Dr Durand skets op sy kleurvolle manier die volgende i.v.m. Homo Naledi:-

  • Fossiel voorkoms in Suid Afrika:
    • Meer as helte van die Hominin fossiele wereldwyd kom uit Suid Afrika. Fossiele in Oos Afrika kom voor in vloedneersettings. In Suid Afrika is dit meesal grotte. In die wieg van die mensdom is die grond hoofsaaklik alkalies, beendere versteen dus, sou net sowat 100 jaar  behoue bly in ‘n suuragtige omgewing.
    • Aapmense het nie werktuie gemaak nie en het voorgekom tot ongeveer 2m jaar gelede
    • Oermense het werktuie gemaak, vanaf 2m jaar gelede
    • Eerste vuur-gebruik dalk so vroeg as 1.8m jaar gelede, waarskynlik geoes, nie self gemaak nie, as lagies en gebrande bene wat in grotte gevind word is soos vingerafdrukke.
    • Fossiele van aapmense word in grotte gevind, waarskynlik ingedra deur roofdiere
    • Slegs handwerktuie van oermense word in grotte gevind, hulle het in grotte gebly, en enige steftes wat dalk in die grot sou plaasgevind het, sou uitgedra word
    • Aapmense en oermense het selde van ouderdom of siektes gesterf, hulle het waarskynlik soos meeste ander diere spartelend en skreuend in die kake van ‘n roofdier gesterf.
  • “Rising Star” – Grotontdekking: Ontdek op 13 September 2013 deur die grotkruipers Rick Hunter en Steven Tucker van die “Speleological Exploration Club (SEC)” van Suid Africa. Hulle het monsters en fotos eers vir Pedro Boshoff gewys en daarna probeer by Lee Berger kers opsteek, hy het eers nie belang gestel nie maar het gou van plan verander toe hy van die eerste fossiele gesien het. Daarna is ‘n groot ekpedisie, befonds deur National Geographic, van stapel gestuur. 10 Spesiaal gekeurde dames, moes almal kundig en van klein statuur gewees het, is gekies om die grotte verder te ondersoek.
  • Die Naledi fossiele: Meer as 1550 bene en fragmente is gevind, moontlik van soveel as 15 individue, soos meesal die geval is, was die fragmente nie meer geheg nie, maar ‘n volledige hand en voet is wel gevind. Naledi se breinkapasiteit was ongeveer 465cc, sjimpansees  se  kapasiteit is 450cc. Naledi is nog nie gedateer nie, ‘n spekulatiewe ouderdom is  2m jaar. Vrae word ook gevra hoekom dit so lank neem om die fosielle te dateer, daar is meer as genoeg fragmente, dus kan daar nie ‘n skaarsheid probleem wees nie.
  • Francois bevestig dat die Naledi fonds inderdaad ‘n merkwaardige ontdekking is.
  • ‘n Nuwe spesie? Op 10 September 2015, tydens ‘n groot perskonferensie word daar n nuwe spesie aangekondig, naamlik “Homo Naledi” naledi beteken ster in Sotho. Hiermee verskil Francois, en ander paleontoloe egter.
    • Francois meen dat Naledi waarskynslik Homo Egaster is. Hy vertoon verkeie foto kombinasies, die ooreenkoms tussen Naledi en Egaster is ooglopend.
    • Geslagsdimorfisme is ‘n kenmerk van aapmense, manlikkes is aansienlik groter as die vroulikkes, Homo Habelis en Homo Rudolfensus mag dalk manlik en vroulik van dieselfde spesies wees.
    • Die skedel van Naledi, soos uitgestal word, mag dalk vroulik wees en pas waarskynlik nie by die manlike skelet nie.
    • Volgens Francois is daar probleme met spesie erkenning en oorentoesiasme van “nuwe ontdekkings” kom baie algemeen voor.
  • ‘n Begrafnis, werklik?
    • Lee Berger meen die enigste manier wat die dooies daar kon uitkom, is dat hulle ingedra is deur hulle makkers, dit dui dus op rituele gedrag. Daar is geen karnivoor merke aan die fossiele nie ek ook volgens Berger nie die moontlikheid dat die fossiele deur wateraksie kon ingespoel het nie.
    • Francois is van die opinie dat die geologie van die Rising Star grotformasie oor 2 miljoen jaar waarskynlik baie verander het, verskeie sinkgate, ineenstrotings en veranderings g.v. waterwerking moes voorgekom het. Volgens hom het die Naledi  aapmense waarskynlik daar ingeval as gevolg  van ‘n katastrofiese gebeurtenis.
    • ‘n Moontlike verklaring kon wees dat die hominins ‘n makondo (‘n gat gevorm deur kalksteen oplossing, nie verwering) gebruik het as skuiling, die makondo kon katastrofies ineengestort het (sinkgat), waterwerking kon die fossiele verder getransporteer   Francois voorspel ook verdere fondse, laer af in die grotstelsel.
    • Die vroegste rituele gedrag waar mense of diere begrawe is dateer vanaf ongeveer 100,000 jaar gelede en het ook by die Neanderthalers voorgekom (baie groot breinkapasiteit). Rituele gedrag by Naledi met n brienkapasiteit van kwalik meer as ‘n sjimpansee is hoogs onwaarskynlik. Hoekom sou Naledi hul dooies deur openinkies van so klein as 10cm sleep? Klink nie geloofwaardig nie.