VOORBEELDE – VERSEKERINGSMAATSKAPPY KONFERENSIE:

Hoof uitvoerende beampte as Waarsêer/Filosoof, top verkoopsman as Orator/Prediker, Sekretaresse as Herbergier/”Inn-Keeper”

Wie of wat is ek en jy in ons hart van harte – ons diepste wese. Wie of wat sou ons wees as ons ‘n eeu of wat terug geleef het? Of beter nog, wie of wat sou ons wees as ‘n eeu of wat terug vandag nog in ons sou leef?

Toe Carl Jung, bekende Switserse Sielkundige 12 jaar oud was, is hy uitgenooi om die vakansie saam met vriende van die familie wat ‘n huis op meer Lucern gehad het te spandeer. Die gasheer het die jong Jung en sy eie seun toegelaat om met die roeibootjie op die meer te vaar, maar met ‘n sterk waarskuwing om nie roekeloos te wees nie. Die enigste problem was dat Jung se familie ‘n soortgelyke bootjie tuis gehad het, en hy kon alreeds as 12-jarige elke denkbare slinkse toertjie met die boot uithaal (“every other imaginable trick”). Hy het byvoorbeeld geweet hoe om dit staande te stuur, so die eerste ding wat hy aangevang het is om op die agterstewe te staan en met een stoot van die spaan die bootjie die meer in te laat vaar. Dit was te veel vir die angstige meester van die huis, en hy fluit hulle terug en gee die 12-jarige Jung ‘n “first-class dressing down”. Jung moes erken dat hy presies gedoen het wat die meester hom vertel het om nie te doen nie, en dat die lesing geregverdig was, maar terselfdetyd sê Jung, “…I was seized with rage that this fat, ignorant boor should dare to insult ME. The ME was not only grown up, but important, an authority, a person with office and dignity, an old man, an object of respect and awe. Yet the contrast with reality was so grotesque that in the midst of my fury I suddenly stopped myself, for the question rose to my lips: ‘Who in the world are you, anyway? You are reacting as though you were the devil only knows how important! And yet you know he is perfectly right. You are barely 12 years old, a schoolboy, and he is a father and a rich, powerful man besides…”

Tot Jung se groot verleentheid en verwarring kom hy tot die besef dat hy eintlik twee verskillende persone was. Een van hulle ‘n skoolseun wat nie Algebra verstaan het nie en baie onseker oor homself was, en die ander ‘n belangrike persoon, ‘n hoë outoriteit, ‘n man wat mens nie mee moet mors nie, net so vors en invloedryk as hierdie formidabele besigheidsman. Hierdie “Ander”/“Other”, het Jung gesê, was ‘n ou man wat in die 18e eeu geleef het, skoene met gespes gedra het, ‘n wit pruik op gehad het, en met ‘n rytuig rondgegaan het met hoë agterwiele waartussen die kompartement op vere en leerrieme gerus het. Toe hy eendag een van hierdie rytuie by sy huis sien verby gaan, het hy groot opgewondenheid gevoel, ‘n verlangende nostalgie en ‘n diep herkenning dat dit “…from my times” was, en hy herhaal in sy boek MDR, “Yes, that’s how it was! Yes, that’s how it was!”. Hy het ‘n soortgelyke ervaring gehad toe hy ‘n standbeeld van ‘n ou dokter in Basel, ook met gegespede skoene, gesien het, asof dit sy skoene was, en telkemale het Jung ook in daardie dae op korrespondensies die datum 1786 in plaas van 1886 neergeskryf. Jung sê, “I began pondering these isolated impressions, and they coalesced into a coherent picture: of myself living in two ages simultaneously, and being two different persons”.

Ons praat nie hier van gesplete persoonlikheid of reinarnasie nie. Ons praat meer van die innerlike herkenning en erkenning van oerpatrone – vorige lewensstyle wat aanklank vind by jou dieper wese. Jung het dit later verklaar deur die sogenaamde kollektiewe onbewuste, ‘n vlak van psigiese funksionering wat gemeenskaplik is aan die ganse mensdom, en wat antieke patrone, wat hy later argetipes genoem het, bevat.

Het u al ooit gedink wie of wat u sou wees as u ‘n eeu of wat terug geleef het? Of beter nog, wie of wat sou u wees as ‘n eeu of wat terug vandag nog in jou sou leef? Watse tipe beroep sou met jou aanklank vind? Wat sou op so ‘n manier met jou resoneer dat jy ook sal sê, “Yes, Yes, that’s how it was…that’s from my time”? Of beter nog, “That’s how it is, that’s me” (Dit is hoe dit is, dit is ek). Met die eenvoudiger en meer deursigtige beroepe van daardie tyd, sou jy miskien ‘n herbergier wees? Wat van ‘n soldaat of ‘n geneser? Miskien ‘n ou chemikus of alchemis? Wat van ‘n skriba (“scribe”) of ‘n waarsêer/filosoof? Wat van ‘n hofnar of miskien ‘n digter-sanger (troebadoer – “bard”)? My groot vraag is of ons nie miskien die persoonlike kwaliteite of eienskappe van hierdie beroepe in onsself besit nie, ongeag van die tipe werk wat ons vandag doen, en ongegag van die honderde loopbaan keuses wat in vandag se wêreld beskikbaar is. Is daar nie dalk vandag restante of oorblyfsels van hierdie oer kwaliteite in ons wêreld van werk nie? Jy kan die kwaliteite van ‘n filosoof besit en die leier van ‘n finansiële instelling wees, die persoonlike eienskappe van ‘n orator/preker hê en ‘n top verkoopsman wees, of die kwalitiete van ‘n herbergier en steeds as sekretaresse presteer. En dalk besit ons hierdie eienskappe deur die werking van wat Jung universele oerpatrone of argetipes genoem het. Wat ek vandag wil voorstel is dat die wêreld van werk en beroep ‘n kanaal van uiting of ‘n konteks vir argetipes bied, en dat ek en jy dieper insig in onsself kan kry deur te kyk na ons eintlike passies en dieper belangstellings, binne en buite die werk wat ons doen om geld te verdien.

