Die NHN is ‘n netwerk van kreatiewe denkers in oop gesprek. Ons bevraagteken, ondersoek en stimuleer gedagtes oor die realiteite en waardes van die 21ste eeu. Die fokus van lesings en gesprekke/inligting wat ons versprei, belig vraagstukke wat die wese van menswees en samelewings raak. Die onderwerpe betrek dus ook die kunste, ekologie en kosmos waaruit ons die lewe put. Deur die vorming van ondersteunende netwerke met ander groepe en individue wat die waardes van verantwoordelikheid, respek en diversiteit hoog ag, beoog ons ‘n rimpeleffek wat bevrydend kan meewerk aan ‘n briljanter toekoms.

Fokusareas

Byeenkomste

Byeenkomste word in ons nuusbrief en op Facebook aangekondig. Sien ook die kalender op die keuselys hierbo.

 

Komende Gebeure

 

Normale Tyd Van Byeenkomste: 10:00

Venue: Retire@Midstream Rolbal klubhuis

Roete: Die “pin” na die rolbalklub is:
https://maps.app.goo.gl/2PwRHXiheajN2Zfm7

Verloop: Koffie/tee en ‘n koekie om mee te begin

Soos altyd bring elkeen iets te ete en drinke, dan hou ons ook saam “brunch”

Vir meer inligting oor komende gebeure klik op die “Lees meer” hier onder.

Onlangse Artikels en Lesings

 

Klik op die “Lees meer” hier onder om ‘n volledige lys van alle Artikels en Lesings te sien.

Skryf in vir ons gratis nuusbrief

Youtube

Die NHN het ’n eie kanaal op Youtube geregistreer, genaamd NHN aanbiedinge. Daar verskyn ’n aantal opnames van vorige Midrand aanbiedinge. Volg gerus die skakel hier om na ons Youtube kanaal oor te gaan.

Volg ons ook op Facebook, ons Sondag lesings word nou lewendig gestroom.

Virtuele biblioteek

Besoek gerus ons versameling (skenkings en leenboeke) wat ’n groot spektrum van onderwerpe insluit, van die klassieke geskiedenis, die wetenskap, ’n hele rits gelowe, tot ateïsme. Om ’n titel of twee te leen, kliek hier.