Deur: Prof Willem Boshoff

Datum : So 24 Mrt 13

Willem was betrokke by die opgrawings van die oorskotte van die “Ebo-4”, Niel Lombaard, Danie Taljaard en die twee vlieëniers Eric Thompson en Keith Williamson. Dit is vier Suid-Afrikaanse soldate wat in November 1975 tydens gevegte in Angola dood is. Hulle oorskot is destyds nie na Suid-Afrika teruggebring nie, omdat dit in daardie stadium onmoontlik was. Nadat die Angolese Burgeroorlog in 2001 geëindig het, het die hoop opgevlam dat hulle grafte opgespoor sou kon word sodat hulle oorskot na Suid-Afrika teruggebring kon word.

Tussen 2006 en 2012 is navorsing gedoen, terreine besoek en uitgerekte onderhandelinge gevoer om die reg te bekom om die Ebo-omgewing te besoek. Die doel was die opgrawing en repatriasie van die vier soldate se oorskot.

In ‘n geïllustreerde praatjie sal Willem poog om iets van die ervaring van die families, die opgrawingspan en ander betrokkenes oor te dra. Die onderhandelinge was lank en uitgerek en die opgrawings het nie altyd voorspoedig afgeloop nie.