Argetipes is oerbeelde of motiewe uit wat Jung die kollektiewe onbewuste genoem het. Hierdie vlak of laag van die psige is universeel, outonoom en onpersoonlik van aard, en die deel van die psige wat nou koppel met die natuur, gemeenskaplik is aan alle kulture, en die basiese inhoude van godsdienste, mitologieë, filosofieë, rituele seremonies, legendes en feëverhale wêreldwyd uitmaak. Op ‘n indiwiduele vlak manifesteer dit meestal volgens Jung in drome, visies en die hallusinasies en delusies van geestesversteurings soos skisofrenie. Die beelde as sulks word nie oorgeêrf nie, maar as sisteme van gereedheid vir aksie wat ons gedagtes, emosies en gedrag beïnvloed, is dit die potensieël psigiese aspekte van ‘n oorgeêrfde breinstruktuur wat dan in interaksie met ander mense en die kulturele omgewing geaktiveer word. Tipiese voorbeelde is:

  • Die held
  • Die aards-moeder
  • Die wyse ou man
  • Die heilige kind
  • Die skaduwee
  • Die nar
  • Die anima in die man – sy vroulike eienskappe
  • Die animus in die vrou – haar manlike eienskappe
  • Die sondebok
  • Grieks-Mitologiese gode

Ek wil vandag ‘n saak uitmaak dat daar verskuilde argetipes binne-in ons beroepe verskans lê, en wat ons binne ons wêreld van werk dryf, rig en dinamies beïnvloed.

‘n Deel van Jung se definisie van argetipes wat gewoonlik deur outeurs afgeskeep word ten koste van die klem op die meer bonatuurlike, misterieuse en spirituele aard van argetipes, is die instinktiewe of natuurdriftelike aard daarvan. Jung maak voortdurend die koppeling tussen instink en argetipe, en ek dink dit is weens hulle instinktiewe aard en instinktiewe onderbou dat hulle juis universeel voorkom, want instink, die dryfkrag tot oorlewing, is juis die gemeenskaplike en universele aspek van menswees. Jung sê, “…they (instincts) form very close analogies to the archetypes, so close, in fact that there is good reason for supposing that the archetypes are the unconscious images of the instincts themselves, in other words, that they are patterns of instinctual behaviour” (CW 9 part 1, para 91).

Met dit gesê wil ek nou die koppeling met ons beroepslewe doen. Ons moderne wêreld van werk het nie skielik tot stand gekom nie. Dit het duisende jare se menslike ontwikkeling en evolusie geneem om ons te bring waar ons vandag is. Ek is oortuig dat die vroeë werksaktiwiteite tot stand gekom het, en gedryf is deur noodwendigheid, die instink om te oorleef as ‘n individu, ‘n familie, ‘n stam en ‘n gemeenskap. Insgelyks word die professies van vandag ook gedryf deur noodwendigheid, deur die uitdagings om in die modern wêreld te oorleef. Om hierdie rede behoort ons beroepslewe oorblysels van oer-instinkte, en daardeur inherent oorskotte of restante van argetipes te bevat. Ek dink ons onderskat die wêreld van werk as ‘n platform, verhoog of medium waardeur argetipiese beelde en motiewe uitdrukking kan geniet. Prostitusie is nie die “oudste professie” in die wêreld nie. Baie professies het deur die eeue heen bly voortbestaan. Ek hou van wat James Hillman (1983, p. 169 Inter Views. New York: Harper & Row) te sê gehad het omtrent werk: “We don’t want to work. It’s like not wanting to eat or to make love. It’s an instinctual laming. And this is psychology’s fault: it doesn’t attend to the work instinct… We need to talk of the work instinct, not the work ethic, and instead of putting work with the superego we need to imagine it as an id activity, like a fermentation, something going on instinctively, autonomously, like beer works, like bread works….I merely want to speak of working as a pleasure, as an instinctual gratification”.

Ons werk om te oorleef, en daarom het die wêreld van werk ‘n noue koppeling met die instink tot voortbestaan, maar in die proses van werk mag ons moontlik net ‘n vorm van “instinctual gratification” (instinktuele bevrediging of voldoening) vind, veral as ons ons ware en egte roeping gevind het – nie noodwendig dit wat ons doen vir broodwinning nie. Instinkte lê aan die kern van argetipes. Jung weereens: Instinct is partly physiological and partly psychological (CW 5, para 199), and gains its psychological nature through the archetypal image, which (CW 8, para 277) “…might suitably be described as the instinct’s perception of itself, or as the self-portrait of the instinct” (CW 8, para 277). Die woord “instinct” word beter uitgedruk deur die Duitse woord “trieb”, betekende “dryf” of in Afrikaans, “dryfkrag”. Wanneer ek en jy besig is met aktiwitiete wat deel van ons roeping uitmaak, word ons gedryf deur ‘n onweerstaandbare impuls, ‘n diep en oer-passie as jy wil, en die beloning vir die doen is in die doen, nie noodwendig in die finansieële voordele daarvan nie. Dit is beroep as argetipe, ‘n roeping, ‘n instinktuele dryfkrag.

