MIDRANDBYEENKOMS

 

Die Nuwe Hervorming Netwerk se tweeweeklikse byeenkoms van 27 Oktober 2013 in die MBA Conference Centre Ouditorium in Midrand om 09:30.

Beide die Kores-silinder (vaatjie-vormige kleisilinder in Akkadies geskryf) en Jesaja (profete boek in die Ou Testament) verwys na die Persiese koning, Kores, in terme wat dui op die guns/verkiesing deur ’n nie-Persiese god. In Jesaja 44-45 word die Persiese koning Kores onder meer “herder” en “gesalfde” (messias/christus) van Jhwh (God van Israel) genoem. In die Kores-silinder word na Kores verwys as die gunsteling wat deur Marduk (’n God van Babel) uitverkies is om hom in die jaarlikse prosessie te lei. Binne kerke word hierdie verbande na my wete selde, indien ooit in prediking of Bybelstudies/Bybelskole aan die orde gestel. In die populêre omgang met die Kores-silinder, word dit dikwels besing as ‘n eerste “Handves van Menseregte”. Die aanbieding sal dié toedrag van sake aan die orde stel en toelig. Daar gaan veral gefokus word op die implikasies van die verskil in perspektief op ‘n bepaalde historiese gebeure, naamlik Kores se inname van Babel, vir ons gemeenskap in die algemeen.

KORES-SILINDER

Die Kores-Silinder is ‘n artefak wat in Maart 1879 deur die Britse argeoloog Hormuzd Rassam by die bymekaarkom van die suid-westelike- en kaai muur van Babel op die oewer van die Eufraat rivier gevind is. Dit is ‘n vaatjie vormige kleisilinder met ‘n verklaring van die Persiese koning, Kores in 2 Babiloniese spykerskrif daarop geskryf. Dit is gewoonlik in die British Museum te sien, maar doen as leen-artefak ‘n toer van verskillend museums in Amerika. Hierdie silinder is redelik bekend en populêr en word op grond van ‘n bepaalde interpretasie van die teks, deur talle vakkundiges, maar veral nievakkundiges as die wêreld se eerste handves van menseregte beskou. Op grond van hierdie beskouing word ‘n replika daarvan by die hoofkantoor van die Verenigde Nasies in New York uitgestal.
Hierdie standpunt getuig egter eerder vir inlegkunde as eksegese. Dit was na alle waarskynlikheid bedoel as ‘n bou inskripsie in tipies Mesopotamiese styl. Konings in Mesopotamië het ook reeds so vroeg as gedurende die derde millennium voor Christus dikwels hulle troonbestyging met die aankondiging van hervormings gepaard laat gaan. Dit kan dus ook as so ‘n tipe dokument beskou
word.
Vir Christene weer, is dit ‘n belangrike artefak omrede dit volgens baie van hulle die “waarheid van die Bybel” bevestig. Daar word daarop gewys dat die Kores-silinder die gebeure en inligting in Jesaja 44:23-45:8, Esra 1.1-6, 6.1-5 en 2 Kronieke 36.22-23 bevestig. So word die goddelike inspirasie volgens die sulks bevestig en staan die gesag van die Bybel bo verdenking.
Vandag word argeologie egter nie meer as ‘n wetenskap wat die waarheid van die Bybel moet bevestig
beskou nie. Veel eerder het dit ten doel om te help om tot beter begrip van die destydse sosio-kulturele
wêreld en sy breër konteks te kom.

