Vanaand (hierdie Sondag, 3 Junie) tydens die RSG-program ‘Uit ‘n Ander Hoek’ onder leiding van Jean Oosthuizen word gepraat oor die onderwerp van vrye wil. RSG se webwerf beskryf dit as volg:

Het die mens ‘n vrye wil? Wat sê die wetenskap hieroor. Die gaste is dr. Dawie van den Heever, ʼn seniorlektor en navorser by die Biomediese Ingenieurswese-navorsingsgroep aan die Universiteit Stellenbosch, en Julianne Blignaut, ʼn nagraadse student wat navorsing doen oor die onderwerp van vrye wil.”

[Vorige programme is as potgooie beskikbaar; laai dit af by hierdie skakel http://www.rsg.co.za/Program-Vorige/356/Uit-n-ander-hoek op RSG.]

Ons kan gerus die reeks ondersteun deur ‘n SMS na 45770 te stuur of ‘n e-pos aan die stasiebestuurder, Magdaleen Kruger by magdaleen@rsg.co.za of aan Terrance April by terrance@rsg.co.za – of gesels saam op Facebook by http://www.facebook.com/anderhoek