Die persiese digter Rumi het eens gesê: “A king sent you to a country to carry out one special, specific task. You go to the country and you perform a hundred other tasks, but if you have not performed the task you were sent for, it is as if you have performed nothing at all. So man has come into the world for a particular task, and that is his purpose. If he doesn’t perform it, he will have done nothing”. Dit herhinner sterk aan Jung se bekende aanhaling in MDR (p 357): “In the final analysis, we count for something only because of the essential we embody, and if we do not embody that, life is wasted”. In CW 17 (Chapter VII), The Development of Personality, vergelyk Jung die groei en ontwikkeling van die persoonlikheid met ‘n bewuste onderwerping aan die krag van die “inner voice”, the calling or the vocation (roeping), wat op sy beurt verband hou met bestemming (destiny), en dat die persoon wat nie gehoor aan hierdie binnestem gee nie, wat ontrou is aan sy of haar amor fati (love of fate – liefde vir voorland/lot/bestemming) sal nie die lewe se betekenis ten volle realiseer nie.

Jung (CW 17, para 300) definieer roeping (vocation) as: “an irrational factor that destines a man to emancipate himself from the herd and from its well-worn paths. True personality is always a vocation and puts trust in it as in God…vocations acts like a law of God from which there is no escape…He must obey his own law, as if it were a daemon (INNERLIKE SAAD, GEES OF INSPIRASIE) whispering to him of new and wonderful paths. Anyone with a vocation hears the voice of the inner man: he is called.” Jung het ook beklemtoon dat dit nie die voorland of prerogeratief van groot en bekende persoonlikhede is nie, maar enigiemand wat na die innerlike stem luister en besluit “…to obey the law that commands him from within” (CW 17, para 304). Jung beklemtoon egter die belang van ‘n conscious compliance to the power of the inner voice (bewuste toegewing/nakoming aan die krag van die binnestem), a voluntary sacrifice to vocation (‘n vrywillige opoffering aan roeping), en ‘n bewuste vertaling van hierdie roeping in jou eie individuele lewe, want ‘n blinde toegewing sal jou wegsleep in ‘n “…flux of psychic events and (being) destroyed” (CW 17, para 308). Ons moet presies dieselfde bewuste toestemming of inwilligheid toepas op argetipiese patrone in ons, of ons sal ook in hul greep verval en heeltemal besit/gekwel (possess) word. Hitler was in besit geneem deur ‘n argetipiese energie soorgelyk aan die eeu-oue noord-europese god van oorlog, uitbarsting en dolsinnigheid, Wotan. Ons almal ken mense wat ook in besit geneem word deur hul beroep of selfs roeping, en wat as gevolg daarvan eensydig, obsessioneel en eng in uitkyk raak, en waar hulle loopbaan hulle hele lewe oorheers en uit proporsie laat in terme van werk-lewe balans.

So ons kan sien uit Jung se beskrywing van roeping dat dit presies dieselfde dinamika het as die funksionering van instinkte en argetipes. Roeping, net soos instink en argetipe, is:

  • Outonoom – ‘n wet op sy eie
  • Vind sy oorsprong in die objektief-onpersoonlike aspek van die psige
  • Universeel aan alle mense
  • Onafhanklik van die persoonlike wil van die indiwidu – maar vereis ‘n bewuste inwilligheid of toestemming van die indiwidu
  • Besit die risiko om die indiwidu in besit te neem as daar nie hierdie bewuste en vrywillige oorgawe is nie
  • Spoor self-aktualisering aan deur ‘n indiwidu se bewuste toegewing aan, en nakoming van, die roeping in aanpassing tot sy/haar omgewing

Jung vergelyk roeping met ‘n “…all-powerful, all-tyrannising psychic necessity…the law that commands…from within…not ‘his own’ (but) …the law, the vocation (CW 17, para 304)…when the psyche, as an objective fact, hard as granite and heavy as lead, confronts a man as an inner experience and addresses him in an audible voice, saying, ‘This is what will and must be.’ Then he feels himself called…” (CW 17, para 303). Jung som op: “As you can see, I too have had to refer to the ‘inner voice’, the vocation, and define it as a powerful objective-psychic factor in order to characterise the way in which it functions in the developing personality and how it appears subjectively” (CW 17, para 312). Die koppeling tussen instink, argetipes en roeping blyk duidelik.

Jung vergelyk hierdie bewuste assimilasie of opname van mens se roeping met die geboorte van persoonlikheid en gebruik die volgende metafore: “It is as if a river that had run to waste in sluggish side-streams and marshes suddenly found its way back to its proper bed, or as if a stone lying on a germinating seed were lifted away so that the shoot could begin its natural growth. The inner voice is the voice of the fuller life, of a wider, more comprehensive consciousness” (CW 17, para 317-318). Wanneer jy jou roeping vind sal jy ‘n nuwe “vloei” ervaar, voortdurend groei en ontwikkel, floreer en vernuwe, en nuwe weë vind om te eksploreer en in uit te brei, solank jy nie te obsessioneel raak daarmee en in besit geneem word daardeur nie.

