Midrand CMA Konferensiesentrum
“Kalmte in die malle gejaag oftewel, leef bewustelik in die hede”

Die NHN poog waar moontlik verdere kwaliteit tot ons lewe toe te voeg, veral te midde van die daaglikse, dolle gejaag. Tydens hierdie een-dag seminaar gaan Johannes de Villiers (met 18 jaar se studie en onderrig van Alombewustheid) in die oggend twee lesings en in die middag’n praktiese sessie aanbied waarin hy die volgende met ons sal deel:

1. Inleiding tot alombewustheid (‘Mindfulness’)”
“Mindfulness” is die laaste ruk so ’n gonswoord op baie mense se lippe dat dit vir als van depressie tot gewigsverlies tot rugpyn voorgeskryf word. Maar wat is hierdie ding regtig? En wat kan dit regtig vir jou as ‘gesonde’ mens met ’n gejaagde lewe beteken?

2. Alombewustheid, materialisme en minimalisme
Mens hoor dikwels die stelling dat “geld nie geluk kan koop nie”, maar is dit waar? Maar wat is die prys van geluk? Is daar ’n verband tussen geluk en materiële welvaart? En indien besittings ons nie gelukkig maak nie, watter raad kan die moderne wetenskap ons dan gee om meer gelukkig te wees. Minimalisme, vrygewigheid en dankbaarheid is drie van die strategieë wat ons in dié sessie gaan bespreek.

3. Praktiese begeleiding vir “Kalmte in die malle gejaag”
Hieroor sê Johannes: “Dis maklik om te sê “leef in die hede”, maar hoe doen jy dit prakties? Die mindfulness-beweging het ’n paar baie eenvoudige tegnieke waarmee mens jou sintuie en jou gemoed kan help om in die oomblik rus te vind. In dié sessie gaan ons een of twee van die tegnieke probeer.

Program
08:00-09:00 Aankoms en Registrasie
09:00-09:15 Verwelkoming en Oriëntering
09:15-10:45 “Inleiding tot alombewustheid (‘Mindfulness’)”
10:45-11:30 Tee
11:30-13:00 “Alombewustheid, materialisme en minimalisme”
13:00-14:30 Middagete
14:30-15:30 Praktiese begeleidingsessie: “Kalmte in die malle gejaag”
15:30-16:00 Samevatting en Afsluiting
16:00-18:00 Saamkuier met versnaperings en wyn

Die koste vir die seminaar is R280 vir NHN-lede en R330 vir nie-lede. Met so ’n lae fooi maar so ’n hoë kwaliteit seminaar kan jy, jou vriende en familie dit nie misloop nie! Om by te woon of navrae te doen, skakel vir Corlia Reitmann by corliareitmann@telkomsa.net (083 556 8711).