INHOUDELIKE OORSIG

Die Kores-silinder hou verband met koning Kores van Persie (539-530 vC) se verowering van Babel
gedurende Oktober 539 vC. Dit begin deur te beskryf hoe Kores die stad sonder slag of stoot verower
het en die kultus van die god Marduk, wat deur die laaste Babiloniese koning, Nabonitus verwaarloos
is, in die stad herstel het.
Dit vertel verder hoe hy die beelde van verskillende gode, ook van ander volke, wat deur die
Babiloniërs verwyder is, laat terug neem het na hul onderskeie heiligdomme en hoe hy mense wat
deur die Babiloniërs in ballingskap weggevoer het, geleentheid gegee het om na hulle onderskeie
lande terug te keer. Met sy verowering van die stad, het Kores die titel “koning van die vier uithoeke
van die aarde” aanvaar en dus die nuwe heerser van die destydse wêreld geword.
In die Kores-silinder is dit ook ‘n god (Marduk) wat Kores as sy instrument kies en wat aan hom die
oorwinning oor sy vyande gee. Hy stel hom as wêreld heerser aan, verheug hom oor Kores en lei hom
Babel binne. Hy neem hom aan die regterhand en hy roep hom, net soos Deutero-Jesaja ook vertel.

JESAJA 44:24-45:8

Hier word slegs op Jesaja 44:28a “Hy sê vir Kores: My herder” en Jesaja 45:1a “So sê Jahwe aan sy
gesalfde, aan Kores” gefokus. Die rede: wanneer hierdie gedeelte deur Christene gelees word, is dit
gewoonlik dié twee verse wat onmiddellik aandag trek. Die gedagte dat daar na ‘n heidense koning in
die Christelike Bybel as “herder”, maar veral as “gesalfde” verwys word, val vandag steeds vir
gelowiges vreemd op die oor.
Die beeld van herder word in die Bybel soms as metafoor vir God en sy verhouding met sy volk
gebruik (bv. Jes 40:11). Soms verwys dit na die koning as leier van sy mense (2 Sam 5:22, 7:7), 3
terwyl die toekomstige leier van die volk van Jahwe in Esegiël 34:23 en 37:24 “herder” genoem
word.
Dat die aanstelling van ‘n nie-Judese leier as instrument van bevryding vir die volk van Jahwe vreemd
was, bleik onder meer uit die feit dat Jahwe in Jesaja 45:9-13 sy reg om dit te mag doen duidelik stel.
Jesaja 44:24-28 bevestig ook Jahwe se reg om dit te doen.
Die feit dat Kores Jahwe se “gesalfde” genoem word, was vir die Judese gemeenskap waarskynlik nog
meer skokkend as bogenoemde herder-metafoor. Die titel word gewoonlik gebruik om na Israel se
hoëpriester (bv. Lev 4:3) of koning (bv. 1 Sam 2:10) en soms na die aanstelling van profete (bv. 1
Kon 19:16) te verwys. Later het dit die Jode se titel vir die een wat hulle verwag het verlossing vir die
volk sou bring geword. Vir Christene sou Jesus die “gesalfde” van die Here word.

VERGELYKING VAN DIE TWEE TEKSTE

KORES-SILINDER

(Marduk) het gesoek en hy het (deur) al die lande gekyk,
opsoek na ‘n regverdige regeerder om hom te lei
(Marduk in die jaarlikse prosessie te lei). Toe het hy die
naam van Kores, koning van Anshan uitgeroep.
(Marduk) het sy naam uitgeroep as koning oor die ganse
aarde. … Marduk, die groot here, beskermer van sy volk,
het met genoegdoening Kores se goeie dade en sy
opregte gedagte gade geslaan. En hy het hom beveel om
op te trek teen sy stad Babel. (Marduk) het hom laat op
trek met die pad na Babel, terwyl hy saam met hom
getrek het soos ‘n vriend. … Sonder enige teenstand het
Marduk Kores die stad Babel laat intrek en so die stad
van vernietiging gespaar. Hy het Nabonidus, die koning
wat hom nie aanbid het nie, in sy hande oorgegee. Al die
inwoners van sowel Babel as die ganse landstreke van
Sumer en Akkad, prinse en goewerneurs het voor Kores
gebuig en sy voete gesoen. Hulle het gejuig omdat hy
die koningskap ontvang het met ‘n glansende gesig. Met
vreugde het hulle hom begroet as die heer deur wie se
hulp hulle uit die dood lewend geword het en deur wie
hulle ramp en teenspoed gespaar is en hulle het sy naam
aangeroep.