In die lig van hierdie “vloei”, het Jung die terme “canalisation of libido” (kanalisering van libido – instinktuele energie) gebruik, en stel in CW 8, para 80-82 hoe die uitvoering van werk so ‘n verskynsel is. Om oorlewing te beveilig en te verseker word die natuurlike gradiënt/helling van libido energie ontgin vir die uitvoering van werk: “…so he (man) has succeeded, with the help of a psychic mechanism, in converting natural instincts, which would otherwise follow their gradient without performing work, into other forms that are productive for work”. So, as sekere instinkte hul natuurlike pad sou volg sou hulle nie geskik gewees het vir die wêreld van werk soos ons dit vandag ken nie, maar hulle was gewysig en gekanaliseer in daardie rigting vir die onthalwe van oorlewing, bestaan en broodwinning in vandag se omgewing. Die instinkte het ‘n proses van differensiasie en assimilasie ondergaan. Jung gebruik die term “psychization of instinct” (CW 8, para 234) om hierdie gedaante verwisseling van die instink deur die psigiese situasie of eise van die oomblik te beskryf. Die wêreld van werk vandag het ‘n ander hellingshoek as die natuurlike vereis, en kan dus gesien word as ‘n kanalisering van instinktuele energie, ter wille van oorlewing en bestaan.

In CW 5 (para 194) sê Jung, “From the genetic point of view it is bodily needs like hunger, thirst, sleep, and sex, and emotional states or affects, which constitute the essence of libido. All these factors have their differentiations and subtle ramifications in the highly complicated human psyche. There can be no doubt that even the highest differentiations were developed from simpler forms”. Ons hoogste professies en loopbaan roepings het ontwikkel van, en is gebasseer op, die eenvoudiger patrone van instinkte, wat op hulle beurt nou ineensmelt met argetipes. Maar ten spyte van hulle graad van differensiasie, ontwikkeling en hoër bewustheid, behou die instinkte nog volgens Jung hulle inherente strewes en doelwitte (CW 9 part 1, para 91), so ons behoort spore van hulle in die gedifferensieerde psige op te tel wat die indiwidu motiveer om sekere doelwitte te bereik. Volgens Jung word die eenvoudiger vorme van instinkte tot hoër frekwensies opgehef (“…raised to a higher frequency”) (CW, para 416), en dit is ook waar en wanneer ons argetipes vind. Maar ten spyte van hulle verhewe frekwensie of “psigifisering” (“psychization”), tree argetipes steeds as instinkte op (“…act like instincts”) (CW 8, para 404) en is suiwer, onbesmette natuur (“…pure, unvitiated – uncontaminated – nature”) (CW 8, para 412).

Ek hou van die Joodse simbool van die MENORAH of die Christen se KERSFEES BOOM as weerspiëelings van hierdie dinamika van die natuur en instink wat tot ‘n hoër frekwensie opgehef word. Hierdie bome kombineer twee fundamentele oerbeelde wat normaalweg teenstrydig is: ‘n groeiende boom of bos en ‘n brandende vlam of lig. Ek sien dit as die natuur en natuurlike lewe wat opstyg, groei en differensieer vanuit die laer instinktuele vlakke tot vele vertakkings en hoër manifestasies deur hul blootstelling aan die omgewing en kultuur, en wat dan uiteindelik LIG as die hoogste frekwensie ophou. Gedifferensieerde en ontwikkelde instink onderhou lig of gees. Dit is een en dieselfde. Dit behoort saam in een beeld. Wanneer jy jou ware roeping bewustelik volg en jou passie uitleef, is jy soos ‘n lig vir die wêreld, gedryf en ondersteun deur jou instinktief-gewortelde natuur. Jung stel onomwonde egter dat, “This does not imply a substantial alteration of the motive power of instinct, but merely a different mode of its application” (CW 8, para 377). Wanneer jy in jou “element” is, soos ons soms sê van ‘n goeie atleet, kunstenaar of ekonoom, is jy inderdaad in jou “elementaal” (ENGELS: “elemental”), jou mees fundamentele, oorspronklike, wesenlike en natuurlike patroon. En wanneer jy jouself in hierdie sone bevind, of jy iemand anders in hierdie sone waarneem, kan dit self ‘n bonatuurlike of geestelike ervaring wees.

VOORBEELD: ‘n Professionele afrigter wat Ernie Els as 13-jarige vir die eerste keer gesien swaai het en koue rillings gekry het. Dit gebeur met jou as jy in die teenwoordigheid van ‘n argetipe is, in hierdie geval die klassieke “atleet”, amper in die ou Grieks-Olimpiese tradisie.

Jung gebruik die kleurspektrum om die verhouding tussen instink en argetipe uit te beeld, waar rooi ‘n goeie eweknie vir instink is, blou vir gees, en pers (‘n kombinasie van rooi en blou) ‘n goeie weergawe van argetipe kan wees. Ek wil voorstel dat gees (blou) nie van die teenoorgestelde kant van instink (rooi) kom, en argetipe (pers) in die middel vorm nie. Ek sien argetipe as ‘n verskyning en ontwikkeling uit die kernsaad van instink, en deur groei en blootstelling aan die omgewing en kultuur word dit “verspiritualiseer” en onderhou dit hoër manifestasies of verskynings van spirituele lewe. Die instinktuele basis van die psige regeer wat Jung die “partie inférieure” noem, en is relatief onveranderbaar en outomaties, terwyl die “partie supérieure” meer “psigies” is en meer vrywillig en veranderbaar is (CW 8, para 375). Die psigiese is ‘n emansipasie van funksie uit sy instinktuele gedaante, en met toenemende vryheid vanaf die blote instink, bereik die “partie supérieure” ‘n punt waar die intrinsieke energie van die funksie ophou om slegs deur instink in sy oorspronklike vorm gedryf word, en neem dan ‘n sogenaamde “spirituele” vorm of geestelike gedaante aan (CW 8, para 377).

