Winterete
Dis tyd vir ons winterete en samesyn op Sondag, 24 Junie by Midrand. Vanweë die koue, vind die ete binnenshuis, in die kantien plaas. En omdat dit winter is, eet ons graag ietsie warm. Dus sal dit waardeer word as jy iets warms kan saambring, byvoorbeeld sop, bredie, groente, ens. Brood is natuurlik ook welkom as ‘n bykos.

Janneke Erasmus sal sorg dat daar toerusting beskikbaar is om kos warm te hou. Sy sal dit vóór die gesprek aanskakel. Jy is welkom om jou bydrae daarin te sit, sodat dit teen etenstyd lekker warm kan wees. Onthou asseblief eie eetgerei en drankies. Ons sien uit na ‘n gesellige kuier saam.