JESAJA 45:1-7

1
So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, vir wie Hy
as heerser aangestel het, aan wie Hy nasies onderwerp
en voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlê, voor
wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie:
2
Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek
sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster
stukkend kap.
3
Ek sal vir jou die skatte gee wat in die
donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is,
sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou
naam geroep het, Ek, die God van Israel.
4
Ter wille van
my dienaar Jakob, van Israel wat Ek uitverkies het, het
Ek jou op jou naam geroep, gee Ek jou ‘n eretitel hoewel
jy My nie ken nie.
5
Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is
daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy
My nie.
6
Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in
die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie;
Ek is die Here, daar is geen ander nie.
7
Ek maak die lig
en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep
rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.

GESKIEDENIS AGTER JESAJA 44:24-45:8 EN DIE KORES-SILINDER

Daar is ’n verskeidenheid Bybelse en buite-Bybelse bronne wat die lesers van bogenoemde twee tekste ’n blik op die gebeure wat ten agtergrond daarvan lê bied. In die Bybel is dit nie alleen Jesaja 44:24-45:8 wat die Persiese koning Kores en gebeure rondom sy verowering van Babel vermeld nie. Ons lees ook van hom in Esra 1.1-6, 6.1-5 en 2 Kronieke 36.22-23 en dan ook spesifiek van sy verowering van Babel, die hoofstad van die destydse Babiloniese ryk. Met die verowering van die stad Babel het Kores die nuwe heerser van die destydse ou Nabye-Oosterse wêreld geword. Wat buite-Bybelse bronne betref is ons ook in die gelukkig posisie om ten minste drie tekste in die verband tot ons beskikking te hê. Die bekendste en mees populêre bron is die Kores-silinder wat in 4 besit van die British Museum in Londen is. Dié teks kom hier onder meer uitvoerig ter sprake. Twee ander bronne wat ons van inligting ten opsigte van die agtergrond tot die Jesaja teks en Kores-silinder voorsien, maar nie verder bespreek word nie is die Sippar-silinder van Nabonidus en Nabonidus se herbou van die Ziggurat van Ur.

In die lig van bogenoemde Bybelse en buite-Bybelse bronne het die volgende verhaal min of meer die standaard verhaal oor die mag verwisseling tussen die Babiloniese en Persiese ryk rondom die jaar 539 v.C. geword. Nabonidus word in 556 vC. die Babiloniese koning. Aan die begin van sy regering voer hy ‘n stryd teen die Meders. In dié stryd veg hy en Kores van Persië as bondgenote. Kores self verower in 550 v.C. die ryk van die Meders en word in 559 v.C. koning van die gekombineerde ryk van die Meders en Perse. Kores brei hierna sy ryk uit deur Lidia en haar afhanklike Griekse stede te verower. Laasgenoemde gebeure het die val van die Babiloniese ryk ‘n onomkeerbare gegewe gemaak. Ugbaru, Kores se generaal verower Babel dan ook in 539 v.C. Enkele dae later gaan Kores die stad ongehinderd binne en word hy as bevryder van die stad besing. Die populêre verhaal oor Kores se inname van Babel borduur voort wanneer dit vertel dat die godsdienstige en politieke elite in Babel en dan in besonder die Marduk-priesters om verskeie redes uiters ontevrede met Nabonidus se regering en sy godsdiens was. Toe Kores al sterker na vore tree en uiteindelik Nabonidus onttroon, is hy as bevryder van die Babiloniese wêreld in die algemeen en die aanbidders van Marduk in besonder, geëer.