Ons vind ‘n ander interessante koppeling tussen instink, argetipe, roeping en spiritualiteit waar Jung in CW 5 (para 208/9) deur uitgebreide etnologiese assosiasies met Griekse en Indo-Europese oorspronge, die instinktuele noodsaaklikheid van vuur-maak met die hoër funksies van denke, voorsorg en oorleg verbind. Is die Grieks-mitologiese god-figuur van Prometheus (die “Forethinker” wat vuur afgebring het uit die hemel en aan die mensdom beskikbaar gestel het), nie net die instink van vuur-maak se portret of persepsie van sigself nie, en in die kernwese van die roeping tot beheer oor die natuur, wetenskap, fisika en ingenieurswese? En wat van sy teenoorgestelde, Epimetheus, die sogenaamde “Afterthinker” of god-man van aksie, wie se doel ‘n praktiese bydrae tot die wêreld is en wat die wêreld verlang, en wie in sy wese die instink van toegepaste omgee en genesing van ander dra. Hy offer byvoorbeeld ‘n salf aan sy broer Prometheus om al sy lyding te genees: “I have a salve here which is a sure remedy for every ill and works wondrously well in heat and in frost, and moreover can be used alike for solace as for punishment” (CW 6, para 285). Epimetheus stel himself voor as “someone who won tormenting burdens of fresh care” (CW 6, para 303). Joseph Campbell sê dat mitologie is psigologie/sielkunde misverstaan as biografie of geskiedenis. Miskien is mitologie net instink uitgebeeld in simboliese vorm. Is die mitiese voorstelling van Epimetheus die instink van omgee en sorg vir jou medemens se portret van sigself, en in die kernwese van die diens, voorsienings- en genesende professies?

Jung haal ‘n pragtige stuk van Spitteler aan waar Epimetheus sy roeping en lotsbestemming aanvaar: “And it came to pass that as Epimetheus stood upon his feet, he felt his stature was increased and his courage firmer, and all his being was at one with itself, and all his feeling was sound and mightily at ease. And thus he strode with bold steps through the valley, following the straight path as one who fears no man, with free and open bearing, like a man inspired by the contemplation of his own right-doing” (CW 6, para 282). Hierdie is ‘n pragtige beskrywing van ek en jy wanneer ons doen waarvoor ons geroep is, wanneer ons in ons “bliss” (geluksaligheid) is, wanneer ons ons ware roeping en bestemming aanvaar en tot uitvoering bring. Beroep en veral roeping is inderdaad ‘n kanaal vir argetipes, vir spirituele momente, veral wanneer ons ons ware nering vind en oomblikke, ure of dae ervaar van wat Epimetheus gehad het toe hy sy lot aanvaar het. Die “Positive Psychology” navorsers noem dit “flow” en gebruik selfs die Aristoteliaanse term “Eudaimonia”:

  • Engaged focus
  • Deep involvement
  • A sense of control
  • Sense of ego vanishes – yet confident
  • Time stands still
  • Accompanied by authentic happiness/bliss
  • The reward for the doing is in the doing
  • Rapid and continuous learning

Interessant dat die term “career” sy oorsprong het in die Franse word “carriere” (a running, track, road, racecourse). When you have found your “carriere”, perhaps you are careering down an open racetrack – full speed ahead! LOOPBAAN!

In CW 6, chapter III, vergelyk Jung die Griekse gode Apollo en Dionysus, ook as twee teenoorgestelde tipes, net soos met Prometheus and Epimetheus. As ons die beskrywings van nader bekyk, kan ons heel mootlik weer die verbande bespeur tussen hierdie argetipiese en mitiese figure, die instinkte waaruit hulle ontwikkel het, en die gedifferensieerde loopbaan beroepe wat uit dit ontstaan het:

 

 APOLLO   DIONYSUS
Inner perception, introspectionIntuition of the world of ideasDreaming, fantasy, inward vision

Subjugation of the wild and untamed

 

External stimuli, objective worldSensation to the highest degreeStreaming outwards and upwards

Unbounded instinct, intoxication, dance and joy

 

Apollo blyk die verteenwoordiging van die reflektiewe styl te wees, en net soos Prometheus meestal besig met die innerlike wêreld van gedagtes. Dionysus daarenteen is aktief betrokke by die buitewêreld en meestal besorg met eksterne omstandighede, net soos Epimetheus. Jung (CW 8, para 240/241) sien refleksie/oordenking/besinning (reflection) en aktiwiteit/bedrywigheid (activity) as twee hoof groepe van instink. Die ander is honger, seksualiteit en kreatiwiteit. Die reflektiewe instink is na binne gekeer, ‘n innerlike beraadslaging gevul met abstrakte denke en etiese oorwegings. Dalk is dit die begin van ‘n religieuse dryfkrag en ‘n soeke na betekenis. Die dryf tot aktiwiteit is hoofsaaklik betrokke by die eksterne wêreld (reis, migrasie, liefde vir verandering, rusteloosheid en die speel-instink). So Apollo and Prometheus word aangevuur deur die “reflektiewe” instink, terwyl Epimetheus en Dionysus deur die “aktiwiteits-instink” gedryf word.

