emosies wat deur hierdie stimuli opgewek word, staan onder beheer van die limbiese stelsel van die brein (ook bekend as die “reptiel”-brein.) Die feit dat ons die outeurs van hierdie stimuli is, wys dat ons daarvan hou om die emosies wat verband hou met veg, vlug en voortplanting op te wek. Hierdie bisarre gedragspatroon wys dat ons eintlik prooidiere is.

Kan ons die aanwas van mensse beheer? Klaarblyklik nie, want selfs tydens oorlog was die mens ongekend aan. Angs- en stresbelewenisse wakker klaarblyklik seksuele drifte aan. Promiskuïteit neem tydens oorloë toe. Meer as ’n derde van die 5.3 miljoene babas wat tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) in Brittanje gebore is, was buite-egtelik verwek. Verder is meer as ’n miljoen aborsies tydens hierdie jare gedoen.

Die limbiese sisteem beheer die gedrag wat verband hou met oorlewing: veg, vlug, voed en voortplanting. Die stimulasie van die hipothalamus gedurende die veg- of vlugreaksie mag in sekere gevalle ook die libido stimuleer.

Groei in die bevolking neem geweldig toe sedert die industriële revolusie van die sewentiende en agtiende eeu in Europa. Die kolonialisering van ander lande hou verband met die oorbevolk-raak van Europa en die vermindering van ruimtes om die nodige gewasse te kan kweek en diere aan te hou. Europeërs het feitlik elke ander vasteland beset en daar die proses van aanwas en die vernietiging van biodiversiteit aangehelp. Ons verwys hierna as “ontwikkeling”. Niks sal die populasie-aanwas verhoed om eksponensieel te groei nie. Bevolkingsaanwas sal aanhou totdat daar niks meer oor is om te eet en te drink nie. Niks wat ons doen kan die biodiversiteit op aarde meer behou nie. Wanneer die mens uitgewis is, sal elke ekostelsels tot niet wees saam met al die miljoene spesies en organisme wat deel daarvan was. Daar was verskei vorige uitsterwing of uitwissings op aarde, maar hulle is meestal deur natuurlike faktore veroorsaak. Die Sesde Groot uitwissing hang egter saam met die handelinge van die mensspesie homo sapiens. Hulle het die grootste impak op die totale ekologie van die aarde. As lewe die mensdom oorleef, sal dit ’n verarmde een wees vergeleke met die biodiversiteit wat eens bestaan het. Ons is die laaste geslag wat die natuurt in sy huidige skoonheid en diversiteit sal ken en geniet. Die mens is onafwendbaar op pad na die einde. Kompetisie vir noodsaaklik hulpbronne gaan toeneem soos die hulpbronne begin verminder.

Bevolkingsgroei is nie die enigste bekommernis nie, maar die gebruik van hulpbronne. Hulpbronne word vinniger verbruik in gegoede en tegnologies goed ontwikkelde gemeenskappe as in arm en “oorbevolkte” gemeenskappe. Die VSA het ’n groter impak as die “oorbevolkte” Asië. Die aarde kan nie nog ’n ekonomie soos die VSA s’n bekostig nie. Dink aan wat gaan gebeur as China ’n ekonomie soos die VSA het.

Hoe meer hulpbronne verbruik word, hoe meer afvalstowwe en hoe meer word die omgewing besoedel. Populasie-aanwas, welvaart en tegnologie is die drie belangrikste faktore wat die ekologie vernietig. Afgesien van populasie-aanwas wat ’n groot impak op die aarde het, speel die volgende ook ’n rol:

  • Habitatverlies deur ontbossing, landbou-aktiwitiete, industrieë, mynbedrywighede, verstedeliking, besoedeling (afval), en die toename van CO2 in die atmosfeer.
  • Klimaatsverandering vanweë die styging in temperature. Seisoene en seestrome verander. Die yskappe en gletsers smelt. Daar is droogtes, vloede en storms.

Habitatverlies lei tot verlies aan biodiversiteit en dit lei tot hongersnood en  uitwissing. Soos die hulpbronne opgebruik word, sal daar ’n toename in kompetisie vir water, voedsel en energie wees. Industriële lande sal die hulpbronne van ontwikkelende lande verorber. Ryker lande sal op arm lande prooi. Sterkes sal die armes se kos en water voor hulle oë wegneem tot dat daar niks oor is om voor te veg nie. Alhoewel die ryk en ontwikkelde lande die laaste sal wees om te verdwyn, sal hulle ’n toksiese wildernis nalaat.

Wat ontstellend is, is dat gelowiges die probleem op God afskuif of hulle sien dit bloot as die voorspel tot die apokaliptiese einde warvan in die Bybelboek Openbaring vertel word. Al Gore noem in sy boek An Inconvenient Truth dat diegene wat vroeër skepties gestaan het teenoor die kwessie van aardverwarring en die vernietigng van die ekologie, nou oorhel na totale fatalisme. Geeneen is van plan om ’n vinger te verroer of om hulle gedrag te verander nie. Soos koning Louis XVI sê hulle ook : “Na my die vloed!” Waarom sal ons ons bekommer oor diegene wat na ons kom. Waarom sal ons bekommer oor of geslagte na ons genoeg water en voedsel sal hê? Solank ons die lewe kan geniet, is alles “honky dory!”

Op die vooraand van die Sesde Uitwissing, kyk ons nog rustig TV, skree ons vir die Bokke, gaan fliek ons, ry met ons duur petrolvretende motors rond, bou ons groot huise by die see, of op die Golf-landgoed wat niks anders as graswoestyne is wat water verorber. Waarom sal ons ons bekommer oor die aarde en oor ander spesies?