MIDRANDBYEENKOMSTE

Koördinaate S 25 59 37.4 E 28 07 30.5
Hierdie byeenkomste vind elke tweede Sondag vanaf 9.30 tot ±11.00 in die ouditoruim by die CMA Conference Centre in Midrand plaas. Deskundiges gee lesings oor interessante en relevante onderwerpe en agterna kry die gehoor geleentheid om aan die bespreking deel te neem. Die byeenkomste dien as ‘n forum ter bevordering van oop religieuse gesprek vir soekers na eietydse sin.  Enigeen wat behoefte het aan oop, informele, alternatiewe gesprek, sonder vooropgestelde aannames, is welkom. Tee, koffie en gesellige samesyn vanaf 9.00.
Toegang na die CMA Conference Centre is in 2e Straat, Halfway House, Midrand.
Vanaf die N1:

  • Gaan by New Road af en draai oos,
  • By die eerste verkeerslig: draai regs in 16e Straat,
  • Ry 1.9km en draai regs in 2e Straat,,/li>
  • Die laaste ingang op links en parkeer langs die ouditorium.
Midrandbyeenkomste

Vir meer besonderhede oor die byeenkomste gaan na Komende Gebeure.

Opnames van meeste lesings is op DVD’s beskikbaar en verskeie Potgooie kan geluister word.

 

Navraag

15 + 14 =