‘n Alchemiese houtsneewerk uit 1604 van Heinrich Khunrath, “The Amphitheatre of Eternal Wisdom” is ‘n baie vanpaste weerspieëling van die dinamika tussen die instinkte van innerlike refleksie en ekstern-gerigte aktiwiteit, en hul rol in professie of roeping. Dit toon ‘n formele alchemiese laboratorium, verdeel in twee seksies. Aan die regterkant is die werkende laboratorium (labor-atory) met die alchemiese vuurherd en smeltkroes wat die hitte verskaf het vir die alchemiese ontbindings en verbindings, en op die skoorsteenmantel talle kruike en flesse wat bestandele bevat vir die chemiese kookproses. Dit is waar die alchemis homself aan die “Great Work” toegewy het. Die regterkant is duidelik ‘n afbeelding van die AKTIWITEITS-INSTINK, met baie wyse woorde van leiding en raadgewing vir wanneer ‘n mens besig is met aktiewe werk, en bedrywig is met die grondstowwe van die buite- of materiële wêreld. Die opskrif bokant die vuurherd lees “Neither rashly nor timidly”, en bokant die pilare, “That which is wisely tried again will succeed sometime”. Op die klein smeltkroes is die waarskuwing, “hasten gently”. Aan die linkerkant van die kunsstuk is die Oratorium van die Laboratorium, ‘n meditatiewe area waar ons ‘n knielende alchemis voor ‘n tent of tipe tabernakel sien. Dit is ‘n pragtige uitbeelding van die REFLEKTIEWE INSTINK, met meer spirituele of mistiese inskripsies. Op die altaar binne die tent is boeke wat simboliese diagramme bevat en as basis vir meditatiewe of gebedsoefeninge gebruik is. Die alchemis word gesien in sy aanbiddende en kontemplatiewe hoedanigheid, en met ‘n houding van oorgawe. Die woorde in die rook lees, “Prayer ascends like smoke a sacrifice acceptable to God”. Die tabernakel self bevat die name van die Here in Hebreeus, en bevat ook die inskripsies, “Happy the one who follows the advice of the Lord” en “Do not speak of God without enlightenment”. Op die linkerkantste vou is die inskripsie, “When we attend strictly to our work, God himself will help us”. Dus, wanneer jy jou werk met volle oorgawe en fokus doen, sal ‘n outonome krag jou bystaan en ondersteun. Die twee kante van die laboratorium is duidelik die twee teenoorgestelde instinkte wat deur Jung genoem is. Aan die een kant, aktiwiteit gerig op die buitewêreld en eksterne stimuli (in Jungiaanse terme die “Sensing function” – versimboliseer deur Epimetheus en Dionysys), en aan die ander kant, innerlike refleksie, gerig op die wêreld van idees, visies en innerlike beelde (in Jungiaanse terme die “Intuitive function” versimboliseer deur Apollo and Prometheus).

Kom ons doen nou ‘n klein praktiese eksperiment en luister na ons instinktuele roeping van beide kante, en sien watter een is vir ons huidiglik ‘n voorkeur wyse van bestaan. Hieruit gaan ons dan moontlike koppelings met oer beroepe doen, met so ‘n tikkie Griekse mitolgie daarby.

INSTINCTUAL CALLING – PRACTICAL EXPERIMENT:

 

Follow your “bliss” – Joseph Campbell

Carefully observe what way your heart draws you

and then choose that way with all your strength –

Hassidic saying

Follow your “yes-no”

Listen to your instinctual calling

From which set/list do you get the most energy, enjoyment, happiness and contentment?

Which set/list are you most comfortable with?

How do you see yourself really deep down?

Which set/list do you really prefer?

Which set/list says “YES” to you?

N S
•          Reflecting/Pondering•          Future Possibility (Visioning “what                  can be”)

•          Imagination/Fantasy

•          Ideas and Concepts

•          Theoretical/Abstract

•          Intangible (the Unknown)

 

•          Applying/Implementing•          Present Reality (Sensing “what is”)

•          Observation/Realism

•          Perception and Experience

•          Practical/Specific

•          Tangible (the Known)

 

 

FOR N’s…

F T
•          Subjective •          Experiencing & valuing (Feeling)•          Human empathy

•          Decide with your heart

•          Experience up close

 

•          Objective •          Intellectual reasoning (Thinking)•          Logical analysis

•          Decide with your head

•         Think about at a distance

FOR S’s…

P J
•          Let it happen (wait and see)•          Adapting and make do (Change)

•          Open-ended

•          Still in process (Fluid)

•          Gather more information (?)                       

 

•          Quick and firm decisions•          Organised and methodical                              (Routine)

•          Prepared

•          Concluded and Completed (Settled)

•          Implement with speed (Doing)

 

FOR ALL…

I E
•          Alone (One on one or deep friendships           with a very few people)•          Contains thoughts, feelings and                          opinions (Reserved)

•          Wait to be approached (Quiet)

•          Directs own energy mostly to the ideas            in my own mind

•          Hard to get to know

 

•          With others (High contact or broad                  friendships with many different                        people)•          Expresses thoughts, feelings and                      opinions (Talkative)

•          Initiate conversation (Sociable)

•          Directs own energy mostly to people                and things in the “outside world”

•          Easy to get to know

 

NF

APOLLO

  • Brings a sense of spirit, deeper meaning and understanding of life’s hidden truths
  • Has a sense of mission and the sacred
  • Values spirituality, harmony and ethics

 

  • Pursues the extraordinary
  • Searches for the deeper self (being and becoming inner essence)
  • Wants to have meaning in everything you do
  • Strives for self-realisation through integrity, genuiness and authenticity
  • Wants to make a difference and live a life of significance
  • Very sensitive to subtle nuances and dimensions, not always visible and perceived by others
  • Invests enthusiasm, keen anticipation and feeling  –  generous with time and energy
  • Pursues causes that have deep and lasting significance …for the betterment of humanity
  • Sees potential good in others and enjoys bringing out the best in others
  • Is devoted to cultivating self and other’s potential
  • Always works towards a vision of perfection