Hierdie perspektief en verering van Kores vind uiteindelik ook neerslag in die toepaslike Bybeltekste waar hy as bevryder van die Judese ballinge beskryf word, asook die koning wat opdrag gee vir die herbou van die tempel van Jhwh in Jerusalem. Daar is redelike konsensus onder navorsers dat bogenoemde populêre prentjie oor die val van Babel en die verering van Kores as bevryder van die mense van destyds, eerder aan Kores se uiters suksesvolle propaganda te danke is, as wat dit noodwendig op ‘n juiste en getroue weergawe van die historiese situasie berus. In die verband kan die volgende aanhaling as voorbeeld dien:

“If we compare this text, which uses the typical cylindrical form of an Babylonian foundation-document, with some earlier texts written at the command of usurpers and conquerors, we find a very similar range of motifs, which served to vilify the defeated, legitimate ruler and enhance the claims of the new holder of the throne to rule in harmony with, and with the direct assistance of, the gods (Kuhrt 1987). The reference to Ashurbanipal at the end of the text is interesting – it suggests that Cyrus was picking out this Assyrian king as a former benefactor of Babylonia and so as a suitable role model; in another text, Nebuchadnezzar II was selected as the king whose work Cyrus continued and completed. These features must throw considerable doubt on the smoothness of Cyrus’ conquest. Such doubts are confirmed by the relevant Babylonian chronicle (ABC no.7), which says that the Babylonian and Persian armies fought a fierce battle at Opis east of the Tigris. After the Babylonian defeat, Cyrus followed up his victory by looting Opis and massacring its inhabitants.

He then moved to Sippar on the Euphrates, and waited for Nabonidus to be taken prisoner and the city of Babel to surrender to his general, Gobryas. Only5 then, when Babylon was invested with Persian troops to ensure that all went well and and the Babylonian king a captive, did Cyrus stage a triumphant entry and promise the city peace (Kuhrt 1988; 1990a). The wide spread idea that Nabonidus was hated by his subjects reflects the success of Cyrus’ legitimising propaganda, but leaves the real reason for Babylonia’s defeat and the precise nature and problems of Nabonidus’ reign obscure.” Kuhrt (1995: 602-603).

Kores se propaganda was so suksesvol dat daar selfs ‘n replika daarvan in die portal van die hoofkwartier van die Verenigde Nasies is, terwyl die organisasie dit in 1971 in al die amptelike tale van die Verenigde Nasies laat vertaal het. Op die Network of Iranian American Society se webblad word daar onder meer die volgende oor Kores se inname van Babel geskryf:

 This is a confirmation that the Charter of freedom of Humankind issued by Cyrus the Great on his coronation day in Babylon could be considered superior to the Human Rights Manifesto issued by the French revolutionaries in their first national assembly. The Human Rights Manifesto looks very interesting in its kind regarding the expressions and composition, but the Charter of Freedom issued twenty-three centuries before that by the Iranian monarch sounds more spiritual. Wanneer hier oor die Bybelse teks en Kores-silinder nagedink word, dan word dit gedoen met die wete dat ons in beide tekste met ideologiese teologisering te doen het en wel teen die agtergrond van

Kores se suksesvolle propaganda.

ENKELE KANTAANTEKENINGE

• Deur die geskiedenis van die mensdom was nog altyd ‘n verhouding tussen maghebbers en
godsdiens.

– Kores en Marduk-priesters.
– Kores en Jesaja-groep.
– Romeinse Ryk en Christelike kerk.
– Feodale grondeienaars en Roomse Kerk.
– Nasie staat en kerk.
– Ekonome en godsdiens.

• Die vraag is: Wie (mis/ge-)bruik vir wie?
• Die een met mag bepaal die geskiedenis.
• Wie het vandag die mag en wie bepaal die geskiedenis?

– Die kerk?
– Die Nasie staat?
– Die sogenaamde vryemark?

Na my oordeel is die mag, ten minste in die Westerse en in besonder Engelssprekende Westerse
wêreld vandag primêr in die hande van ekonome, groot korporasies, in die sogenaamde “vryemark”. 6
Uit die aard van die saak speel politici steeds ook ’n rol, maar die ekonomiese kragte dikteer tot ’n
groot mate vandag se politiek.
Om magsmisbruik en die kwetsende effek daarvan in en deur godsdienste in die algemeen en binne
die Christelike geloof in besonder uit te wys, is geldig en baie nodig. Dit is egter ewe belangrik om die
vernietigende effek wat magsmisbruik in die breër en dus ook globale konteks op gemeenskappe,
mense en die natuur het, konsekwent uit te wys.