Deon het die gehoor meer as ‘n uur lank gefassineer met hierdie indrukwekkende en roerende dokumentêr. Dit toon die navorsing en volgehoue fondsinsameling en verspreiding van verpersoonlikte musiekopnames, ipods en oorfone vir “soveel moontlik pasiënte aan soveel moontlik inrigtings” wat Altzheimer’s pasiënte in Amerika versorg. Met die liefdevolle werk van geriatriese versorgers en die terapeutiese uitwerking van die musiek wat pasiënte terugvoer na jeugherinneringe wat hulle lankal vergeet het, is dit opvallend hoeveel kalmte, lewensvonk en genotvolle lyftaal terugkeer in die daaglikse bestaan van eens totaal passiewe mense ‒ en dit sonder ekstra medikasie. Dit was tegelyk aandoenlik en inspirerend vir almal wat geliefdes in soortgelyke omstandighede moet bystaan.

Dit is moeilik om ‘n visuele aanbieding wat so gelade is met inligting op te som. Deon het die volgende inligting van die organisasie “Music and Memory” se webblad verkry sodat belangstellendes die video self kan bekom:
“ALIVE INSIDE is a joyous cinematic exploration of music’s capacity to reawaken our souls and uncover the deepest parts of our humanity. Filmmaker Michael Rossato-Bennett chronicles the astonishing experiences of individuals around the country who have been revitalized through the simple experience of listening to music. His camera reveals the uniquely human connection we find in music and how its healing power can triumph where prescription medication falls short.

“This stirring documentary follows numerous visionaries in healthcare including social worker Dan Cohen, founder of the nonprofit organization Music & Memory, as he fights against a broken healthcare system to demonstrate music’s ability to combat memory loss and restore a deep sense of self to those suffering from it. Rossato-Bennett visits family members who have witnessed the miraculous effects of personalized music on their loved ones, and offers illuminating interviews with experts including renowned neurologist and best-selling author Oliver Sacks (Musicophilia: Tales of Music and the Brain), healthcare visionaries Dr. Bill Thomas, Dr. Al Powers, Naomi Fiel, and musician Bobby McFerrin (“Don’t Worry, Be Happy”).
“An uplifting cinematic exploration of music and the mind, ALIVE INSIDE’s inspirational and emotional story was the most awarded documentary of 2014.”

http://www.aliveinside.us/

Amptelike lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=IaB5Egej0TQ