OLD “ARCHETYPAL” VOCATIONS:

 INTROVERT  EXTRAVERT
SAGESpiritual pilgrim

Monk/nun

Philosopher

Writer

Playwright

Poet

Hermit

SPIRITUAL TEACHERPriest

Shaman

Philosopher

Guru

Prophet

Fortune teller

Prophet

Orator

Peace maker

Counselor

Barrister/lawyer/judge (mercy aspect)

Mental healer

 

INSTINCTUAL BASIS 

Reflection (in a Feeling way) – Jung

To make sense of life and the significance (meaning) of birth, death, life cycles and transformation

Striving for wholeness, completeness, self-organisation and integration

Surrender and sacrifice to a larger force – religious instinct

 

NT

PROMETHEUS

  • Brings a sense of design and understanding of how things work
  • Has an awareness of, and curiosity about, natural laws
  • Values the theoretical and the sciences

 

  • Loves to understand, predict and explain the nature of reality
  • Strives for competence, skills and ingenuity (learning and knowing is your full-time occupation)
  • Wants to do things intelligently and well. Constant urge to improve
  • Committed to storing knowledge and wisdom –  acquiring new skills
  • Holds very high standards of performance as measured by excellence of skills and continuous improvement of know-how
  • Precise in choice of words. Compact, logical and to the point
  • Frequently gains outstanding proficiency in your field
  • Works with the purpose of improvement, perfection and proof of skill or knowledge
  • Has an open mind to new ideas … an inquiring attitude
  • Future oriented –  what might be and what might happen next
  • Excellent in-depth observer

 

OLD “ARCHETYPAL” VOCATIONS:

 INTROVERT  EXTRAVERT
SCIENTISTAlchemist

Apothecary

Astrologer

Astronomer

Physicist

Mathematician

Engineer

Model Designer

Architect

 

PROFESSORAcademic lecturer

High level teacher

Advisor

Guide/Tutor

Barrister/Lawyer/Judge (rational aspect)

 

INSTINCTUAL BASIS 

Reflection (In a Thinking way)– Jung

Fire-making – Understanding and controlling nature

To get a conceptual “grip” on life  (Concept = “begriff” (German) = to get grip)

Striving for knowledge and expertise to maximise survival

Curiosity about the nature of things and how to use it to benefit survival

Inventing tools and processes

 

SP

DIONYSUS/BACCHUS

  • Brings a sense of joy, bliss, energy and happiness
  • Has a sense of freedom and playfulness
  • Values art and aesthetics

 

  • Has to be free, untied and unbound
  • Enjoys today –  spending life freely
  • Does things because of an inner urge, and continues with it as long as the impulse is there
  • A hunger for action without rules and restraints
  • Likes to test the limits. Thrives when the outcome is not known, or in crisis
  • Loves to operate something. Finds practical tools and implements attractive and challenging
  • Likes to try out new things and explore new places
  • Incredible ability to survive setbacks and endure adversity
  • Finds joy in the act of doing something, not necessarily in the outcome or the result
  • Uses available resources and always willing to share
  • Deeply understands the art of enjoyment and sensuality

OLD “ARCHETYPAL” VOCATIONS:

 

INTROVERT

 

EXTRAVERT

CREATORComposer

Artist

Sculptor

Musician

Jeweller

 

PERFORMEREntertainer

Actor

Dancer

Clown/Jester

Magician

Troubadour

Storyteller

 

MORE OUTDOOR…

Hunter

Explorer

Adventurer

Athlete

 

INSTINCTUAL BASIS

 

Activity – Jung (in an open-ended way)

Physical movement and stimulation

Play instinct

Sexual instinct

Hunting

Migration – change (travel)

Ritual

Art

Storytelling

 

SJ

EPIMETHEUS

  • Brings a sense of duty, service and loyalty
  • Always has hope that tomorrow will be better
  • Values provision, economics and commerce

 

  • A giver and a care-taker
  • Highly responsible … an excellent work ethic
  • Respects hierarchy, structure, rules and systems
  • Always well-planned and well-prepared
  • Wants to be useful and belong to, or contribute to social institutions
  • Deeply committed to the standards of your chosen social circle in society
  • Good at organising or helping with ceremonies, rites and celebrations
  • Conserves, saves and stabilises. Keeps the heritage
  • Respects proven practices and fundamentals
  • Always willing to do more of your fair share
  • Provides principles, norms and guidelines

OLD “ARCHETYPAL” VOCATIONS:

 INTROVERT  EXTRAVERT
PRESERVERBanker/Treasurer

Accountant

Civil Servant (Administrator)

Historian

Guardsman

Mortician

Scribe

Calligrapher

Librarian

Cartographer

Tailor

Cook

Butler

 

PROVIDERMerchant/Trader/Salesperson

Weapons Dealer

Inn-keeper

Restaurateur

Practical Healer (doctor/nurse/dentist)

Barber/hairdresser

Cook

Manager/Leader

Politician

Tax Collector

Practical Teacher/Coach

 

 

MORE PHYSICAL MAINTAINER…

Knight/Ferryman

Farmer/Gardener

Gatherer/Craftsman/Artisan

Sailor/Fireman

Fisherman/Policeman

Builder/ Soldier/Military Officer/Gunslinger

INSTINCTUAL BASIS

 

Activity– Jung (in a prepared and decisive)

Caring or parenting instinct

Sustenance – gathering and cultivating

Shelter

Providing and supporting

Preserving/conserving

Defensive/safeguarding instinct

Just for interest sake, which professions would survive in the year 2030, and which new one’s would become operative? Would they still have the same basic instinctual calling, “… but merely a different mode of its application”? (CW 8, para 377):

2030 PROFESSIONS?

 

NF

APOLLO

 

NT

PROMETHEUS

 

SP

DIONYSUS

 

SJ

EPIMETHEUS

 

CONTINUING IN 2030?

