Die Nuwe Hervorming Netwerk en Renaissance Gemeenskap bied vanjaar ‘n seminaar op Saterdag 8 en Sondag 9 Oktober by die MBA Ouditorium in Midrand aan, met die tema: “Vier perspektiewe op ons toekoms”.

Ons het vanjaar vier sprekers, elk bekend en hoog aangeskrewe vir sy kennis en ervaring in sy domein en heel relevant tot die toekoms. Hulle is dr Frans Cronjé, Hoof-Uitvoerende Beampte van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede; dr Pieter Geldenhuys, internasionaal bekend as futuris en ‘n ekspert in Innovasie en Tegnologiese Strategie; dr André Bartlett, bekende teoloog van die NG Kerk en dr Abel Pienaar van Renaissance Gemeenskap en Direkteur van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit.

Die insigte wat ons van hierdie sprekers gaan bekom, die keur van oop-kop en in-diepte gesprekke wat na verwagting hieruit sal voortspruit, saamkyk na die rugbywedstyd tussen Suid-Afrika en Nieu- Zeeland en die gesellige kuiers en etes tussen-in, gaan sorg vir twee opwindende dae wat jy nie wil misloop nie.

En die koste hieraan: ‘n skrale R275!

Om jou plek te verseker, bespreek by Corlia Reitmann by corliareitmann@telkomsa.net. Vir ander navrae skakel Johan Talma by talma@mweb.co.zaof 083-556-8711.

Die lokaal is vir meeste belangstellendes binne gemaklike bereik. Indien jy moet oornag, reken gerus op die hartlike uitnodiging van verskeie NHN-ers wat jou met graagte van gratis verblyf sal voorsien.

Na verwagting sal hierdie naweek, soos in die verlede, een van die hoogtepunte op vanjaar se kalender wees.