SageSpiritual Teacher

Philosopher

Peacemaker

Mental healer

Writer

Shaman

 

ScientistAstronomer

Engineer

Physicist

Mathematician

Lawyer

ArtistPerformer/Entertainer

Musician

Storyteller

Hunter

Athlete

FarmerMerchant

Politician

Cook

Tailor

Inn-keeper

Civil Servant (Administrator)

Mortician

Tax collector

Barber/Hairdresser

Teacher

PracticalHealer (doctor/nurse/dentist)

Soldier

Weapons dealer

Policeman

Fireman

 

 

 

NF

APOLLO

 

NT

PROMETHEUS

 

SP

DIONYSUS

 

SJ

EPIMETHEUS

 

NEW IN 2030?

(www.fastfuture.com)

Elderly Wellness Consultant“New Science” Ethicist

 

Gene ScreenerRobot Technician

Drowned City Specialist

Body parts designer

Nano-medic

Genetically Modified Scientist

Memory extension Surgeon

Space Architect

Climate Change Reversal Specialist

Animal lawyer

Alternative Vehicle designer

 

Hollywood HolographerSpace Tour Guide

Personal brander

 

Vertical urban FarmerGenetically Modified farmer

Hydrogen Fuel Station Manager

Quarantine Enforcer

Space Pilot

Weather Modification police

Virtual Clutter Organiser

Time bank trader

Social Worker for the WEB                         Generation (“Net-worker”)

INSTINCTUAL BASIS

 

Reflection – Jung

•  To make sense of life and the significance of birth, death, life cycles and transformation

•  Striving for wholeness, completeness, self-organisation and integration

•   Surrender and sacrifice to a larger force – religious instinct

 

INSTINCTUAL BASIS

 

Reflection – Jung

•          Fire-making – Understanding and controlling nature

•          To get a conceptual “grip” on life  (Concept = “begriff” (German) = to get grip)

•          Striving for knowledge and expertise to maximise survival

•          Curiosity about the nature of things and how to use it to benefit survival

•          Inventing tools and processes

INSTINCTUAL BASIS

 

Activity – Jung

•  Physical movement and stimulation

•  Play instinct

•  Sexual instinct

•  Hunting

•  Migration – change (travel)

•  Ritual

•  Art

•  Storytelling

 

INSTINCTUAL BASIS

 

Activity – Jung

•  Caring or parenting instinct

•  Sustenance – gathering and cultivating

•  Shelter

•  Providing and supporting

•  Preserving/conserving

•  Defensive/safeguarding instinct

 

Vir ‘n oomblik terug by ons Amfiteater van Ewige Wysheid. In die middel voorgrond sien ons ‘n skaal en musiek instrumente op ‘n tafel. Dit vertoonbeeld simmetrie, balans en harmonie tussen die twee uiterstes. Op die tafeldoek is die woorde, “Sacred music causes flight to sadness and evil spirits because the music of Jehovah sings happily in the heart with holy joy”. Miskien is ons werk in die laboratorium van die lewe om eventueel albei kante te leer ken en te praktiseer. Werk met die grondsubstanse van die materiële wereld EN vind innerlike openbaring. Soms, ter wille van differensiasie en die vestiging van jouself volgens jou instinktuele roeping, moet een kant meer beklemtoon en beoefen word. Maar Jung sê dat na die middeljare van ‘n mens se lewe moet jy die teenoorgeslelde kante van jouself ook eksploreer, slyp en skuur, ter wille van balans, harmonie, rondheid en eenheid. Ten laaste en uiteindelik is ons op ‘n reis vanaf ons tydelike laboratorium werk (Aktiwiteits Instink) en tent tabernakel (Refleksie Instink), waar ons ‘n mate van balans moet vind, na ‘n oop deurgang, ‘n ander tempel in die verte, met die inskripsie bokant die deur, “While sleeping, watch” or “Awake in sleep”. Dit wys op ‘n volle intergasie tussen onbewuste oorgawe en bewuste meedoening, innerlike visie en uiterlike persepsie, intuisie en sensasie, innerlike refleksie en ekstern-gerigte aktiwiteit. Jung stel dit mooi: “If he is intent only on the outer reality, he must live his inner myth; if he is turned only towards the inner reality, he must dream his outer, so-called real life” (CW 6?, pa 280)

SLOTSOM:

Die wêreld van werk, deur beroep of instinktuele roeping, bied ‘n kragtige verhoog vir oerpatrone of argetipes. Dit bied ‘n bevorderlike konteks vir ons natuurlike fisiese en psigiese energieë om uitdrukking te vind, te ontwikkel, en te vertak in gedifferensieerde vloeikanale. Wanneer ag op die instinktuele roeping geslaan word, en dit met volle oorgawe en bewuste betrokkenheid uitgevoer word, sal die toepassing skitter met vuur, helderheid en selfs spirituele lig. Deur passie en intensiteit sal ons werk ‘n salige voldoening bring, ‘n instinktuele en geestelike bevrediging as jy wil, en sal ons nie net bystaan met oorlewing nie, maar ook met optimale funksionering en florering op die “carriere” (loopbaan) na volbrenging, heelheid en geluksaligheid.